Girl van die Suburbs » Rooiwyn vir die Siel

Sy is vry en haar naam is liefde
Sjo… Ek was nou nie hier op voorbereid nie. Al gaan dit goed kan daar wel ‘n dag in ewigheid kom wat jou siel bekruip om in jou wese te fluister… “Dit was eens jy… met ‘n lewe leeg”; so asof ek dit ooit sal vergeet? Vandag dwaal ek rond met so ‘n ongelooflike, bo-natuurlike gevoel van verligting, maar die herinneringe van ouds dwaal tog in my binneste rond en bokspring so saam my hart se geklop.

Ek verstaan nie aldag die Here se genade nie, want hoe kan ek so gelukkig wees om ‘n tweede kans te kry op ‘n lewe van seën, beloftes en hoop en ander gaan die ewigheid in met tonne ongebruikte lewe, want hulle het net in ‘n hopie in-een gestort en daar bly lê op die yskoue, vuil vloer … tot die dood intree. Waarom is my lot soveel anders as hulle s’n?

Ek het oor die naweek baie gevoel-werk agter die blad, juis oor die spoke van die verlede aan my ruite kom klop het. Ek besef dat die geklop weg gaan sodra jy die gordyne ooptrek en hulle in die oë kyk en vriendelik vra om terug te gaan van waar hulle af kom. Ek weet gelukkig ook nou al teen die tyd dat ‘n blik in die verlede nie jou toekoms verander of bepaal nie… Dit lig net jou beskermskleed om te sien dat die plek wat eens ‘n gapende wond was, met tyd genees het tot rowe wat vandag net ‘n letsel wys.

Wat in my kop bly maal is die herlewing van ek is lief vir jou. Dit beteken nie dat dit hierdie keer weer ‘n reg sal afdwing om my te verniel nie. Dit beteken nie ek gaan  myself weer verloor nie. Dit beteken ook allermins nie dat ek dit weer sal moet opgee nie. Want in my nuwe bestaan ek is lief vir jou… alles-omvattend… onvoorwaardelik…. net dit…

No strings attached.

-SDG-