Girl van die Suburbs » Verlosser

GP – Die Groot Paradoks
Hierdie meisie vanuit die suburbs, het ietwat van ‘n antagonistiese gevoel ontwikkel teenoor die paasseisoen. As verlosse dopper, rebeleer ek ietwat teen die nuwe betekenis van die feestyd. Die kruisiging van ons Verlosser word ‘n nagedagte en dit word vervang met die beeld van die groot, vet wit hasie wat oor alle kultuurgrense sy opwagting maak. Ek het nog altyd gewonder. Die paashaas lees ook klaarblyklik nie die koerante nie… Geen dreigement van ‘n moontlike resessie skrik die gautengvolk af nie.  Die kinders gaan nog steeds op hulle eierskattejag ekspidisies.

Dit is nie net die gedagte van die paashaas wat my Gauteng bestaan inkleur nie. Om ‘n enkellopende jong dame in Johannesburg te wees maak jou streetwise en bitter sinies. Die paasseisoen het vir hierdie meisie ‘n heel nuwe betekenis aangeneem. Ek kan nou vir twee weke in ‘n jaar op die besige strate wees, oggend of aand… en daar is GEEN verkeer nie. Totale saligheid vul my wese, want ek kan die 15 km’s wat ek van die werk af bly in ‘n rekord tyd kafdraf. Waar dit my gewoonlik enigeiets tussen 40 minute tot 90 minute neem om bemoerd by die werk in te stap, neem dit my nou net 20 minute en tot almal se blydskap groet ek van die teedame tot die baas met ‘n groot glimlag. Dit is juis hierdie rede waarom ek nie hierdie tyd van die jaar verlof neem nie.

Hierdie jaar is egter anders en ek spandeer bietjie aftyd in die Kaap. Wat my opval is die geslote winkels en niemand op straat. Ek is een van die 100 000 Gautengers wat die Kapenaars se siele kom verstoor… Dit is regtig salig om uit die malle gejaag, wat nou stil is, uit te kom.  Hulle reken mos, “a change is as good as a holiday.” Ek kan beaam, ware, ware woorde hierdie.

Maar glo jy vir my… dis nie net die feesgety wat ‘n paradoks skep in my bestaan nie. Dit is die totale sinlose gejaag na wind wat elke dag nog steeds sy tol eis. Daar word voorsiening gemaak om die malspul te beheer, maar daar word nie ‘n daadwerklike poging aangewend om ‘n beter lewenskwaliteit of verwagting te skep nie. Ja nee, ons klompie hier in die goudstad verdien heelwaarskynlik meer geld as ons ander landsgenote, maar het iemand al probeer uitwerk hoeveel dit kos in randwaarde om in Gauteng te oorleef?

Die tyd wat jy in die verkeer spandeer het ‘n groter kringeffek.

- Jy is moeg, moerig en moedeloos, want ewe skielik kan niemand bestuur nie. So lekker soos wat die volk saam kan skree by ‘n rugby byeenkoms, so selfsugtig kan hulle wees in die oggendverkeer. Niemand wil vir niemand plek maak nie… die taxi’s kan nie meer in die noodbaan verby vlieg nie.. so hulle probeer dan teen aankomende verkeer kortpad vind.

- Jy is gereeld in die moeilikheid oor jou produktiwiteit afneem… maar jy bly moeg… lewensmoeg want jy spandeer enige iets tussen 2 tot 4 ure per dag in jou motor.

- Jou gesondheid ly nie net onder die moontlike hartaanval wat hunkerend na jou wink nie - om die tyd om te kry rook jy die een sigaret na die ander. Beroerte is jou voorland.

- Jou mediese fonds spaarplan is al in April uitgeput. Van al die gegil uit pure frustrasie, raak jou keel seer. Al die sigarette gee jou asma, hooikoors, longontsteking of selfs hartversaking. Die heeltyd bebliksemd wees maak jou kort van draad… Al hierdie skete moet dan deur ‘n dokter, internis of sielkundige gediagnoseer en behandel word want een dag terug op die pad sonder jou voorskrif versterkers mag jou dalk net in die tronk laat beland..

- Jou petrol verbruik sal enige motortydskrif fanatikus twee keer laat dink voor hy (en in party gevalle, sy) ‘n luukse ryding aanskaf. Ry-stop…. Ry-stop… Weereens raak jy vermoeid want jy kan sien hoe die petrolnaald sak met elke 10 kilometer se stilstaan.  My een vriendin het tereg opgemerk dat koppelaar-trap as sport geregistreer moet word.

- Jou versekeringspremie gaan op. Jy betaal in elk geval 25% meer as die oom in De Aar… want GP op die nommerplaat maak van jou ‘n hoër risiko kandidaat. Dit sou 30% meer gewees het indien jy nie jou ruite laat versterk het of tracker aangeskaf het nie.

Soos ek nou vanaand hier sit met my glasie rooiwyn… kan ek duidelik sien hoekom ek nog enkellopend is. Ek is moeg, moerig en arm… Wyse lewenslessie wat ek vanaand leer… Ek bly eerder loslopend as om met ‘n Gautenger af te haak. Dalk is hier ‘n goeie vangs in die Kaap?