Jou weduwee

Hartseer

Dit  gaan regtig goed in my wêreld.  Die lug is blou, die son helder en die bome is stadig besig om van kleur te wissel. Die seisoen van verandering kom al nader met die aand geluide wat vroeër stil raak.

Al wat nie verander nie is dat jy steeds by my spook.

Ek verstaan dit nie.

Vanoggend lees ek sy is jou weduwee. So kan enige iemand my tog net vertel. As jy sewe jaar lank geskei was en die persoon wat jy in ’n stadium soveel gehaat het sterf. Maak dit van jou ’n weduwee?

Elke aand vra ek om vergifnis en genade want ek probeer hard om self te vergewe… jou fokken weduwee… Soms wens ek julle rolle was geruil.

Vanoggend wens ek …. weereens…

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Meneer Hartseer, My lewe Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

20 Comments

  1. Gesê op March 18, 2010 om 11:06 AM | Permanente Skakel

    Ja nee, kan iemand dit verklaar.

  2. Gesê op March 18, 2010 om 11:20 AM | Permanente Skakel

    Agh my friend, try and not let her get the better of her. Let her live in her own little dream world, perhaps she is just so riddled with guilt and desperately trying to free herself by trying to be something she isn’t.

  3. Gesê op March 18, 2010 om 1:25 PM | Permanente Skakel

    Ek dink ook dis maar ‘n geval van skuldgevoelens of dalk soek sy net bietjie aandag…

  4. Gesê op March 18, 2010 om 3:56 PM | Permanente Skakel

    Nee, natuurlik was sy nie die weduwee nie. Dis bollie daai!

    Al is dit dan nou op so sad noot, ek’s bly jy’t weer opgekom vir lug, Girlie. :wink:
    (Somehow is dit net nie lekker om allees skoor te soek met Eelt nie, jy weet…) :lol:

  5. Gesê op March 18, 2010 om 3:57 PM | Permanente Skakel

    tsk…alleeN

  6. maxie
    Gesê op March 18, 2010 om 9:06 PM | Permanente Skakel

    Dit maak my SO bly om weer ‘n inskrywing van jou te sien.
    Ek verstaan ook nie daai een nie… of wewenaar van ‘n vrou wat hy verfoei het en dan teer hy op sy wewenaarskap.

  7. Gesê op March 19, 2010 om 9:22 AM | Permanente Skakel

    Ek was lanklaas hier. Ek gee vir jou ‘n moerse drukkie en hoop jy voel sommer gou-gou beter. ((((((Girl))))))

  8. PlaasJuppie
    Gesê op March 19, 2010 om 1:04 PM | Permanente Skakel

    . . .and the serenity to accept the things you cannot change.
    Life is short and it is hardly fair, but it has it moments. Don’t let your yesterday’s ruin your tomorrow, go make your moments today.

    Dis maklik om mooi aanhalings neer te pen as jy nie self in daai posisie staan nie, maar daai is die beste stukkie tough love wat iemand ooit vir my kon gee.

    Be the foxterrier. . . ;-)

  9. Gesê op March 19, 2010 om 2:13 PM | Permanente Skakel

    Sy het ‘n verdomde cheek – simpatie- en aandagsoekende klein snert.

  10. Daizy
    Gesê op March 19, 2010 om 4:59 PM | Permanente Skakel

    Verwaand dit is wat sy is….sy wil graag die “victom” wees in die verhaal…so graag onthou word as die een wat omgegee het…..Girl…drink ‘n bottel wyn uit en vertel haar op papier presies wat jy van haar dink….dan loop staan jy buite en brand die stuk papier met daai aansteker wat jy nie meer vir rook gebruik nie, miskien….net miskien voel jy so ietwat beter….tyd ou Girlie…tyd heel alle wonde!!! Hoop jy het ‘n heerlike naweek

  11. Gesê op March 19, 2010 om 5:55 PM | Permanente Skakel

    Nee, beslis nie sy weduwee nie. Miskien is dit egter tog moeilik om te weet waar sy tuishoort. Veral omdat die kinders betrokke is en hulle pyn ook hare is. Nes hulle pyn ook joune is omdat jy vir hulle omgee.

  12. Gesê op March 20, 2010 om 7:34 PM | Permanente Skakel

    Miskien is dit omdat sy `n weduwee is, `n weduwee met `n skuldige gewete dat sy maak soos sy maak.
    Girl, jy is onlangs weer gedoop?
    Hoe het dit jou lewe en jou uitkyk op die lewe beïnvloed?
    Of het dit?
    Kan jy haar nog dood wens. Mag jy haar nog dood wens?

    • Gesê op March 21, 2010 om 8:35 PM | Permanente Skakel

      Hi Louwie

      Kyk, ek verstaan al te goed dis verkeerd om so te wens. Daarom vra ek elke dag vir krag van bo om nie ‘n moordkuil van my hart te maak nie.

      Dis moeilik maar ‘n proses. Eendag sal sy ook moet verantwoording doen vir haar dade soos ek vir my gedagtes.

      My lewe het verseker verander. Behalwe vir die occassional terugslag so nou en dan… wat meer ‘n emosionele reaksie is wat ek sukkel om te beheer… het ek ongelooflik baie vrede in my gemoed.

  13. Daizy
    Gesê op March 22, 2010 om 11:17 AM | Permanente Skakel

    Jip Girl, die “occassional terugslag”, jy is NET MENS….wat streef om nader aan jou God te leef….maar ons is almal feilbaar….ons is nie volmaak nie….en die mens gemaakte reels trek ons so nu en dan in die diep gat van sonde terug….hou moed….tyd Girl, net tyd gaan genees…..

  14. Zee
    Gesê op March 23, 2010 om 11:51 AM | Permanente Skakel

    GvdS…

  15. Ek is Anna
    Gesê op March 23, 2010 om 10:08 PM | Permanente Skakel

    (((Girl))) Vrede wat alle verstand te bowe gaan, vir jou. Ek weet dat al maak ‘n seerplek ook ‘n meter dikke roof, genees dit nooit as dit nie van binne af kom nie. Ek bid dat daardie genesing vanuit jou diepste wese sal begin, met die hulp van Die Een wat alles ten goede laat meewerk vir die wie Hom liefhet.

  16. Gesê op March 24, 2010 om 9:17 PM | Permanente Skakel

    Ja, ons stry maar die stryd. Soms wen ons, soms verloor ons.
    Sterkte. Dit sal weer beter gaan, eendag.

  17. Ingrid
    Gesê op March 25, 2010 om 7:30 AM | Permanente Skakel

    Girl, hoe mense skielik titels kan kry verstaan ek ook nooit nie. WTF, sou Hannie of my eks nou dood gaan hoe gaan ek of sy ‘n weduwee en steeds Mev. Marais wees? Gee dit jou status om eerder ‘n weduwee as geskeide vrou te wees, shame, hy was nie goed genoeg toe hy gelewe het nie, nou kan sy skielik die laaste stukkie uit hom kry!
    Sorry sulke mense maak my woedend. Jy, sy laaste lewensmaat het meer reg op daardie titel as sy.
    Sterkte, dalk is dit al wat ek moes se, maar my bek is mos altyd te vinnig.

  18. Gesê op March 25, 2010 om 8:07 AM | Permanente Skakel

    Oits Girl :( – Sometimes you have to let go to see if there was anything worth holding to… For some reason the ‘widow’ is dealing with issues in this way – maybe a bad conscience? Maybe true regret? Maybe real sorrow? Being an ‘Ex’ afterall only really means something when the other ‘Ex’ is still around, ja?
    Do you know? Do you want to know? Really want to know? Enough to sit down with her and talk it through? Does it really matter that she calls herself that? Are there people involved who compare your and her roles in his life? And do they matter?
    At least there’s hope for you, skat :wink: : You can’t let go of anything if you can’t notice that you are holding it. Don’t fight it too hard though – and don’t be too tough on yourself. Maak dit dalk ‘n physical thing. As jy so voel, strek die handpalms in watter rigting ookal jy dink sy is – of boontoe (want ja, ons weet tog ons kan ons sorge vir hom gee) en seg: “Let go – let God!”. It’ll take 1 or 2 seconds of your time, but the physcial act might prevent you from spending more time than necessary on unnecessary sielswroeginge – it’ll be your cue to move on.
    Sterkte alliepad skat x

  19. Daizy
    Gesê op March 30, 2010 om 4:35 PM | Permanente Skakel

    Koewee…..Girlie…is jy daar???? Jinne maar ons mis jou jong….hoop alles gaan voor die wind!!!

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License