Girl van die Suburbs » liefde

Dit stop hier
Ek stap in die ring, met my gesig geverf. My bestaan gevorm om te vermaak. Ek faal.

Ek stap uit op die verhoog daagliks, maar niemand sien my raak nie.

Het jy geweet die verf is nie wie ek is nie? Dis maar ‘n lagie wat beskerm… die hart van ‘n kind wat deur die skare seer gemaak is… van jare terug tot nou. Dit is wreed.

Die woorde hardloop al paadjies, ingeëts in die strome van my bewussyn. Dit eggo die alom bekende mantra van hoop. Glimlag en waai. Glimlag. En. Waai. Miskien as ek maak of ek anders is, sal ek inpas, inskakel, deel word.

Jy hou nie van die regte ek nie en dit maak seer.

En ek bid Jesus Christus, waarom maak die mense wat nie saak maak nie seer, en nie eers deur dinge wat hulle opsetlik doen nie? Hoe kan ek verander om my nie daaraan te steur nie? Hoe kan ek ander voel wanneer dit regtig nie moet saak maak nie?

En dan kom die antwoord sag in my Pa se stem. Ek het vanoggend vir jou ‘n boodskap. Liefde.

“Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” 1 Korintiërs 13: 4-7

Liefde bedek alles. Selfs die feit dat jy nie van my hou nie.  Ek sal elke dag met die blinde sambok geslaan word want my eie aanvaarding lê in wat ander van my dink.

Dit stop hier, want liefde… is ook nie liggeraak nie.