Girl van die Suburbs » Markus 11

My Markus 11 Filosofie
Hierdie hippie kind het gister besluit om die beste te maak van ‘n onsekere saak. Daar is geen kristalballe of dolos gooiers wat die toekoms kab voorspel nie en in elk geval is ek van kleintyd af al geleer dat ’n groot bliksemstraal vanuit die hemel jou sal tref, indien jy wel daaraan dink om die droom uitlêers of waarsêers te raadpleeg.

Daar is geen shortcuts in die lewe nie, tot my spyt want dit voel partykeer of ek een van daardie Israeliete is wat vir 40 jaar in die woestyn rond dwaal. My kind, het my ouma eendag vir my gesê….. Jy sal op jou knieë moet gaan en bid en volhard in geloof. Sy haal toe Markus 11:24 aan, asof hierdie versie as haar enigste goue lewensreël toepas: “Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.”

Dit is met hierdie gedagte dat ek gister in my 160 hektaar van kalmte gaan stap het. My stukkie hemel in die malle gejaag van die goudstad. Ek doen dit deesdae nogal baie net om my kop oop te kry, want die “huis skoonmaak” is harde werk. Alhoewel ek voor my heilige siel weet dat die besluite wat ek nou neem die beste is en deur die Heilige Gees geïnspireer word, is dit steeds nie lekker nie. Ek het ‘n hart van vlees en ek is hartseer. This too shall pass… Ek weet. Ek dink wat my die seerste maak is dat die wat ek agterlaat ’n nonchalante houding het teenoor verwikkelinge en dit lyk my ek is die enigste persoon vir wie dit eintlik pla.

Ek het na my gunsteling wegkruip plekkie gestap waar ek my op die gras langs die groot Koraalboom by die dam neergeplak het. Terwyl ek op die gras lê en opkyk na die droë takke mis ek die mooi rooi vlamme, wat in die somer gejukstaponeer word teen die bloue hemel. Ek het hier weer geponder oor my Ouma se ware woorde…. Hoe maklik is die lewe dan nie, as ons net hoef te bid vir ons daaglikse brood en beskerming en glo dat ons dit sal kry. Verbysterd besef ek, hoe ingewikkeld ons, ons eie lewens maak.

Ek het al baie na gedink aan die duiwe wat in kompetisies vlieg. Hier naby die werk vlieg daar ’n hele groep van hulle en ek gaan sit gereeld buite om hulle dop te hou. Hulle verdwaal nooit nie, hulle ken die bakens en vlieg daar volgens, en in tye van storms, gaan soek hulle skuiling. Come rain or come shine… vlieg sal hulle vlieg want dit waarvoor hulle gemaak is. Dit deel van hulle natuur.

Ek glimlag so by myself, want ek het sopas nog ’n lewensles by die duifies geleer. Doen wat goed is, volg die reëls en moenie afwyk van God se lewensplan vir jou nie. As jy jou eie roete neem,sal jy verdwaal en die gevolg van daardie besluit is jou 40 jaar van sirkels loop in die woestyn. Hoe groot is God se genade dan nie… Hy vergeef en lei ons op die regte pad na soveel keer se afdwaal. Ek moet net leer om soos daardie duiwedie bakens te volg en my ingeboude radar van geloof sal my, by my uitbestemming bring. Los maar die Kristal bal want ek weet… ek is nie in beheer nie so wat maak dit saak wat more vir my inhou.