Girl van die Suburbs » Lae GI

My groot besluit
** sug **  Ek is so moeg daarvoor om heeltyd te tob oor my gewig. Ja, ek weet – beauty is only skin deep – blah – blah – blah! Ek dink dis die grootste belediging wat jy iemand wat met hulle gewig sukkel te gee – of …. dit gaan oor jou persoonlikheid. Ek wil nie meer die meisie met die mooi persoonlikheid wees nie. Ek wil ook nie die een wees wat koppe laat draai en inskryf vir elke kompetisie nie. Ek wil net die girl wees wat tevrede is met haar self.

Ek sukkel nou al vir die afgelope 5 jaar met my gewig. Ek is ’n emosionele eter en ek eet selfs as ek bly is. Ek het al 18 kg verloor waarvan ek weer 4 kg opgetel het en ek voel elke dag van my lewe hond sleg.

Mood swings, Duiseligheid, Doodse moegheid, Konsentrasie probleme vorm deel van my daaglikse bestaan. Ek het opgehou oefen want ek kon nie die pas volhou nie. Ek wil net omkap. Behalwe dat ek regtig geen eetlus het nie …. het ek cravings. Ek wil aldag en heeldag net grondboontjiebotter broodjies en konfyt eet. Die lustigheid vir sjokolade wil ook nie wyk nie en die weirdste een van die lot is die alewige lus vir stof. Ek wil net klippe staan en kou en suig…. sement, grond…. ek is nie vol fiemies nie…. enige een!

Sondag by die kerk toe gesels ek met een van die mammas wat my vra of ek siek voel want ek lyk nie so goed nie. Ek het Saterdag ’n damestee gehad en het natuurlik gekroek met die suiker en die volgende dag toe voel dit of ek ’n babalas het. Ek weet van beter en ek weet dit is hoe suiker my laat voel. Sy vertel my toe van ’n dieetkundige wat spesialiseer in insulien weerstandige gevalle en ek moet byvoeg haar dogtertjie se persoonlikheid het ook handomkeer verander. Toe sy noem haar kind gil nie meer soos ’n mal ding op die huishouding nie toe weet ek dit is my antwoord. Van al die simptome voel ek die slegste oor my buie…. Ek KAN dit nie beheer nie. Ek is ongelooflik kort van draad.

Ek het bloedtoetse gaan doen en ek sien my insulien is NIE onder beheer NIE! Inteendeel, is dit nog bo 15. Vandaar besluit ek toe om dieselfde dame te gaan sien.

What an eye opener was die sessie nie?

Ek eet TE MIN. Sy plak drade oral op jou lyf en doen elektroniese metings en dan kan sy daardeur bepaal hoeveel van jou gewig is vet gewig in kilogramme en hoeveel is spier gewig in kilogramme. Sy werk ook uit hoe vinnig jou metabolisme is. Nou weet ek hoekom ek so sukkel!

Lang storie kort – Sy het vir my ’n diet uitgewerk na ons besluit het hoeveel gewig ek moet verloor. Ek verstaan nou hoekom ek in die mediese oë verkeerd eet al het ek die beste bedoelings gehad met my oorspronklike poging.

Ek is baie trots op myself dat ek uiteindelik die besluit geneem het om my verhouding met kos reg te dokter. Ek wil ophou ’n skewe beeld hê oor myself en ek wil ophou sleg voel, elke dag, heeldag…. en die bonus…. Die 15 kg wat ek gaan verloor!