Meer oor die Suburbs…
Stem vir my
“n Voorstedelike Engel
Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.
My gedagtes draai om…
Besoekers nou by die suburbs…
- Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
-
'n Wolk van Sleutelwoorde...
Afrikaans beroepskeuses blogs dood fun Gauteng geloof God happiness hartseer Here herinnering Hillbrow hoop Huisgenoot insulien Jesus kamp Kersfees keuse kinders Kruisiging leef lewenslesse lewensmaat liefde liewe heksie mediese fonds Meneer Hartseer MES online dating Oprah paasfees prinses reën selfmoord stereotipering steve hofmeyr tag The Shack verjaarsdag vrede vreugde vriende wolke
WP Cumulus Flash tag cloud by Roy Tanck and Luke Morton requires Flash Player 9 or better.
Onlangse Opmerkings...
- eelt: Vandag ‘n jaar terug
- ELF: Vandag ‘n jaar terug
- cornelia: Monster vra vir Monster: Is jy ‘n Monster?
- Girl van die Suburbs: ….. Want daar is geen krieket nie
- Girl van die Suburbs: Ek is laaik iemand se cherrie!
- Xena Phoenix: ….. Want daar is geen krieket nie
- Charms: Ek is laaik iemand se cherrie!
- Girl van die Suburbs: Ek is laaik iemand se cherrie!
- Girl van die Suburbs: Ek is laaik iemand se cherrie!
- Girl van die Suburbs: Ek is laaik iemand se cherrie!
- Charms: Ek is laaik iemand se cherrie!
- anne-marie: Ek is laaik iemand se cherrie!
- Xena Phoenix: Ek is laaik iemand se cherrie!
- Girl van die Suburbs: Sy is vry en haar naam is liefde
- Girl van die Suburbs: Sy is vry en haar naam is liefde
Kontak die Suburbs
Argiewe van gedagtes
Ek ondersteun graag…
-
Bly op hoogte...
Besoers aan die Suburbs…
Neem asseblief kennis…
Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur
2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design





‘n Storie
Ek het besluit om tog my storie oor die man te skryf wat my lewe gesteel het… maar vir wie ek so lief was ek sou dit in elk geval opgeoffer het. Ek was totaal en al vasgevang in ‘n web van leuens, geweld, verslawing, paranoia en hartseer…. Maar niks kon my oe oopmaak vir wat die buitelewe kon sien nie. Tot die dag van sy dood het ek vas geglo…. dit is ware liefde. Tot baie onlangs het ek gedink hy was die liefde van my lewe. Dankie tog ek weet nou van beter.
HOOFSTUK 1: Ons storie begin
Ons lewe saam was hartseer, want dit het hartseer begin. 28 November 2005 sterf my jongste boetie. Hy is eers op 29 November 2005 dood verklaar want dit is die dag wat hulle hom eers uit die water gehaal het. Poen het verdink. Ons gesin was in rou gedompel en het gesukkel om so op ons eie te survive. Ons is maar ‘n weird 4 wat oorbly want ons hardloop nie sommer na mekaar toe vir ondersteuning nie. Elke een is maar ‘n alleenmens. Ek dink dit is net my ma wat mense om haar nodig het. Ma en Pa het vertroosting by mekaar gevind. Boetie-twee en Meisie-rooi het mekaar ondersteun… En ek… Ek was alleen want my maatjie was in die graf.
Meneer hartseer se pa het in ‘n frats helikopter ongeluk dieselfde jaar September gesterf.
Ek het in Junie van daardie jaar by ‘n nuwe werk begin. Die dag van die begrafnis het drie van top bestuur die kerk ingestap. Ek het altyd gedink ek is net ‘n nommer, maar hulle het my verkeerd bewys. Ek het sommer net daar begin huil, nie oor die kis wat langs my in die kerk staan nie, maar oor die mense wat my kom ondersteun het. Om nie eers te praat van die feit dat hulle nog nooit my ouers ontmoet het nie. Dit was ook nie ‘n klein organisasie nie… Ek het by een van die vier groot banke gewerk. Twee weke na die begrafnis toe stuur hulle vir my ma blomme met ‘n kaartjie wat haar gerus stel om nie bekommerd oor my te wees nie, want hulle sal mooi na my kyk. Hulle liefde en belangstelling het my deur die tweede moeilikste kersfees van my lewe gehelp.
Januarie 2006 hoor ek van meneer hartseer want een van die drie bestuurders het die Desember by hom op die plaas gaan kuier. Hy het ‘n paar jaar voor my saam die bestuurspan gewerk. Almal het hom geken. Die tweede keer wat ek van hom gehoor het is toe ek hoor dat hulle my aan hom wil voorstel. Ek het nie vreeslik aandag gegee nie en het dit afgelag. He sounded to be too good to be true en in elk geval was ek nie lus vir ‘n komplikasie in my lewe nie. Ek was nog moer hartseer oor my boetie.
Vrydae was casual dag en ons het met jeans en ons groen hempies gaan werk. Ek glo nou nog dis nou nie iets wat jy moet aantrek as jy iemand will impress nie. Maar op hoofkantoor vlak, doen jy maar wat die groep doen want die team spirit was nogal iets om te beleef. En dit is toe op ‘n einste Vrydag wat hulle gekies het om my en meneer hartseer aan mekaar voor te stel.
Ek was aangesê om nie te verdwyn na middagete nie, want meneer hartseer was op pad. Nog steeds het ek gedink hulle trek net my been…. Ek weet mos wat die klomp mans instaat is om te doen. Ek het heel waarskynlik besig geraak want ek het niemand verby my tafel sien stap nie. Ons afdeling was ‘n groot oop plan kantoor en hy MOES verby my tafel stap…
Toe my foon lui om my na die kantoor so tien tree links van my tafel te gaan het my hart in my keel geklop en die skoenlappers wou by my ore uitvlieg. Gedagte een was My fok… was hulle dan ernstig? Gedagte twee wat geflits het was… kyk hoe lyk ek! En daar stap ek toe na die ontmoeting wat my hele lewe tot op hede sou verander.
Toe ek in die deur staan en hom sien glimlag, toe draai my hele binneste. Ek het soos ‘n bakvissie begin giggel want daar was hy…. Die man wat ek gedink het bestaan nie… die man wat ek nooit sou ontmoet nie. En ek kon nie ophou giggel nie. Later sou hy my vertel dat hy gedink het ek is vreeslik cute met my groen toppie en die moerse smile… Met die rooi hare en dogtetjie-knippie voor vasgemaak. Ek was verras en het gedink dis die mooiste man wat voor my sit. Hy het die mooiste tande sou ek later aan iemand verduidelik. Die aantrekkingskrag was tasbaar.
Die liewe siel wat ons voorgestel het, het ook nie doekies omgedraai nie. Hy het na meneer hartseer gedraai en gesê; Hartseer, hierdie is nou Girl. Hy het na my gedraai en het toe gesê… Girl, hierdie is nou Hartseer. Ek het julle albei van mekaar vertel en nou stel ek julle voor. Al giggelend het ek myself verskoon en is buitentoe om te gaan rook. My reaksie op ons ontmoeting het my helemaal omkant gevang. Dit het my gepla dat ek ‘n ligte oomblik kon ervaar en lag en gelukkig wees… want my boetie is dan dood. Min het ek besef, ek gaan oor twee jaar weer so voel.
Met die terug loop slag, na my tafel toe, loop ek verby die twee wat op ‘n ander plek gaan staan en rook het… Ons oe het ontmoet en ek het net gesmile en ek kon in die weerkaatsing van die vensters sien hoe hy omdraai en my agterna staar. Ek was verlief. Hy was vasgevang. Nie een van ons het al ooit so iets beleef nie.
Ons matchmaker het toe by my tafel kom staan om te hoor wat ek nou van meneer hartseer dink, en toe hy my reaksie hoor toe sê hy dit is presies wat meneer hartseer ook vir hom gesê het. Hy wou net wegsta terug na sy kantoor toe, toe sy selfoon lui. Hy het geglimlag en het die foon vir my gegee om te antwoord. My hart het gebok spring. Dit was hy! Ons het weer so saam-saam oor die foon gegiggel en hy het my telefoon nommer uit my uit. Ek het ook nie vreeslik tee gestribbel nie.. Ek het my hart op die eerste hallo verloor.
En dit…. Dit is hoe ons ontmoet het. Baie dramaties.
Die volgende oggend vroeg, kry ek toe my eerste oproep.
HOOFSTUK 2: Ons Kaalvoet date
In die tyd na Poen se dood het ek enige iets gedoen om besig te bly. Om fisies besig te wees was maklik, maar die kopmalheid was ‘n ander storie. Ek het toe in ‘n vriendin se winkel in een van die groot winkelsentrums in Johannesburg gaan werk oor naweke en in die aande. Dit was immers naby Kersfees en die koopmal volk het haar goed ondersteun…. Ek was besig.
Soos oudergewoonte het ek die oggend na my en meneer hartseer se ontmoeting weer in die winkel gaan help. Ons was twee weke in die nuwe jaar in en ek onthou ek het nogal gewonder hoekom ons so besig is, want die jolige seisoen is dan verby? Die deure was skaars oop, toe voel ek hoe my telefoon in my voorskoot se sak vibreer. Ek kon nie antwoord nie….. Tweede oproep weer….. dieselfde geval want ek was besig agter die toonbank.Met die eerste kans wat ek my badkamer breuk kon neem, het ek die foontjie in die hand en was teleurgesteld oor meneer hartseer nie geantwoord het. En so het dit die hele oggend aangegaan.
Teen drie uur kon ek nie meer uithou nie en was af na die parkade waar ek my eerste sigaret vir die dag aangesteek het.So halfpad deur die tweede een voel ek weer die vibrasie in my voorskoot se sak. Dit was hy! Ek het so non-chalant as moontlik probeer klink, maar ek het begin bewe toe ek sy stem hoor. Die sagte brei van sy erre het my tone laat omkrul. Vrek hy was cute!
Hy was vir die naweek plaas toe en het saam gelag dat ons mekaar die heeldag gemis het… Ek het gewerk en hy het gaan jag…. hierdie klein stukkie tegnologie sou nog baie hartseer vir my veroorsaak, maar op hierdie oomblik het dit die ys gebreek. Ons het afgespreek om mekaar die volgende middag te ontmoet, en ek is met ‘n huppel in my stap weer terug winkel toe.
Die aand kon ek nie ‘n oog opmekaar sit nie en het die heeltyd getob want so tipies aan my loskop menswees, het ek al “ons-tonele” in my geestesoog laat afspeel. Die Sondagoggend het ek weer in die winkel gaan werk en genadiglik was ons weer so besig, ek kon nie ag slaan op die naarheid op die krop van my maag nie. Die skoenlappers het my sommer die heeldag lank laat glimlag en Michelle wou haar doodlag. Ek het baie buite karakter opgetree. Maar ek was soooo excited!
Terug by die huis het ek vinnig koffie en beskuitjies geëet want ek was nie seker waarna toe hy my sou neem nie en ek het gehoop dit sal die naar gevoel bietjie sus. Ek het besluit om maar in my werksklere te bly want ek wou nie gehad het dit moet lyk of ek myself opdress nie. Ek is in elk geval nie die tipe wat vir ‘n man uithaal en wys nie. Ek doen dit vir myself. Ek het vinnig nog ‘n sigaret gerook en net toe ek my tandeborsel, lui die foon….. hy was so 10 minute van die afrit af… ek moet die laaste aanwysings gee, want hy kom my by die huis oplaai. Nou dit…. Dit het my geimpress.
Op daardie tydstip het dit soos die langste 20 minute van my lewe gevoel. Ek het weer gaan rook en het weer my tande gaan borsel. Met die laaste afvee van die waterdruppels op my ken, hoor ek die deur klokkie. Met die laggende gesiggie wat vir my terug geoogknip het in die badkamerspieël het ek hom gaan groet.
Daar kry ek sommer so ‘n stywe mond soen toe ek die deur agter my toe trek. Voor op die wa het ek nogal by myself gedink…. Hy het die kardeur vir my oopgemaak en daar vertrek ons toe op ons eerste date. Ek in my fraai girly hemp en broek, hy in sy jeep short, t-hemp en kaalvoet. Jip…. Kaalvoet. Ek het dit so waardeer, geen pretensie. Ek was egter so bietjie uit die veld geslaan toe ek sien ons klim in ‘n Lexus. Kaalvoet klong met ‘n Lexus…. Die man is weird het so vinnig deur my gedagtes gevlieg.
Ek kon nie help om die opmerking te maak dat sy voete vuil is nie. Ek meen… ons is immers op ‘n date. Sy antwoord het my getref soos n emmer yswater in die gesig. Hy was saam sy KINDERS plaas toe en hulle het tot 10 minute voor hulle moes ry, nog op die quads rond gekajakker…. Hy het KINDERS? O, fok ek hoop die man is geskei! Ek het nog nooit ‘n geskeide man gedate nie en ek wou ook nie. Hou nou?
Ek het egter vinnig van my vooropgestelde idees vergeet en ons het heerlik in die middagson, so voor sonsondergang buite gesit. Die gin en tonic het my so bietjie gevang want ek het baie vinnig aan myne geteug… Senuwees? Teleurstelling? Een van die twee het my aangejaag. Sy ogies het so opgehelder toe ek ‘n steak bestel… rare… later sou ek uitvind hy het aan sy ma vertel dat hy nog eendag ‘n girl gaan date wat haar steak rare eet.
Hy het aan my probeer verduidelik sommer so op ons eerste date, dat hy aan paranoia ly… Ek het nie toe verstaan wat hy op sy manier vir my probeer sê nie…. Eers ‘n week later het ek verstaan, toe ek op sy medikasie afgekom het… Die gesprek was lig en stemmig en hy het my bekoor met die sagte erre wat hy so brei.
Ons was nog lank nie klaar gekuier nie, maar die kelners se getrippel het ons aangejaag. Hulle sluit vroeër op ‘n Sondag. Ons is terug na sy plek waar ons na die laaste snikke van die dag se hitte sien sak het oor die kantoorgeboue van Sandton.
HOOFSTUK 3: Surprise…. Dis jou verjaarsdag
So speel sy eerste verjaarsdag in ons saamwees in my kop af. Ons neem nou ‘n sewe maande sprong van waar ek laas ophou het met my storie. Teen die tyd, het hy opgehou om sy anti-psigotiese sowel as sy anti-depressante te gebruik. Sy highs was high en sy lows was iets vreeslik. Dit het gewissel tussen woede uitbarstings, paranoia en dan geleenthede waar hy in die bed gebly het vir dae aaneen.
Dit het nie goed gegaan met hom rondom sy verjaarsdag nie. Ek het nog nie geleer hoe om die siklus te volg nie en was nog maar dom met die paranoia. Alles wat ek gesê het was verkeerd. Alles wat ek gedoen het, het bymotiewe gehad. Maar ou blink gesiggie het dit maar in haar stride gevat. Eers later het ek geleer hoe om die tekens te sien om dan te analiseer om myself voor te berei… maar nie een keer het dit deur my gedagtes geflits om liewer my tassies te pak nie. En tot vandag toe kan ek jou nie vertel hoekom ek hom nie wou verloor nie.
Ek het hom gevra wa hy vir sy verjaarsdag wil hê want wat gee jy nou vir iemand wat enige iets kan koop wat sy hart begeer? Sy antwoord was, hy soek net rus en vrede. Daar het ‘n liggie in my kop aangegaan! Ek het hard en lank beplan aan sy geskenk. Ek het nogals gedink ek is ougat met die lucky packet idee. In die pakkie was ‘n Golf Digest tydskrif en sertifikaat as bewys van die 12 maande subskripsie wat ek uitgeneem het. Ek het vir hom ‘n bottel Rust en Vrede 2004 merlot uitgekies… ek wou sin speel op sy rus en vrede antwoord… en ek het vir hom ‘n geskenkbewys gekry vir ‘n propper barber shave by ‘n plekkie daar in Sandton. As’t ware ‘n pamper pak.
Ek het die middag vroeg afgeneem by die werk, want hy het gesê hy sal graag ‘n bord boerekos wil hê… Ek het besluit op ‘n lamsboud, rys en groente asook malvapoeding vir nagereg. Ek moes vinnig opskerp op my kook vernuf! Hy het eendag in die kombuis ingestap en het gesê hy hoop nie sy dogters is eendag so useless soos ek nie. Na daai koue water in my gesig oomblik het ek my ma omtrent elke week gebel vir raad en in ‘n japtrap kon ek boerekos maak. Net voor ek die boud in die oond gedruk het, het ek hom gebel om seker te maak. Hy was nogal geneig om afsprake te vergeet. My hartjie was bly want hy het vrolik geklink.
Ons afgespreekte sewe uur het gekom en gegaan. Agt uur toe bel ek hom om te hoor of hy okay is. Tien uur besluit ek toe om maar in die bad te klim. Ek het kerse aangesteek en sommer so met die bottel bubbly in die hand in die skuimbad geklim. Die teleurstelling het soos golwe oor my gespoel! Ek het dan soveel moeite gedoen. Die maskara strepe het swart in die water ingeloop. Ek het my oë uitgehuil. Na die bottel leeg was en ek erg tipsy het ek sommer ‘n halwe slaap pil geneem sodat die kombinasie my laat uitpass. Ek wou nie wakker word as hy inkom nie en ek wou net die aand vergeet.
So net voor twaalf word ek wakker geskud. Ek moet asseblief vir hom kos gaan inskep. Wat de fok? Ek het hom net so een kyk gegee en het omgedraai om verder te slaap. Toe steek die monster sy kop uit…. Hy stamp toe aan my dat ek letterlik van die bed afval en toe ek opstaan toe druk hy my teen die muur vas. “Jy bederf my verjaarsdag. Jy is nie ‘n vrou se gat werd nie, man. Vat jou goed en loop!” Is al wat hy uitgeblaker het. Ek kon nie my glo wat ek hoor nie! Hy het my goed sommer begin uitgooi… Ek het by hom gepleit om op te hou. Ek kan nie nou bestuur nie, ek het immers ‘n hele bottel Pongaz in, MET ‘n halwe slaap pil. Alhoewel ek myself teen die tyd nugter geskrik het, wou ek nie die kans vat nie. “Vat jou goed en fokkof!” Ek het langs hom op die bed gaan sit en het saggies aan sy been gevat… “Ek is jammer my bok”… is al wat ek kon uitkry. Ek wou regtig nie in die toestand huis toe gaan nie. Ek het opgestaan en het vir hom gaan kos opwarm.
Hy het nie na drank geruik nie, maar daar het ‘n persent op die toonbank gelê….. van ‘n girl af. My hart het in sewentig miljoen stukkies gebreek… want net daar besef ek dat ek soos ‘n doos voor die stoof myself staan en afsloof het, terwyl hy saam ‘n ander girl uit was. Ek het sy kos vir hom gaan neersit, en toe gaan haal ek my goed uit die bure se tuin uit.
Ek het maar my tyd gevat met die hoop dat hy al aan die slaap sal wees as ek terug kom. Ek het net daar langs hom myself aan die slaap gehuil. Ek het gehuil oor ek my dood geskrik het oor sy brutale en fisiese krag. Ek het gehuil oor ek bang was want wat doen ek was hy my wil los. En ek huil oor ek so ‘n slegte mens is wat hom nie kan gelukkig maak nie.
HOOFSTUK 4: Verslawing
So verslaaf soos ek aan meneer hartseer was….. so verslaaf was hy aan voorskrif medikasie. Ek het smekend sy huisdokter gevra om op te hou om die pille voor te skryf, maar dit was net ‘n mors van asem. Na maande van smekery het hy in elk geval oorgeskuif na straat dwelms. My hande was afgekap.
Soos die maande aangestap na hy sy medikasie gelos het, het hy die stemme in sy kop probeer stil maak met sy eie konkoksie pille en somtyds drank. Die eerste keer wat ek besef het daar is fout, het ek in tweestryd gestaan want aan die een kant het dit het die siklus van geweld gebreek waar die totale om swang ‘n welkome ontvlugting was van die seerkry. Aan die ander kant het my gesonde verstand (of die bietjie wat nog oor was)my laat sleg voel en ek het hom jammer gekry. Orals waar ek gaan aanklop het vir hulp, het dood geloop en niemand kon my help om hom te help voor hy nie self sou herken daar is ‘n probleem nie.
Ek het dank die vader nooit sak en pak by hom ingetrek nie. By tye wat ek by my eie plek geslaap het middernagtelike oproepe gekry. Hy sou dan onsamehangend stories vertel, sy tong sou sleep… Hy sou sommer daar op die bed aan’t brake gaan.. Hy het homself vergiftig. Die volgende dag sou y niks van sy oproepe aan my onthou nie en ek moes my call register aan hom wys om hom te oortuig dit het weer gebeur.
Vakansies was die ergste gewees… hy sou my en sy blink gesig kindertjies na die mees eksotiese plekke neem… ver weg in die bos…waar hy die heeldag en nag sou omslaap. Ons het hom omtrent nooit gesien nie. Dit het partykeer gevoel ek word net saam gesleep om kinderoppasser te speel, maar die gevoel het nie lank in my hartkamers rond gespeel nie, want ek was ontsettend lief vir die drie. It was worth it. En ek verlang my dood om die waarheid te sê. As ek nou ooit kinders het eendag hoop ek daar is ietsie van elkeen in my eie… Maar weens omstandighede was die drie baie volwasse. Hulle was nie dom nie en het geweet hulle pappa drink te veel pille. Hulle het ook geweet hy tree soms op soos hy doen oor hy nie die pille gedrink het wat hy moes nie…. Dit was ‘n oop topic tussen ons vier (asook die eksvrou) en ons het baie daaroor gepraat ook.
Ek het eendag ‘n ernstige gesprek met hom gehad en het vir die soveelste keer gepleit dat hy moet gaan vir hulp vir sy verslawing. Soos gewoonlik het hy my eers verskree want hy het nie ‘n probleem nie…maar na ‘n uur het hy weer afgekoel en dan kon ons rustig daaroor praat. Hoe ironies dat my woorde profeties sou uitdraai? Ek het aan hom verduidelik dat hy beheer verloor want behalwe die oproepe wat hy nie kon onthou nie, sou hy sy bed nat maak of in sy slaap braak… want hy word nie wakker na al daai pille en drank saam nie… Ek was bang dat hy net nooit sou wakker word eendag nie.
Dit het my geconsume… Ek sou elke oggend bel om seker te maak hy het wel wakker geword. As ek hom nie in die hande kon kry nie, sou ek myself by die werk verskoon en deur ry na sy huis toe. Ek weet nou nog nie wat was die ergste nie…om in angs te leef oor die woede uitbarstings of die angs dat hy nooit sou wakker word nie.
Hy het begin skelm raak maar ek was net so skelm… ek het nooit vir hom vertel dat ek die tekens kan lees en weet wanneer dit gebeur nie. Dit het my die opper hand gegee want ek het die situasie probeer manage. As ek nou terug kyk besef ek, ek het niks gemanage nie… Ek was maar net ‘n toeskouer. Eers na sy dood het ek gehoor dat hy afskrifte van sy voorskrifte by verskillende apteke sou inhandig… As ek die somme maak dan is dit skrikwekkend om te besef hy het vyf keer meer pille ingeneem as wat voorgeskryf was… hy het ‘n immuniteit opgebou en moes al hoe meer inneem om dieselfde gevoel te kry. Nou die wat nie weet nie…om slaap pille en kalmeer pille saam drank te meng, is ‘n “downer”… dit maak jou net meer depressief, slaperig, dromerig… Jy voel NIKS. ‘n “upper” laat jou goedvoel en jy mag dalk hallusineer. Soos wat die stemme meer geraak het hoe meer het hy uit astrantheid dit probeer stil maak.
Meneer hartseer was verseker nie dom nie. Hy was ‘n chemiese ingenieur en ek glo sy kennis van allerhande samestellings het die uitdaging net soveel groter gemaak. So saam die uitdaging en stemme het hy my en die kinders se lewens by tye ook in gevaar gestel. Daar was ‘n dag waar ons op pad was plaas toe en ek weet nie of sy tydsberekening uit was, of hy net nie omgegee het nie…maar dit het ingeskop terwyl ons op die pad was. Ons het heen en weer oor die pad gery en ek het hom gesmeek dat hy liewer moes stop sodat ek liewer verder bestuur. Ek kon nie angs in die kinders se gesiggies sien en ek het gesien hoe die middelste enetjie ‘n gebedjie prewel. Ek glo tot vandag toe dit is daardie gebedjie wat ons lewens gered het.
Toe ons by sy pa se graf in die dorp stop voor ons aankoms by die plaas het ek by die kinders in die kar gebly om hom kans te gee om sy ding te doen… ons het maar min daar gekom. En terwyl hy weggestap het van die kar af het ek onbedaard begin huil en die drie het my kom vashou… want toe besef ek vir die eerste keer die man het ‘n seer in sy menswees wat ek nie kan fix nie. Ek kan hom nie help nie, ek kan hom nie verander nie… ek kon fokkol doen.
HOOFSTUK 5: En daar was baie
Dit het my nie lank geneem om my eie paranoia te voed nie, want daar was gereeld ‘n gevoel dat meneer hartseer nie so eerlik met my was oor sy doen en late nie. Ek glo nie daaraan om in ander se privaatheid rond te krap nie… maar met hom het ek ‘n uitsondering op my eie reel gemaak…. En dit was moeilik want hy was agterdogtig oor alles.
Ek het die siklus van sy siekte begin verstaan en ek kon sien wanneer die manie-bom sou bars. Na sy depressiewe dae, het hy homself weer laat goed voel deur projekte aan te pak. Daar het as’t ware ‘n ritueel ontstaan waar hy eendag net uit die bed sou opstaan en sy huis van hoek tot kant aan die kant sou maak, so met die skoonmaak is ek weg gejaag want ek is ‘n slegte vrou en die rede vir die deurmekaar spul. Daarna het hy vir ure in die bad spandeer waar hy homself amper rou sou skrop. Sy hare was dan ook kort geknip. Hy het my altyd laat dink aan ‘n soldaat…
Die projekte het altyd ‘n nuwe poging tot waarde toevoeging van sy eie besigheid behels. Hy was weer lus vir die lewe… maar in plaas daarvan om in sy sukses te deel was ek gewoonlik bang en onseker want ek moet in alle eerlikheid bieg dat ek wel die fout by my gesoek het by tye…. Ek moes plek maak vir die ander deel van sy goedvoel-manie… Die jagter in hom het dan ontwaak en hy het gewoonlik betrokke geraak vrouens wat hy nooit in ‘n verhouding mee sou wees nie, en ek weet tot vandag toe nie hoe hy hulle uitgekies het nie. Dit sou meisies wees wat nie juis aandag trek nie. Weereens skud ek net my kop want ek verstaan nie hoekom ek myself deur daardie hel gesit het nie…. Nie eers sy ontrouheid was genoeg rede vir my om my tassies te pak nie.
Êrens in die somer van die eerste jaar in ons saam wees, sou ons oudergewoonte op ‘n Vrydag ontmoet vir drankies. Hy het darem die ordentlikheid gehad om my te bel vooraf om te sê dat ons planne nie gaan uitwerk nie want sy ou vlam is in die dorp en hulle gaan uiteet… en nee…ek mag nie saam nie. Die Saterdag toe ek by hom opdaag toe was sy al op die vliegtuig terug Kaap toe… maar daar lê haar een paar skoene nog onder sy bed… Sy het oorgeslaap… Hy het my nie eers gekeer toe ek in trane terug stap na my kar toe nie… Hy het my laat gaan.
Twee maande verder in die somer van dieselfde jaar… Sou ek alleen na my 10 jaar matriek reünie gaan. Ek het die Vrydag na werk by hom opgedaag…. Soos afgespreek en het uiteindelik tussen 2 en 3 aan die slaap geraak. Ek het menige male hom probeer bel, maar ek kon hom nie in die hande kry nie. Ek is die Saterdag alleen na die funksie toe. Na die soveelste keer wat ek hom probeer bel het, het ek hom ‘n sms gestuur om te vra dat hy my net laat weet hy leef nog want ek gaan die polisie in kennis stel dat ek opsoek is na hom. Nie lank na die sms is deur is nie, kry ek die afjak antwoord dat hy regtig niks makeer nie… Hy wil net niks met my te doen hê nie. Hy het daardie naweek saam ‘n ander meisie in Dullstroom spandeer. Toe ek kwaad raak met sy terugkeer, toe gooi hy my foon teen die kombuisvloer stukkend… en sy woorde was….Kom ons kyk wie kan die kwaadste raak…
Die moeilikste een van die lot sou my vir maande jaag… Ek het lang blone hare in sy bed gekry. Ons bed…. Ek was nog die hele tyd in ons saamwees ‘n rooikop! Hy het volgehou dit mag dalk een van sy twee meisiekinders sin wees… maar in my hart het ek geweet nie een van die tweetjies is so blond nie.
So het die tyd verloop en eendag toe ek by die werk opkyk, toe kom sy ingewaggel en hulle gee haar die lessenaar langs my. Sy… met sulke lang blonde hare… Sy was een van die groot koppe se dogters. Ek het aanvanklik nie baie van haar gehou nie maar soos wat my geaardheid nou is het ek besluit om maar vriendelik te wees, want as sy langs my gaan sit beteken dit… ons gaan saam werk…So teen dag drie het ons saam gaan koffie drink en in die middel van die kafeteria het my lewe tot nog ‘n stilstand gekom… Sy het gevoel dis nodig om vir my om verskoning te vra oor sy saam meneer hartseer geslaap het. Hy het die keer dit reg gekry sonder dat ek iets vermoed het… Sy laataand werkery was toe al die tyd net stories… En vir twee jaar moes ek in haar gesig vas kyk… My baas was nie dom nie en ek dink hy het opgetel dat daar ‘n styfheid tussen ons twee is… En ek was gewaarsku….
Ek is seker daar was nog meer goedvoel aangeleenthede… Dis dalk net beter ek weet nie van almal nie. Ek het wel in tussen gegaan vir ‘n vigstoets… paar keer eintlik… en ek kan net dankbaar wees dat ek skoon is.
HOOFSTUK 6: Begin…. Middel…..Einde…..
Liewe Hartseer
Vandag skryf ek vir jou om te vertel hoe goed dit met my gaan, want niemand vra meer nie. Ek is seker niemand vra jou ook meer nie, maar wat maak dit saak? Ek weet nie so mooi hoe dit met jou gaan nie want ek is nie oortuig van jou finale rusplek nie. Ek kan niks meer doen as net om vir my eie gemoedsrus te bid nie, maar somtyds wonder ek of jy nou gelukkig is. Ek moet eerlik wees as ek sê dat ek verlang nog soms… net ‘n bietjie…
Ek het vandag voor die gebou gestaan waar ek jou in die weerkaatsing van die vensters dop gehou het het die eerste dag wat ons ontmoet het. My werksverpligtinge forseer my nou om elke week terug te keer na ons plek van ontmoeting. Elke week word dit makliker, maar vandag was ‘n moeilike dag… Ek is gevra hoe dit met jou gaan….. Ek het myself nie voorberei op so ‘n vraag nie, nog nooit nie want ek het altyd aangeneem almal wat saak maak weet nou al. Ek is baie trots op my reaksie want ek kon sterk staan in my verduideliking oor hoekom ons nie meer saam is nie. Totaal emosieloos.
Ek het wel vanmiddag beheer verloor en het bitterlik in die verkeer gesit en huil op pad huis toe. Die hemel weet….. ek weet nie aldag wat was moeiliker nie… ons laaste ses maande saam of my eerste ses maande alleen? Maar jy weet tog van die laaste ses maande… Jy was deel daarvan… maar ek voel nog nie reg om jou te vertel wat gebeur het daarna nie… Jy sien… wat daarna gebeur het, het my menswaardigheid meer geknak as die houe van jou vuiste. Ek het baie meer veloor as wat ons saam opgebou het in twee jaar. Ek word gereeld daaraan herinner… vandag weer…
Maar ek wil jou vertel van die goeie van die afgelope ses maande;
Jy sien…. Dit maak nie saak na watter ses maand jy kyk nie… Begin… middel of einde… My lewe is onherroeplik verander. Vir die goeie…
HOOFSTUK 7: Sy is nog daar
Mevrou hartseer
Ek is nou moeg weg gekruip….. regtig… dis sieldodend om sekere areas en winkelsentrums te vermy oor ek bang is ek loop teen jou vas… en vandag toe gebeur dit… op straat. Ek het vanaand op pad Hillbrow toe verby meisiekind se skool gery. Ek dink nie julle het my gesien nie…Ek het regtig naar geword van skok… jy ry hartseer se kar. Vir ‘n split sekonde het ek vergeet dit kan net nie wees nie.
Ek het nie vanaand regtig deel geneem aan die bediening aan ander nie en het myself vroeg verskoon…want hoe vertel jy aan ander hoe great die lewe is as jy voel jy word onregverdig behandel. Jy sien, jou antwoord op my epos laat my meer in stilte antwoorde kry as wat ek enige verdere vra wil vra. Ek moet net onthou… dit gaan nie oor geregtigheid nie, maar vergifnis en het dus besluit ek wil nie julle game speel nie.
Soos wat ek nou al dit vir ‘n paar dae in my kop afspeel weet ek dat my paadjie verseker ‘n ander rigting inslaan as joune… Dis reg as julle nie vir my wil vertel wat in die outopsie verslag staan nie…. Ek wou net closure gehad het… Let op die gehad,… want na soveel monoloë besef ek sy dood is SY selfmoord… ‘n Aksie wat een persoon uitvoer… unaided… Selfsugtig.
Ek wil laat gaan…..Ek wil ophou verwyt…..Ek soek vrede… want jy sien, ek sal weer lief kry met my hele hart en wese… En jou opmerking gaan verseker nie my destiny verander nie.
Hy was dalk die liefde van jou lewe soos jy uiteengesit het in jou antwoord… en al was julle vir langer geskei as wat julle getroud was…. Kan jy nou maar voortbou op julle hartseer legacy van toe…
Hy was wel my leermeester vir twee jaar… ‘n Stukkie van ‘n legkaart wat jy nie kan verander nie…
Maar weet jy wat…en mag nie een van ons twee dit ooit vergeet nie….
Ek is nou vry!
HOOFSTUK 8: Ek wil vlug
Hartseer
Ek wens so ek kan een oggend wakker word en dis alles weg… Ek wil jou storie klaar kry, sodat ek kan aangaan met net die vae herinneringe van toe. Ek baklei baie hard teen die swart hond wat so nou en dan kom grom. Ek gaan not a hell nie weer… ooit weer oor jou huil nie… Jy sien… daar is iemand wat my in verbasing terug laat deins in die kleiner dinge van mens wees wat my hart gelukkig maak. ‘n Sielvolle, verstaan-mens. ‘n Omgee-mens. Opreg.
Weet jy ek doen so vrek goed en ek dink regtig glad nie meer aan jou nie. Ek droom nie meer van jou nie. Ek hoor nie meer jou stem nie. Maar daar bly klein dingetjies opduik wat my net weer terug ruk na die plek waar ek nie wil wees nie. Daar is ‘n storielyn in een van die sepies waar ‘n jong karakter met dwelms eksperimenteer en vanaand het sy amper die tydige met die hiernamaals verruil. Die episode het my ongelooflik omgekrap. Nou sit ek weet en dink terug. Ek haat hierdie oomblikke.
Die Vrydagaand wat jy my gebel het om te vra of ek oorkom is die aand wat ek die heeltyd in my kop afspeel want ek wonder of ek nie jou dood kon keer nie. Jy het soos oudergewoonte elke 30 minute my gebel by die werk deur die dag om te vra of ek nie wil oorkom nie, maar daardie aand het ek dinge anderste gedoen. Vir die eerste keer in ons saam-wees kon ek vir jou nee sê. Ek wou jou nie sien nie en ek het nie eers skuldig gevoel nie. Jis dit was ‘n ongelooflike lekker gevoel. Ek was kwaad vir jou oor jy die verkeerde keuse op my ultimatum gemaak het. Daar was twee opsies. Ek of die dwelms en jou verbintenis met die Nigeriërs. Ek onthou hoe hartseer ek was oor jy nie eers twee keer gedink het aan jou antwoord nie. Vir jou was die keuse maklik. Ek wonder baie of jy wel sou dwelms neem as ek daar was… en ek voel skuldig want dalk… net dalk kon ek jou lewe red. Heel waarskynlik sou jy in elk geval net voort gegaan het en ek sou langs ‘n lyk wakker word. Ek is wel ongelooflik dankbaar dat dit nie so uitgedraai het nie.
Ek het regtig gedink die ergste dwelm wat jy mee geëksperimenteer het was kokaïen. Jy het dit sommer so openlik voor my gebruik. Daar was wel dae waar jy my gestuur het om vir jou iets te gaan doen… kos te gaan koop en wanneer ek terug gekeer het was jy nie meer honger nie en het dan geslaap. Nou eers besef ek dat jy dalk al reeds met heroïen te doen gehad het. Ek weet nie… want jy het altyd die lugversorger aan gehad en oor dit koud was het jy lang mou toppe gedra… ek het nooit jou arms gesien nie. Ag ek weet nie… dit kon jou afhanklikheid van jou kalmeer pille ook gewees het wat jy dalk geneem het om van die kokaïen high af te kom.
Jy het gedink jy is invincible… Jy het in een aand 300 kilometer afgelê plaas toe net om met jou ma te gaan praat… en het sommer weer terug gery en by my gestop. Jou gedrag was regtig meer erratic op die highs, jou paranoia tien keer erger met die afkom slag. Jy was bang jy word geagtervolg… Kan jy onthou hoe ek jou met die vuis bygekom het oor ek my dood geskrik het vir die man op my bed? Jy het vir my gesit en kyk terwyl ek slaap en tot vandag toe weet ek nie hoe jy ingekom het nie. Ek het net ‘n teenwoordigheid aangevoel en toe ek my oë oopmaak toe sien ek net ‘n silhouette van ‘n man. Eers toe jy in ‘n fluister stem my prinses noem het ek geweet dis jy. Ek het jou gevra om te ry en jy het gepleit om oor te slaap want jy was bang.
Ek het ook mettertyd bang geraak. Jou trawante het vir my dwelms op my stoep kom neersit en so het ek uitgevind hulle weet waar ek bly. Ek glo dit was veronderstel om aan een van ons twee ‘n boodskap oor te dra. Hulle het jou by tye geagtervolg. Ek is net dankbaar jy het my nooit in die strate van Hillbrow saam jou ingesleep nie en het my altyd êrens gaan aflaai so ek kan vandag verby hulle loop en sal nie eers weet dis hulle nie, maar hulle sal my herken. Net na jou dood wou ek self die strate invaar om hulle op te soek om mooi aan hulle te verduidelik wat ek dink van hulle aandeel in jou dood. Ek het immers hulle name geken. Dank die vader die depressie het ingegryp want ek kan nie sien dat hulle my weer op straat sou uitlaat na wat ek vir hulle wou sê nie.
Ek het jou vir lank kwalik geneem vir die gevaar waaraan jy my bloot gestel het. Die dag wat ek oom prokureur gebel het om te vertel van jou dood is die dag wat ek uitgevind het jy het ‘n brief by hom gelos wat hy moes oopmaak indien jy sou sterf. In die brief het jy mooi uiteen gesit dat ek dop gehou word en dat my lewe in gevaar kan wees. Ek het van die dophou geweet… maar gevaar? Ek kan nie eers begin beskryf hoe magteloos ek gevoel het nie. Ek het in vyf dae in die grootste hartseer van my lewe‘n lewensveranderende fight met jou ma en broer gehad. Ek meeste van my besittings verloor…ek moes blyplek kry en ek moes trek. Die dag wat ek getrek het was die dag wat ek regtig gedink het vandag sterf ek self.
So jy sien… Ek beweeg aan… maar êrens in my agterkop sukkel ek om te vertrou… Verstaan jy nou hoekom ek so donners graag van jou wil vergeet?
HOOFSTUK 9: 1 Maart 2008
Liewe Hartseer
Ek is vanoggend hartseer en huil al van gisteraand af na die boodskap wat ek gekry het. Dis iets wat ek moes hoor en ek is ongelooflik dankbaar oor wat ek daar gelees het.
Dis vandag twee jaar terug wat ek voor jou oop graf gestaan het en in alle eerlikheid was ek in die laaste jaar nie weer daar gewees nie. Ek hoop jy verstaan. Ek hou nie van die grafsteen wat hulle vir jou opgesit het nie. Die boodskap op uitgekerf in die marmer is myns insiens ‘n bespotting. Tot in jou dood het hulle jou nie verstaan nie.
Ek het daardie dag gedink my hele lewe word saam jou in die aarde gesak. Dit was en sal seker die slegste dag van my hele bestaan wees. Wel, ek hoop so… ek wil nie weer soveel pyn ervaar nie. Nog nooit het ek so alleen gevoel nie.
Ek onthou… Met jou in die kis en ek en jou familie geskei deur rye kerkbanke, kon ek voel hoe hulle verwoede haat my aangesig deurboor het en al wat ek kon doen was huil. Huil want ek was jammer ek kon jou nie help nie… want my liefde was nie sterk genoeg om jou te red nie… want ek het geweet… naas die drie blinkgesig kindertjies, is ek die enigste een wat jou lief gehad het. En ek het gehuil oor my laaste soen aan jou, gebukkend oor die kis op die koue lewelose mond, met hartseer vertrek.
Die onskuld van jou kinders in hul kromgebuigde wilgelat lyfies was vir ‘n oomblik vergete. Hulle ma het eenkant na my geloer. Die vrou van wie jy al 7 jaar lank geskei was, het die rol van die huilende weduwee bemeester… Met die stywe geklou van hulle armpies aan my het hulle braaf probeer troos met woorde soos, “onthou dis nie ons pappa wat daar le nie… dis net sy lyf.” Die rolle was verruil en hulle kon sien, niks kan my troos nie.
Die dominee het met deernis die eerste paar verse van Psalm 23 voorgelees.
Ek het daardie groue Maart oggend probeer sin maak uit die Skrif en ek was kwaad dat jy in jou menslike swakheid jou eie datum bepaal het om by die feesmaal aan te sit. Ek het by die graf op my knieë neergesak en het het jammer gesê. Ek was kwaad want jy het toegelaat dat ek moes voortleef met ‘n gebroke siel wat verder afgeknou was deur jou mense. Jou ma het my kom optel en in my oor gefluister… “Jy ontstel die kinders..”. En ek het jou gehaat. Ek kon in my uur van pyn en hartseer nie eers mens wees nie. Ek het daar weggestap, want ek kon hulle nie in die oë kyk nie. Hulle het daar met emosielose uitdrukkings, regop, styf en gemasker. Jou lewe was vir hulle ‘n verleentheid. Jou dood ‘n skande.
Vandag wil ek net vir jou vertel ek is nie meer kwaad vir jou nie. Ek verstaan en uiteindelik het ek antwoorde.
Rus sag. Tot ons mekaar weer sien…. En onthou…. so krom en gebroke soos wat ons bestaan was, was ek baie lief vir jou.
En dit gaan goed met my. Baie goed, want daar is vrede, liefde en soveel seen.