Girl van die Suburbs » oefening
Zumba Fo Sho!
Weet julle hoeveel spiere dit neem om ’n motor te bestuur? Wel as ek die presiese getal spiere in ’n mens se lyf geweet het, dan ek bevestig hulle almal. Ek het nog nooit so swaar werk toe gery soos vanoggend nie. Elke draai van die stuurwiel en intrap van die koppelaar het my so bietjie laat bewe van die pyn.
Kyk, hierdie oefen-ding is verseker nie vir sussies nie. Inteendeel reken ek die wat oor die eerste maand se swaarkry kom verdien ’n medalje. As ek dan die spiere voel met die bestuur slag, beteken dit mos ek oefen hulle in die ry…. nou hoekom kan jy nie net goed lyk deur in die kar te ry nie?
Ek het besluit dis nou tyd om op te hou om ’n loner te wees. Ek hou van alleen gym, maar selfs dit moet perke hê. Ek het Maandagaand my eerste aerobics klas bygewoon en vandag voel ek soos een van daai bees karkasse wat in die slaghuis hang. Magtag ek is styf! Grandeur illusion laat ‘n mens glo om te kan dans soos die ouens in die Step-Up movies is die ultimate… En dit is die rede tot my besluit… Ek gaan myself fiks en sexy dans!
Ou grootbek het met die intrap slag 2 ander meisies gevra hoe moeilik die klas is en ek het hulle geglo dit is regtig meer fun as moeilkik. My eerste 10 minute het goed afgeloop en ek het by myself gedink…. hierdie kan ek nogal doen. Maar dit was net die opwarming. 20 minute in die oefening in toe begin ek wonder of ek die regte besluit geneem het, want toe wou raak ek lighoofdig. Ek byt toe maar op my onderlip want toe bekruip die naarheid my. Toe die horlosie 30 minute slaan toe dog ek, as ek nou uitsluip sal niemand my sien nie. Helaas…. my dignity.
40 minute verder toe sien ek in my geestes oog hoe ek maar my dignity in my sak kan steek en uitkruip want toe kon ek nie meer nie. As dit nie vir die girl langs my was nie het ek seer sekerlik dit gedoen. Eers 50 minute in die dansoefening in toe skop die adrenalien in en ek kon KLAARMAAK!
So behalwe dat ek nou soos die koi kan dans en samba, ramba en haka…. is ek regtig trots op myself om deur te gedruk het. Jy oefen regtig elke spier in jou lyf.
Kyk ’n stukkie van die video om te sien hoe sexy oefening kan wees….. as jou naam net nie girl is nie. Ek sal nog moet oefen om nie so lomp saam te dans nie, want die veertjie wat die klas aanbied trippel-trippel so voor jou verby en sy smile. Just smile en wave gaan nie hier werk nie en ons ander se gesiggies vertrek of van die onfiksheid, of van konsentrasie.
Ek het gister maar net fiets getrap en vandag dink ek sal ek net loop, om in die roetine te bly van gym toe gaan. Ek dink hierdie klasse gaan vrugte afwerp… Fo Sho!