Girl van die Suburbs » hartseer

Cowboys don’t cry en dis hartseer
Soms is ‘n mens spyt oor die paaie wat jy stap en die mense wat jy in jou lewe toelaat. Soms is jy gelukkig oor die juwele wat jou lewe versier en net soms is jy gelukkig om jou sielsgenoot vriende te ontdek. Soms… net soms… wonder jy hoekom die tyd saam hulle nie stil staan nie.

Ek het jou ontmoet in ‘n donker, baie donker tyd van my lewe toe ek self so stukkend was waar liefde net ‘n begrip was maar tog was ons altwee so soekend daarna. Eers later het ek besef dat ek in my gebrokenheid baie min kon doen om jou seer weg te vat. Jy sien dis mos my inherente streek waar ek almal net wil help en lief hê en bystaan… al het ek nie die vermoë nie. Ek het weg gestap met die gevoel dat ek jou gefaal het. Dis mos wat ek doen…

As ek terugkyk op die pad van ons twee se taal… die  liefde vir ons twee se musiek en die deel van ons hart se gedagtes, verstaan ek dat jy ook gesukkel het om jou mense-wees te deel. Jy was in jou eensaamheid stil en kwaad oor daar ‘n seer was wat gemaak het dat jy ook nie kan lief hê nie. So in ons onvermoë om mekaar te gee wat elkeen nodig het, het ons op gegee en weg gestap en elkeen ‘n afdraai geneem weg van die kruispad waar ons mekaar gevind het.

Ons het eintlik ‘n storie om te vertel, ongeag ‘n lewe saam ons nooit beskore was nie, want sielsgenoot-vriende se liefde vir mekaar is mos ‘n liefde wat min ken en nog minder verstaan. Ons het onder bo-natuurlike omstandighede ontmoet wat vir my bewys genoeg was dat jy in my lewe moes wees, en die clichè is waar… Soms is mense in jou lewe vir ‘n rede… of  ’n seisoen of dalk ‘n leeftyd. ‘n Leeftyd in die fisiese tyd of ‘n leeftyd in die hart? Daai een kan ek nie klein kry nie, want hoe vergeet jy van iemand wat jou wese verstaan maar tog ook nie? Iemand wat jy voor lief is, maar tog ook nie? Hoe vergeet jy?

En ek huil vanoggend my hart stukkend oor ek bang is jy het nooit geweet watter verskil jy in my lewe gemaak het nie… Want ek was te trots om dit vir jou meer as een keer te vertel. Cause cowboys don’t cry… en die fynskrif sê hulle deel ook nie hulle gevoelens nie en doen nie die touch feely dinge nie… En ek is bitter spyt.

Kandas: Jy het my wêreld omgekeer en my horisonne verbreed want hierdie blog is jou breinkind. Jy het in my geglo selfs toe ek nie wou nie (nie kan nie) net oor ek skuins was.

Ek lees vanoggend in die koerant en vir die eerste keer word jy onder jou eie naam gepubliseer… net om jou dood aan te kondig.  Rus sag ou groote!