
En hier sit ek op my stoepie… lekker nat gereën. Ek het gaan stap en toe… wel…. Toe reën ek nat. Ek drink nou maar ‘n ou rooiwyntjie om die binneste warm te maak. Nie dat ek juis koud kry nie… Ek het ‘n ligte gemoeds beroerte wat so onderliggend broei. Die volgende vier maande is in steen uitgeplavei en ek is nogal op my senuwees vir alles wat moet gebeur….. Of dit wel gaan gebeur……
In ieder geval… Ek het vanaand met ‘n swaar gemoed my kennis gegee en ek trek einde Februarie…. Ek weet dit is vir die greater good van my droom en ek dink om saam iemand te bly gaan my net goed doen. Hierdie plekkie was my gesond-word plekkie en so vreemd soos wat dit klink is hierdie die laaste herinnering en verbintenis met hartseer. Ek weet dat ek hierdie hoofstuk ook moet afsluit. Dis regtig mooi hier by my… my stukkie plaas paradys in die middel van die stad. Ek gaan die mooi mis.
Wat ek nie gaan mis nie is my buurvrou. Ek is regtig vredeliewend maar ek kan die vrou nie verduur nie… want sy is LOUD! Ek het my nuwe roomy (dis so lekker woord) se raad gevolg en nou haat sy my ewe erg.
Sy hou partytjies tot op 4 uur Sondag oggende…. Ek dink dit mag dalk langer aanhou maar dis dan wanneer ek eventually uitpass. So by my kamervenster… Mense vergeet dat drank jou harder laat praat en daai wag voor jou mond vergiftig. Ek moes nou al hoor hoe sy bedsake bespreek met die nuwe belangstelling…. Hoe sy haar vriendinne vertel van die bedsake met die nuwe belangstelling… Hel… Ek moes selfs die bedsake aanhoor.
Twee uur die oggend en ek word wakker…. En jy kry my nie sommer uit die slaap uit nie. Deur die vaak wonder ek wat dit is wat ek hoor…. En in twee minute weet ek… Buurvrou het seks. Die nuwe belangstelling slaap uiteindelik oor.
Great vir jou as jy ‘n screamer is… Nog beter as jy regtig jou sessie geniet… maar ek… wil dit regtig nie aanhoor nie. Sy skree nie eers iets sexy nie… Ek voel ek luister na ‘n hadida en ‘n tarentaal wat tegelyk baklei. Maar ek hoor sy naam is Chris.
Vanmiddag toe vra ek haar… so.. hoe gaan dit met Chris?… Natuurlik wou sy weet hoe ek sy naam weet…
“ Oh… I heard you call his name out… Did I hear wrong?”






55 Comments
As jy ooit hoor sy skree “Ou Dienskneg” dan kom sleep jy my daar uit! Dis nou wanneer ek klaar is natuurlik.
Erm…Ek weet darem nie… Sy het baie kere iets gese in die lyn van “sorry…sorry…sorry…”
Ag, wat is ‘n ou bietjie pyn nou………………….?
Wel, ek het hom nie gehoor nie… Dalk was sy nie so great nie….
Wag, dat ek my trane gaan afvee dan sal ek kom simpatiseer met jou donker gevoelentes…
Die gevoelentes sal eventually oorwaai Drakie…
Ek moet more vir toetse gaan en ek glo dis die kern van alle kakkerige gevoelens die kant… Hoop so… want dan weet ek hoe om dit reg te stel!
Tot my seun dink dis holskeurend!
Buurvrou is seker nie so bad nie… maar sy het regtig egtig ‘n verskriklike stem… dit val so in ‘n desibel wat deur my been sny… hulle het weer tot wie weet watter tyd gele en kwetter oor hul dag en drome gisteraand… En hoe meer sy praat hoe dommer klink sy…
LOL!! Lanklaas so lekker gelag! Voorspoed vir die trek en alles wat daarop volg…
Fanx MeeA!
Ek sien uit na die nuwe begin…Maar trek… eish… daai in en uitpak…
Meisiekind, wat ‘n goeie manier vir ‘n nuwe jaar, se nuwe begin, se aflê van die ou pyn en vir die begin van nuwe drome! Whoa! ek dink dis GREAT! Veels geluk, veral omdat jy die moed het om jou hart te volg. Natuurlik gaan daar op die nuwe pad ok maar duwwltjies wees, maar jy ken mos nou al die drill en jy weet mos nou al hoe om in survival mode in te gaan.
Baie sterkte!!
Ook vir die toetse (??) more.
Dankie Ant Koeks!
GEEN herinnering vanuit my verlede gaan my toekoms bepaal nie, Antie… Die tyd is reg. Ek sien wat dit doen as jy vanuit die graf regeer word… Ek probeer vrek, vrek hard om nie ook ‘n statestiek te word nie. Ek reken dis die enigste ding in my lewe waaroor ek nugter gedink het….
Nice, Nellatjie, nice. Ek is bly jy het die bokasie is vervang
Eish! mis gekyk.
Een van ons twee is op drugs… Ek verstaan glad nie wat ek hier lees nie…. Tien teen een ek… So teken asb prentjies….
In die dae van my jonkheid (lees toe ek n student was) gaan ek en my hak-en-steekmaatjie vir n vriendin kuier wat al gewerk het (3 jaar ouer as ons) by haar woonstel in sunnyside. Ons het pizza, n groot krismisbed en videos.
Ek moet byvoeg dat ons nogal voorbeeldige dogters was. Onskuldig, maar nie naief nie. Gaan kerk toe en als. Ons werkende vriendin snork al lank voor die laaste video. Ons het eers na twee rustig geraak. Toe hoor ons dit van n aangrensende woonstel.
Na n vinnige is dit raak ons aan die giggel. Daar was nie tyd vir bloos nie. En ons moet dit smoor, om ons vriendin nie wakker te maak nie.
Die oggend vertel ons die vriendin in watter rowwe plek sy woon. Daar is sy vies omdat ons haar laat slaap het. En ons dog nogal ons is considerate.
Haak
Steek
en krismisbed
Wonder wat is erger… As iemand jou hoor of as iemand op jou instap?
“Hak-en-steek-maatjie”???????
WOP?
WOP!!!
Genugtig. So saam met Hak-en-steek-maaitjie is dit nogal oop vir vele interpretasies. Genugtig.
Hmmmm…. En dan moet ons net dmi se SOGS deurtrek en Beeps se Vinyl pakkies saam vat…. Oh my greatness…
There is no cure for a corrupted mind!
Hhehehehe…. Waarvan praat jy?
Ek bedoel eintlik: WOA??
Sterkte met die trekkery, toetse en toekomsplanne. As dit soms rof raak, onthou maar net jy sal later die vrugte pluk. En byt net vas!
Fanx!
1. Bloedtoetse gedoen… en daar kap ek toe amper om… was vastend en hulle het 8 buise bloed getrek.
2. Trekkery – Gelukkig het ek ‘n maand om myself mentally voor te berei!
3. Toekomsplanne – Jissie ek hoop dit werk uit soos ek dit beplan!
O ja, ek wou dit nog die heeltyd se maar vergeet elke keer: jou nuwe look is baie, baie mooi.
Dis meer ek… Baie besig en baie kleurvol!
So naby wil ek wragtag ook nie aan my buurman bly nie
Jy sien plasie… dis die nuwe ding hier in sodom! Hulle bou op en langs mekaar. As jy ‘n grond eenheid enigsins erens kry is jy damn gelukkig… Die naby is inevitable!
Jip. Dis gruwelooslik. Kanse is goed dat ek dalk betrokke was met die bou van daai einste huis waar jy nou bly. Dit is met al die ontwikkelings wat ons in die area gedoen het waar ek my gly in komplekse gekry het. Wat het geword van personal space?
Jackal Creek
O daai een! Nee, toe nie. Daai ontwikkeling is eers gedoen na ek weg is. Maar ons het meeste van die goed rondom en naby julle gebou. Veral in die korridor tussen Beyers Naude en Hendrik Potgieter
Sterkte Girl,
Hou jou oe op die wenstreep…en moenie vergeet om te SOEK vir die mooi langs die pad nie.
X
Dankie Sandkorreltjie… Nope… ek probeer hard om my oog net vorentoe te hou!
Die mooi… ek moet myself nou net instel op ‘n ander tipe mooi!
Ek is bly jy maak ‘n skuif vir ‘n nuwe begin . . . dit is nooit te laat nie en jy word soveel “nuwe beginne” toegelaat as wat jy nodig het.
Trek jy nader of verder?
Ek het gisteraand lekker rond geshop (het nog nie ‘n ander plek nie… maar ons gaan more aand kyk)… Die area is meer sentraal… op die oomblik bly ek op die outskirts… EN sou ek ‘n ander werk kry gaan ligging nie ‘n probleem wees nie.
Hahahaha – geen wonder jy wil trek nie! Sterkte met die groot skuif.
Dankie Louisa
Ek is seker ek gaan nog baie kom kerm oor my trekkery en pakkery en huis soekery!
Girl…..ek het my nou gebreek, sommer kliphard gelag…die mense hier oorkant het my so bietjie aangestaar…seker gewonder of ek vanoggend my Kellogs gehad het…. liewe aarde vrou, hoe hou jy dit….. ek dink partytjie hou is een ding (miskien kan mens dit so nu en dan oorsien) maar om te moet le en luister na sulke manewalis is verregaande!!!!! Sies vir haar..dink jy sy het dit gevang toe jy vra of jy reg gehoor het want sy klink maaar vir my so bietjie van die verkeerde kant van die spoor….
More Daizy!
Ek was aspris… want sy hou elke… soos in ELKE naweek ‘n opskop! As dit net een keer ‘n maand was dan was ek fine daarmee!
Hopelik verstaan sy nou ek kan haar HOOR!!!!! Al is dit 2 uur in die oggend… in die stille nag… Geen wonder daai Jakkals van ons skree nie meer naby ons nie. Hy dink seker daar is kompetisie!?
O ja, ek mis noggal die hang bordjie met die datum op….dit was noggal vir my die stempel op jou blog….net my siening…
Ou Dienskneg lees wel hier… Ek neem notas en ek dink hy ook!
Fanx daizy!
Wou nog sê, lurv daai flutterby op jou header. Die agtergrond: Ek het laas so baie olyfgroen op een plek gesien in 1985/86 op Oshakati, maar dis net ek. Die site is baie cool
Ag fanx Plasie!
Dienskneg sit innie kaap… so dit was fyn koordinering en baie goed verstaan van sy kant af om te verstaan wat ek wil he.. Ek reken ons is nou uiteindelik daar…
Olyfgroen is my favouritste kleur… Sou goed in die army kon aanpas!
Ooo, en ek is so bly oor hierdie… ek antwoord sommer my eie opmerking!
Ek moet stem! En moet nou nie my neus daarin vryf nie, maar jy was reg! Die werk STUKKE beter… Dis eintlik skoon ‘n plesier…
Laaitie, is jy jou weer voor op die wa?? Ek het so by my sigselwers gewonder—- daai 8 kersgeskenke wat jy gekry het? Jy het nog nooit vertel hoe dit gegaan het nie En wat het die bure daarvan gesê?
Antie kan mos sien die man is nie dieselfde na krismis nie… Daai agt lyk my het iets gaan staan en breek
Ag, net omdat ek so nice is het ek met my bure gedeel. Daar is nog een oor wat nie opgebruik is nie en sy is tans in beheer van was, stryk, skoonmaak ens.
Sjoe, ek het nou soooo lekker gelag – Sonde met die bure indeed. Miskien kan jy vir buurvrou ‘n nozzle koop as ‘n “going away present” – net ter wille van die volgende inwoners?
Dit laat my dink aan sardientjies in ‘n blik. Ek hou te veel van my space.
Ek moet se ek kan myself nie sien leef in ‘n kompleks met mense bo/onder/langsaan nie
Voorspoed met jou house hunting – ek hoop jy kry ‘n plekkie wat darem meer as twee meter weg is van jou bure – net vir ingeval
Dankie Charmsie!
Ek is eintlik nou erg fussy oor waar ek soek en waarna ek soek. Nie weer nie…
Een van daai muzzles wat hulle vir die honde gee
Einste – dan sal die bure niks kan hoor nie.
O ja, wat het van die kat geword? Die flutterby is baie nice, maar ek mis die kat though.
‘n Hadida en Tarentaal?? Moes erg gewees het!