Girl van die Suburbs » tag

Boeke wat ek lees – Die een wat bly spook
Daar gaan dae verby wat ek heerlik saam blog en oral lees en dan is daar dae soos die week wat my werk bietjie inmeng

Antie Toorts en Ou Hoefyster wou hoor watter boeke ek die laaste ruk gelees het.

Seker die mooiste liefdesverhaal wat ek nog ooit gelees het…. wel seker die enigste een ook, is Redeeming Love deur Francine Rivers.

Die verhaal speel af in die 1830’s in Amerika, waar die hoofkarakter Sarah se lewe begin as ’n buite-egtelike kind wat tussen haar ma en haar biologiese pa se geluk staan. Sy voel as dit nie vir haar bestaan was nie, sou haar ma ’n lewe saam die man van haar drome kon begin, want sy hoor gedurig aan hoe Alex (haar pa) vir Mae (haar ma) verwyt vir die aborsie wat sy nooit gehad het nie.

Haar verwronge idee van liefde word verder geskend deur ’n traumatiese naweek weg saam Cleo waar sy vertel word seks is al wat mans van vrouens wil hê en ware liefde is ’n sprokie wat geen vrou beskore is nie.

As gevolg van verder trauma in haar 8ste lewensjaar word sy gevange gehou as ’n kinder prostituut.  Sarah se naam word ironies genoeg verander na Angel deur die man wat haar gevange hou. Haar dade weerspreek die term, maar haar skoonheid doen dit gestand. Beeldskoon en gebroke leer sy dat sy as vrou twee wapens besit wat mans tot hul knieë dwing.

Deur die hele storielyn bly Angel as prostituut werk en leer aan om koud en kil geen emosie te wys nie, want niemand gee werklik om nie. Haar waarde word gemeet aan die geld wat sy die bordeel maak en hoe sy haar manlike vermaak in die donker ure van die nag.

Haar lewe neem ‘n draai waar God ingryp wanneer sy Michael Hosea ontmoet. Hierdie fisies sterk en geestelik-gehoorsame man word deur die Skepper gebruik om Angel te leer waaroor liefde gaan, wanneer die Here hom uitkies om met haar te trou. Alhoewel sy veiligheid vind op die plaas buite die dorp en haar lewe as prostituut bly sy terugverlang na die lewe wat sy ken en so vlug sy van die plaas om haar eie potjie te krap op die manier waarop se gewoond is.

Jare van bittere pyn, teleurstelling en emosionele seer seën God Hosea met ‘n vrou wat haar wil saam haar verlede kruisig toe Angel tot bekering kom. Sy neem haar roué seer verlede om ander te help en begin ’n skool vir jong meisies waar hulle vaardighede aanleer sodat hulle nie terug hoef te gaan na bordele om vir hulself te sorg nie.

Ek reken hierdie boek sal tot enige vrou (hetsy gelowig of ongelowig) spreek want ons dra almal aan dieselfde kruis. Die eva geslag sal hieruit leer dat jou liefde vir jouself, liefde in  alle ander verhoudings  in jou lewe dikteer. Wanneer jy nie werklik vrede in jou hart het oor wie jy is, waar jou krag lê en wat jou doel is nie, sal jy nooit werklik vir ander kan lief wees nie (verwysing na eros sowel as agape liefde).

Die boek bied ook ’n sterk ontwaking ten opsigte van die liefde wat God vir sy skepping het. Soos wat Hosea in die Bybel  en die boek telke male sy vrou se oortredings moes vergewe besef jy hoeveel keer God jou oortredings vergewe. Nie oor jy dit verdien nie, maar oor dit Sy natuur is.