1 Maart 2008

Liewe Hartseer

Ek is vanoggend hartseer en huil al van gisteraand af na die boodskap wat ek gekry het.  Dis iets wat ek moes hoor en ek is ongelooflik dankbaar oor wat ek daar gelees het.

Dis vandag twee jaar terug wat ek voor jou oop graf gestaan het en in alle eerlikheid was ek in die laaste jaar nie weer daar gewees nie. Ek hoop jy verstaan. Ek hou nie van die grafsteen wat hulle vir jou opgesit het nie. Die boodskap op uitgekerf in die marmer is myns insiens ‘n bespotting. Tot in jou dood het hulle jou nie verstaan nie.

Ek het daardie dag gedink my hele lewe word saam jou in die aarde gesak. Dit was en sal seker die slegste dag van my hele bestaan wees. Wel, ek hoop so…  ek wil nie weer soveel pyn ervaar nie. Nog nooit het ek so alleen gevoel nie.

Ek onthou… Met jou in die kis en ek en jou familie geskei deur rye kerkbanke, kon ek voel hoe hulle verwoede haat my aangesig deurboor het en al wat ek kon doen was huil. Huil want ek was jammer ek kon jou nie help nie… want my liefde was nie sterk genoeg om jou te red nie… want ek het geweet… naas die drie blinkgesig kindertjies, is ek die enigste een wat jou lief gehad het. En ek het gehuil oor my laaste soen aan jou, gebukkend oor die kis op die koue lewelose mond, met hartseer vertrek.

Die onskuld van jou kinders in hul kromgebuigde wilgelat lyfies was vir ‘n oomblik vergete. Hulle ma het eenkant na my geloer. Die vrou van wie jy al 7 jaar lank geskei was, het die rol van die huilende weduwee bemeester… Met die stywe geklou van hulle armpies aan my het hulle braaf probeer troos met woorde soos, “onthou dis nie ons pappa wat daar le nie… dis net sy lyf.” Die rolle was verruil en hulle kon sien, niks kan my troos nie.

Die dominee het met deernis die eerste paar verse van Psalm 23 voorgelees.

“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.”

Ek het daardie groue Maart oggend probeer sin maak uit die Skrif en ek was kwaad dat jy in jou menslike swakheid jou eie datum bepaal het om by die feesmaal aan te sit. Ek het by die graf op my knieë neergesak en het het jammer gesê. Ek was kwaad want jy het toegelaat dat ek moes voortleef met ‘n gebroke siel wat verder afgeknou was deur jou mense. Jou ma het my kom optel en in my oor gefluister… “Jy ontstel die kinders..”. En ek het jou gehaat. Ek kon in my uur van pyn en hartseer nie eers mens wees nie. Ek het daar weggestap, want ek kon hulle nie in die oë kyk nie. Hulle het daar  met emosielose uitdrukkings, regop, styf en gemasker. Jou lewe was vir hulle ‘n verleentheid. Jou dood ‘n skande.

Vandag wil ek net vir jou vertel ek is nie meer kwaad vir jou nie.  Ek verstaan en uiteindelik het ek antwoorde.

Rus sag. Tot ons mekaar weer sien…. En onthou…. so krom en gebroke soos wat ons bestaan was, was ek baie lief vir jou.

En dit gaan goed met my. Baie goed, want daar is vrede, liefde en soveel seen.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Meneer Hartseer Sleutelwoorde: , , , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

42 Comments

  1. Gesê op March 1, 2010 om 9:02 AM | Permanente Skakel

    Suicide never just kills only one person… only the one who says “I quit” gets to die – the one who says “I won’t give up” gets a chance at a new life…
    You’re doing well, Girl, really really well. x

  2. Gesê op March 1, 2010 om 9:05 AM | Permanente Skakel

    (( G )) En wie sou kon dink dat jy twee jaar later daardie storie kon oorvertel, die moed sou bymekaarskraap om in die kelder van jou hart die seer te gaan opgrawe, die albums van gister se onthou oop te forseer en jouself toe te laat om te probeer genees. You have come a long, long way my friend .. x

  3. Gesê op March 1, 2010 om 9:32 AM | Permanente Skakel

    Op daardie oomblik ja, voel dit asof jy dit nie self gan oorleef nie, maar die mens is van sterker stoffasie as dit gemaak.

  4. Gesê op March 1, 2010 om 9:56 AM | Permanente Skakel

    My old man accidentally(?) ended his own life with an overdose of morphine & brandy when I was 12….
    I finally let go of my anger and allowed myself grieve for him when I was 18.
    Today, I can remember that he loved us in his way and wonder what he would make of my kids, were he here to watch them grow. It’s good to reach this place, where resentment is replaced with quiet…

  5. Gesê op March 1, 2010 om 10:25 AM | Permanente Skakel

    Laat jy my nou tjank vanmore hier by die werk. Ag, jy het so mooi geskryf en ek is bly jou wêreld het weer sonskyn. Die dood is nooit maklik nie en selfmoord nog minder. Ek onthou ‘n skoolvriend se selfmoordnota 2 maande nadat hy tuis was na die grens – “Ek kan nie meer nie. Dis verby”. Dit sê o baie vir my.

  6. Gesê op March 1, 2010 om 10:31 AM | Permanente Skakel

    Ai, ou Girl. Ondanks al die hartseer, is ek bly dit gaan weer goed met jou. En dat jy weer skryf… :wink:

  7. Gesê op March 1, 2010 om 12:09 PM | Permanente Skakel

    ((Girl)). Om hierdie te kan vertel en dan nog aan die einde te kan sê dat dit goed gaan wys dat jy baie sterk is, dat jy groei en dat daar vrede en seën is. Well done.

  8. Gesê op March 1, 2010 om 1:23 PM | Permanente Skakel

    Hallo jy jammer ek kom loer so min hier in, dit gaan maar dol by die werk.

  9. Gesê op March 1, 2010 om 1:53 PM | Permanente Skakel

    Hey

    Jammer man, ek kan nie eers begin dink waardeur jy moes gaan nie! Dis verskriklik sad vir my! Sterkte vir alles vorentoe!

  10. Gesê op March 1, 2010 om 2:50 PM | Permanente Skakel

    Baie welkom terug!

    Oor jou post . . . . ek het nie woorde nie.

  11. Gesê op March 1, 2010 om 4:54 PM | Permanente Skakel

    Meisiekind, dis GOED om weer van jou te hoor. En ek’s so,so,so trots op jou!. Soos Elf sê: You’ve come a long, long way. Deur die Genade.
    What a mighty God we serve.
    Baie sterkte verder.
    Wat gebeur werksgewys? Ek het so baie om in te haal, “Die Projek” :lol: hou my besig.

  12. Gesê op March 1, 2010 om 6:13 PM | Permanente Skakel

    Jy is dapper, Girtjie. Ek dink baie aan jou, en ek hoop dit gaan rerig so goed as wat jy sê.
    En ek is bly jy het weer geskryf.

  13. maxie
    Gesê op March 1, 2010 om 8:46 PM | Permanente Skakel

    (((Nell)))
    Ek is so jammer dat jy hierdie pad moes loop, maar terselfdertyd so trots op jou vir elke brawe tree.

    • Gesê op March 3, 2010 om 7:34 AM | Permanente Skakel

      Weet jy Max…. die afgelope vier jaar wil ek GLAD nie oor he nie… maar in hindsite is ek dankbaar dat ek as BETER mens uit hierdie stryd tree. Ek het soveel geleer van myself, en ek het soveel VERANDER!

      I quite like the new me!

  14. Gesê op March 2, 2010 om 8:03 AM | Permanente Skakel

    Ek is jammer.

  15. Klip
    Gesê op March 2, 2010 om 9:59 AM | Permanente Skakel

    And God Said….
    I said, “God, I hurt.”
    And God said, I know.”

    I said, “God, I cry a lot.”
    And God said, “That is why I gave you tears.”

    I said, “God, I am so depressed.”
    And God said, “That is why I gave you Sunshine.”

    I said, “God, life is so hard.”
    And God said, “That is why I gave you loved ones.”

    I said, “God, my loved one died.”
    And God said, “So did mine.”

    I said, “God, it is such a loss.”
    And God said, I saw mine nailed to a cross.”

    I said, “God, but your loved one lives.”
    And God said, “So does yours.”

    I said, “God, where are they now?”
    And God said, “Mine is on My right and yours is in the Light.”

    I said, “God, it hurts.”
    And God said, I know.”

    by K. C. and Myke Kuzmic

  16. Klip
    Gesê op March 2, 2010 om 10:01 AM | Permanente Skakel

    I asked God to take away my pain.
    God said, No.
    ‘It is not for me to take away, but for you to give it up.’

    I asked God to make my handicapped child whole.
    God said, No.
    ‘Her spirit was whole, her body was only temporary.’

    I asked God to grant me patience.
    God said, No.
    ‘Patience is a byproduct of tribulations; it isn’t granted, it is earned.’

    I asked God to give me happiness.
    God said, No.
    ‘I give you blessings. Happiness is up to you.’

    I asked God to spare me pain.
    God said, No.
    ‘Suffering draws you apart from worldly cares and brings you closer to me.’

    I asked God to make my spirit grow.
    God said, No.
    ‘You must grow on your own, but I will prune you to make you fruitful.’

    I asked God for all things that I might enjoy life.
    God said, No.
    ‘I will give you life so that you may enjoy all things.’

    I asked God to help me love others, as much as he loves me.
    God said…
    ‘Ahhhh, finally you have the idea.’

    Author unknown

  17. Gesê op March 3, 2010 om 7:40 AM | Permanente Skakel

    Ag dankie Klip!

    Bly om te sien jy is nog in die omtrek!

  18. Gesê op March 3, 2010 om 8:34 AM | Permanente Skakel

    My friend, you have such a beautiful way with words. I’m looking forward to seeing you Saturday. OXOXO

  19. Gesê op March 3, 2010 om 9:53 AM | Permanente Skakel

    ((GvdS))

  20. Gesê op March 3, 2010 om 12:48 PM | Permanente Skakel

    Beautifully written! So glad to see you could let go of the hurt and live your life to the fullest!

  21. Daizy
    Gesê op March 5, 2010 om 12:44 PM | Permanente Skakel

    Ou Girl….tyd bring genesing….en jy het sterker ander kant uit gekom…..dis nie meer sad nie…

  22. Gesê op March 12, 2010 om 7:37 AM | Permanente Skakel

    @ BB – so waar, so waar. Girl ek is bly jy staan nog regop.

  23. Gesê op March 14, 2010 om 3:42 PM | Permanente Skakel

    was hier om ‘n drukkie te kom gee

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License