Girl van die Suburbs » Psalm 23

Psalm 23 – Die houtkis herinnering
Slim vang sy baas. Ek het dit goed gedink om in Knysna te kom rus en om my nuutgevonde vriende beter te leer ken.  Wie ek stelselmatig oor die internet en telefoonlyne leer ken het. Wonde wat ek so hard aan gewerk het om te laat genees, het so roof vir roof weer vanaand oopgebars.  Hierdie deel van die land is waar ons ons laaste vakansie saam spandeer het.

Dit was nou nie soseer ‘n vakansie nie. Jy wou Oukersaand saam met jou kinders spandeer en ek het saam gekom. Ons het op die ingewing van die oomblik op die vliegtuig gespring en met ons aankoms hier het ek besef jy het niemand in kennis gestel het van (ons) jou kuiertjie nie. So met jou laaste oukersaand saam met jou kinders, ma en eksvrou het ek maar net op my onderlip gebyt. Die hartseer was groot. Ek dink partymaal….. as ek geweet het dit sou die laaste tydjie saamwees met jou, ek en jou kinders, sou ek dalk ‘n groter effort gemaak het om my teleurstelling beter weg te steek.

Ek onthou… Met jou in die kis en ek en jou familie geskei deur rye kerkbanke, kon ek voel hoe hulle verwoede haat my aangesig deurboor het en al wat ek kon doen was huil. Huil want ek was jammer ek kon jou nie help nie… want my liefde was nie sterk genoeg om jou te red nie… want ek het geweet… naas die drie blinkgesig kindertjies, is ek die enigste een wat jou lief gehad het. En ek het gehuil oor my laaste soen aan jou, gebukkend oor die kis op die koue lewelose mond, met hartseer vertrek.

Die onskuld van jou kinders in hul kromgebuigde wilgelat lyfies was vir ‘n oomblik vergete. Hulle ma het eenkant na my geloer. Die vrou van wie jy al 7 jaar lank geskei was, het die rol van die huilende weduwee bemeester… Met die stywe geklou van hulle armpies aan my het hulle braaf probeer troos met woorde soos, “onthou dis nie ons pappa wat daar le nie… dis net sy lyf.” Die rolle was verruil en hulle kon sien, niks kan my troos nie.

Die dominee het met deernis die eerste paar verse van Psalm 23 voorgelees.

“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.”

Ek het daardie groue Maart oggend probeer sin maak uit die Skrif en ek was kwaad dat jy in jou menslike swakheid jou eie datum bepaal het om by die feesmaal aan te sit. Ek het by die graf op my knieë neergesak en het het jammer gesê. Ek was kwaad want jy het toegelaat dat ek moes voortleef met ‘n gebroke siel wat verder afgeknou was deur jou mense. Jou ma het my kom optel en in my oor gefluister… “Jy ontstel die kinders..”. En ek het jou gehaat. Ek kon in my uur van pyn en hartseer nie eers mens wees nie. Ek het daar weggestap, want ek kon hulle nie in die oë kyk nie. Hulle het daar gestaan met emosielose uitdrukkings, regop, styf en gemasker. Jou lewe was vir hulle ‘n verleentheid. Jou dood ‘n skande.

Soos ek vanaand nou hier sit in die volmaanlig met my wyntjie as bemoediging, gaan daar ‘n liggie aan in my kop. 12 maande en 9 dae later…..

Psalm 23 was nooit bedoel om jou afskeidsbrief te wees nie… Dit is vertroosting wat vir my agtergelaat is, waaraan ek moet vasklou… Die Here is my genadig en ek is die een wat op die groen weivelde rus gevind het. Dis Hy, my Raadsman en Heer wat my in vrede gedra het deur die donker dieptes van hartseer.

Ek voel braaf genoeg om vanaand te getuig dat ek geen ander uitkoms sou wou gehad het nie. Ons het uiteindelik nou albei vrede.