Girl van die Suburbs » leef

Leef jy jou droom?
Prentjie gekry by http://ninelivesmediainc.wordpress.com

Nou maar reg…. Girlie het ‘n movie gaan kyk en being true to my own nature het ek nou weer die dieper kant van ‘n tekenprent gaan staan en uitkrap… soveel so dat ek eintlik ‘n traan gepik het op twee plekke. Ek reken dit het my so aangeraak oor dit juis ‘n element in my lewe aanspreek waaraan ek so hard werk om reg te stel.

Gaan loer gerus hier as julle die goeie grafics wil bewonder, maar geen lees daar as julle ‘n goeie opsomming wil lees

Waar het ek my maskara strepe afgevee? Carl (die ou knorpot) het deur Ellie (sy oorlede vrou) se boek geblaai wat hulle al vir 70 jaar saam dra. Sy het die boek begin na sy besluit wat haar groot droom is en sy het ‘n hele paar bladsye in haar plakboek oop gelos om dinge wat sy wil doen daar neer te pen. As’t ware hoe sy haar droom wil uitleef.

Nie een keer het Carl daaraan gedink om verder as die bladsy te blaai waarop staan “things I will do” nie, want hy het geglo hy het haar teleur gestel deur haar nooit op haar droom plek uit te kry nie.  Eers aan die heel einde te besluit die siel om daar deur te blaai net om te sien dat Ellie haar droom verander het en die “things I will do” bladsye is vol geplak met kiekies van hulle twee oor die jare.

So sy het nooit by Paradise Falls uitgekom nie, maar dit het haar nie gekeer om haar droom verder te leef in die milieu waar sy haar wel bevind het nie.

Time and time again sit hierdie donkerkop en dink… as dit eers gebeur sal ek dat kan doen… as ek eers hiervoor geld het sal daai weer gebeur… En gisteraand besef ek net weer ek bly verskonings maak.

Ek gaan dus hard werk aan my pieringlysie want ek kan nie wag vir dinge om te gebeur voor ek aan my emmerlysie gaan begin werk nie. En vol sirkel weet ek, dat ek op die regte pad is want ek het besluit ek gaan eers na die meer berykbare ideale streef net om seker te maak ek jou nie op leef nie.  Ek wil nie meer net ‘n toeskouer in my eie lewe wees nie… Ek wil begin deel neem

Ek kan weer hoor….. Nou moet ek luister
Ons is al vier maande in hierdie nuwe jaar in en dit tref my soos ‘n boek wat gegooi word teen my voorkop….. Ek is besig om net ‘n toeskouer in my eie lewe te wees. Ek LEEF nie! Ek is nie ‘n deelnemer nie. Hoe hartseer is hierdie gedagte nie, want ‘n mens is uiteindelik die outeur van jou eie lewensherinneringe. God laat gebeure geskied, maar wat jy daarmee maak….. is op die uiteinde jou bestaan.

My Vader weet, ek is soos Paulus van ouds. Om mooi met my te praat is nie altyd die beste manier om my aandag te trek nie. Ek moet gewoonlik eers van my perd afgegooi word, voor ek besef God is besig om met my te praat. In die afgelope vier jaar het ek al vier keer my siel stukkend geval op die grondpad van die lewe.

Die laaste hartseer wat my siel se nerwe weer afgekrap het, was die skielike en baie ontydige afsterwe van die persoon wat ek aangeneem het my lewensmaat sou wees. In Februarie 2008, het my lewe handomkeer verander.  Dit is egter nie al nie. God het in Sy wysheid my hele ondersteuningsnetwerk van my afgeneem. Almal na wie ek altyd gegaan het vir antwoorde van wysheid, was nie meer daar nie. Ek was kwaad vir hulle en hulle was vies vir my, want ek wou alweer nie LUISTER nie. Ek het bitter alleen gevoel. Baie eensaam en ten tye so moedeloos dat ek net nie meer wou leef nie. Skielik het ou babbelbek ook afgeleer hoe om met mense in gesprek te tree…. My probeerslae om ‘n gesprek met iemand te voer het net in one way monoloë ontaard. Dit is asof iets in my dood gegaan het, wat my stilweg bekruip het en net uitgekom het as bitter woorde of koue, emosioneel verwyderde stiltes. Ek het begin twyfel in myself en het net meer in my dop ingekruip.

Nou, so in die heelword proses het ek opgehou deelneem en het net probeer oorleef. Vandag as ek terugkyk, besef ek  dit was net ek en God in my rou bestaan. Ek was (en is nog steeds) net op Hom aangewese vir krag en ondersteuning, asook al die antwoorde wat ek gesoek het. Dit is hoe Hy dit wou hê en ek is dankbaar God is ‘n Vader van eindelose genade en geduld. Hy het Hom nie veel gesteur aan my tantrums nie….. Ook nie my eiewilligheid en my alewige “ek sal hulle wys houding” nie. Inteendeel….. Hy het met tye net in doodse stilte my toegedraai in watte en alhoewel ek so ver van Hom af gevoel het en nie Sy stem kon hoor nie, het Hy my net laat begaan om deur alles te kom.

Dit is egter in die laaste vier maande, waar Hy die heeltyd aan my siel bly torring het en die afgelope week het ek besef, God praat weer met my. Hoe mooi praat Hy nie ook nie. Deur die skrif, boeke wat ek lees en movies wat ek kyk. Dit is nou hier, waar ek tot die besef gekom het, ek moet regtig begin LUISTER om die ware noord op my lewenspad te vind en daarop te bly.