Girl van die Suburbs » momma’s boy

Mamma se seuntjie
Ek kyk nie vreeslik baie televisie nie, maar ek het my gunstelinge. Almal weet ek love Oprah… Om ‘n rede wat nie eers ek verstaan nie. Ek is absoluut versot op die nuwe NBC reeks Momma’s Boys. Ek wil my doodlag…. gisteraand wou ek myself weer doodhuil… Maar so entertaining soos wat die reeks is, weet ek hoe swaer die meisies gaan kry… want ek het een gedate.

Ek reken ek is ‘n lovable mens. Ek het my geite… ek stry nie… Ek het ook nie van die tannie gehou nie want sy het geen geheim daarvan gemaak dat sy dink ek is die bruid van chucky nie.

Die eerste keer dat Bloem-boy my huis toe geneem het was vir sy sussie se troue. Hulle het uit hulp pad gegaan om dit vir my lekker te maak en die tweede keer was ook aangenaam… maar ek kon nooit myself wees nie. Ek hou van small talk en ek gesels heeldag aldag met almal en duidelik het dit haar geirriteer. Ek moes deur ‘n bataljon vrae gaan oor my neusring en ek moes my tattoo wegsteek. Ek was ook uit die kombuis gejaag toe ek aanbied om een aand kos te maak.

‘n Maand na ek haar ontmoet het was ek alleen na my beste skoolvriendin se troue toe. Ek het maande vooraf gesê ek kom sonder ‘n metgesel en dis hoe daar vir my gecater is. Die aand êrens so tussen die jolyt toe bel die tannie my om te hoor hoekom ek nie haar seun saam gevat het nie. Sy wou weet of ek skaam was vir hom. WTF?

Toe ek plaas toe genooi word vir die Desember vakansie en die uitnodiging ewe galant aanvaar is die dag wat ek my doodvonnis geteken het. Sy oom na wie toe ons gegaan het, het my self genooi so dit het net reg gevoel. Ek wonder of sy nie dalk net eendag te vroeg van die buurtannie af terug gekom het en ons gesien vry het op haar sitkamer stel nie. Dis al wat ek aan kan dink… want daai vakansie was absolute hel.

Op die eerste oom se plaas aangekom is ons in kamers ingedeel want die familie is groot. Met die karoo gasvryheid dink die oom hy doen ‘n goeie ding en vra of ek en die tannie ‘n kamer kan deel, want ons ken immers mekaar en ek moet die ander nog leer ken. Spring die ou heks so vinnig daar op ek dog sy val van haar besem af, so verontwaardig en sê met so skril stemmetjie dat sy verseker nie ‘n kamer met my sal deel nie. Sy sal by Bloem-boy slaap… en so eindig ek op in my eie kamer.  Die volgende oggend toe neem die oom my vroeg oggend nog voor die son behoorlik oor die plaat droogte opgekom het om na sy swart springbokke te gaan kyk. Bless his soul…. Hy het my toe probeer moed inpraat want liewe Bloem-boy het nog net een meisie voor ek huis toe gevat. Hmm…. Wonder hoekom. Die tannie hou nou maar eenmaal nie van sy keuse in meisies nie. Ek vrek eintlik van nuuskierigheid om te weet of sy wel sy vrou goedkeur?

Toe ons ‘n paar dae later op die ander oom se plaas opeindig was dinge nie makliker. Ek moes in die voorhuis slaap en Bloem-boy in een van die opstalle buite die huis. Ek wonder of sy gedink het ek sal nie uitsluip nie? Dit sou verseker veiliger gewees het om ons saam in die voorhuis te plaas.

Een aand om die vuur voor die kombuis venster hoor ek die ander tannies haar uitvra oor my. Met die vraag wat my ouers doen vir ‘n lewe hoor ek weer daai skril stemmetjie wat so gal braak dat sy weet nie en hoekom sal sy nou omgee.

My Kersgeskenk aan haar is laaste oopgemaak, my help in die kombuis is afgejak met ‘n uitstap deur die deur… die freaken vrou het net nie van my gehou nie. Ek het ook een oggend vir haar in die kombuis voor gekeer om haar te vra hoekom sy nie van my hou nie, want haar gedrag het my omgekrap. ‘n Mens kan ook net soveel vat. Sy het my nooit geantwoord nie.

In die nuwe jaar van die volgende jaar het ons, ons nuwe plekkie begin renovate. Die mure is geverf, nuwe skirtings gesny, teëls gelê. Skoon gemaak… genade as ek nou nog na suiker seep kyk wil ek huil. Ek onthou hoe ek na die tsunami verslae op die radio geluister het terwyl ek kaste moes verf.

Bloem-boy is ‘n maand daarna alleen huis toe om vir haar te gaan vertel ons wil saam intrek. Die Sondag toe hy terugkom toe huil daai groot boerseun so en so maak hy toe met my uit. Hy voel hy moet tussen my en sy ma kies. So hy kies sy ma.

Ek verstaan sy keuse. Dit was nie maklik nie en vir nege maande daarna het ek myself elke aand aan die slaap gehuil. Dis wat vir my so die slegste is van ‘n break-up… jy moet die ander mense wat deel van jou lewe geword het ook laat gaan. So ek het toe nou nie weer sy ooms en tannie gesien nie.

Ek wonder wel soms wat sou gebeur het as ek my neusring uitgehaal het en my tattoo toegeplak het? Sou sy dan van my hou?