Girl van die Suburbs » lewenslesse

Skuif nader…..
Sjoe… en die agteros kom ook in die kraal.

Ek het al baie gewonder watter lesse ek aan my kinders sal oordra eendag, want dit wat  jy nie uit ervaring leer nie, leer jy uit beginsel.

Hier is die lesse waarop ek my lewe (probeer) baseer:

Ek dink die grootste element waaruit jou lewe moet bestaan is liefde. Wees lief vir jouself en wees lief vir die mense om jou. Jy kan regtig nie ‘n vervulde lewe lei as jy nie lief is vir die lewe nie. Dit beteken ook dat jy dinge uit liefde moet doen sonder om enige iets terug te verwag… Liefde is unconditional…

So saam met liefde vir ander moet jy onthou… mense gaan jou êrens teleurstel. Dis in ons natuur en 9 uit die 10 keer is dit nie aspris nie. So onthou dat jy self nie ‘n pilaar van standvastigheid is nie en jy stel mense ook soms teleur. Daarom moet jy kan vergewe… 100 keer as jy moet…

Vergifnis het wel geen perke nie, maar ‘n mens het keuses. Jy kan besluit wie jy in jou lewe wil hê. Dis nie die moeite werd om te tyd of energie te mors aan toksiese verhoudings nie.  Dit is nie die moeite werd om ‘n moordkuil van jou hart te maak nie. Vergeef, vergeet en gaan aan. Ek glo ‘n groot dryfveer vir ‘n lang en geseënde lewe is om in vrede te leef.

Onthou elke keuse wat jy uitoefen en elke besluit wat jy maak het gevolge. Jy is in beheer. Partykeer neem jy verkeerde besluite maar op daardie tydstip het dit na die regte een gelyk so vergeef jouself ook die foute van die verlede, maar onthou jy is nie ‘n victim nie… Leer uit jou foute!

Niks wat jy in die lewe het, besit of geleer het is uit jou eie toedoen nie. Of  jy in God glo of nie… alles wat ons ontvang kom van genade. Wees dus dankbaar vir wat jy het en gee terug aan die wat minder as jy het. Genade is daar om gedeel te word. Wees goedhartig en deel jou tyd as ‘n hulpbron… dit beteken gewoonlik baie meer as die geldjie in ‘n koevert.

Wees verdraagsaam teenoor ander. Net soos ander jou dalk irriteer, vang jy hulle ook partykeer. Jy is gewoonlik nie privvy tot die rede hoekom mense optree soos wat hulle doen nie. Om iemand te judge is onregverdig en lelik.  Niemand is jou ook ‘n verduideliking verskuldig  nie. So verdra maar waar jy kan.

Om vreugde te put uit die lewe is van kardinale belang…. Anders gaan jy ‘n lang en eensame lewe hier op aarde lei. Ek is seker ‘n goeie een om te praat maar vind selfs vreugde in adversary. Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees en ‘n mens wat dankbaar is, is gewoonlik vol vreugde ook.

Leef vir vandag. Ons spot baie met lysies wat ons wil opstel want daar is altyd iets wat ons keer om te doen wat ons wil. Dit is te verstane as jy dinge uitstel oor jy nie dadelik hulpbronne tot jou beskikking het nie; moet net nooit ophou droom nie. Al moet jy nou kleiner drome tussen inwerk…

Bly hoop. Hoop op beter dae, hoop op ‘n bos blomme, hoop op inner peace… Onthou as jy ophou hoop kan jy net sowel ophou lewe. Die hoop beskaam nie.

As daar nou een les is wat my baie lank vat om te leer… jip, dis ‘n continuous een in my eie lewe… Wat mense van jou dink, verander niks aan jou as mens nie. Dit is net ‘n opinie. Jy moet ‘n interne filter aanleer waardeur almal se kommentaar gefilter word… want jy as mens het niemand se goedkeuring nodig nie. Jy moet okay wees met wie jy is.

Die gootste les wat my pa my geleer het wat betrekking het op al die bogenoemde is….” If you keep on doing what you are doing, you will keep on getting what you have….”  ’n Mens moet oop wees vir veranderinge…

Niks is konkreet nie…  So geniet elke oomblik!

Word ek oor die vingers getik oor ek nie iemand getag het nie… So here goes

Ek tag almal wat nie ‘n blog het nie…  Andrew, Daizy, Maxie, Steve en sommer elke ander leser wat sy lesse wil deel.  Alles te danke aan ou Vuurperd!