
Dit is tyd om my nuwe storie te vertel. Die een met Hartseer het dood geloop en vir die laaste keer kyk ek terug na die eens gebroke meisie wat so verlore was….. wat gevoel het haar lewe dien geen doel nie. ‘n Meisie wat self wou sterf.
Daardie meisie het een oggend wakker geword en die stemme in haar kop was stil. Sy kon haarself hoor asem haal en sy kon voel hoe haar hart klop teen die matras, soos wat die bloed druis deur haar slape. Vir die laaste keer kon sy terug dink aan wat was, sodat sy nooit weer hoef terug te kyk op wat kon wees nie. Daardie meisie is ek, en ek is weer heel-mens.
Die nuwe storie is een van geloof, hoop en liefde. ‘n Lewe van opwagting wat begin by Samuel – “God het gehoor” Ek het soos wat ek daar bly lê het, gebid dat my nuwe lewe moet begin. Dis ‘n storie wat ek moet deel sodat mense God se genade kan verstaan. Dis ‘n storie vir die wat wil weet, sodat hulle kan verstaan. Dis ‘n storie vir die wat nie glo nie, sodat hulle harte sal verander … Dis ‘n storie nog onbekend aan my wat dag tot dag aan my geopenbaar word, want God wil self met my ‘n pad stap. So vreemd soos wat die verhaal vir jou klink, so vreemd voel dit vir my. Hierdie wonderwerk is vir ons almal om te deel.





10 Comments
Hello Girlie Girl…hoe gaan dit met jou jong…sooooo bly om te sien jy blog weer en ek hou noggal vreeslik van die nuwe “look”…
yes, yes Daizy!
Lekker om jou hier te sien
Almal is geregtig op ‘n kans, maar ‘n tweede kans is ‘n onsaglike voorreg.
Ek is seker dat jy die beste daarvan sal maak.
Dis amazing nê? Hierdie tweede kans gryp ek vas met altwee hande.
Ek leef ‘n lewe vol genade… Een waarin ek gaan terug gee.
Hier is my nuwe motto – ‘when I stand before God at the end of my life, I would hope that I would not have a single bit of talent left and could say I used everything You gave me’ – Erma Bombeck
“This is beautifully said”, ek hou baai van die nuwe meisie! XXX
Fanx
Ek lees hier wat jy skryf en dit voel soos my eie woorde ‘n jaar of wat terug!
Ek ken jou glad nie, maar daar is tog ‘n konneksie – want ek weet en jy weet waardeur jy gaan!
Sterkte vir die nuwe pad girl! Dis nie aldag maklik nie, want ons is net mense, wat soms fokus verloor! Vertrou net op God en alles sal op die ou end uitwerk soos dit moet!
Dankie Rene!
Dis ‘n vreugde en gemoeds kalmte wat geen menslike konsep kan beskryf nie. Beloftes! Dis die amazingste van als!
Genade onbeskryflik groot – dis wonderlik as mens dit eers ervaar het. (((Girl)))
Oiiii… Sonnie…. Like you cannot believe!