Girl van die Suburbs » kamp

Die Siel van ‘n Kind
Die afgelope naweek het ek die mees besonderse ondervinding gehad. Ek is nou meer seker as ooit tevore dat skoolgee my nuwe roeping gaan wees. Ek het nog twee jaar oor om my dinge in orde te kry sodat ek ek die droom kan bewaarheid. Bygesê, ek is kieskeurig oor waar ek eendag wil  wortel skied, maar ek glo die Here plant jou waar Hy wil hê jy moet saai en groei. So spot ek so ewe voor die naweek se kinderkamp dat as die klomp luid-bekkies my nie van my broeisheid genees nie, dan sal niks dit seker genees nie…. en ek is nie genees nie.

Die weegskaal wip so met die naald in die middel van kinders wat regtig geseënd is met ‘n lewe vol liefde, gesonde selfbeelde en vreugde en vrede…  want hulle word oorgelaat aan ‘n genade onbeskryflik groot. Dan is daar die jong klomp wat net die genade van die wêreld ken. ‘n Genade so hard soos staaldraad.

Ek het in my eie stilligheid die klompie dop gehou om te sien hoe elkeen in ‘n groepsverband funksioneer en ook… wie die loners is. Daar was een of twee wat hulself afgesonder het om ek-tyd in te werk en dan was daar ander wat nie ‘n keuse gehad het nie, want hulle pas eenvoudig nie in nie. Wat my opgeval het is dat die wat nie inpas nie, nie deur die groep verwerp word nie, maar dat hulle verkies om nie deel te wees nie. Ek is ‘n voorstaander vir individualisme en geniet self my eie geselskap… maar die afgesonderes skyn verseker nie vertroue en self liefde nie… hulle het seer. Hulle weet nie hoe om met ander om te gaan nie en dit breek my hart. Dit vou my sommer so dubbeld om te sien dat daar jong kinders is wat emosioneel afgestomp is. Dit is ‘n seer waar daar nie eers rowe is wat die gapende wonde beskerm nie. Hulle bloei voor ‘n hele wêreld wat dit raak sien.

Aan donkerkop-meisiekind… Ek verstaan nie jou wroeging om jou ouers van jou molestasie te vertel nie, maar ek bid dat jy sal verstaan dit is nie jou skuld nie en dat NIEMAND die mag oor jou het om jou ooit te laat sleg voel oor jouself nie. Die twee blonde sussies… Al kan ek elke dag vir julle kos aandra en seker maak julle het klere wat pas kan ek nie julle ogies laat glimlag nie. Ek kan nie genoeg drukkies gee om julle te laat voel daar is wel iemand wat julle nie verwerp het nie. Ek bid dat Jesus julle in sy liefde sal toevou want Sy hart bloei vir julle seer.

So kan my lysie aangaan met dogters van sestien jaar wat dit oorweeg om seks te hê met hule kêrels… of van seuns wat nie weet hoe vaderliefde voel nie want hul pa is aldag en heeldag op kantoor. Of die gesiggie wat net na die bord kos staar want sy is bang as sy eet word sy vet.

Ek verstaan die siel van ‘n kind al is ek self nog nie ‘n ma nie. Die Here belowe my immers ‘n nageslag oor wie Hy sy hand sal hou. Wat word wel van die wat net oorgelaat word aan ‘n wêreld se genade?