Girl van die Suburbs » heroïen

Agt
Hartseer

Ek wens so ek kan een oggend wakker word en dis alles weg… Ek wil jou storie klaar kry, sodat ek kan aangaan met net die vae herinneringe van toe. Ek baklei baie hard teen die swart hond wat so nou en dan kom grom. Ek gaan not a hell nie weer… ooit weer oor jou huil nie… Jy sien… daar is iemand wat my in verbasing terug laat deins in die kleiner dinge van mens wees wat my hart gelukkig maak. ‘n Sielvolle, verstaan-mens. ‘n Omgee-mens. Opreg.

Weet jy ek doen so vrek goed en ek dink regtig glad nie meer aan jou nie. Ek droom nie meer van jou nie. Ek hoor nie meer jou stem nie. Maar daar bly klein dingetjies opduik wat my net weer terug ruk na die plek waar ek nie wil wees nie. Daar is ‘n storielyn in een van die sepies waar ‘n jong karakter met dwelms eksperimenteer en vanaand het sy amper die tydige met die hiernamaals verruil. Die episode het my ongelooflik omgekrap. Nou sit ek weet en dink terug. Ek haat hierdie oomblikke.

Die Vrydagaand wat jy my gebel het om te vra of ek oorkom is die aand wat ek die heeltyd in my kop afspeel want ek wonder of ek nie jou dood kon keer nie. Jy het soos oudergewoonte elke 30 minute my gebel by die werk deur die dag om te vra of ek nie wil oorkom nie, maar daardie aand het ek dinge anderste gedoen. Vir die eerste keer in ons saam-wees kon ek vir jou nee sê. Ek wou jou nie sien nie en ek het nie eers skuldig gevoel nie. Jis dit was ‘n ongelooflike lekker gevoel. Ek was kwaad vir jou oor jy die verkeerde keuse op my ultimatum gemaak het.  Daar was twee opsies. Ek of die dwelms en jou verbintenis met die Nigeriërs. Ek onthou hoe hartseer ek was oor jy nie eers twee keer gedink het aan jou antwoord nie. Vir jou was die keuse maklik. Ek wonder baie of jy wel sou dwelms neem as ek daar was… en ek voel skuldig want dalk… net dalk kon ek jou lewe red. Heel waarskynlik sou jy in elk geval net voort gegaan het en ek sou langs ‘n lyk wakker word. Ek is wel ongelooflik dankbaar dat dit nie so uitgedraai het nie.

Ek het regtig gedink die ergste dwelm wat jy mee geëksperimenteer het was kokaïen. Jy het dit sommer so openlik voor my gebruik. Daar was wel dae waar jy my gestuur het om vir jou iets te gaan doen… kos te gaan koop en wanneer ek terug gekeer het was jy nie meer honger nie en het dan geslaap. Nou eers besef ek dat jy dalk al reeds met heroïen te doen gehad het. Ek weet nie… want jy het altyd die lugversorger aan gehad en oor dit koud was het jy lang mou toppe gedra… ek het nooit jou arms gesien nie. Ag ek weet nie… dit kon jou afhanklikheid van jou kalmeer pille ook gewees het wat jy dalk geneem het om van die kokaïen high af te kom.

Jy het gedink jy is invincible… Jy het in een aand 300 kilometer afgelê plaas toe net om met jou ma te gaan praat… en het sommer weer terug gery en by my gestop. Jou gedrag was regtig meer erratic op die highs, jou paranoia tien keer erger met die afkom slag. Jy was bang jy word geagtervolg… Kan jy onthou hoe ek jou met die vuis bygekom het oor ek my dood geskrik het vir die man op my bed? Jy het vir my gesit en kyk terwyl ek slaap en tot vandag toe weet ek nie hoe jy ingekom het nie. Ek het net ‘n teenwoordigheid aangevoel en toe ek my oë oopmaak toe sien ek net ‘n silhouette van ‘n man. Eers toe jy in ‘n fluister stem my prinses noem het ek geweet dis jy. Ek het jou gevra om te ry en jy het gepleit om oor te slaap want jy was bang.

Ek het ook mettertyd bang geraak. Jou trawante het vir my dwelms op my stoep kom neersit en so het ek uitgevind hulle weet waar ek bly. Ek glo dit was veronderstel om aan een van ons twee ‘n boodskap oor te dra. Hulle het jou by tye geagtervolg. Ek is net dankbaar jy het my nooit in die strate van Hillbrow saam jou ingesleep nie en het my altyd êrens gaan aflaai so ek kan vandag verby hulle loop en sal nie eers weet dis hulle nie, maar hulle sal my herken. Net na jou dood wou ek self die strate invaar om hulle op te soek om mooi aan hulle te verduidelik wat ek dink van hulle aandeel in jou dood. Ek het immers hulle name geken. Dank die vader die depressie het ingegryp want ek kan nie sien dat hulle my weer op straat sou uitlaat na wat ek vir hulle wou sê nie.

Ek het jou vir lank kwalik geneem vir die gevaar waaraan jy my bloot gestel het. Die dag wat ek oom prokureur gebel het om te vertel van jou dood is die dag wat ek uitgevind het jy het ‘n brief by hom gelos wat hy moes oopmaak indien jy sou sterf. In die brief het jy mooi uiteen gesit dat ek dop gehou word en dat my lewe in gevaar kan wees. Ek het van die dophou geweet… maar gevaar? Ek kan nie eers begin beskryf hoe magteloos ek gevoel het nie. Ek het in vyf dae in die grootste hartseer van my lewe‘n lewensveranderende fight met jou ma en broer gehad. Ek meeste van my besittings verloor…ek moes blyplek kry en ek moes trek. Die dag wat ek getrek het was die dag wat ek regtig gedink het vandag sterf ek self.

So jy sien… Ek beweeg aan… maar êrens in my agterkop sukkel ek om te vertrou… Verstaan jy nou hoekom ek so donners graag van jou wil vergeet?