Girl van die Suburbs » Meester

Leidsman en Meester
Hierdie stadskind het die gewoonte om aanhalings te versamel. Ek het in 1998 daarmee begin en dit is nou voor die rekenaar volop in gebruik was, dus het ek ‘n boekie begin. Al die aanhalings en gedigte, gebede en wat nog is met die hand oorgeskryf.  Ek is mal daaroor om per geleentheid dan vir iemand iets uit my spesiale versameling te gee… soos met ‘n verjaarsdag of troue… Ek is ‘n Hallmark maker van formaat.

So het ek nou vanaand weer na ‘n aanhaling gesoek om in my vriendin van skooldae af se verjaarsdag kaartjie te skryf. Ek is absoluut mal daaroor om ‘n present op te dollie en elke een kry ‘n kaartjie. Ek is ‘n kaartjie mens….

So het ek afgekom op die gebed wat ek in die kerk voorgelees het die dag van my boetie se begrafnis. Ek onthou ek het hierdie spesifieke een gekies want hy het so bietjie minder as ‘n maand voor sy dood sy hart vir die Here gegee. Drie dae voor daadie hartseer dag het hy my nog gevra wat ‘n mens alles vir die Here mag vra in gebed. Ek sou hierdie stukkie as voorbeeld vir hom gegee het.

Vandag het dit op toepassing van my ook. Nou dat ek my hart vir die Here gegee het sukkel ek ook met die hoe’s van gebed. Ek weet nie wie die outeur is nie….

Leidsman en Meester

Ek het U dringend nodig. Ek kan sonder baie dinge wat ek eens as onmisbaar beskou het in die lewe klaar kom, maar ek kan nie hierdie tyd sonder U aandurf nie.

Ek het ‘n nodig wanneer sukses oor my pad kom sodat ek U in my hoogmoed en selfvoldaanheid nie sal vergeet nie.

Ek het U nodig wanneer die skaduwee van droefheidoor my pad val, sodat ek sal moed hou en bly vertrou op U liefde en glimlag

In onsekerheid, teleurstelling en siekte en in teneergedruktheid en wanhoop het ek U nodig om my deur U goeie Gees staande te hou.Wanneer die son my pad koester en bestraal het ek U nodig, sodat  ek nooit sal vergeet uit wie se genade ek leef nie.

Dankie vir die krag wat U my tot hier toe geskenk het op my lewenspad. Vergewe die versuim wat nou reeds in brandende letters oor soveel van my goeie voornemens geskrywe staan.

Praat gereeld met my O’ Meester, sodat ek sal moed skep en die krag sal hê vir die moeilike ente op die pad. Laat my sonder twyfel weet dat dit die pad is waarop U wil hê ek moet loop.

Help my om in liefde te leef met alle mense. In die naam van Hom wat die                                            wêreld deur Sy liefde oorwin het, Jesus Christus

- Amen -