Girl van die Suburbs » Hillbrow

Die toring van hoop
Die Kersseisoen is hier… en alhoewel ek nie ‘n groot voorstaander is van die jolyt in die winkels en op strate nie is dit tog lekker om die Kers gees te beleef….

Ek onthou as kind het ons altyd saam my ouma hulle gaan Kersliggies kyk… maar al hang my lewe nou daarvan af, kan ek nie onthou presies waar ons heen gegaan het nie. Ek het eintlik helemaal daarvan vergeet tot en met Donderdagaand toe ek die strate van Hillbrow ingevaar het.

Alhoewel ons die konsep agter Kersfees verstaan het, was daar tog ‘n groot opskop elke jaar waar ons by elke ouer se werk ‘n kersboom gehad het… en selfs saam familie. Ons Afrikanervolk het ‘n tradisie oorgedra tot die nageslagte van nou onlangs want selfs Hartseer se kinders is geneem vir inkopies waar hulle ‘n spesiale outfit kon kies vir Kersdag. (een wat ons ook in deel gehad het, maar wat ek nie verstaan nie)

Donderdagaand het ek saam MES die strate van Hillbrow ingevaar… dit was soortvan ‘n serenade. Ons het luidsprekers op ‘n ‘n trok gelaai en het sommer Kersliedere so uitgebasuin en die strate het tot ‘n stilstand gekom. Gelukkig het die Metro Polisie die strate afgesper soos wat ons aangestap het want die taxis was minder ingenome met ons oor ywerigheid. (Ek het soooo lekker gekry)

© Wynand van der Merwe

So ver soos wat ons gestap het, het mense op hulle balkonne uitgekom om ons te groet, of om saam te sing of om dalk net te moan oor die lawaai wat ons gemaak het. Daar is lekkerne vir die kinders uitgedeel en ons konvooi het net groter geword met weerlose lyfies tussen die ouderdom van 3 jaar en 12 jaar.

©Wynand van der Merwe

Ek het ‘n soft spot vir Hillbrow. Vir my sal dit altyd die plek wees wat Hartseer se lewe gesteel het en daarmee het ek al vrede gemaak… In alle eerlikheid het ek nog net liefde op straat ervaar. Dit is ‘n emosie wat ek nie kan beskryf nie…. Die inwoners op straat of in huis het ‘n gees aan hulle wat my soveel hoop gee. Wanneer dit minder lekker in die suburbs gaan dan herinner ek net myself aan hulle ongelooflike dankbaarheid en liefde. Daar is ‘n interne sielewroeging wat my met nie wil los nie…

Na die serenade het die kinders ‘n bord warm kos by die MES kantore genuttig en weereens het die kragtige werke van die Here my verstom. Ek het die opskeppers so gestaan en beloer en het nogal gedink hulle skep dalk te veel in as hulle almal wil voed, maar soos wat die vissies en brode die massa kon voed… het die kosbakke net eenvoudig nie leeg geraak nie. Elke liewe siel kon eet…. en met sulke volmaan gesiggies het hulle kom dankie sê met die seënwense dat ons ook geseën moet word. Hulle verstaan die konsep van liefde. Dit het my natuurlik in trane gehad.

© Wynand van der Merwe

Die toring in Hillbrow herinner my aan die kruis. Om liefde te ervaar moet jy onvoorwaardelik gee…  Ek dink net ek doen dit te min.