Girl van die Suburbs » MES

Winterhoop
Ek is verseker nie die beste persoon om te vra oor aktuele sake nie, want ek kyk nie nuus nie. Ek lees nie die koerant nie en nog minder loer ek na die weervoorspellings. Dit is als net klein jakkalsies wat my of my bloeddruk op jaag of die trane oopdraai. Ek verkies om oningelig te wees oor die stand van sake.

Die laaste week egter probeer ek wel myself vereenselwing met die weer, want my “Roomie” vra my amper elke dag uit oor die weer en ek wil nou ophou sê ek weet nie. My ignorance kan / moet ook net sover strek.

Ek sien ons is die winter in vir baie koud kry. Seker nie meer as vorige jare nie, maar ek wil verseker nie myself oorlaat aan die elemente daar buite nie en is ewig dankbaar dat ek nie hoef nie. Ek ry elke oggend dou voor dag werk toe en teen die tyd wat ek Hillbrow se strate slaan slaan die termostaat vas op 3 grade Celsius. Dit is nou net so voor die son oor die geboue loer. Dis koud. Ek dink die temperatuur deur die loop van die aand is dalk nog laer.

Daar is ‘n nuwe initiatief gebore uit die passie wat MES het vir die armstes van die armes;  WINTERHOOP. Hierdie is ‘n landswye aksie wat MES in samewerking met kerke, welsynsorganisasies, RSG, KykNet en verskeie koerante aanbied om die nood in ons land gedurende winter te verlig. Daar word op die volgende stede gefokus: Johannesburg, Pretoria, Kaapstad, Durban, Port  Elizabeth en Bloemfontein. ‘n Lys van die organisasies wat hierby baat is beskikbaar op versoek of op die MES webtuiste – www.mes.org.za.

Volgens Jesaja 58:6-7 is die vasdag wat God verlang dat jy vir die wat honger is, van jou brood gee, dat jy aan die armes en die dakloses blyplek gee, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee. Toe ek die lees. toe word ek eintlik hartseer want min mense help uit met die nood rondom hulle.

Die een aktuele saak wat ek wel volg die afgelope twee weke is die berig oor die Johannesburgse Metro Polisie wat van die straat inwoners se besittings sowel as nuwe komberse verbrand het, etlike ure na die eerste Winterhoop uitreik. Dink jouself in… Jy is een van die bevoorregde minderbevoorregtes wat ‘n warm item kon kry en dan word dit van jou af weg geneem? Jy word dan weer aan jou eie lot oorgelaat om te oorleef. Ek as Girl, sal verseker alle hoop verloor het as dit met my moes gebeur.

Hier is ‘n lysie van benodighede wat tydens die uitreike uitgedeel word:

Benodigdhede:

***Klerasie  (baadjies, serpe, truie, musse, lang onderbroeke, frokkies, handskoene, kouse)

Skoene, Warmwatersakke, Komberse, Gebottelde water (of houers vir water)

*** vir die hawelose persoon is warm klere essensieel omdat komberse dikwels gesteel word

Winter Oorlewingspakkie (kospakkie – klein formaat):

Toiletware (seep, tandepasta, tandeborsel en waslap), wasgoedseep, toiletrol

Mieliemeel, pakkie sout, koffie, tee, Cremora, suiker, marmite, grondboontjiebotter, geblikte kos, kits-sop en soja produkte.

Ek hoop regtig dat die Gees mense se harte sal verander en dat meer mense sal gee uit liefde, hetsy met fisiese bydraes of om slef tyd af te staan. Hierdie mense bly nie op straat uit vrye wil nie. As jy met van hulle gesels sal jy hoor dat elkeen ‘n storie het oor hoekom hy / sy is waar hulle is. As ek my werk moes verloor, of al my geld huis toe moes stuur en sodoende self op straat moet bly dink ek nie, ek sou oorleef het nie. Ek het dit al voorheen gesê… Ek weet nie of my wil om te oorleef sterk genoeg sal wees as daar nie hoop was nie.

Deur betrokke te raak, gee jy weer hoop aan iemand wat nie misdaad as oorlewing kies nie.

Hiermee addisionele inligting:

Bankbesonderhede:

ABSA – Jan Smuts

Winterhoop rekeningnommer: 906 892 5251

Takkode: 632005

Die toring van hoop
Die Kersseisoen is hier… en alhoewel ek nie ‘n groot voorstaander is van die jolyt in die winkels en op strate nie is dit tog lekker om die Kers gees te beleef….

Ek onthou as kind het ons altyd saam my ouma hulle gaan Kersliggies kyk… maar al hang my lewe nou daarvan af, kan ek nie onthou presies waar ons heen gegaan het nie. Ek het eintlik helemaal daarvan vergeet tot en met Donderdagaand toe ek die strate van Hillbrow ingevaar het.

Alhoewel ons die konsep agter Kersfees verstaan het, was daar tog ‘n groot opskop elke jaar waar ons by elke ouer se werk ‘n kersboom gehad het… en selfs saam familie. Ons Afrikanervolk het ‘n tradisie oorgedra tot die nageslagte van nou onlangs want selfs Hartseer se kinders is geneem vir inkopies waar hulle ‘n spesiale outfit kon kies vir Kersdag. (een wat ons ook in deel gehad het, maar wat ek nie verstaan nie)

Donderdagaand het ek saam MES die strate van Hillbrow ingevaar… dit was soortvan ‘n serenade. Ons het luidsprekers op ‘n ‘n trok gelaai en het sommer Kersliedere so uitgebasuin en die strate het tot ‘n stilstand gekom. Gelukkig het die Metro Polisie die strate afgesper soos wat ons aangestap het want die taxis was minder ingenome met ons oor ywerigheid. (Ek het soooo lekker gekry)

© Wynand van der Merwe

So ver soos wat ons gestap het, het mense op hulle balkonne uitgekom om ons te groet, of om saam te sing of om dalk net te moan oor die lawaai wat ons gemaak het. Daar is lekkerne vir die kinders uitgedeel en ons konvooi het net groter geword met weerlose lyfies tussen die ouderdom van 3 jaar en 12 jaar.

©Wynand van der Merwe

Ek het ‘n soft spot vir Hillbrow. Vir my sal dit altyd die plek wees wat Hartseer se lewe gesteel het en daarmee het ek al vrede gemaak… In alle eerlikheid het ek nog net liefde op straat ervaar. Dit is ‘n emosie wat ek nie kan beskryf nie…. Die inwoners op straat of in huis het ‘n gees aan hulle wat my soveel hoop gee. Wanneer dit minder lekker in die suburbs gaan dan herinner ek net myself aan hulle ongelooflike dankbaarheid en liefde. Daar is ‘n interne sielewroeging wat my met nie wil los nie…

Na die serenade het die kinders ‘n bord warm kos by die MES kantore genuttig en weereens het die kragtige werke van die Here my verstom. Ek het die opskeppers so gestaan en beloer en het nogal gedink hulle skep dalk te veel in as hulle almal wil voed, maar soos wat die vissies en brode die massa kon voed… het die kosbakke net eenvoudig nie leeg geraak nie. Elke liewe siel kon eet…. en met sulke volmaan gesiggies het hulle kom dankie sê met die seënwense dat ons ook geseën moet word. Hulle verstaan die konsep van liefde. Dit het my natuurlik in trane gehad.

© Wynand van der Merwe

Die toring in Hillbrow herinner my aan die kruis. Om liefde te ervaar moet jy onvoorwaardelik gee…  Ek dink net ek doen dit te min.

Bakboord of Stuurboord
Moet nou nie dink dis ‘n girly ding nie… dit is wel ‘n girlie ding,en moet hierdie nou nie sien as ‘n admission of weakness van die skoner (beter) geslag nie…Ek is useless met aanwysings. Hmmm…ek dink rigting ook.

Ek moes vroeër die week in Hillbrow invaar, na MES se kantore maar die keer was dit in die dag lig en ek kon for the life of me nie die plek kry nie. Ek meen… in die donker nag was dit nog nooit ‘n probleem nie, ek is visueel ingestel so my bakens het ietwat anders gelyk… En nou gaan ek myself seker nog hang ook met die volgende confession…. Ek het my GPS ook gehad. Ja,ek weet…

Dit het my net weer laat besef my draadwerk is helemaal anders as die norm aanmekaar geslaan en dit wil vir my voorkom of ek nie ag slaan op die dinge wat nie my aandag trek nie.. En dit is ‘n probleem. ‘n Moerse probleem. My aandag-span was in my lewe nie so kort soos nou na meneer hartseer se dood nie. Ek verstaan dit nie…. Kyk jy kan meer uitgerig kry met ‘n guppie en sy gedagte gang… want… oe…looky here….

So.. ja…hier is ek in Hillbrow… en die GPS bly my instuur in die systrate wat deur die Gautrein werke befonkfaai is… so hier ry ‘n wit girl in ‘n one way verkeerd op want haar links is toe regs want die blerrie ding praat nie van my kant en jou kant nie…

Stads gesiggies
Hierdie meisie leer deesdae vreeslik baie. Die Heilige Gees het my sommer heel voor in die klas laat sit om seker te maak my aandag word nie weer afgetrek nie en ek moet sê ek staar groot oog na die swartbord….. Die lesse is nie net interessant nie, dit is vrek relevant tot soveel aspekte waarmee ek geworstel het.

Ek het nie geweet wat is die liefde van Jesus waarna almal so mildelik verwys nie en ek was onder die indruk dat ek eendag net so in gebed hierdie warm fuzzy feeling gaan ervaar wat ek dan kan toeskryf aan die liefde van Jesus wat ek ervaar.

Nou die dag toe ek Beeps se stukkie lees oor geloof toe vra ek haar ‘n vraag wat ek soveel ander gevra het want ek het bly hoop dat ek iewers die antwoord sou kry wat ek wou hoor. Toe sy in haar wysheid vir my vertel wat soveel ander ook sê toe besef ek, ek is in vir ‘n groot ontnugtering want ek kan nie die uitkoms op die ene manipuleer nie.

So het ek nou Donderdag aand saam MES (Metro Evangelical Services) aan ‘n uitreik deelgeneem. Dit is bietjie buite my natuur om iets saam ‘n groep te doen en ek vermoed die Heilige Gees het hier ingetree en my met ‘n lat aangejaag…. Met sulke stywe ogies het ek maar aanhou kyk na die swartbord voor my. Ek skryf dit maar toe aan gehoorsaamheid wat deel vorm van my nuwe lesse wat ek in die afgelope twee maande geleer het.

Ons het in Johannesburgse middestad gaan kos en water sowel as komberse uitdeel aan die arm siele wat geen heenkome het nie. Dit is egter hartseer om te deel in ander se leed en ek was verstom om te sien hoeveel kindertjies daar rond hardloop. Wat my wel opgeval het was die ongelooflike blydskap in hulle gesiggies. Ek was tot nederigheid gedwing want ek  glimlag verseker nie so breed wanneer ek in nood verkeer nie. My hart het ook gebloei om te sien hoe dors die mense is. Ons kla so vinnig wanneer daar ‘n waterpyp bars en ons sit vir ‘n dag of twee sonder water….. Hierdie mense kan dit nêrens kry nie!

Ongeag die hartverskeuring, het ek dit ongelooflik baie geniet want alhoewel ek nie daarvan hou om in ‘n groep iets te doen nie, is ek mal oor interaksie met ander. Ek het so tuis gevoel tussen die haweloses….. en was verstom om te sien watse reaksie ek gekry het deur net eerste te groet; te vra hoe dit gaan; en dan om brood uit te deel. Ek het soveel vrae gehad wat ek hulle wou vra, maar siende dat meeste van hulle uitlanders is en nie Engels kan praat nie…. Was ek dalk meer van ‘n irritasie…. En toe ek terug staan om mooi na die gesigte in die ry te kyk toe fluister die Heilige Gees in my oor dat ek moet oplet want wat ek hier ervaar is die liefde van Jesus, en net daar toe word ek sommer gebless met ‘n warm fuzzy feeling in my hart. (Nou die wat my ken weet nou al as ek iets nie kan emosioneel kan ervaar nie, bestaan dit nie in my verwysingsraamwerk nie).

Ek kan nog steeds nie dit om skryf in woorde wat ek hier geleer het nie, ek weet net dat die liefde bestaan. Ek was hartseer toe die skool klok lui….. want ek hoop die les is nog nie verby nie. Hopelik word die les in ‘n ander periode voort gesit.

Indien enige iemand meer wil uitvind oor die werk wat MES verrig… Gaan loer gerus na http://www.givengain.com/cgi-bin/giga.cgi?c=1233