Girl van die Suburbs » Bollie

Onthou julle?
Ek het die naweek besef ons het die geheim tot ‘n beter lewe êrens langs die pad verloor…. Of die tipe lewe waarna ons almal streef finansieel buite ons bereik.

Ek reken my ouers se generasie as jongmense waar ons nog tjokkertjies was is dalk die laaste van die gelukkiges wat wel ‘n beter lewe kon lei… die een waarna ek so smag.

Ek wonder baie of ek my kinders die lewe sal kan bied soos wat ek as kind gehad het. Ek het gister ‘n gesprek met iemand gehad wat my weer terug geneem het na my kinderjare

Jy kon gaan slaap sonder om alles toe te sluit en toe te grendel. As jou fiets op julle grasperk gele het was dit veilig al was dit nie vas gemaak nie. Môre oggend sal jy hom kry waar jy hom gelos het.

Jy kon tot sewe of agtuur in die aand saam jou maatjies in die straat speel. Jy word ingeroep nie oor dit onveilig is daardie tyd van die aand nie, maar oor jy eventually moet gaan slaap

Jy kon skool toe stap en as die buur tannie jou ‘n lift aanbied kon jy dit gerus neem want sy bly mos oorkant jou. Jou ma ken haar

Al wanneer julle regtig as gesin televisie gekyk het was Donderdagaande om na stories te kyk soos Arende, Sonkring en Agter elke man.

In die middae kon jy vir ‘n uur televisie kyk om jouself te vermaak met Nils Holgersson, Dawie die Kabouter, Wielie Walie of Moomin

Jy het elke dag vars melk gehad om te drink want dit word by jou huis afgelewer en snaaks genoeg steel niemand die bottels voor jou voordeur nie

Jy kon al die boeke wat jou hart begeer by die biblioteek uitneem en dit was boeiende leesstof soos Saartjie, Trompie of die Maasdorp-reeks

As jy gelukkig was het die sirkus een keer ‘n jaar in die dorp kom tent opslaan en almal het plan gemaak om saam ‘n uitstappie daarvan te maak

Dit was eintlik heel cool om die Huisgenoot aan te skaf. Pa doen die blokkiesraaisel, ma knip die resepte uit en jy lees Bollie en Liewe Heksie…. En het materiaal vir skool take

Ek wonder regtig of ons ooit weer so ‘n goeie gehalte lewe sal ken…