Winterhoop

Ek is verseker nie die beste persoon om te vra oor aktuele sake nie, want ek kyk nie nuus nie. Ek lees nie die koerant nie en nog minder loer ek na die weervoorspellings. Dit is als net klein jakkalsies wat my of my bloeddruk op jaag of die trane oopdraai. Ek verkies om oningelig te wees oor die stand van sake.

Die laaste week egter probeer ek wel myself vereenselwing met die weer, want my “Roomie” vra my amper elke dag uit oor die weer en ek wil nou ophou sê ek weet nie. My ignorance kan / moet ook net sover strek.

Ek sien ons is die winter in vir baie koud kry. Seker nie meer as vorige jare nie, maar ek wil verseker nie myself oorlaat aan die elemente daar buite nie en is ewig dankbaar dat ek nie hoef nie. Ek ry elke oggend dou voor dag werk toe en teen die tyd wat ek Hillbrow se strate slaan slaan die termostaat vas op 3 grade Celsius. Dit is nou net so voor die son oor die geboue loer. Dis koud. Ek dink die temperatuur deur die loop van die aand is dalk nog laer.

Daar is ‘n nuwe initiatief gebore uit die passie wat MES het vir die armstes van die armes;  WINTERHOOP. Hierdie is ‘n landswye aksie wat MES in samewerking met kerke, welsynsorganisasies, RSG, KykNet en verskeie koerante aanbied om die nood in ons land gedurende winter te verlig. Daar word op die volgende stede gefokus: Johannesburg, Pretoria, Kaapstad, Durban, Port Elizabeth en Bloemfontein. ‘n Lys van die organisasies wat hierby baat is beskikbaar op versoek of op die MES webtuiste – www.mes.org.za.

Volgens Jesaja 58:6-7 is die vasdag wat God verlang dat jy vir die wat honger is, van jou brood gee, dat jy aan die armes en die dakloses blyplek gee, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee. Toe ek die lees. toe word ek eintlik hartseer want min mense help uit met die nood rondom hulle.

Die een aktuele saak wat ek wel volg die afgelope twee weke is die berig oor die Johannesburgse Metro Polisie wat van die straat inwoners se besittings sowel as nuwe komberse verbrand het, etlike ure na die eerste Winterhoop uitreik. Dink jouself in… Jy is een van die bevoorregde minderbevoorregtes wat ‘n warm item kon kry en dan word dit van jou af weg geneem? Jy word dan weer aan jou eie lot oorgelaat om te oorleef. Ek as Girl, sal verseker alle hoop verloor het as dit met my moes gebeur.

Hier is ‘n lysie van benodighede wat tydens die uitreike uitgedeel word:

Benodigdhede:

***Klerasie  (baadjies, serpe, truie, musse, lang onderbroeke, frokkies, handskoene, kouse)

Skoene, Warmwatersakke, Komberse, Gebottelde water (of houers vir water)

*** vir die hawelose persoon is warm klere essensieel omdat komberse dikwels gesteel word

Winter Oorlewingspakkie (kospakkie – klein formaat):

Toiletware (seep, tandepasta, tandeborsel en waslap), wasgoedseep, toiletrol

Mieliemeel, pakkie sout, koffie, tee, Cremora, suiker, marmite, grondboontjiebotter, geblikte kos, kits-sop en soja produkte.

Ek hoop regtig dat die Gees mense se harte sal verander en dat meer mense sal gee uit liefde, hetsy met fisiese bydraes of om slef tyd af te staan. Hierdie mense bly nie op straat uit vrye wil nie. As jy met van hulle gesels sal jy hoor dat elkeen ‘n storie het oor hoekom hy / sy is waar hulle is. As ek my werk moes verloor, of al my geld huis toe moes stuur en sodoende self op straat moet bly dink ek nie, ek sou oorleef het nie. Ek het dit al voorheen gesê… Ek weet nie of my wil om te oorleef sterk genoeg sal wees as daar nie hoop was nie.

Deur betrokke te raak, gee jy weer hoop aan iemand wat nie misdaad as oorlewing kies nie.

Hiermee addisionele inligting:

Bankbesonderhede:

ABSA – Jan Smuts

Winterhoop rekeningnommer: 906 892 5251

Takkode: 632005

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Dit trek my aandag, MES Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 2 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License