Girl van die Suburbs » Gauteng

Hoe ons groot gemaak is….. Ek is okay
Vandat ek weer my voete in Gauteng gesit het, is ek siek. Ek was twee dae by die werk  en twee dae in die bed. Vanmiddag het ek beter gevoel en na ek ietsie geëet het, het ek die televisie aangeskakel en was heel opgewonde, want Dr. Phil was op die kassie. Nou die wat my ken, weet ek is ‘n groot aanhanger van Dr. Phil en Oprah…

Ek was nog altyd ‘n groot ondersteuner  van die denkskool dat ons produkte van ons omstandighede is. Die manier waarop ons ouers ons groot maak, speel ‘n baie groot rol in wie ons as mens uitdraai op die uiteinde van die dag.  Dr. Phil se program het juis vandag gegaan oor ekstreem ma’s en hoe hulle, hulle kinders opvoed.  Ek moet bieg, behalwe vir die kykgenot faktor, was ek geskok om te sien hoe vreemd vrouens optree wanneer hulle die titelbordjie, MA om hulle nek hang. Ek kan seker nie ‘n opinie van waarde lug nie, juis oor ek nog nie kinders het nie, maar ek is seker ek sal nie ontaard in ‘n paranoid en totaal wanaangepaste wederhelfte nie… O, ek hoop nie so nie.

Hoe ouer ek word en hoe meer ek met verskillende groepe mense te doen kry hoe meer besef ek, ek kan nie genoeg dankie sê aan my ouers vir die manier waarop hulle, hulle kinders groot gemaak het nie. Ons is almal baie onafhanklik en het sterk persoonlikhede. Ons is elkeen volgens ons persoonlikhede groot gemaak en nie een het dieselfde stel reels as die ander gehad nie. Ek glo as ons anders opgevoed was, sou ons nie die adversity van die lewe kon hanteer nie. Maar behalwe vir  gereedskap waarmee ons toegerus is om die moeilike tye te oorleef, is ons geleer om nooit deel te vorm van die massa nie.

Ek het altyd gedink die volgende stel reels geld vir almal, maar het onlangs net weer geleer dat nie almal bevoorreg genoeg is (was) om te weet jou menswees word nie gekoppel aan ander se aanvaarding van jou nie.  Jy is wie jy is.

Ek is nie bang om my opinie te lug nie, want ek is geleer om nie bang te wees vir wat ander van my dink nie

Ek is geleer dit is gesond as ander mense se opinies van joune verskil, solank elkeen net die ander persoon respekteer

Ek is okay, al stem NIEMAND met my saam nie

Ek hoef nie my opinie op ander af te dwing nie. As niemand daarop ag slaan nie, verander dit nie wie ek as mens is nie.

Ek kan partykeer ‘n witleuntjie vertel as dit iemand se gevoelens gaan spaar, want eerlikheid kan baie seer maak  en niemand hoef doelbewus seer gemaak word nie

Ek  hoef nie altyd reg te wees nie. Om foute te begaan is menslik en die wat regtig saak maak sal dit nooit teen jou hou nie.

Ek hoef nie myself aan ander te bewys nie. Die wat my lief het, weet waartoe ek instaat is en hulle opinies is tog al wat tel

Ek werk aan my eie saligheid. Ander se doen en late is… wel, hulle s’n. Ek steur my nie aan skinderpraatjies nie. Wat maak dit saak of dit regtig gebeur het of nie…. Ander se doen en late in hulle persoonlike lewens het niks met my uit te waai nie.  Ek sal wel net inspring as dit krimineel van aard is

Ek moet ‘n goeie selfbeeld hê en is ‘n prinses in eie reg. Dit is my verantwoordelikheid om goed te voel oor myself en niemand anders se plig om dit namens my te doen nie en ek kan dit nie by hulle soek nie

Ek is nie ‘n slegte mens oor ek nie reageer soos wat ‘n persoon op hoop nie. As ek ander teleurstel oor my reaksies gaan hulle nog baie teleurstelling in baie ander mense beleef. Ek is nie die teleurstelling nie – die situasie mag dalk wees

Ek beleef nie teleurstellings nie. Ek leer wel lesse. Dit is my nuwe leuse in die lewe. Ek gaan nie toelaat dat die verlede se hartseer my toekoms se geluk steel nie

Ek is niemand se emosionele slaansak nie. Dit het my wel ‘n rukkie geneem om die waarde van hierdie stukkie wysheid te leer… jy is net een oor jy dit toelaat

Gaan loer na die program wat uitgesaai is….. America’s Worst Mom? http://drphil.com/shows/show/1135/