Girl van die Suburbs » sonskyn

Sonskyn en Happiness
Hierdie stadskind het ‘n snaakse gewoonte….. Ek neem wolke af. Ek vrek ook wolke. By tye sal ek my motor van die pad aftrek om ‘n kiekie te neem en partykeer tot ander se onsteltenis sal ek dit so in die bestuur afneem. As ek by die venster uitkyk en die komposisie spreek tot my siel, dan sal ek basies enige iets doen om die foto te neem.

Vanmiddag op pad huis toe na ‘n redelike besige dag het ek weer so ‘n artistiese oomblik gehad. Gelukkig was die verkeerslig rooi en ek het tyd gehad om my foon uit te pluk en die knoppie te druk. Die wolke voorspel koue. Erge koue, dink ek want ek kan nie my matriek Aardrykskunde so lekker onthou nie en ek het geen idee wat die weerburo voorspel nie. Nou nie dat ek eintlik omgee nie, want ek sien iets anders raak.

Ek sien sonskyn en happiness. Die gevoel wat ons elke dag najaag. Die gevoel wat ons laat opstaan in die oggende. Die gevoel wat ons uit ons pad uit sal gaan om te ervaar, al beteken dit ons moet pille sluk om dit reg te kry.

So het die sonskyn en happiness my met ‘n rustige gemoed huis toe gestuur. Vol hoop….. Daar is nog mooi in die lewe.