Girlie het absoluut geen wyshede wat ek wil of kan kwytraak nie. Ek probeer my lewe so ver moontlik uneventful hou want ek het ‘n paar dinge wat nou gebeur wat my maak naels kou. Nou kom ek agter oor ek net op inner peace fokus gaan die wêreld my ietwat verby en my konsentrasie span is niks beter as die van ‘n goudvis nie.
Ek glo egter die gebrek aan kreatiwiteit het te doen met die feit dat ek glad nie meer suiker of alcohol in neem nie… NIKS… nada, nil… En ek mis dit. Ek het al vier odes opgedra aan suiker in my koffie, tjoklits in my yskas en ’n bier op ’n warm dag. Ek het gedink die insulien pilletjies gaan die lus wegneem…
Hmm… Ek dink ek het verkeerd gedink… duidelik.






52 Comments
Ek sal veel eerder die koffie afsweer as die suiker daarin. Maar dit is net ek.
Wel… ek sweer nie die koffie af nie, oor dit my nie olik laat voel nie… dis die verdompde suiker! Ek drink nou baie, baie minder koffie want skielik is dit nie meer lekker nie. Kom agter ek het 8 koppies ‘n dag gedrink oor ek die suiker gecrave het en nie die kaffein nie!
Iets soos ‘waiting to exhale’? Ek ken daai gevoel, ek is ook tans so. Sou verseker nie nou sonder my swart koffie en siggies kon klaarkom nie.
Ek is nou al 9 maande rook vry en is BAIE bly ek het opgehou…
Dis net moeilik om iets te crave wat jy nie mag inneem nie…
Ai Vlam, dit maak twee van ons… en my dokter is tog so kwaai oor altwee!
Maar wat die oog nie sien nie…..
Ek dink dit is definitief die gebrek aan alkohol se skuld, ek meen… HOE funksioneer jy daarsonder
Eintlik maak ons onsself wys ons kan nie daarsonder nie – soos byvoorbeeld sigarette…..
Ek sou graag ook wou ophou drink maar ek glo nie my liggaam sal die skok van die sigarette en alkohol binne ‘n paar maande kan verwerk nie
Ek dink nogal wag na jou bday….
Miskien is dit ‘n idee vir volgende jaar… ek kan dit nie aan my liggaam doen nie, nooit nie!!
Haai De-mou-e-rin, het jy die twakkies opgegee? Hoe? Ek probeer al jare lank maar as ek net daaraan dink dan slaan die sweet oor my hele lyf uit.
Cold turkey Anna… Ek glo dis die enigste manier. Al nege maande later die kant en ek is glad nie meer lus nie…
DMI egter … het hom oorgegee aan los vroue en drank!
Cold Turkey. Moet net nie weer sigarette koop nie. As jy nie een het om te rook nie, kan jy nie. Dit was moeilik, maar makliker as wat ek gedink het dit gaan wees. Jy moet egter ook in jou koppie regwees om dit te doen, anders gaan jy aanhou verskonings maak.
Ek funksioneer nou tien keer stadiger DMI!
Die ding is soveel ander kosse het suiker in dat ek baie goed moes uitsny… Ek sukkel net so effe
Al my sterkte aan jou. Ek hou duim vas dat ek nie eendag dit moet deurmaak nie, en duimvas dat jou cravings sommer vinnig soos mis voor die son sal verdwyn!
Ag, fanx man! Ek is seker dit sal beter word…
Jy het al my simpatie. Mens is mos maar mens en sodra jy ‘n ding nie mag eet nie, dan wil jy mos. Ek hou styf duime vas dat jy gou gewoond sal raak aan die nuwe manier an eet.
Dankie Anna! Dit voel vir my of ek karton eet… My dieet sal wel aangepas word… Dankie tog daarvoor!
Kyk jy kan maar die soetgoed van my af weghou maar as die alkohol ook moet sneuwel – I think not. Wat is dan lekkerder as ‘n yskoue biertjie op ‘n snikhete dag?
Jip ek weet Charms…
Dis bad…
Tot my insulien die dag besluit dit werk saam… mag ek nie suiker of alkohol gebruik nie… hartseer sake
Dis ‘n moelike paadjie wat jy nou stap – My Pa was ook ‘n diabeet en het dit baie moeilik gevind. Jy sal wel gewoond raak aan die nuwe leefstyl, dit gaan net tyd vat. Sterkte!
Ek moet bieg Charms… ek het ‘n tjoklit van iemand gekry Saterdag en gister toe dog ek… net 3 blokkies… kan regtig nie skade doen nie… my-oh-my was ek verkeerd gewees. Ek was so siek vanoggend… Ek het geen energie nie… so ek het my les geleer…
Is jy ‘n diabeet of wat? Hierdie kant kyk ons ook na die suiker/alkohol en vet innames! Maar hel dit gaan swaar…ek het nooit besef hoe min karakter ek het as dit kom by sjokolade “(v)eet nie! – ek sal dit selfs skelm doen – ek dink ek weet nou hoe dit is om verslaaf te wees!!! Sterkte – jy is nie alleen nie ou girl! Lekker week. R
Hey Riana!
Jip… bietjie langer as ‘n week terug gediagnoseer met Tipe II EN… my cholesterol EN my triglisiedevlakke is sky high!
I miss the world as I know it… vol lekker kos en so aan
Ag ek sulk net… ek weet dit sal beter gaan.
Jou lyfie moet gewoond raak aan die nuwe ding skat…
)
Kry vir jou lecithin vir die cholesterol – EXCELLENT produk!! – ek gebruik dit nou al vir 6 maande en my cholesterol levels is nou amper amper normaal…
(dit was 7.2!!!
Ek gebruik absoluut geen suiker 6 dae van die week – Sondae gaan ek bietjie groter (dan check ek GEEN inhoud/bestanddele) van ENIGE aard nie, maar teen Sondagmiddae is ek gewoonlik soos ‘n Duracell bunny – opgecharge sê ek jou!!
Suiker is GIF!
Gif miskien ja, maar nietemin die lekkerste gif wat ek al probeer het
Viva soettand!
Sies plasie…..
wat het geword van O-N-D-E-R-S-T-E-U-N-I-N-G
Sorry Girlie, ek is eintlik sooooooo met jou. Ek skud maar net BB se hok bietjie
Ons het die versoeter pilletjies redelik maklik gewoond geraak, maar ek weet baie mense sukkel daarmee. Wat van ander alternatiewe soos fruktose dalk? Die punt waarby ek probeer uitkom is dat alhoewel jy nou ‘n gedwonge leefstylverandering moet ondergaan, moet dit nie beteken dat jy nie jou nuwe leefstyl mag geniet nie. As jy dit haat is die kanse soveel groter dat jy eenvoudig net weer sal terugval op die ou patroon.
** Girl stamp haar kop teen die pc skerm… ** Ek voel maar net jammer vir myself
Ek moet maar net gewoond raak… Eintlik was die ‘n eye opener. Ek het nooit besef hoeveel suiker ek inneem nie… Het vette uitgesny maar het my maar min aan die soetigheid gesteur. Quite shocking eintlik om dit te sien.
Ek begin al hoe meer dink as jy jou kosse vir die week op die tafel uitpak soos wat hulle doen op the biggest loser dan dink ek gaan party mense ‘n moerse skrik kry… en dan verder opbreek in suikers en soute ens…
Joe dis hoog! Myne is maar 5.4 My trigelisiede is vrek hoog…Moet onder twee wees en is 5.1… Insulien is 15.4
Alles so in die 5’s rond!
Jinne Beeps… Okay… So ons kry jou in die week meek en mild… en naweke sukkel H met jou agv die suiker… ag laat ons tog sien hoe operate jy met suiker!
Jy sal gewoont raak aan die bitter koffie. Ek verkies myne nou so:)
Sterkte met die chocolates though!
Jy sien alet… en nou met paasfees wat om die draai le met al die lekker tjokliy bunnies! Ek huils sommer
Meisiekind, jy het al die simpatie wat ek in my stewige lyfie bymekaar kan maak! Dit moet ERG wees! Een troos, jy sal nou die gewig afskud waaroor jy een dag geskryf het en jy gaan sommer stukke gesonder voel, eventualy.
Ek het besef dat ek DRINGEND gewig moet verloor, nie om man te vang, maar omdat ek nie eendag soos my ma wil lyk as ek siek is, so ‘n groot ronde massa.
Maar weerstand en selfbeheersing bestaan nie in my boek nie.
Nou doen ek dit sulke klein stappies op ‘n slag—– 2 plat lepels suiker ipv hoog opgehoop; geen skelm slab chocolate; net 1 lepel suiker oor my mieliepap ipv 4, jy weet, daai soort ding.
Gaan soveel langer vat, maar daarby sal ek kan hou. (Hoop ek???)
LOL antie… Oor die vette en cholesterol moes ek baie dinge in my koskas vervang… Ek mag nie mayonnaise eet nie… ek moet lae vet gewone yoghurt in plaas van griekse yoghurt eet… Ek moet nou lae GI broodjies eet in plaas van gewone brood. All that said… Mag ek ook nou geen suiker eet nie…
Dis nou week een en ek dink ek is net lus… en pms is om die draai… ek raak bemoerd hoor…
Maar ja… my gesondheid is ‘n non-negotiable en ek raak net dikker en dikker oor die geneuk… ‘n Muurbalballetjie is een ding… maar ‘n tennisbal?
Verstaan jy nou my gemoedsbekakking?
Ai Girlie…..erger kan jy wraggies nie gestraf word nie ne?….die ou lewe is bitter genoeg en om nie eers in die aand met ‘n boek en ‘n our tjokkie in die bed te kan klim nie moet moordend wees….sterkte!!!!!!
ps: Dit is vir die beste hoor – ons hou van ‘n lewende, skoppende & diep Girlie
hehhee…. ek mis my rooiwyn die meeste ou Daizy!
So ek gaan nou pms try oorkom sonder tjoklits en rooiwyn… shame, behoede die ander…
Nee heiland Girl…jy sal moet vasbyt jong…geen wyn nie??? Nee wat darem te erg is is te erg!! Hiehie
Julle het geen idee hoe lief is ek vir my rooiwyn nie!
Dit word gevoed deur ‘n vriendin wat op ‘n wynplaas bly…
Ek dink net… voel-beter….. word maer…..voel-beter….. word maer
Girlie toe ek opgehou het met rook het jy my moed ingepraat toe my brein gevoel het hy wou pop van ontrekking simtome. Jy het gese dit sal beter raak met tyd, one minute at a time, en dit was ook so. Dinge sal met jou nuwe manier van eet en lewe ook beter raak met tyd, jy sal sien. Moenie dink oor more nie, dink net aan nou en wat jy vandag wil bereik.
Nail this one too!
It’s alive!
Hi Andrew
Dankie vir die support! Jip ek weet dit sal beter gaan…. Dis die PMS wat binnekort gaan inskop en met die stres oor ‘n paar dinge wonder ek of ek dit gaan maak… of die ander om my, more likely!
Meisiekind, gooi my nou maar met ‘n skoen, maar ek sien uit daarna om te lees wat jy gaan kwytraak as jy PMS het, sonder suiker of wyn om jou kalm te hou.
Miskien kruip daar ‘n meisiekind uit wat nie eens jy ken nie!
As die masker van beskaafdheid kraak onder die druk van hormone en suker-ontrekkingssimptome…….
Kan net interessant wees om te sien watter diep donker dinge jy ontdek!
Hehehe Antie… Ek weet darem nie… Ek dink julle gaan of net dink dis een te veel… OF ek gaan dalk ophou blog… een van die twee…
More voel ek weer beter! hoop ek…. dalk… miskien
Jissie Girltjie, alle sterkte hoor, om al die trosies omtrent op een slag te verloor moet maar ‘n harde slag wees, maar jy het mos alreeds gewys jy het die wilskrag.
Dit klink vir my jy kan darem nog koffie drink? Al wat ek kan sê, is dat met al die geld wat jy nou spaar deur suiker, wyn, sigarette en so uit te sny kan jy darem seker nou die heel beste Arabica koffie koop?
En dis nie juis bitter nie, die bitter een is mos Robusta waarvan die goedkoper koffies gemaak word.
This too is alive!
wel… Ek is van 8 koppies af na 2 toe! Dit proe BAIE anders… maar ek dink nog steeds dis vir my lekkerder sonder versoeter. Ek sal dit gewoond raak.
Hmmm… Ek het nog nie so daaraan gedink nie… kan myself met kwaliteit bederf!
Ek weet nie waar jy is nie, maar as dit Jhb is het ek vir jou so klein bietjie hoop. In Clearwater Mall is ‘n belgiese choccie plek genaamd Geldhof. Hulle maak diabeet choccies ook wat nie net nie te kak is nie, dis eintlik vrek lekker!
Thanks Louisa. Clearwater is so 10 km’s van my af.
Nou kan ek eintlik nie wag nie….
Vet maak nie so vet as wat jy dink nie – dis nou in moderate hoeveelhede nie – jou liggaam NODIG vette!!! – maar dis dan verkieslik in die vorm van olie (olyf, avo ens… ). Suiker is ‘n groter euwel as vet – pasop vir o.a Weigh-less (no offence) approved en ander “fat-free” goed soos slaaisouse (kyk bietjie hoeveel hoër die suiker content is (agter op die botteltjie is daar so ‘n wit label
– catch22… ek maak my eie slaaisous en gooi in wat ek wil, maar niks fout met enige maak op die rak nie – mens eet darem tog nou nie ‘n half bottel per dag nie
maar skip tog maar die ‘fat-free’ goed. Dis bull-bollie!
Matigheid is ‘n onderskatte aanwendsel – drizzle in plaas van gooi… kap ‘n paar uie in fyn ringe of blokkies, so ook fyn gekapte peppadews en as jy wil gherkins – gooi in ‘n glasbottel Z(leë gherkin bottel en top op met 3/4 olyfolie en ‘n skoot of twee balsamic vinegar. 1-2 teelepels mostert na smaak, vegetable salt, ground pepper en ‘n knypie of twee versoeter (candarel kom in sulke sachets – en ook in ‘n houer – los die pilletjies – dis net vir portability (handsak) )… Skud die spulletjie in ‘n shaker – en sit in yskas – gebruik as and when jy lus het. Jy kan ook daarmee marineer – vleis en hoender en wanneer jy veggies in die oond grill kan jy dit ook daarmee bedruip.
een eetlepel rou olyfolie met elke ete is reg.
jip! dis omtrent hoeveel…
Jy is veronderstel om met elke ete gesonde olie in te neem – help met vertering en vogopname, smeer die magie en dus ook die exit
Jou body nodig GEEN addisionele suiker nie – daar is genoeg daarvan in groente en vrugte – TENSY jy werklik gaan oefen – ‘n uur se cardio regverdig dalk ‘n teelepel suiker in jou koffie
Carbs en suiker word gestoor vir future energy reserve – ALLES daarvan! Jou liggaam raak NIE ‘natuurlik’ daarvan ontslae soos hy wel met olie doen nie.
Hmmm daai sousie klink lekker, dankie Beebie!
Ek moet net lig op die vette oor die trigelisiede telling, wat afsonderlik gemeet is van die cholesterol.
Kan nie wag vir die nuwe lyf(ie) nie… Heeee-Haaaa!
Jy weet dat hoë trigliseride telling dui op wanbeheerde diabetes nê – ag fnooook maar ek weet jy weet… og! ek is soms so starrig – it just means you’ve been a walking time-bomb (probably still are). Jy weet ook dat daardie levels veral deur hoë carbs en suikers veroorsaak word nê?? Dit maak ook koffie en alkohol ‘n big No-No!! Omdat beide high-diuretics is – m.a.w hulle promote waterverlies/dehidrasie…
En raai wat word oor die algemeen aanbeveel vir hoë trigliseride behandeling?? GROEN groentes – jipjip!! daai goedjies wat ook vetjies so mooi help brand – daai bone, brokkoli, murgpampoentjies et al, wat ek 5 porsies per dag inneem ELKE 2.5 ure!! met ‘n happie proteine by sodat ek nie spiermassa verloor nie – pap maer is leliker as vol vet, glo my!
Mag ek nog een ou vragietjie vra??? Het jy al jou lewerfunksie behoorlik laat toets?
Jip ek het ‘n volle lewerfunksie toets laat doen… Protein vlakke, Albumien, Globulien, Bilirubien, Fosfate en al daai getoets saam die lipiede.
Ek hoor by Plasie hulle, hulle eet net groen goete en toe ek hulle nou so staan en beloer toe sien ek hulle het so ligte groen skynsel…
Ek is ook vanoggend van roaccutane afgehaal… Dit het my vlakke ook weer laat opskiet en daaroor is ek half hartseer.