Liewe Hartseer
Ek is vanoggend hartseer en huil al van gisteraand af na die boodskap wat ek gekry het. Dis iets wat ek moes hoor en ek is ongelooflik dankbaar oor wat ek daar gelees het.
Dis vandag twee jaar terug wat ek voor jou oop graf gestaan het en in alle eerlikheid was ek in die laaste jaar nie weer daar gewees nie. Ek hoop jy verstaan. Ek hou nie van die grafsteen wat hulle vir jou opgesit het nie. Die boodskap op uitgekerf in die marmer is myns insiens ‘n bespotting. Tot in jou dood het hulle jou nie verstaan nie.
Ek het daardie dag gedink my hele lewe word saam jou in die aarde gesak. Dit was en sal seker die slegste dag van my hele bestaan wees. Wel, ek hoop so… ek wil nie weer soveel pyn ervaar nie. Nog nooit het ek so alleen gevoel nie.
Ek onthou… Met jou in die kis en ek en jou familie geskei deur rye kerkbanke, kon ek voel hoe hulle verwoede haat my aangesig deurboor het en al wat ek kon doen was huil. Huil want ek was jammer ek kon jou nie help nie… want my liefde was nie sterk genoeg om jou te red nie… want ek het geweet… naas die drie blinkgesig kindertjies, is ek die enigste een wat jou lief gehad het. En ek het gehuil oor my laaste soen aan jou, gebukkend oor die kis op die koue lewelose mond, met hartseer vertrek.
Die onskuld van jou kinders in hul kromgebuigde wilgelat lyfies was vir ‘n oomblik vergete. Hulle ma het eenkant na my geloer. Die vrou van wie jy al 7 jaar lank geskei was, het die rol van die huilende weduwee bemeester… Met die stywe geklou van hulle armpies aan my het hulle braaf probeer troos met woorde soos, “onthou dis nie ons pappa wat daar le nie… dis net sy lyf.” Die rolle was verruil en hulle kon sien, niks kan my troos nie.
Die dominee het met deernis die eerste paar verse van Psalm 23 voorgelees.
“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.”
Ek het daardie groue Maart oggend probeer sin maak uit die Skrif en ek was kwaad dat jy in jou menslike swakheid jou eie datum bepaal het om by die feesmaal aan te sit. Ek het by die graf op my knieë neergesak en het het jammer gesê. Ek was kwaad want jy het toegelaat dat ek moes voortleef met ‘n gebroke siel wat verder afgeknou was deur jou mense. Jou ma het my kom optel en in my oor gefluister… “Jy ontstel die kinders..”. En ek het jou gehaat. Ek kon in my uur van pyn en hartseer nie eers mens wees nie. Ek het daar weggestap, want ek kon hulle nie in die oë kyk nie. Hulle het daar met emosielose uitdrukkings, regop, styf en gemasker. Jou lewe was vir hulle ‘n verleentheid. Jou dood ‘n skande.
Vandag wil ek net vir jou vertel ek is nie meer kwaad vir jou nie. Ek verstaan en uiteindelik het ek antwoorde.
Rus sag. Tot ons mekaar weer sien…. En onthou…. so krom en gebroke soos wat ons bestaan was, was ek baie lief vir jou.
En dit gaan goed met my. Baie goed, want daar is vrede, liefde en soveel seen.






42 Comments
Suicide never just kills only one person… only the one who says “I quit” gets to die – the one who says “I won’t give up” gets a chance at a new life…
You’re doing well, Girl, really really well. x
Weet jy Beeps, as ander op jou moed opgee is dit sad… maar as jy besluit jy quit op jouself, dan is dit hartverskeurend!
Maar ek verstaan soms…. al maak die verstaan dit nie reg nie.
(( G )) En wie sou kon dink dat jy twee jaar later daardie storie kon oorvertel, die moed sou bymekaarskraap om in die kelder van jou hart die seer te gaan opgrawe, die albums van gister se onthou oop te forseer en jouself toe te laat om te probeer genees. You have come a long, long way my friend .. x
Dankie Elfie!
En as ek terug kyk op die pad wat ek gestap het, kan ek sien hoe reguit dit was! Geen kronkel padjies hierdie keer nie x x x
Op daardie oomblik ja, voel dit asof jy dit nie self gan oorleef nie, maar die mens is van sterker stoffasie as dit gemaak.
Dis verseker so DMI, soms verstom dit my!
My old man accidentally(?) ended his own life with an overdose of morphine & brandy when I was 12….
I finally let go of my anger and allowed myself grieve for him when I was 18.
Today, I can remember that he loved us in his way and wonder what he would make of my kids, were he here to watch them grow. It’s good to reach this place, where resentment is replaced with quiet…
Sorry to hear MeeA!
I am actually lucky that in two years I have grieved and overcome all that is negative! And in sober moments I should remember that this was the best outcome for both of us….
Laat jy my nou tjank vanmore hier by die werk. Ag, jy het so mooi geskryf en ek is bly jou wêreld het weer sonskyn. Die dood is nooit maklik nie en selfmoord nog minder. Ek onthou ‘n skoolvriend se selfmoordnota 2 maande nadat hy tuis was na die grens – “Ek kan nie meer nie. Dis verby”. Dit sê o baie vir my.
Dankie Cat!
Ai, ou Girl. Ondanks al die hartseer, is ek bly dit gaan weer goed met jou. En dat jy weer skryf…
Uuuhhmmmm…. Ek het dit maar net op die hart gehad… glo nie ek sal nou weer begin skryf nie… Nog nie…
((Girl)). Om hierdie te kan vertel en dan nog aan die einde te kan sê dat dit goed gaan wys dat jy baie sterk is, dat jy groei en dat daar vrede en seën is. Well done.
Daar is regtig baie vrede en seen in my lewe deesdae… en om te dink… die keer doen ek dit sonder enige pille!
Hallo jy jammer ek kom loer so min hier in, dit gaan maar dol by die werk.
Toemaar meermin… Ek verstaan… want ek sukkel net so baie met die nuwe werk… ek blog skoon niks meer nie!
Hey
Jammer man, ek kan nie eers begin dink waardeur jy moes gaan nie! Dis verskriklik sad vir my! Sterkte vir alles vorentoe!
Dankie Andre!
Ek het by julle gaan loer… Visvang manne nogal!
Baie welkom terug!
Oor jou post . . . . ek het nie woorde nie.
Dis net ‘n vinnige haai en koebaai
Meisiekind, dis GOED om weer van jou te hoor. En ek’s so,so,so trots op jou!. Soos Elf sê: You’ve come a long, long way. Deur die Genade.
hou my besig.
What a mighty God we serve.
Baie sterkte verder.
Wat gebeur werksgewys? Ek het so baie om in te haal, “Die Projek”
Hey Antie!
Ek sal julle bietjie later kom vertel van die kindertjies in my lewe! Baie dinge is aan die gebeur!
Jy is dapper, Girtjie. Ek dink baie aan jou, en ek hoop dit gaan rerig so goed as wat jy sê.
En ek is bly jy het weer geskryf.
Allo Eeltjie!
Dit gaan regtig goed dankie! Seen… Seen… Seen!!!! Ek word geslaan met die seen stok!
(((Nell)))
Ek is so jammer dat jy hierdie pad moes loop, maar terselfdertyd so trots op jou vir elke brawe tree.
Weet jy Max…. die afgelope vier jaar wil ek GLAD nie oor he nie… maar in hindsite is ek dankbaar dat ek as BETER mens uit hierdie stryd tree. Ek het soveel geleer van myself, en ek het soveel VERANDER!
I quite like the new me!
Ek is jammer.
Dankie Liggie x x x
And God Said….
I said, “God, I hurt.”
And God said, I know.”
I said, “God, I cry a lot.”
And God said, “That is why I gave you tears.”
I said, “God, I am so depressed.”
And God said, “That is why I gave you Sunshine.”
I said, “God, life is so hard.”
And God said, “That is why I gave you loved ones.”
I said, “God, my loved one died.”
And God said, “So did mine.”
I said, “God, it is such a loss.”
And God said, I saw mine nailed to a cross.”
I said, “God, but your loved one lives.”
And God said, “So does yours.”
I said, “God, where are they now?”
And God said, “Mine is on My right and yours is in the Light.”
I said, “God, it hurts.”
And God said, I know.”
by K. C. and Myke Kuzmic
I asked God to take away my pain.
God said, No.
‘It is not for me to take away, but for you to give it up.’
I asked God to make my handicapped child whole.
God said, No.
‘Her spirit was whole, her body was only temporary.’
I asked God to grant me patience.
God said, No.
‘Patience is a byproduct of tribulations; it isn’t granted, it is earned.’
I asked God to give me happiness.
God said, No.
‘I give you blessings. Happiness is up to you.’
I asked God to spare me pain.
God said, No.
‘Suffering draws you apart from worldly cares and brings you closer to me.’
I asked God to make my spirit grow.
God said, No.
‘You must grow on your own, but I will prune you to make you fruitful.’
I asked God for all things that I might enjoy life.
God said, No.
‘I will give you life so that you may enjoy all things.’
I asked God to help me love others, as much as he loves me.
God said…
‘Ahhhh, finally you have the idea.’
Author unknown
Ag dankie Klip!
Bly om te sien jy is nog in die omtrek!
My friend, you have such a beautiful way with words. I’m looking forward to seeing you Saturday. OXOXO
It was so nice to see you the weekend!
((GvdS))
Jinne… Zee… so bly om te sien jy is nog in die omtrek!
Beautifully written! So glad to see you could let go of the hurt and live your life to the fullest!
Thanks Alet!
WoW…and what a journey!
Ou Girl….tyd bring genesing….en jy het sterker ander kant uit gekom…..dis nie meer sad nie…
Hey Ou daizy – kepaizy!
Daar is nou meer lag as trane! Dis verseker!
@ BB – so waar, so waar. Girl ek is bly jy staan nog regop.
was hier om ‘n drukkie te kom gee