Girl van die Suburbs » Donkie

Seppie en Kerneels
Seppie kuier al vandat hy kan onthou, elke ander skoolvakansie by ouma en oupa op die plaas en hierdie jaar is geen uitsondering nie. Elke tien jarige se droom…. Want vryheid is aan die orde van die dag waar geen tyd vir niks voor geskryf word nie. Jy is…

Drie vakansies terug het oupa vir Seppie ‘n donkie vul persent gegee. Kyk, die lat was nie net bietjie in sy noppies nie want ou Kerneels was sy eerste, eie troeteldier. Sy maatjie. Eers was Kerneels te klein om gery te word en Seppie het hom met ‘n tou om die nek oral gelei en getrek en so stuk-stuk saam gesleep. Met die grootword slag, het Seppie hom begin ry, sommer so skeef-skuins met die een been wat verder oor gehang het aan die eenkant as aan die ander kant… Deur die dale, oor die vlaktes… stoot-stoot oor die heuwels. Die twee het onafskeidbaar geraak.

So het oupa en Seppie saam wakker geword nou die oggend met die geskree van donkies in die agter kraal. Die brawe kind het hom gehaas na die kombuisdeur, roer in die regterhand… reg vir wat op hom wag. Oupa het hom gelos om te kyk hoe die seun op hulle wag-esel se rumoer gaan reageer… Die het hom voorgespring en staan al buite op die stoep met sy skouer teen die een pilaar

Nog voor ou Seppie die sifdeur kom oopstoot, ruik hy die reën en besef Kerneels het hulle het laat weet die eerste lente druppel het geval. Hy skrik hom amper dood toe hy sy oupa so duskant hom gewaar… Hy sê egter niks nie want hy besef sy oupa sê ‘n skietgebedjie op om sy dankbaarheid te betuig vir die waterplasse wat al hoe dieper word.

Na so vyf minute nooi oupa hom weer in om saam hom om die kombuistafel te sit. Oupa maak sy oë toe terwyl hy begin… Ken jy Tessalonisense Seppie? Maar voor die seun nog kan antwoord, begin oupa verder prewel… “Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag”

Seppie raak stil in sy gemoed, want wat weet ‘n kaalvoet klong tog van ander omstandighede… wat nog van alle omstandighede. Die wêreld is die wêreld… nes hy dit ken… Oupa se bewe stem val sy gedagtes vinnig in die rede. Jy sien my kind, ons vergeet so maklik van God se beloftes, want ons sien wat ons lees, maar ons luister nie met ons gees nie. God hoor jou ongeag die plek of die tyd.

Seppie het net sy kop laat sak want skielik het die woorde van oupa hom skaam laat voel want hy kla al ‘n geruime tyd dat dit warm en stowwerig is. In sy kleine siel van net tien jaar besef die kind, Jesus wil dan hê jy moet dankbaar wees vir die wonderlike, warm lente dag vol beloftes. Dan eers kan jy vra vir reën. Hy weet wanneer die grond dit die nodigste het en wanneer die stof moet gaan lê.

So met teue van sy hot tjoklit deur prewel hy self sy eie skietgebedjie…

Liewe Jesus, dankie vir die kans om te bid, lei my asseblief deur die Gees om dit altyd te doen…. Want oupa sê dis hoe dit moet werk…. Amen. .