Girl van die Suburbs » Meneer Hartseer

Tien
Hartseer

Sjoe, ‘n ewigheid terug het ek vir jou geskryf en vanaand wil ek jou vertel wat ek geleer het. Ek kyk na jou gunsteling film en om die dood toe verstaan ek nie hoekom dit jou so vasgevang het nie. Soos wat ek hier sit en probeer verwoord wat ek voel begin ek dink dit was seker die lewe wat jy vir jouself wou hê. ‘n Bestaan wat ek nou so bly is nooit MY realiteit geword het nie. Tyd genees alle wonde, alle seer en alles wat net sleg is. Dis die pad wat ek die laaste ruk stap. Maar so nou en dan onthou jy tog so ‘n aks uit die verlede en dit potjie jou so bietjie. Nie alles is net goed nie, en nie alles is net sleg nie. Die weegskaal se naald kom nooit net in die middel tot ‘n stilstand in ‘n perfekte balans tussen die twee nie. Dit sal seker in jare wat kom helemaal net weg wees, en daar is net so baie van hulle wat voorlê. Jaar op jaar…

So met die tyd wat aanstap en die pleisters wat op jou siel geplak word, moet jy ook vergewe. Vergifnis is volgens my die grootste geskenk aan die mensdom naas liefde. Die vermoë om te vergewe word merendeels bepaal deur jou emosionele volwassenheid. Wat die leermeesters jou egter nie leer nie, is dat groot mense… volwasse mense nie perfek is nie. Almal wat voetspore op hierdie planeet agterlaat het wel ‘n spatsel imperfection, want daardie weegskaal wil net nie opweeg nie.

Die Halleluja trek vanaand die trane na die oppervlak en ek verstaan eenvoudig net nie. “I’ve seen your flag on the marble arch, love is not a victory march, it’s a cold and its a broken Hallelujah.” En dit is wat ek vanaand dink ek geleer het. Gebrokenheid… Kan nie heel maak nie en twee gebreekte dele maak nie een nie. Dit bly twee stukkende dele. Jy is dood in jou gebrokenheid en ek het leer leef in myne. Jou stop, punt en lyn het jou ingehaal en ek is die kans gegun om myne in te ruil.

Die oorwinning is myne, maar as ek nie geweet het wat dit is om stukkend te wees nie, sou ek nooit waarde kon heg aan my nuwe lewenspad nie. So jy moet vanaand net weet. Ek vergewe jou.