Al weer huiswerk

En daar dink Drakie sy is nogal snaaks en ek het weer huiswerk… En die een is moeilik hoor!

Ek lees ‘n groot verskeidenheid blogs en geniet elke liewe een, alhoewel ek nie altyd terugvoer gee nie… So dalk lees ek by jou sonder dat jy weet… Ek mag dalk jou grootste roofleser wees…. dus jou grootste gatkramp ook… Wie weet!

Dis eintlik baie onregverdig om my te vra wat die beste geskrewes is wat ek raak gelees het, tot op hede want ek is ‘n emosionele wese… Ek hou van die stukke wat my siel laat lag en my hart laat huil.

Ek kan regtig nie uitkies nie… DUS… Gaan ek weer die reels so effe buig. Ek kies die blogger en julle vertel my wat julle gunsteling skrewe was en hoekom … en dan gee dit my meer tyd op te dink

Okay…. so volgende keer wat ek weer voor die rekenaar inskuif, sal ek bietjie by julle gaan lees…. Jammer ek skeep so bietjie af!

Oeg…. en voor ek vergeet…. Indien jou naampie hier veskyn en julle het nog nie deelgeneem nie… Consider yourself… TAGGED!

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): tag Sleutelwoorde: Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

42 Comments

  1. Andrew
    Gesê op February 2, 2010 om 10:02 PM | Permanente Skakel

    Hierdie post van Demoerin: http://demoerin.wordpress.com/2010/01/18/wew-1-van-wie-de-moer-gee-om/ was nogals oraait. Ek is ‘n diep mens en so ’n omvattende inskrywing prikkel my gedagtes.

  2. Gesê op February 3, 2010 om 1:40 AM | Permanente Skakel

    Ek het nie geweet die kiekies op my blog word beskou as skokkend nie, maar as dit waar is, is dit omdat dit van die mooiste vroue ooit is, en vir party mense wat nog nie sulke sexy godinne gesien het nie kan dit dalk skok.

  3. Gesê op February 3, 2010 om 1:44 AM | Permanente Skakel

    En vir almal wat bang is om iets meer as ‘n middelklas grimeerpoppie te sien: bly eerder weg!

  4. Gesê op February 3, 2010 om 7:45 AM | Permanente Skakel

    Ek wil sê watter een van eelt was die mooiste: http://eelt.wordpress.com/2009/09/27/fotos-met-n-rusbank – Die swart-en-wit foto.

  5. Andrew
    Gesê op February 3, 2010 om 11:10 AM | Permanente Skakel

    Eelt die vroue op jou blog is number one hoor.

    Waar is daai inskrywing van jou oor mans wat ‘n vasgeplakte tweede self het wat orals saam met hulle rondgesleep word? Onthou jy dit nog? Ek het dit nou gesoek maar kon dit nie kry nie.

  6. Gesê op February 3, 2010 om 1:15 PM | Permanente Skakel

    Hallo Meisiekind, lanklaas by jou gewees, sal vandag bietjie opvang wat in jou lewe aangaan.
    Wou jou net amptelik in kennis stel dat ek jou Ou Dienskneg afgerokkel het om vir Antie Koekie ok op die map te sit.
    Hoop jy gee nie om nie?
    Ek is MAL oor die fantastiese, onglooflike plan wat hy vir die site het, en kan nie wag om dit te launch!
    Mooi dag vir jou.

  7. Gesê op February 3, 2010 om 9:01 PM | Permanente Skakel

    Hierdie is een van my all-timers:

    http://flintstoned.wordpress.com/2010/02/02/man-2-man/

  8. Gesê op February 4, 2010 om 11:12 PM | Permanente Skakel

    Ja, Krista. ek stem, ons sal diep moet delf om daai een van Flintie te top. Dis iets om te copy en in ‘n baie spesiale leër te paste, vir weer en weer lees, deur die jare.

  9. Gesê op February 4, 2010 om 11:38 PM | Permanente Skakel

    Haai, oe, Blommie, maar jy kan darem vreeslik kroek! :shock:

    Ek’s more terug met die sambok… :evil:

  10. Daizy
    Gesê op February 5, 2010 om 3:06 PM | Permanente Skakel

    Ai tannie Vlammetjie…moenou nie te hard op Girl wees nie jong….sy swem nog om ander kant uit te kom…ek’t netnou vir ha ‘n ou plastiek tjoepie gegooi om net bietjie asem te skep…hiehie

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License