Girl van die Suburbs » Kersfees

Terugblik op my geseëndste jaar
Dit is nodig om stil te raak … Om deur die kalendermaande te blaai sodat jy weer aan die hoogtepunte herinner kan word; daardie blommeprag wat so mildelik oor jou pad gesaai word.

2010 – was verseker die jaar van seën vir die Suburbs. Dit was die jaar van uitnemende lewensvreugde. Ek dink dis die jaar wat gekenmerk sal word as die begin van my journey in liefde. Onbeskryflike liefde. Groot liefde. Daardie seerkry liefde … wanneer my hart tot ‘n stilstand geruk word met die onthou… Genade onbeskryflik groot … daardie wat ons nie verdien nie.

Wanneer jy twyfel daar is ‘n God dan is jou lewe leeg… jou bestaan eensaam en jou toekoms duister. Dit was my lewe vir 31 jaar lank gewees. Die mense wat jy op jou kruispad ontmoet sal nie net spore saam jou in die stof trap nie … maar sal merendeels bepaal watter afdraai jy gaan neem. Ek is oneindig dankbaar vir die mense wat my pad gekruis het hierdie jaar. Elkeen het ‘n rol gespeel in my besluit om totaal in oorgawe die Messias te volg.  Daardie besluit sal maak dat ek nooit weer ‘n leë dag in my bestaan sal ervaar nie. My identiteit het onherroeplik verander.

Ek het besef, die lewe is geweef deur keuses en jy sal elke dag voor nog een te staan kom, en die gelapte uitkoms sal altyd ‘n punt van bespreking bly. Soms wonder jy of jy moet terug gaan op die pad om ander wat op die kruis pad staan en wag te gaan haal en soms wonder jy oor die wat jy nie meer sien nie want die groot afdraai het hul verswelg.  En net soms… voel jy skuldig oor jou besluit want in der waarheid kan jy nie terug draai op daardie pad sonder om weer deur die donker te stap nie.  Min mense verstaan die radikale besluit om deure agter jou toe te maak. Toegegee daar is maniere en daar is maniere en soms kon ek situasies beter hanteer het, maar so leer jy. Nog ‘n blokkie wat voorentoe gekruis moet word as afgehandel – ek leer nog.

Die jaar was die geboortejaar van passie.. Die skepper van die heelal is die skepper van jou wildste drome en gee jou geleenthede om dit uit te leef. Oneindige geleenthede… Hy blaas die vuur in jou siel wat jou laat brand om uit te vind wat daardie passie aanwakker. Dit ontvou soos ‘n nuwe lente bloeisel… perfek in geheel. Ek gaan skoolgee. Hierdie eens korporatiewe amasone gaan haar hakskoene weggooi om in die sandput kinders te leer van die lewe. In ruil… sal ek die wêreld deur hulle ogies begin ervaar…  Hoe bevoorreg is ek nie?

Die jaar was egter nie sonder enige uitdagings nie. Geduld, Geduld en nogmaals geduld. Hierdie is werklik die enigste klippie in my skoen en wanneer ek dink ek het dit uitgeskop verander dit soms in ‘n rots op my pad. Ek moet leer om geduld met mense te hê. Ek moet leer God se tyd is verseker nie my tyd nie… Die grootse toets op hierdie gebied? Ek moet in geduld wag vir die beloftes wat die Here aan my maak, om te seëvier. Eendag, gister, vandag, môre… Hierdie is maar splitsekonde oomblikke op die kalender van ewigheid en hierdie journey gaan nie oor my gemak nie.

Waaroor is ek die dankbaarste? Die lesse wat ek leer oor LIEFDE. Dit het niks met ‘n wederhelfte te doen het nie. Liefde gaan ook nie oor die gevoel vir nog ‘n mense hartklop langs jou eie lyf nie. Dit is die geborge soeke wat net deur Jesus stil gemaak kan word, want HY IS LIEFDE.

Die grootste les wat ek geleer het? Daar is lewe na seer kry. Jy kan nie die wêreld stempel as ‘n donker Kromdraai pad vol neerslae nie. Jesus genees ALLE pyn en oop wonde…. Daar bly nie eers ‘n letsel oor nie.

En dit is my wens aan elkeen wat hier lees. Mag die Here Homself aan jou openbaar hierdie kers seisoen.  Voorspoed aan julle en jul families. Veilig fees vier – tot volgende jaar.

- Nell -