Girl van die Suburbs » bulemie

Gaan ek sink of swem?
www.flickr.com

Ek skryf die afgelope tyd min; want ek het min te sê… want ek sukkel. Ek sukkel om my kop bo water te hou met alles wat in my lewe gebeur en dit frustreer my geweldig om nie in beheer te wees nie. Dit voel vir my dat my beste nie goed genoeg is in enige van die fasette van my lewe nie.

Dit voel regtig of ek faal. Ek sal wel eendag my klaagliedere hier kom neer plak, maar die twee dinge wat nou afspeel maak my so moedeloos ek wil net tou opgooi. Die een oor ek regtig geen beheer het oor die verwikkelinge nie en die ander oor ek net fucked up  (ek ken nie ‘n beter, meer ordentlike woord om dit te beskryf nie) is want ek weet nie meer wie ek is en hoe om op te tree na Hartseer nie. Dit is ‘n ongelooflike persoonlike stryd. Die een laat my twyfel in my vermoëns en die ander een in wie en wat ek is.

Die happy nuwe girl is nog hier… êrens… maar ek kan regtig nie help om so effe pessimisties te voel nie want my toekoms lyk minder rooskleurig. Ja…. Ek weet ek kan ook baie keer… baie oordryf maar die keer is dit real. As ek in die spieel kyk dan sien ek ‘n groot L op my voorkop.

So het ek besluit om te begin oefen. Ek hoor dat die endorphins doen jou goed en ek kan regtig doen met ‘n beter weergawe van my lyf. Wat ek nog nie bekend gemaak het nie…is dat ek in die laaste 12maande ongeveer 20 kg verloor het. Ek het nie juis oefening gedoen nie, want wie wil nou fisies raak wanneer jy so lyk en so voel.

Ek was bang ek raak weer obsessief want ek was van 10 jarige ouderdom tot 25 jaar bulemies. Vir  15 jaar lank het ek na elke ete my vinger in my keel gedruk oor ek geglo ek lyk soos een van die huisgenoot stories wat met ‘n hyskraan uit hul huise gelig moes word. As ek deur my foto albums blaai kan ek wragtig nie glo ek het so verwronge beeld van myself gehad nie. Ek was dan eina klein. Laas jaar se depressie was hard op my lyf en die medikasie het my maak eet. Die keer het ek geen grandeur miskonsepsie nie… die keer is dit for real.

Hygend… Verloor ek al weer my plek… Ek het besluit om oefening weer deel te maak van my daaglikse roetine. Ek het egter eers gister begin, maar ek weet ek moet die keer werklik daad by woord sit. En is ek nie bly ek het opgehou rook nie… Ek stap nou maar in die oggende en swem in die middae om te kyk watter ene my die meeste byval. Vanmiddag toe ek so dapper begin rondplas toe protesteer my longe so, ek dog ek vrek net daar in die water. Maar ek reken dis seker ‘n step by step… dag vir dag… trappie vir trappie… bulltwang-sielkunde en dit sal beter word.

So wat ek op hoop… is … Endorphins…Happy thoughts en feelings…gesondheid…. gewigsverlies… in daai volgorde. Dalk dan kan ek beter oor myself voel en die hormone maak dat ek nie oor die res omgee nie.

Dalk moet julle grappies begin vertel om die ou nuwe happy girl terug te kry….Ek sukkel regtig!