Girl van die Suburbs » sandpapier

Sandpapier? Probeer ‘n grinder…..
Ek kan nie onthou waar ek aan die term gekom het nie, maar dit het verseker vas gesteek… want daar het al ‘n paar mense my pad gekruis wat so mooi in die verduideliking in slot… Sandpapier mense.

Nou onlangs het ek besluit… no more… Daar is mense wat ek bereid is om mee ‘n pad te stap en dan is daar daai sandpapier kinders wat my so moeg maak dat ek regtig nie kans sien om ‘n dag verder in hulle geselskap deur te bring nie. So met die oopmaak en skoonmaak van my HELE bestaan gaan ek meer selektief wees oor wie ek mee tyd spandeer.

Kyk… ek weet beter as die gewone man op straat dat almal hulle af dae het… Of dit hormone, wanbalanse of net plain simpelgeid is… dit is fine… want dit waai oor! Die sandpapier generasie is die wat so aan jou siel krap dat jy sommer aggressief word in jou eie hulpeloosheid want  hulle is net nooit tevrede met niks nie… wat aanhoudend negatief reageer op alles. Daai wat jou so moeg maak jy wil sommer huil as jy hulle stem oor die foon hoor.

So oor die naweek het ek ‘n baie moeilike besluit geneem… Ek het ‘n vriendskap opgesê wat potensiaal gehad het. Ek hou van mense want hulle fassineer my en is ongelooflik verdraagsaam, maar selfs ek het my limits. Vanaand krap dit nog steeds aan my want ek kan jou op facebook blok, ek kan jou op al my email adresse blok… maar hoe de donner blok ek jou op my foon?

Weet jy… jy wat so aan my skaaf dat die nerwe so deurslaan… Ek word elke oggend wakker en maak ‘n besluit…. Gaan die lewe my onderkry? Of gaan ek alles in my vermoee doen om dit vir myself makliker en lekkerder te maak…. En weet jy wat…. Jy het presies dieselfde keuse as ek.

Ek is nie ‘n puppet on a string wat verantwoordelik is vir jou vermaak of jou geluk nie. I do not perform on demand either. Ek wil nie elke liewe oomblik van my bestaan saam jou dinge doen nie… Nie net oor dit absoluut onplesierig is om die heeltyd na jou klaagliedere te luister nie… Ek is eintlik ongelooflik fine met my eie geselskap en ek hou van my alleentyd. Dit is in hierdie oomblikke van stiltes waar ek herlaai en werk aan my eie mens wees want die hemele weet… Ek het actually baie werk nodig.

Moet my nou nie verkeerd verstaan nie… Daar is niks fout met jou as mens nie… Ek glo net ons het mekaar ontgroei. Ek kan dit regtig nie bekostig om mee gesleur te word in jou pitty parties nie, want ek probeer ‘n positiewe uitkyk kweek. Onthou… ‘n Mens se siele-plantjies groei met al die water wat jy daarop spuit en ek is nou meer versigtig oor watter saadjies ek plant en pamper. As ek in tale kon praat het ek dit sowaar in elke moontlike verbale poging denkbaar dit aan jou probeer verduidelik… maar ek weet dit sal ‘n mors van asem wees want jy verwyt my.

Buitendien….  Ek wil nie ‘n moordkuil van my hart maak nie. Ek gee so waar as vet nie om hoeveel alles in jou lewe kos nie. Ek stel nie belang in jou nuwe fete nie, want dis uitputtend om track te hou wie jou nou weer te na gekom het. Ek is seker jy kan ‘n stokperdjie opneem oor jy nie hoef te werk nie… Blah… Blah… Blah… Dis wat ek in elkgeval hoor wanneerdie volume knoppie gedraai word.

Ek begin al hoe meer glo as dit die eerste keer nie gewerk het nie… dat ‘n tweede poging nie veel beter sal wees nie. I did try. Twice!

Goed gaan… Vaarwel… Gaan skaaf tog êrens anders…