Girl van die Suburbs » vreugde

Ek weet en dis al wat saak maak.
Ag, ek weet ek is baie sleg met die blog-ding deesdae … al mis ek dit soms… Ek sukkel net met skrywers blok en daar is te min tyd in my dag. Ek verkies egter hierdie borrelgevoel in my binneste bo die vermoë om te skryf, dis dalk net hartseer dat ek nie kan skryf wanneer die hart sing nie. Lyk my dit maak die gedagtes stil. Donker gedagtes mind you… Ja-nee… ek hou van die gesing.

Heng, hierdie gemoedsrus en vreugde is ‘n emosie baie nuut en onbekend aan my, maar ek slurp dit gulsig op, want vir die eerste keer in my menslike bestaan kan ek nie onthou hoe dit voel om depressief te wees nie. Al medikasie wat ek neem is vir die suiker. Die gemoedsdoepa is maar net daar. Elke dag.

Ewenwel…. Na die ou dienskneg se dood het ek vir ‘n week baie hartseer gevoel, maar ek het uiteindelik die vermoë aangeleer om te besef ek kan nie elke af-vlerk kuiken; kan / sal of hoef te red nie. Ek kan niemand se lewe reël, leef of hul ogies oopmaak om hulle te maak besef hoe erg die maalkolk van destruction werklik in hulle eie bestaan is nie. Ek verstaan nou dat ek deur ‘n stadium van my lewe gegaan het waar ek ‘n tipe persoon aangetrek het, of uitgesoek het….. juis net oor ek êrens ‘n verskil wou maak. Dis seker uit onkunde waar my grootste vrees uitbroei…  die vrees om my laaste asem sal uitblaas voor ek ‘n verskil maak … Daarop volg die vrees vir verwerping en die gevoel van onsekerheid. Ek sal eenvoudig net nie weer treur soos ‘n persoon wat geen hoop het nie.

Hoe groot seën het hierdie behoefte toe nie geword nie… en dit is die rede vir my alom-afwesigheid… Ek het betrokke geraak by ‘n paar instansies en ek spandeer baie tyd saam mense wat hulp nodig het… maar op ‘n gesonde vlak en ek het ook nou ‘n goeie reël… Ek maak seker ek het ‘n ondersteunings netwerk. Ek gee nie van myself dat dit voel of my siel gaan vrek nie. Ek gee van myself en dit voel of ek ‘n doel het. Ek word nie meer gedefinieer deur die emosies en verhoudings in my lewe nie … Ek word gedefinieer deur die liefde in my bestaan.

Dan is daar die happy-place… in my hart wat maak dat ek gaan oorborrel soos ‘n stoom-pot! Ek wil letterlik ONTPLOF van opgewondenheid! Dit is ongelooflik moeilik om die fenomeen aan persone te verduidelik wat nie dieselfde geloofsoortuigings as ek het nie… Vrek… My ouers is christene, maar nie eers hulle verstaan wat aldag met my gebeur nie. Die Here is goed en Hy is getrou… Dis al wat ek kan sê.

Ek het my roepings-vers gekry en ek weet dat ek verseker met kinders gaan werk. Dis deel van my wonderwerk – verhaal…

“Jubel, onvrugbare vrou, jy wat geen kinders in die wêreld gebring het nie, jubel en juig, jy wat geen geboortepyne geken het nie, want jy, verstote vrou, gaan nou meer kinders hê as een wat getroud is, sê die Here.” Jesaja 54:1

Kyk… Ek geniet die kinders ontsettend baie. Ek verlang skoon na die klomp as daar ‘n week verby gaan en ek hulle  nie kan sien nie. Ek WEET in my binneste dis waar ek moet wees. Dit vorm deel van my wonderwerk want ek kan nie finansieël nie net nou ophou met my dag-job en begin juffrou-juffrou speel nie… Ek wag vir die geleentheid… (on) geduldig… Maar soos ek WEET in my binneste dit is wat ek moet doen… WEET ek… nog net twee jaar.

- SDG -