So ietsie oor die kat…

Suffering is one very long moment. We cannot divide it by seasons.” – Oscar Wilde, De Profundis

Alhoewel Afrikaans my moedertaal is en ek baie lief is vir die taal, was Engels een van my hoofvakke op Universiteit. (Dit gaan nog duidelik deurskemer met my onvermoeë om te weet wanneer word twee woorde as een geskryf en waneer nie) Oscar Wilde, was nog altyd een van my gunsteling dramaturge en digters. Parodie op sy skerpste!

So in my hartseer laasjaar (2008) het van die meisies wat hul oor my ontferm by die werk, voorgestel dat ek dalk ‘n troeteldier aanskaf. Nie net om my geselskap te hou nie, maar sodat ek weer leer om lief te raak vir iets in my bestaan. Ek neem aan dit was by tye half ontmoontlik om met my huis te hou. Ek is geneigd om baie kwaai en bedonnerd te raak wanneer ek emosioneel af voel. Siende dat ek ‘n bestuurspos beklee is ek baie bewus van die feit dat ek dalk net te erg kon raak wanneer almal dit die minste verwag of kon hanteer.

Een middag, tydens ons middagete breek is ek en L na die naaste shelter. L het haar huiswerk mooi gedoen en het eers vooraf rondgebel om seker te maak ons soektog werp vrugte af.

oscar1

So by die aankoms van die shelter, was ek half gewalg deur die reuk van diere en hulle beknopte leefspasie het my nogals ontstel. Ek is amper oortuig daarvan dat L my aan die hand gegryp het en my saam gesleep het na die ontvangsgedeelte op die perseel. Die arme mense werk vanuit ‘n houthut, maar ek kon sien dat hulle omstandighede hulle geensins ondergekry het nie. Die vriendelike dame wat ons kom groet het, was baie vuil en ek kon aflei dat sy so deur die dag met diere gespeel het. Bless her soul, want ek het geen voorliefde vir honde nie.

Ons is toe gelei na die katafdeling en ek het dadelik na die katjies begin kyk wat bietjie donkerder pelse het. Ek was nog nooit lief vir ‘n ligte kat nie. Net toe ek wou moed opgee, met geen kat wat my aandag trek nie, haal L so misrabele diertjie uit een van die kathokke. Toe ek nader stap en voor die katjie gaan staan, toe druk hy sy snoet so teen my neus en dit was liefde met die eerste oogopslag en dadelik het ek vergeet van die ligtepels wat my nou nie aanstaan nie.

Ek het dadelik van die naam Oscar gehou. So impossante naam vir so ‘n klein en sieklike diertjie. Ek het Oscar in my trui toegedraai en ons is kar toe. Oppad terug werk toe, het ons by die naaste dierewinkel gestop om kos en speelgoed en alles wat L sou voorstel, aan te skaf. Dit is nie my eerste katjie nie, maar ek het half dom gevoel en het verboureerd begin rondtrippel. Dankie tog L het baie geduld gehad.

Terug by die werk, het almal dadelik om my gekloek om Oscar bietjie aandag te gee. Skielik het ek besef dat ek hom nie eintlik deur die dag alleen by die huis kan los nie…… oor logistieke probleme. So het my baas ingestem en ek het Oscar elke dag saam my werk toe geneem. Hy was in katjiehemel met ‘n groot tuin en boom wat hom vir ure kon besig hou. Hy het maar min belangstelling getoon in sy duur speelgoed en het gedurig takkies of voëlvere ingedra. My organiese, groen monster…..

Die ou siel was verseker vir my uitgekies. Hy het my orals gevolg en het begin huil as hy my nie kon sien of hoor nie. Wonder bo wonder het hy leer motor ry en dit was geen probleem om hom elke dag heen en weer te karwei tussen ons twee se huis en die werk nie en dit sonder ‘n katmandjie. Hy was absoluut mal oor die aandag wat almal hom gegee het. Hy het elke dag vir elkeen gaan kuier in die kantoor. Hy het ‘n kussing gehad op of my of L se tafel en wanneer hy moeg geraak het van al die aandag, het hy kom skuiling soek. Weereens was L ‘n absolute engel en sy het hom baie aandag gegee wanneer ek bietjie oorweldig gevoel het. Om ‘n klein katjie groot te maak kan net so veeleisend wees soos om ‘n man gelukkig te hou.

oscar2

Toe Oscar ouer word, het die ander katte in die kompleks hom geleer hoe om deur die kombuisvenster te klim en ek het hom by die huis begin los tot die onsteltenis van baie van my kollegas. Ou Fluitjie (my naam aan een van sy maatjies, oor die geluide wat sy maak) het elke dag kom kuier en is nogsteeds ‘n welkome gas in ons huis. Baie middae wanneer ek by die huis kom loop die twee so saam-saam rond.

Ou Oscar het sy naam gestalte gedoen en is ‘n sosiaal goed aangepaste troeterdier (volgens die veearts). Hy gaan groet die bure elke middag by hul motors wanneer hulle by die huis kom en hy was al menige male die toppunt van geselskap. Hy steel nie kos van die tafel af nie, bedel nie vir kos nie en kleur almal se bestaan in met sy menslike persoonlikheid.

Ek reken Oscar is net so oor ‘n jaar oud, en in sy eerste lewensjaar het hy onwetend my lewe gered. Skielik was ek minder bewus van my eie “needs and wants” en ek moes elke oggend opstaan om hom kos te gee en ek moes elke middag huis toe gaan om hom weer aandag te gee.

Ek en hy is onafskeidbaar. Wanneer ek gaan swem, kom hy saam en lê sommer op my handoek terwyl ek rondplas. Hy kom speel op die bad se rand wanneer ek bad, en is absoluut gaande oor water. Hy het al so gly-gly amper in die badwater beland. Hy troos my in die aand wanneer ek huil en kom lê styf langs my op die kussing, met sy kop in my nek….. net om my te laat verstaan hy is heel gemaklik met my tranedale.

Dit is net so nou en dan wanneer hy ‘n dooie rot of lewendige veldmuis in die huis indra wanneer ek minder lief raak vir hom. Ek gril my dood vir sy presentjies, maar nog nie eenkeer het hy hom aan my gesteur wanneer ek al gillend my misnoeë uitspreek nie. Dit maak hom nie minder lief vir my nie.

Ons twee het lepel lê vervolmaak en ons twee neem ‘n dubbelbed oor. Hy heel uitgestrek op sy rug en ek uitgesprei op my maag. Ek is vrek gelukkig om hom as sielsgenoot te hê. Ons is albei ewe liefdevol, moerig by tye en sommer groot maats want ons het altwee besef….. nie een van ons twee kan sonder die ander een bestaan nie.

oscar3

******************************************************

DESEMBER 2009

En Oscar raak groot.  Die mannetjie is nou al iets tussen 12 en 18 maande… maar nader aan 12.  Niemand by die shelter kon regtig vir my ‘n aanduiding gee van hoe oud hy was toe ek hom gaan haal het nie. Hel, ek kan nie eers die datum onthou nie. Ek reken dit was winter erens want hy wou nie van my trui afstand doen nie…

Oscar - © GvdS

Oscar - © GvdS

Oscar - © GvdS

Oscar - © GvdS

Oscar - © GvdS

Oscar - © GvdS

Oscar - © GvdS


Oscar - © GvdS

Julie 2010

Ek weet ek begin nou al hoe meer soos ‘n oujong nooi voorkom met al my foto’s en updates op Face book aangaande Oscar, maar hy is net so damn cute. Ek blaai so deur die kiekies wat ek op my foon van hom het en ek weet nie of ek moet lag of huil nie, want ek het nie een Aksie foto van Oscar nie. Wat my betref slaap hy die heel dag… al dag… en nog wat.

Hy geniet sy nuwe huis en dit lyk of die ander katte hom nie meer afknou nie. Die arme, arme ding… Ek sê hoeka ek maak ‘n poefter-kat groot want hy hy is erger as ‘n girl. Hy baklei glad nie… Ek begin dink hy kan nie. (as supposed to hy wil nie) Ek is nog steeds nie seker oor sy ouderdom nie maar ek reken Oscar is al darem twee jaar oud. Hy is egter klein in postuur.

  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License