Girl van die Suburbs » nuwe suid afrika

Sonde van die vaders
Ek weier om te treur oor die dood van ‘n leier, want hy was nie my leier nie. Ek lees nog steeds in afgryse watter tipe mens hy gelei het want hulle stans gaan teen die grein van wat ek glo.Ek voel wel hartseer want enige dood is vir my erg. Hy bly ‘n eggenoot, vader en oupa en vir sy familie voel ek jammer.

Ek is wel ongelooflik bekommerd oor die politieke toestand van ons land. Dis hartseer dat daar na sestien jaar van demokrasie nog steeds verwys word na die verdeelde geskiedenis van twee volke. Ons seer en hulle seer….  Die prys van ‘n nuwe Suid Afrika is nog nie bepaal nie… Soos wat die ou haat uitsterf… so groei ‘n nuwe een in sy plek. Die nasie is verdeeld en al wat ons kan doen is bid.

Steve Hofmeyr (hoop nie hy gee om dat ek sy speech hier plaas nie) het ‘n roerende toespraak gelewer op Eugene Terre Blanche se begrafnis en ek staan eintlik stom…  Dis mooi!

Talle tonge het ek

een tong op ‘n gegewe oomblik

‘n heuning tong

‘n bitter tong

‘n Tong stomp

Genoeg om te swyg.

My skerp tong klap

Klap soos ‘n sweep

En keep diep en laat bloei

My suur tong brand

Brand soos asyn

en laat krimp in mekaar en skend

Talle tonge het ek

een tong op ‘n gegewe oomblik

‘n tong om te sny

‘n tong om te salf

Ek het talle tonge

“Ek het geen mandaat hier nie. Ek skaar my as dienaar by die leiers hier voor my. Wit, bruin en swart. Want u beker, soos myne, loop oor. Waaroor wil u praat vandag? Wraak? Oorlog?  Moraliteit? God se wil? Staatkunde? Die internasionale media, wat soos bloedhonde hier buite staan en wag vir ’n elektroniese greep om die wêreld in te stuur waarin ons as onbeskaafd uitgebeeld sal word?  Of sal ons praat van die Laaste Boer. Vader, oupa, eggenote, trotse kultuur ikoon en vir baie hier, ‘n politiese leier. Sal ons praat van Eugene die god, die demigod of Eugene die man, Martie? Hoe vlak die trane in sy blou oë gelê het. Hoe uiters beleef hy was in enige ordentlike geselskap. Hoe sag daardie bulderstem kon word as hy voorlees:

“Ek wou my woorde neerskryf, nie om digter te wees, maar om my kort verblyf op die lewensvlakte te herleef.” (Tolbos – E. N. Tereblanche)

Eugene Terre Blanche se roeping was om die boeresiel te verwoord, om die onafhanklikheidsideaal te bepleit, om die swaar skatkis van Voortrekker erfenis oor te dra aan my generasie  sodat ek dit sal wil oordra aan generasies na my. Dis my belofte aan jou Eugene Terre Blanche. Hy sou lank voor vandag sterf vir die handhawing, die behoud en die welsyn van sy mense sonder om ander nasies te beledig. I remember during a speech of his how the respect with which he described Dingaan filled me with fear a new for that warrior. I also remember paging through the Afrikaner Liberation and Struggle songs, the FAK, and found not a single song in there insulting or contemptuous of any other nation.

Eugene Terre Blanche het gepraat van grond en van bloed soos die ander vandag oor geld en bloedvergieting praat. Maar hy het my ook geleer om nooit weer ander nasies en volke te vra HOE om te reageer as MY mense geteiken en uitgeroei word vir iets so barbaars gering as ‘n selfoon of die kleur van my vel nie. No nation’s tolerance is unconditional. Ons humeur, ons pyn en ons geduld word vandag op die proef gestel, want vandag as jy huiswaarts keer,  sal jy verby iemand loop wat lag oor die dood van ’n man wie se vaderlands liefde en trou in sy God nog nooit onder verdenking was nie. That is a disparity we have to live with, not an insult to respond to. It’s tough out there. It’s not for sissies. U sal getoets word vandag.

In Levitikus 24 staan daar “soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word: breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand.“ – maar ek waarsku u, daar staan niks van  ’n tand vir ’n oog nie. Daar staan niks van ’n koeël vir ‘n lied nie. Ons skiet nie mense omdat hulle sing nie en die oortreders van hierdie walglike moord is reeds in hegtenis geneem. Die oë van die wereld is vandag op ons Afrikaners. As ons juis hier met stil waardigheid uitgaan, sal ons daardie kykende oog iets anders wys as wat hulle gekom het om te sien.

On his day Eugene Terre Blanche faced the same justice and punishment. He served his time and walked out a new man. He would have begged for relief, for less blood, fewer victims and a little peace at the end of everybody’s day.

Sy woorde sou voortbou op ’n Paul Kruger wat alles in die stryd sou werp vir die selfbeskikking van ’n nasie en weer, soos gewoonlik, teen ’n opponent veel groter as hy self.  Eugene se woorde was ter ere van almal, maar sy lof behoort aan ’n klein Christelike stam in Afrika wat meer van sy eie mense aan sy eiendom afgestaan het as enige ander Suid-Afrikaanse volk in die laaste 150 jaar. You must understand that if you want to understand the Boer! And when this loss repeats itself in the new democratic SA, it is not enough to ask of us to remain patient for the sake of transformation and a soccer tournament. When you understand the provocation of the hatespeech of Julius Malema,  you will understand why I can not enter a soccer stadium named after Peter “Kill the Boer” Mokgaba.

Sal ons vandag gedwee huis toe gaan en Gods water oor Gods akker laat loop.  Nee. Want hierdie bloedland kan nie Gods akker wees nie. Silent diplomacy is complicity and our government’s paralysis  here will yet afford us many sad days like this. Our mortality rate is genocide and it is suffered by living, every South African who has ever begged for the safety of her sons and daughters.

Ek bid dat u die vrede uitstraal wat u verdien. Ek bid vir ‘n Christelike nugterheid. Ons bydraes is beskawings, nie sterftesyfers nie. ‘n Beskawing word helaas gemeet aan sy sterftesyfer. Geen meer provokasie nie! No more provocation! Geen meer aanhitsing nie! No more enticement! Ek is soos u bitter seer, uiters teleurgesteld en briesend kwaad en alhoewel 2010 die jaar is… is vandag nie die dag nie. Laat ons woede uitloop op dade van wedersydse erkenning van pyn en verlies – dit is wat ons meer maak as wat ons is. Eers dan het Eugene Terre Blanche op Saterdag 3 April, nie verniet gesterf nie.

Ek dank u.”

Ek hoop regtig nie dat my kinders eendag nog steeds moet betaal vir die sondes van hulle vades nie. … En daarom bid ek… En sal aanhou bid vir bo-natuurlike genesing.