Girl van die Suburbs » Jesaja 43

Wat sit in ‘n naam…..
As entrepreneur, jong verloste stadsjapie, extraordinaire was ek vanmiddag bevoorreg om vroeg huiswaarts te keer. Ek het toe gaan stap toe al in die stofpaadjie langs, die vertakking verby die bloekom bos. Ek is mal oor my paadjie want dit wakker die sintuie aan en maak jou kop oop. Ek was so bietjie ontsteld oor ‘n opmerking wat ‘n kollega gemaak het, en tipies oos rand Afrikaner het hy nie die geselskap in ag geneem toe hy die onsensitiewe aanmerking gemaak het nie. Ek hou nie daarvan as mense grappe maak oor iets wat hulle nie verstaan nie. Dit is vir my ‘n teken van ignorance.

Die gesprek het heel goed begin met die name van die kliënte met wie ons elke dag te doen kry, siende dat ons regsaspekte ook dek werk ons met kopieë van hulle identiteitsdokumente so ons sien die tradisionele boere tradisie van geslagte familie name aan een persoon, tot die byderwetse Afrika name wat ons sukkel om uit te spreek… en van daar het die gesprek afdraand gegaan

Ek besluit toe om onder een van die bloekom bome skuiling te gaan soek en met die skop van die klippies voor my in die stof wonder ek hoekom ‘n persoon se naam nou so belangrik is Wat is in ‘n naam? Maak dit regtig saak wat mense daarvan dink? Dit is net ‘n ekstensie van wie jy is en as jy selfversekerd is en gelukkig is met jouself, maak hierdie klein detail mos nie saak nie. . Ek self verstaan nie die Afrika kultuur nie, maar ek is eerder ‘n Beauty of ‘n Precious voor ek ‘n Johanna Jacoba de derde is. Daar is myns insiens, geen identiteit in ‘n familienaam nie. Jy word ‘n kloon….Beauty is baie expressive…. Maar dis ook net ek…. Ek sal my ouers ewig dankbaar wees oor hulle nie vir my ‘n familie naam gegee het nie, dus hoef ek ook nie die tradisie voort te sit nie.

Met hierdie hele vernuwing wat ek ondergaan word ek al hoe meer bewus van die groot onderskeid tussen die menslike wêreld en die wêreld wat God wil hê ons moet deel wees van. Dit maak regtig nie saak wat mense van jou naam dink nie, want in Jesaja 43 staan daar: “ Ek het jou op jou  naam geroep, jy is Myne.”  Wees liewer bekommerd of jy gelukkig genoeg is om wel op jou naam geroep te word.