o, soete ding

Girlie het absoluut geen wyshede wat ek wil of kan kwytraak nie. Ek probeer my lewe so ver moontlik uneventful hou want ek het ‘n paar dinge wat nou gebeur wat my maak naels kou. Nou kom ek agter oor ek net op inner peace fokus gaan die  wêreld my ietwat verby en my konsentrasie span is niks beter as die van ‘n goudvis nie.

Ek glo egter die gebrek aan kreatiwiteit het te doen met die feit dat ek glad nie meer suiker of alcohol in neem nie… NIKS… nada, nil… En ek mis dit. Ek het al vier odes opgedra aan suiker in my koffie, tjoklits in my yskas en ’n bier op ’n warm dag. Ek het gedink die insulien pilletjies gaan die lus wegneem…

Hmm… Ek dink ek het verkeerd gedink… duidelik.

Geplaas in Gedagtegroep(e): Gewigtige sake, My lewe | Sleutelwoorde: , , | 52 Opmerkings |

Ek wonder…

Jinne, ek wonder in hoeveel dele van onse ou provinsie die gebeur?

Hulle sê mos when in Rome do as the Romans do…. Ek probeer hard om nie mense te label of te stereotipeer nie, want ’n mens sukkel naderhand om die fyn lyn van onderskeid te tref en dit mag dalk rassisties oorkom. Dit wat my soos ’n doodsgreep om die keel gryp en walg….. is gewoonlik gebruike wat ek optel in die mederheids bevolking se optrede.

Dood luiters word die fiets net neergesit…. of die rug word teen die verkeerd gedraai… daar word nie eers ’n bossie gesoek om agter te skuil nie. Die zip word los gerits en ta-da…. daar spuit die straaltjie vir elkeen om te sien.

Is ek net te onsensitief vir ander kulture? Is ek oorsensitief want verligting is ’n primêre, basiese behoefte?

Nou sit ek my Europese kappie op…. Hoe gaan die petalje afloop met die sokker later die jaar. Dink jou nou in…. Daar gaan die bus toeriste, kameras flikker en dan… net daar… op een van die stad se hoofpaaie… maak frikkie sy broek los?

Vir my grens dit na aan public indecency en ek wil nie eers aan die gesondheidsrisiko dink nie…

Is ek verkeerd?

Geplaas in Gedagtegroep(e): Ek wonder | Sleutelwoorde: , | 59 Opmerkings |

Die Windpomp. Een van die 7 Wonders van die Wêreld.

Nee, dis nie Girl nie, dis ekke – Ou Dienskneg. Nee, daar is niks fout met Girl nie (wel…behalwe vir die sweep dalk), daar is iets fout met haar laptop. Sal more hopelik weer reg wees. Moet wees want dit is ‘n grend laptop. So, nou word ek gebel en gesê: “Skryf iets. Die volk moet lees”. Gedagtig aan die sweep skryf ek nou maar.

Vir ‘n lewe maak ek groterige webtuistes. En konsulteer mense aangaande sosiale media en nuwe media en maak videotjies en ag, al sulke kreatiewe ou dingetjies. En ek werk baie in Afrikaans en (probeer) skryf in Afrikaans en luister baie Afrikaanse musiek en het al radioprogramme gedoen in Afrikaans. En ek raak de moer in in Afrikaans en ek raak moerig vir Afrikaans.

Die afgelope twee maande veral, so oor die vakansieseisoen, het ek baie meer na Afrikaans geluister maar doelbewus nie die Loslappie, Pampoen, Kaptein span die seile tipe goed nie (storie vir ‘n ander dag) maar meer die Chris Chameleon, Valiant Swart tipe musiek. En daar tref dit my soos ‘n voorhamer. Weet julle hoe baie keer “feature” ons goeie ou Windpomp in Afrikaanse musiek?

En op prentjies. En T-hemde. En skilderye. En advertensies. En al hoe meer ook op webtuistes – ja, my eie een ook want, sien, ek het so ‘n paar maande terug begin om my eie nuwe webtuiste te ontwikkel en ontwerp en groot tussen die Egiptiese piramiedes, die Eiffel Toring, die Colosseum, die Empire State gebou en vele ander veelgeroemde geboue kreun en kraak ook ons eie windpomp. Voorwaar deel van die Wonders van die Wêreld.

My beheptheid met Windpompe kom al van kleins af. Skoolvakansies was altyd deurgebring op oorlede Oupa se Karooplaas tussen Beaufort Wes en Prins Albert. Die enigste lafenis onder die skroeiende Karoo-son en skreeuende sonbesies en gapende gannabos en kambro was in een van die ronde sementdamme onder een van die miljuisende windpompe op die plaas.

Dit is daar waar ek, na Ouma se ontbyt van moerkoffie, varsgebakte plaasbrood, lewer, niertjies, netvet en tuisgemaakte konfyte, gesit het en die wonder van die Windpomp ontdek het. Op daardie stadium sou ek die geluide van ‘n windpomp eerder vereenselwig het met Paul Riekert se Battery 9 as ‘n Chris Chameleon melodie. Helaas, die windpomp het nou vir eens en altyd ook sy plek ingeneem tussen ons eie musiek. En ook op ons webtuistes.

Beslis die beste pomp op die dorp!

Geplaas in Gedagtegroep(e): Dit trek my aandag | Sleutelwoorde: , , , , , | 44 Opmerkings |

Sjoe!

Ek is ‘n groot voorstaander vir individualisme. Alhoewel my kleredrag BAIE meer subtiel geraak het, trek ek tog nie soos ander mense aan nie… Ek glo ek het my unieke styl. And by the looks of things het baie ander mense ook…. Hulle… eie unieke styl…

Kyk, ek het al in my skapie pajamas garage toe gegaan na middernag om sigarette te gaan koop (toe ek nog gerook het). Ek het al kaalvoet die supermark ingevaar toe ek haastig net vinnig ‘n ietsie wou koop. Ek het selfs in my korporatiewe rompie en sykouse met my koei pantoffels uitgeklim… mind you elke keer wanneer ek wou gaan sigarette koop…

Maar hoe op aarde verduidelik jy die?

Geplaas in Gedagtegroep(e): Dit trek my aandag | Sleutelwoorde: , | 68 Opmerkings |

Sonde met die bure

En hier sit ek op my stoepie… lekker nat gereën. Ek het gaan stap en toe… wel…. Toe reën ek nat. Ek drink nou maar ‘n ou rooiwyntjie om die binneste warm te maak. Nie dat ek juis koud kry nie… Ek het ‘n ligte gemoeds beroerte wat so onderliggend broei. Die volgende vier maande is in steen uitgeplavei en ek is nogal op my senuwees vir alles wat moet gebeur….. Of dit wel gaan gebeur……

In ieder geval… Ek het vanaand met ‘n swaar gemoed my kennis gegee en ek trek einde Februarie…. Ek weet dit is vir die greater good van my droom en ek dink om saam iemand te bly gaan my net goed doen. Hierdie plekkie was my gesond-word plekkie en so vreemd soos wat dit klink is hierdie die laaste herinnering en verbintenis met hartseer. Ek weet dat ek hierdie hoofstuk ook moet afsluit. Dis regtig mooi hier by my… my stukkie plaas paradys in die middel van die stad. Ek gaan die mooi mis.

Wat ek nie gaan mis nie is my buurvrou. Ek is regtig vredeliewend maar ek kan die vrou nie verduur nie… want sy is LOUD! Ek het my nuwe roomy (dis so lekker woord) se raad gevolg en nou haat sy my ewe erg.

Sy hou partytjies tot op 4 uur Sondag oggende…. Ek dink dit mag dalk langer aanhou maar dis dan wanneer ek eventually uitpass. So by my kamervenster… Mense vergeet dat drank jou harder laat praat en daai wag voor jou mond vergiftig. Ek moes nou al hoor hoe sy bedsake bespreek met die nuwe belangstelling…. Hoe sy haar vriendinne vertel van die bedsake met die nuwe belangstelling… Hel… Ek moes selfs die bedsake aanhoor.

Twee uur die oggend en ek word wakker…. En jy kry my nie sommer uit die slaap uit nie. Deur die vaak wonder ek wat dit is wat ek hoor…. En in twee minute weet ek… Buurvrou het seks. Die nuwe belangstelling slaap uiteindelik oor.

Great vir jou as jy ‘n screamer is… Nog beter as jy regtig jou sessie geniet… maar ek… wil dit regtig nie aanhoor nie. Sy skree nie eers iets sexy nie… Ek voel ek luister na ‘n hadida en ‘n tarentaal wat tegelyk baklei. Maar ek hoor sy naam is Chris.

Vanmiddag toe vra ek haar…  so.. hoe gaan dit met Chris?… Natuurlik wou sy weet hoe ek sy naam weet…

“ Oh… I heard you call his name out… Did I hear wrong?”

Geplaas in Gedagtegroep(e): Ek wonder, My lewe | Sleutelwoorde: , | 55 Opmerkings |

Girlie soek werk

marilyn-monroeAg almal weet nou al ek wil ‘n skool juffrou word en ek begin die jaar aan my droom werk. Ek gaan groot opgee maar dit gaan die moeite werd wees… Maar ek sal julle later inlig soos wat my planne inmekaar val. Dit beteken ek gee my blyplek op om my studies te kan finansier. Ek gaan ook benewens MES, by die jeug ook betrokke raak… dis vanmiddag uitgeklaar. Ek moet seker maak ek wil met kinders werk en dis waaroor 2010 vir my sal gaan.

Ieder geval… Ek is opsoek na ander werk. Om verskeie redes maar dit weet julle ook. Ek mag dalk nie ambisieus klink nie want ek wil nie die korporatiewe leer klim nie en is nou moeg groot mense gemanage. Ek leer liewer kinders lewens skills as wat ek my siel dood baklei met mense wat emosioneel op die vlak van kinders is. Ek kyk uit, ek gaan vir onderhoude en ek wag vir ‘n ander geleentheid…. iets wat ek kan doen tot ek my droom werk kan begin.

Nou wonder ek… As julle nou vir Girlie ‘n werk moet uitdink of aanbied… wat sal dit wees en hoekom? En skool juffrou tel nie…

Geplaas in Gedagtegroep(e): My lewe, Skool hou droom | 89 Opmerkings |

Die ware jy

MaskerOns almal kruip tog in ‘n mate agter ‘n masker weg… Dit is blykbaar wat ‘n wese doen om hul menslikheid te verberg Hel… Ek is seker ook skuldig, want dalk wil ek soos ander ook ‘n stukkie van myself verskuil. Een ding wat ek wel weet is dat ek nie deel van my persoonlikheid wegsteek nie… ek is altyd dieselfde en ek kan om die dood nie verstaan hoekom mense hulself vir voordoen as iets wat hulle nie is nie.

Ek dink nogal ek is ‘n observer… En ek is ingestel op my intuïsie. Dit het my nog selde in die steek gelaat. Ek sit en wag… want een of ander tyd vergeet jy wel ek hou jou dop en dan….. Dan sien ek die ware jy.

Hoe jy my behandel…dit is die ware jy.

Mag ek nooit myself so in my issues verloor dat niemand mag weet wie ek is nie.

Geplaas in Gedagtegroep(e): Ek wonder | Sleutelwoorde: , | 36 Opmerkings |

GI (Jane) Lean?

Goeie dawner! Op versoek van die dokter en op aanmoediging van ‘n goeie vriend het ek mos nou gedink dit sal wel beter wees as ek op ‘n lae GI dieet gaan, want my suiker is nie so lekker nie. So alhoewel ek met my bak popcorn hier langs my sit… (Ek is ook nie regtig lus vir my popcorn nie want dis absoluut so sleg so karton sonder my geel sout…Ja…. Ek het die Aromat uitgegooi) voel dit of die dood my betree…. Maar hulle sê dis normaal.

Ek dink nie my lyf weet regtig wat hom getref het nie. Ek eet nou baie meer as wat ek gewoond is en is so moeg! Soveel meer as waaraan ek gewoond was…  Die bedonnerde entjie mens (voel maar so van die naweek af) eet gewoonlik net een keer ‘n dag en hierdie 5 keer ‘n dag affere het gemaak dat ek nou my foon stel op intervalle en ek eet soos ‘n melkkoei op aanvraag. Ek het wragtig op die bank aan die slaap geraak na werk en ek het nie eers so hard gewerk vandag nie. Ek voel of ek sal moord pleeg net vir ‘n ou koppie koffie! Ek gaan ook vrek swaar afskeid neem van die wyn! Dis ‘n goeie toss-up tussen die twee op die oomblik!

Ek het my boet so bekyk oor die naweek en ons is uit die selfde mould gesny… Ons altwee is geneties bietjie geskroef en ek wil nie so groot soos hy raak nie. Dis nogal verbasend om te sien… ek en hy raak al hoe groter en ma en pa al hoe kleiner en ons almal sukkel met die selfde probleempie!

Maar ek gaan nou slaap. Ek reken more voel ek beter en op my stukke en die wêreld is my oester… of eier… of oats… of ….

Dit is dus voorneme nommer een… Ek gaan die tjoepie deflate…

Geplaas in Gedagtegroep(e): Gewigtige sake, My lewe | Sleutelwoorde: , , | 53 Opmerkings |
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 8 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License