Girl van die Suburbs » suburbs

As jy moeg word…..
….. vir die lewe in die stad… dan pluk jy ‘n lat vir jou eie gat! Want as jy dit eers besef sal geen dag weer dieselfde wees nie.

Girlie hier wil nie meer in die stad bly nie! My hele siel verlang na die vlaktes… En nie soms nie… ELKE dag. Deur die berge en soms oor die dale word ek op die naam geroep en ek hunker na ‘n plek anders as waaraan ek gewoond is. Smiddae wanneer ek tuis kom na werk, trek ek my skoene uit en gaan loop kaalvoet op die gras. Dit bring ‘n kalmte wanneer ek sommer so plat op my rug die dag se laaste sonstrale sien speel op die blare. Die dag wat verstryk sonder dat ek so die aand kan groet, is gewoonlik die dag wat ek onrustig in my gemoed gaan slaap. Vir lank het ek nie hierdie lee eggo in my binneste verstaan nie, daardie gevoel wat jy kry  en weet iets kort maar jy weet nie wat nie. Nou weet ek… My hart smeek my om plan te maak… Ek smag na die plaaslewe!

Ek verstaan al te goed dis dalk nie ‘n makliker lewe nie, maar niemand kan my vertel dis nie ‘n beter kwaliteit lewe nie. Jy spandeer meer tyd saam jou wederhelfte en jy gee jou kinders ‘n sorglose kinderlewe vol fantastiese herinnering. Ek kan nie dink dis ons klomp stadsgesiggies se voorland nie. Glad nie. Dit begin al hoe meer voel hierdie dolle gejaag skep ‘n onoorbrugbare skans tussen my en my Skepper, want jy spandeer meer tyd in vergaderings, leef tussen deadlines en probeer om nie te vloek op die pad nie… as wat jy met ‘n glimlag God kan dank vir die mooi in jou omgewing. Jy raak blind en doof en kan dit nie help nie.

Nou hoe nou? Hoe ontmoet die kaalvoet kind in die hartjie van die suburbs haar boer? Daai een wat jou stadshart hoor huil en jou kom haal met sy trekker… Perd of lendelam bakkie. Ek smag na daai een wat verstaan waar my hart klop… that knows where I belong.