‘n Nuwe begin

Ek verstaan dis nie almal se cup of tea nie. Ek glo ook baie verstaan nie die implilasie van my besluit nie en kan dus nie opgewonde saam my wees nie … Maar ek wil tog met julle deel… die nuwe begin van ‘n nuwe lewe.

Girl is vanaand ge-groot doop! So waar teen onse ou dopper beginsels.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Gesprekke met God, My lewe Sleutelwoorde: , , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

40 Comments

  1. ELF
    Gesê op February 8, 2010 om 8:10 AM | Permanente Skakel

    Much respect. x

  2. Gesê op February 8, 2010 om 8:22 AM | Permanente Skakel

    (((Girl)))

  3. Gesê op February 8, 2010 om 8:39 AM | Permanente Skakel

    Jou lewe jou keuses, As dit is wat jy nodig het in die lewe dan is die goed so. Mag jy geluk op jou pad vorentoe vind en mag die vrede wat saam met hierdie stap kom jou omhul en koester.

  4. Gesê op February 8, 2010 om 8:59 AM | Permanente Skakel

    Geluk girl! Dis ‘n groot stap. Ek glo mos dat God jou in ‘n kerk sit waar jy op daai tyd gelukkig en gemaklik is, want alleenlik so kan jy leer.

  5. Gesê op February 8, 2010 om 9:08 AM | Permanente Skakel

    Jy is dan seker nou ‘n splinternuwe sikspens.

  6. Gesê op February 8, 2010 om 11:49 AM | Permanente Skakel

    Sê mens geluk? Of is dit verkeerde woord? Alle voorspoed op jou nuwe begin. ((girl))

  7. Gesê op February 8, 2010 om 12:48 PM | Permanente Skakel

    Yay!
    Well done!

  8. Gesê op February 8, 2010 om 1:11 PM | Permanente Skakel

    Dit is persoonlike keuses. Dit is vir jou belangrik, so dit is goed so, en het niks met iemand anders te doen nie.

    • Gesê op February 9, 2010 om 2:29 PM | Permanente Skakel

      Ek bly die heeltyd net laagte punte deel…wou net my hoogte punt ook deel… Ek weet ek gaan nie ‘n vreeslike gejuig aanhoor van die wat ek vertel nie… maar ek wil graag… dit vis (lees verander) wie en wat ek is.

  9. Gesê op February 8, 2010 om 2:31 PM | Permanente Skakel

    Elkeen se eie keuse en as dit is wat jy nodig het vir ‘n nuwe begin dan kan niemand niks se nie! Baie voorspoed vir jou op die nuwe pad

  10. Gesê op February 8, 2010 om 3:10 PM | Permanente Skakel

    Good for you! Ek kon nog nooit sien wat die groot fuss is nie – hoekom kan mens nie twee keer gedoop word as jy geroep voel daartoe nie?!

    Groot geluk op jou groot doop! :-)

  11. Daizy
    Gesê op February 8, 2010 om 3:30 PM | Permanente Skakel

    Girlie, sjoe dit is ‘n groot gebeurtenis, nie net die doopery self nie, maar die simbolieke betekenis daarvan….dit bring jou net nader aan ong Skepper….dankie dat jy dit met ons deel!!!!!!!

  12. Gesê op February 8, 2010 om 4:27 PM | Permanente Skakel

    Dis totaal jou persoonlike keuse – ek is bly as jy bly is :)

  13. maxie
    Gesê op February 8, 2010 om 7:59 PM | Permanente Skakel

    Geluk, Nell !

  14. Gesê op February 8, 2010 om 9:31 PM | Permanente Skakel

    Solank jy gelukkig is Girlie, maak ander se opinies nie saak nie :-)

  15. Gesê op February 11, 2010 om 9:25 AM | Permanente Skakel

    “You have been taught the holy Scriptures from childhood, and they have given you the wisdom to receive the salvation/freedom/peace/joy that comes by trusting in Christ Jesus.” 2 Timothy 3:15

    Laat my onthou hoe heerlik ons as kinders mekaar in die plaasdam gegrootdoop het (ons het dit eenkeer in ‘n ander kerk beleef en dit het groot impak gemaak)… amper die een of ander swart ‘heiden’kinders versuip ini proses ook, maar ons het behoorlik rituals en liedjies en what have you not als gedoen. Soms het ons ook genagmaal… ons was net 3 maatjies – maar ons het ‘n bottel ‘wyn’ – ek onthou nog die Fortris wat ons in ‘n 2 liter bottel aangemaak het – en ‘n halwe witbrood se blokkies gesny en dan’t ons ge-’queue’ – en aanhou queue tot die wyn en brood klaar was :mrgreen: Kyk, ons was ‘holier than thou’ na daai nagmale :wink:
    Ek is jare later ook grootgedoop – my ma was histeries – dat ek so charismaties sou raak, was vir haar stoere Luther-hart net een te veel… dat ek staan en hande klap in die kerk nog erger. Nee, ek het nog nooit ge’val’ onder die Heilige Gees nie (al het daai arme pastoor sy bes probeer en my al amper g@toorkop geblaas :lol: ) – ek ken nie van ‘in tale’ praat nie. Maar ek ken van lofprys en juig; ek verstaan van ‘the joy of the Lord’. En van vergifnis en blessings en onverdiende, ongekende genade.
    Geluk Girl! x
    Come and walk with me awhile,
    I heard the Savior say –
    I’ll lead you out of darkness
    into a glorious day.
    Come and share my happiness,
    and put aside your doubt -
    I’ll show you wonders never seen,
    what life is all about.
    Come and take my hand awhile,
    and never be afraid -
    To come and walk through life with me,
    Is the reason you were made.
    Come and wash away your fears,
    and place your faith in me -
    As cleansing waters flow around
    You’ll find – in Me, you’re truly free.

  16. Gesê op February 11, 2010 om 2:48 PM | Permanente Skakel

    LOL Beeps. :mrgreen:

    My ma verstaan ook nie so lekker nie… eintlik verstaan baie min mense werklik.

    Oh my soul… die heiden swart kindertjies nogal ! :P :P :P

  17. Gesê op February 11, 2010 om 2:49 PM | Permanente Skakel

    Ps… toe ek nou die woordjie genade weer raak lees daar in jou paragrawe… moet ek se Genade onbeskryflik groot het nou vir my ‘n helemaal anderse betekenis.

  18. Gesê op February 12, 2010 om 7:47 AM | Permanente Skakel

    Nê, Girl … Genade is ‘n woord wat mens wil fluister – juis oor die onbeskryflikheid daarvan en oor dit soveel groter is as wat ons ooit sal verstaan.

  19. deurdiewoestyn
    Gesê op February 12, 2010 om 3:52 PM | Permanente Skakel

    Hmmm..AMAZING ne?

    Baie geluk.

  20. Ek
    Gesê op February 14, 2010 om 6:06 PM | Permanente Skakel

    Ai Girl, hier lees ek dit eers ‘n week later raak. Baie geluk. Dit is ‘n groot besluit met nog groter gevolge. Gehoorsaamheid bring net blessing op blessing. Groot DRUKKIE vir jou.

  21. Rustig
    Gesê op February 17, 2010 om 6:06 PM | Permanente Skakel

    Nie “worry” nie! Ek is ook so 12 jaar terug. Nêrens in die Woord staan dit dat babas gedoop moet word nie. Net volwassenes! Baie geluk.

  22. Gesê op February 24, 2010 om 8:21 PM | Permanente Skakel

    Go for it Girl. Solank dit vrede en liefde bring vir jou en almal om jou.

  23. Gesê op March 2, 2010 om 3:24 PM | Permanente Skakel

    Ja, Meisiekind, toe’s dié ou antie van jou weer amper laat vir hele storie. Baie bly vir jou! Dit maak jou nie nooit weer sonde doen nie, maar dit laat jou voel die verlede (wat Jesus vergeet het, toe Hy vergewe het) is nou properlies afgewas.
    Ek is om middernag 1999/2000 groot gedoop en dit was awesome!
    @BB, ja, ek verstaan ok lekker van hande klap en lofpryssing, en die tale spreek ontwyk my ook nog. En ek ken van :”Kom sing ‘n nuwe lied vir Hom”

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 8 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License