Meer oor die Suburbs…
Stem vir my
“n Voorstedelike Engel
Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.
My gedagtes draai om…
Besoekers nou by die suburbs…
- Daar is tans 2 Besoekers aanlyn
-
'n Wolk van Sleutelwoorde...
Afrikaans beroepskeuses blogs dood fun Gauteng geloof God happiness hartseer Here herinnering Hillbrow hoop Huisgenoot insulien Jesus kamp Kersfees keuse kinders Kruisiging leef lewenslesse lewensmaat liefde liewe heksie mediese fonds Meneer Hartseer MES online dating Oprah paasfees prinses reën selfmoord stereotipering steve hofmeyr tag The Shack verjaarsdag vrede vreugde vriende wolke
WP Cumulus Flash tag cloud by Roy Tanck and Luke Morton requires Flash Player 9 or better.
Onlangse Opmerkings...
- Xena Phoenix: Hoe kort is jou lewe?
- Girl van die Suburbs: J’aime la vie
- Andrew: Ek is laaik iemand se cherrie!
- Vlam: J’aime la vie
- Girl van die Suburbs: Ek is laaik iemand se cherrie!
- Girl van die Suburbs: J’aime la vie
- Girl van die Suburbs: J’aime la vie
- Girl van die Suburbs: J’aime la vie
- Girl van die Suburbs: J’aime la vie
- Andrew: Ek is laaik iemand se cherrie!
- cat@juggling act: Tien
- cat@juggling act: J’aime la vie
- shiningfire: J’aime la vie
- Sonlig: J’aime la vie
- Xena Phoenix: J’aime la vie
Kontak die Suburbs
Argiewe van gedagtes
Ek ondersteun graag…
Outeur Argiewe: Girl van die Suburbs
Om te deel
Die seer van ander laat my besef dat die lewe net soveel curve balls het om te gooi… daarom sal ons almal eventually dieselfde paadjie stap waar ons êrens mekaar tegemoet sal kom om te deel. Party leer net vinniger as ander …
Leef jy jou droom?
Prentjie gekry by http://ninelivesmediainc.wordpress.com
Nou maar reg…. Girlie het ‘n movie gaan kyk en being true to my own nature het ek nou weer die dieper kant van ‘n tekenprent gaan staan en uitkrap… soveel so dat ek eintlik ‘n traan gepik het op twee plekke. Ek reken dit het my so aangeraak oor dit juis ‘n [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Natuurlik is dit mooi... Sleutelwoorde: Disney, droom, leef, pixar, Up 25 Opmerkings
Kamp-Kamper-Kampste
Nou lê ek hier en wonder…. Wat de hel gaan ek doen omtrent my eksotiese tan? Jip…. Girlie is terug van haar kamp ekspedisie af en ek moet bieg dit was ongelooflik lekker. Ek het net seer…
Ek het belê in ‘n baie goeie sonblok, nogal so ewe by ‘n dermatoloog gekry… SPF 50… maar vir [...]
Vivere la vita al Massimo
In die laaste twee weke het daar iets in Girlie se gemoed gebeur… Ek dink baie maar ervaar min en ek is regtig erg dankbaar daarvoor. Ek ervaar ‘n totale kalmte en rustigheid, regtig onbekend aan my. My eie kop beeld van myself is besig om te vervaag…. en die totale gemoedsrus spoel oor in [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Rooiwyn vir die Siel Sleutelwoorde: bucket list, emmer lysie, Vivere la vita al Massimo 43 Opmerkings
Dis net lekker
Girlie het regtig niks om vandag kwyt te raak nie…. Alles is net lekker vanoggend.
Lekker dag vir julle ook!
Die laaste 50 jaar
Aan al die “kinders” wat die 1930’s tot 1980’s oorleef het!
Eerstens het ons die rokery en drinkery van ons moeders oorleef terwyl hulle swanger was. Hulle het aspiriene gedrink, blou kaas en vis uit ‘n blik ge-eet en is nooit getoets of hulle diabeties was nie. Na al die trauma was ons in ons bedjies gesit op [...]
Wat is jou opinie I
Ek verstaan nie hoekom die advertensie verban is nie? Ek het die ad vir elke liewe ander kleurige kennis van my gewys om hulle opinie te kry en hulle self dink dit is ‘n vrek goeie stukkie filmwerk! Nie een van die vyf wie ek gevra het, voel verontwaardig nie.
Hoe kan hierdie stukkie sosiale kommentaar [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Natuurlik is dit mooi... Sleutelwoorde: Verbande advertensie 17 Opmerkings
Dare to…..(II)
Te danke aan Adrie
Waarmee sal jy die dansbaan open met jou troue? LOL… Hierdie is uithaal materiaal maar as jy nog nooit die song gehoor het nie gaan luister eers na die woorde (Kurt). Een opsie is Krut Daren se Engel. Dan wonder ek oor Aerosmith se Angel. Ek hou van I believe deur Celine [...]
Dare to… (I)
Adrie Deel 1
Did ou kiss the girl? Did you like it? Jip….. A kiss is a kiss… is a kiss
Wat eet jy vir ontbyt? Oats pap wat ek soms afwissel met eiers
Thongs of stomach-holding panties? Nie een van die twee nie
Hoe lyk jou koffie beker? Ek loop eintlik heeldag met ‘n kafeiendrup rond… Maar anders,.. [...]
Dare to love me too
Ek moet leer (en vinnig ook) om nie so voor op die wa te wees nie. Ek moet inblend… Note to self…. **oorweeg muurblommetjie** Onse liewe Sonkind het my gewaarsku en in my onkunde het ek geglo dis ydele woorde en nou sit ek weer met ‘n tag op hande ….. TRUTH OR DARE
Enige [...]
I love you too
Ek dink die gesegde lui… Jy kan jou vriende kies, maar nie jou familie nie… Wel…Ek het nie ‘n keuse in ieder geval nie. Mense is net geneig om in my hart in te klim en dan klou hulle soos daai vreeslike vaal uitgekoude tjappie aan ‘n skoolbank. Ek is wel vreeslik kieskeurig wie ek [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Sommer maar net... Sleutelwoorde: ek is lief vir julle, i love you, maatjies 26 Opmerkings
Een woord
Hmmm….Eintlik was ek nog nooit so bly om ‘n tag te sien nie…
Kan enige iemand hierdie loskop in EEN woord beskryf? Want ek kan nie.
Ek weet van Tweeling en Oukie en Vlam te tags… Ek sal so gou moontlik saamspeel want ek het dink werk daar…
Intussen dink ek PJ en Adrie en Krista moet sommer [...]
Protected: Ta-Da!
There is no excerpt because this is a protected post.
Dans is oefening!
Hierdie lui kaalvoet kind, het gistermiddag op my stoepie gesit en kyk na al die aspirant Tiger Woods’ wat hulle golf sakke op wieletjies rondtrek of sleep afhangende van hoe moeg hulle is…. Ek aan die ander kant sit op my groot gym bal want my sterre is seer. Eintlik is my hele onderlyf so [...]
Help ‘n maaikie
“Blog jy? Jy het nou die kans om jouself vir ewig te verewig in ‘n baie dik boek! Vir ewig!
Gaan asseblief na Skraap.net en neem deel aan die Afrikaanse blogsensus. (Dis ten bate van Johan Swarts se tesis). Daar is vier velde om in te vul: jou blog se adres, ‘n e-posadres vir validation en [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Sommer maar net... 4 Opmerkings
Bakboord of Stuurboord
Moet nou nie dink dis ‘n girly ding nie… dit is wel ‘n girlie ding,en moet hierdie nou nie sien as ‘n admission of weakness van die skoner (beter) geslag nie…Ek is useless met aanwysings. Hmmm…ek dink rigting ook.
Ek moes vroeër die week in Hillbrow invaar, na MES se kantore maar die keer was dit [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Sommer maar net... Sleutelwoorde: Hillbrow, MES, stuurboord 12 Opmerkings
My ma se kinders
My ma se drie kinders is (was) nie een maklik om groot te maak nie want al drie is groot individualiste…. En die enetjie in die middel…. Was seker die grootste challenge….
Dié enetjie in die middel is 2 jaar ouer as die denker aan die linker kant en 8 jaar ouer as die hartebreker aan [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Sommer maar net... 31 Opmerkings
Vyf
Dit het my nie lank geneem om my eie paranoia te voed nie, want daar was gereeld ‘n gevoel dat meneer hartseer nie so eerlik met my was oor sy doen en late nie. Ek glo nie daaraan om in ander se privaatheid rond te krap nie… maar met hom het ek ‘n uitsondering op [...]
My coffee cup
Since I have forgotten how to be a child, I no longer understand the voice of my coffee in the mornings. I no longer smell its aroma, nor do I see its colour, I no longer sens its bitter sweetness. Now a cup of coffee is mute and it passes through my hands like a [...]
Die story van Pretty
Ek het laas week weer soos oudergewoonte by MES ‘n draai gaan maak om die stads gesiggies te bedien met kos en water. Ek is nog nie op die punt om hulle met die woord te bedien nie, nie oor ek skaam is nie… Ek sukkel net om aan iemand te verduidelik hoe groot ons [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Sommer maar net... 37 Opmerkings
Easy – Peasy!
It’s not difficult to make a woman happy..
A MAN ONLY NEEDS TO BE:
1. a friend
2. a companion
3. a lover
4. a brother
5. a father
6. a master
7. a chef
8. an electrician
9. a carpenter
10. a plumber
11. a mechanic
12. a decorator
13. a stylist
14. a sexologist
15. a gynecologist
16. a psychologist
17. a pest exterminator
18. a psychiatrist
19. a healer
20. a good listener
21. [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Sommer maar net... Sleutelwoorde: Easy-Peasy, Pleasing a woman 18 Opmerkings
Meisie Lank sê
Meisie lank is ‘n baie goeie vriendin van my. Ek sou sê, sy is heel waarskynlik my beste maatjie, maar ons verskil soos dag en nag. Sy is nou ‘n paar maande getroud… en raai waar het sy haar vangs gevang? Op die internet. Dit is deur haar aansporing dat my liefling-soektog ontstaan het maar [...]
Girlie leer weer lesse
Alles wat ek nodig het om oor die lewe te weet, het ek geleer by Noag en sy Ark
Moet nie die boot mis nie
Onthou ons is almal in dieselfde bootjie
Beplan vooruit! Noag het nie die Ark begin bou toe dit eers begin reën het nie
Bly fiks. Net dalk as jy die dag 600 jaar oud [...]
Vier
So verslaaf soos ek aan meneer hartseer was….. so verslaaf was hy aan voorskrif medikasie. Ek het smekend sy huisdokter gevra om op te hou om die pille voor te skryf, maar dit was net ‘n mors van asem. Na maande van smekery het hy in elk geval oorgeskuif na straat dwelms. My hande was [...]
Liefling….. Hier komme(n)ding
Ek verstaan nie hoekom my Vrydae by die werk besiger is as Maandae nie. Ek het nog verslaap ook en het eers my make up aangesit by die werk. My nag lewe het so bietjie ingemeng met my slaaptyd. Ek was weer uit saam MES en het gaan kos uitdeel in Johannesburg se middestad [...]
Liefling….. Da’s dit nou.
Ek het vanaand deur my memento boks gekrap… dis so rooie wat ek al van standard nege al saam my rond dra. Dit was eintlik eers my huishoudkunde naaldwerk doos wat ‘n beter doel begin dien het. As daar nou een ding is waarmee ek useless is…is nugter dink nie die enigste ene nie…ek kan [...]
Girlie se lesse
As voorsitter van die voelfokkol raad, het ek besluit om my lewenslesse… of van hulle te deel. Daar is te veel hartseer en geweld (verbaal) in die omgang tans. Ongelukkig is daai klein wit pilletjies nie meer deel van my bestaan nie anders het ek aangebied om vir ieder een wat demoer in, hartseer, teleurgesteld [...]
Walky Talkies en Vasgemaakte Vlerke
Hierdie voorstad van my is snaaks aanmekaar geslaan… Reg langs die landgoed is ‘n plakkerskamp. ‘n Moerse plakkerskamp en as die wind verkeerd waai ruik jy die antrasiet stofies in die winteraande. Ek dink hull het een voordeel bo ons… hul uitsig is beter as ons sin (wel dele daarvan). Ek bly aan die [...]
Trap daai fiets
Girlie hier wonder nou al ‘n hele ruk of ek moet begin fiets ry. Wel, ek wil begin oefen en ek oorweeg al my opsies op en fietsry lyk net na die beter keuse. Ek het nog nie die fiets aangeskaf nie… want ek het amper op my rug geval toe ek nou sien wat [...]
Vir jou
Vir jou….. Want dis hoe ek vandag voel.
Geplaas in Gedagtegroep(e): Natuurlik is dit mooi... Sleutelwoorde: Giant Mistake, The Parlotones 10 Opmerkings
Drie
Nou maar reg….. Ek het baie hard probeer om weg te kruip maar dit het nie gewerk nie, want daai gat waarin ek soms inval word nou bietjie crowded met almal wat ek daar in nooi. Dit is nou die mense wat so op my gemoed druk…
Ek sit hier by die werk met my oorfone [...]
Open Season
Jip….. dit is open season hier in my wêreld. Ek bly op ‘n golf landgoed en die naweek is die baan geopen. Tot my spyt….want nou deel ek my uitsig met mense in golf karretjies.
Ek het myself nou lekker vermaak om na al die aspirant golfers te sit en kyk die naweek. Ek [...]
Twee
In die tyd na Poen se dood het ek enige iets gedoen om besig te bly. Om fisies besig te wees was maklik, maar die kopmalheid was ‘n ander storie. Ek het toe in ‘n vriendin se winkel in een van die groot winkelsentrums in Johannesburg gaan werk oor naweke en in die aande. [...]
Een
Ek het twee keuses en die een wat ek gekies het is om tog ons storie te vertel. Ek kan nie my verlede saam jou wegwens nie, want as dit nie vir jou was nie… het ek nooit God se genade verstaan nie.
Ons lewe saam was hartseer, want dit het hartseer begin. 28 November 2005 [...]
Laat dit reën
Soos wat ek nou hier vanaand op my mat sit met die kat op die bank, skud hierdie girl net haar kop want ek dink hy raas. Ek behoort mos nou al te weet dat ek anders dink, praat, lyk, glo en leef as ander mense. Ek behoort ook mos verstaan dat mense my nie [...]
Wil jy my tjoepie hê?
Oe… en hier maak ek een van die bottels rooiwyn oop wat ek as geskenk gekry het. My maatjie klein werk op ‘n wynplaas doer in die Wes-Kaap en toe stuur sy vir my ‘n presentjie in die pos. Nou as ek op die bank sit met my glasie vertroosting draai hierdie wieletjies tussen die [...]
Watter een?
Hierdie song lê my geweldig na aan die hart… Sommer so skuins duskant onder die ribbebeen. Ek het op die nuutste weergawe by Oopkop afgekom en met my youtube soektog ek ek op ‘n diamantveld afgekom.
Daar is ongelooflik baie weergawes op, julle moet julself ‘n guns doen en gaan luister.
Nou watter een is die [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Natuurlik is dit mooi... Sleutelwoorde: Alexandra Bruke, Bon Jovi, Halleluja, Leonard Cohen, Rufus Wainwright 12 Opmerkings
Lag ‘n Slag
Ek moet eenvoudig net die volgende met julle deel…. Dit het in my G vd Subs inboks beland en ek het so gelag dat ek maar myself uit die kantoor verskoon het. Nou weet almal ek was nie besig met werk nie… Sels ek weet, daar is sekere dinge wat jy oorlaat aan die professionals…
My [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Sommer maar net... 12 Opmerkings
My bus se wiele
Daar is ‘n kiddie song the wheels of the bus goes round en round… en dit het nogal ‘n aantreklike wysie… maar dit voel vanaand of my bus se wiele almal op een slag afkom! Ek word behoorlik met die blinde sambok gelooi… Ek is spyt oor die verlede en die simpel besluite wat ek [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Sommer maar net... Sleutelwoorde: beroepskeuses, bus, eksperiment jare, fout, talente, verhoudings, wiele 20 Opmerkings
My Flasher oomblik
Ek is nou nie een van daardie meisies wat vreeslik bewus is van haarself nie. Ek loop nie rond kyk vir myself in elke weerkaatsende oppervlak nie…. Ek is wel ‘n loskop en baie, baie agterlosig en vreeslik verstrooid want ek is totaal vasgevang in my eie gedagtes en dagdromery. Juis oor die rede en [...]
31 Kersies
Vandag brand daar 31 kersies op my verjaarsdag koek.
En ek het besluit….. Van nou af kom ek eerste!
Geplaas in Gedagtegroep(e): Sommer maar net... Comments closed
Parallel?
As jy wil sien hoe vinnig ‘n rooikop ontplof, moet jy haar maak iets doen wat sy nie wil nie. Ek absoluut haat dit om voorgeskryf te word. Ja lands reels en etiek en al daai lekker dinge is nog aanvaarbaar want dit skep half ‘n orde in die malle-rumoer-samelewing van ons… maar moet my [...]
Dromme van my hart
Hierdie donkerkop het haar eie manier van dinge uitsorteer… Wanneer ek voel soos wat ek tans voel soek ek ontvlugting. Musiek vorm deel van my eie voorgeskrewe terapie en dit help. Dit help moerse baie. Ek is gek daarna om sekere feel good songs op repeat te sit in die kar… so in die verkeer… [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Natuurlik is dit mooi... Sleutelwoorde: feel good, musiek, Scorpions, Slade 10 Opmerkings
Seppie en Kerneels
Seppie kuier al vandat hy kan onthou, elke ander skoolvakansie by ouma en oupa op die plaas en hierdie jaar is geen uitsondering nie. Elke tien jarige se droom…. Want vryheid is aan die orde van die dag waar geen tyd vir niks voor geskryf word nie. Jy is…
Drie vakansies terug het oupa vir Seppie [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Gesprekke met God Sleutelwoorde: Donkie, Kerneels, Seppie, Tessalonisense 4 Opmerkings
My lewe is ‘n boom II
Soos wat hierdie boom lewe van my in die middel van nêrens langs die kronkel paadjies van die lewe staan, begin dit vrugte dra. Alhoewel die bewustheid nie ‘n sekerheid kweek nie, begin jy vrug dra waar die alleenheid gevul word in ‘n saamwees waar mense nie net verby beweeg nie… hulle begin nou [...]
Hansie en Grietjie
Girlie is dankbaar die afgelope jaar het so vinnig gevlieg. Ek is bly die hartseer dae is amper weg. Ek is verlig dat daar weer hoop is in my hart. Ek is dankbaar vir ‘n nuwe begin…. Tog voel my siel soos ‘n krap paal… Dit hou nie op nie, maar ek glo ek weet [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Sommer maar net... Sleutelwoorde: Hansie en Grietjie, verjaardag 14 Opmerkings
Vir jou wat weet…
Hierdie meisie het ‘n ongelooflike hartseer gevoel vanoggend, so asof my siel huil. Ek weet nie waar die gekrap aan my vandaan kom nie. Alhoewel die Heilige Gees my weer in die klas laat opstaan het gisteraand om ‘n paar vrae te antwoord het, het ek tog vrede in my hart. Mag dit dalk wees [...]
The Invitation
Na die uithaal-game die naweek, waar meeste naar geword het van die soetsappigheid van die liefde het ek dit goed gedink om die gedig met julle te deel wat ek eendag vir my lewensmaat sal gee. Daar is geen ritme, rym patroon of gekleurde woordjies nie wat dit vir my mooi maak nie …. [...]
Geplaas in Gedagtegroep(e): Natuurlik is dit mooi... Sleutelwoorde: Oriah Mountain Dreamer, The Invitation 5 Opmerkings





1, 2, 3, 4…..