Girl van die Suburbs » vriende

Vandag ‘n jaar terug
Ek kan nie glo tyd vlieg werklik so vinnig nie. Ek het so deur die Suburbs geblaai vanaand en jinne, wat ‘n plek was die nie gewees ‘n jaar terug nie. Elke dag ‘n post… En almal het saam gelees en gesels. Ek mis dit soms, maar ek het nie meer die tyd om soveel aandag te gee nie. Ek probeer ook regtig opvang op die ander werwe, maar ek kom nie by almal uit nie. My lewenstyl het net te veel verander en ek spandeer baie minder tyd in die kuber ruim as wat ek het.

Ek het gaan kyk watter post ek vandag ‘n jaar terug gehad het en dit het bietjie heinmwee los geketting. Die kiekie van ons drie kinders… Ai… my twee boeties. Ek mis ou Poen so baie. Nou dat ek met die jeug betrokke is besef ek hoeveel ek uit gemis het. Ek kan nie help om om te wonder hoe ‘n groot mens hy sou wees nie. Wanneer die jong klomp so lekker gesels oor rugby, dan hoor ek sy rasper stem, want dit is ook al waarvoor die klong geleef het. Niemand kan egter sy nommer 13 skoen volstaan nie… Ouboet aan die ander kant trou in Desember. Ek is so trots op die man wie hy uitgedraai het om te wees. Dis seker wat tyd doen… Dit verander en genees en dit streel en ons settle.

Maar met hierdie terug blik op die verlede en met die lees van die kommentaar het ek hierdie brandende begeerte om aan die ou Suburbians ‘n spesiale dankie te sê. ‘n Jaar terug toe ek in die middel van my amper-deurbraak was, het julle met die rol van my familie vervul en dit was Oscar kwaliteit. Ek was bevoorreg om van julle agter die komper skerms te ontmoet, ander is op Face Book verpersoonlik en so ‘n handjie vol is epos -genote. Maar watter een jy ook al mag wees, maak dit nie saak nie want julle het my regtig deur DONKER en SWAAR tye getrek toe ek baie na aan moed opgee was. Des te meer voel ek so sleg dat ek soos die skim net dan en wan kop uitsteek. Ek mis ons sinergie met my hart van harte en ek weet dinge sal seker nie weer dieselfde wees nie. So as die son môre opkom nie en nie een van ons maak dit na werk weer terug huis toe nie… Wil ek hê, julle moet die volgende weet.

BB – Liewe tannie BB met die stem wat jou aangryp en die woorde wat jou troos…  Al jou  opmerkings en bemoedigings het my al baie laat huil en lag en hoop. Jy het my laat voel ek kan alles doen as ek in myself glo en jy het ook soms geraas wanneer dit nodig is. My boekmerkie is in my bybel… Sien hom elke dag x

ELFIE – Liewe, Liewe volmaan vriendin. Donker aan die buite kant met lig in die siel. Ons het nog nooit ontmoet nie…. Jou speel met woorde laat my dink aan die pottebakker en sy klei. Jy weet presies wat om te sê, wanneer om dit te sê en hoe om dit te sê. Dankie vir al die vertroosting in die dae van onheil.

VLAM – Oi…My blog-ma en kwaadstoker by ou Eelt. Dankie vir al die moed inpraat wanneer ek regtig nonsens droog gemaak het. Ek wil nog saam jou ‘n bekertjie boeretroos in die oggendson geniet en hel ek hoop eendag jy sal my hand vashou die dag wat ek kraam.

HOEFYSTER - Jy moes seker van almal die meeste keer die gekerm agter die skerms aanhoor. Jou red vir girl pogings word opreg waardeer… Jy ken daai presentjies en so… en nog meer… Danksy jou het ek nooit die Suburbs gesluit nie. Jy was ook my eerste kommentator

DEMOERIN – Ai… Ek waai die wit vlaggie. Dankie vir die lesse en als nog meer. Jy het net weereens bewys liefde kan meer as een keer jou pad kruis. Blessings vir jou in oorvloed!

SONNIE – Jou opregte eerlikheid is iets om te bewonder. Moet nooit verander nie.

EELTJIE – ‘n Man met ‘n hart so groot soos ‘n … wel… ons definisie van groot en mooi verskill effe, nê? Jou bemoediging word opreg waardeer. Mag jy geluk ervaar – onbekend aan ons. Daai ene!

WOSONKI’S - Wel… Julle twee het so diep in my hart gekruip want niemand gee net sommer blomme vir sommer nie. Ek hoop die volgende kuier is om die draai. Julle doen my siel goed! Dankie net vir onvoorwaardelike liefde!

ZEE – Vrou van staal… Ek dink ons moet weer ‘n koffie inwerk…

Dankie vir alles x x x