Girl van die Suburbs » Gesprekke met God

Geduld
Wanneer ek in die spieël kyk, sien ek nie geduld nie Saans wanneer ek in stilte van die nag lê, voel ek nie geduld nie. As ek die Psalms sing, selfs dan hoor ek nie geduld nie. Hoe, Liewe Vader gaan ek ooit hierdie genadegawe ervaar?

Ek soek U in my hele bestaan, maar tog skiet ek te kort op elke vlak van my begeerte. Leer my die ware betekenis van is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Dalk as ek almal verstaan… sal hierdie tekortkoming in geduld eendag verander in ‘n seën.

In my hart weet ek wat U wil is vir my lewe, maar soms het ek hierdie rebellie wat opvlam op die put van my maag, juis oor ek so ongeduldig is. Soms voel dit of ek verniet in afwagting sit en droom… en op dae soos die wonder ek hoeveel karakter ek nog moet bou voor my hartsbegeerte verwesenlik word.

Seën my met geduld vir my siel om stil te word… Anders hoor ek U nie bo die gedruis van my gedagtes nie.