Ag almal weet nou al ek wil ‘n skool juffrou word en ek begin die jaar aan my droom werk. Ek gaan groot opgee maar dit gaan die moeite werd wees… Maar ek sal julle later inlig soos wat my planne inmekaar val. Dit beteken ek gee my blyplek op om my studies te kan finansier. Ek gaan ook benewens MES, by die jeug ook betrokke raak… dis vanmiddag uitgeklaar. Ek moet seker maak ek wil met kinders werk en dis waaroor 2010 vir my sal gaan.
Ieder geval… Ek is opsoek na ander werk. Om verskeie redes maar dit weet julle ook. Ek mag dalk nie ambisieus klink nie want ek wil nie die korporatiewe leer klim nie en is nou moeg groot mense gemanage. Ek leer liewer kinders lewens skills as wat ek my siel dood baklei met mense wat emosioneel op die vlak van kinders is. Ek kyk uit, ek gaan vir onderhoude en ek wag vir ‘n ander geleentheid…. iets wat ek kan doen tot ek my droom werk kan begin.
Nou wonder ek… As julle nou vir Girlie ‘n werk moet uitdink of aanbied… wat sal dit wees en hoekom? En skool juffrou tel nie…






88 Comments
Liefste Anoniem
Ek dink jy sal ‘n GREAT juffrou wees. Hopenlik vir klein kindertjies met baaaaie probleme, wat jou elke dag kan laat glimlag en laat voel jy het iets gedoen wat die moeite werd was.
Andersins, dink ek jy moet vir die polieste gat werk. Enige blogger kan ‘n speurder laat les opsê, by far……
Ek sal oor jou vraag moet dink.
Jy weet natuurlik dat as jy ‘n graad het, kan jy skoolgee terwyl jy deeltyds jou HOD (of iets) doen. Twee van my vriendinne het die weg gevolg. Dus . . .
Liewe Wintie Flintie.
Baie dankie vir u deelname aan my vragie.
Ek wil vir kiddies tussen die ouderdom van standerd 3 en 5… erm… ek dink dis nou graad 5 en 6… onderrig. Enige iets behalwe wiskunde… want dan pluk my hele groepie!
Haaaaiii… speel jy ook soms speurder-speurder… Hmmm….
Kan jy my vind
Ek wou in my prulle jeug as reservis volunteer, maar die Brixton squad het my afgeraai… iets van ‘n staatsmatras. Ek is nogal spyt ek het toe nie.
Jip-Jip Hoefie… Ek weet… ag vrek en daar is ook altyd ‘n MAAR…..
Ek moet eers bietjie finansies in orde kry want ek neem dan soos in ‘n paycut so groot soos 50% you see…..
So twee stappe om DOOD seker te maak dis wat ek wil doen want as jy eers uit die korporatiewe malhuis uit is sukkel jy jou jis af om weer terug te kom.
BWAHAHAHAHAHAHAHAHAHA!!!!!!
BWAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA
@
Staatsmatras
Wiskunde is ook nou nie my beste ooit gewees nie. Toe ek standard 8 toe gaan (ja, in my dae was daar nie “fêncie” grade nie), toe vra die hoof my om wiskunde los, en hy het Hotelbestuur aanbeveel in die se plek.
Seker maar vermoed ek bat vir die ander span…
Ja vrek ek het in my restaurant dae daar in Melville vriende gemaak met die ouens van Brixton moord en roof asook die Metro polisie… Meisie… die manne in uniform… shooooweeeeeeee!
Ek het op my af aande saam hulle uitgehang, maar ek was soos ‘n sussie vir die klomp. As hulle uitgeroep was het hulle my eers by die huis gaan aflaai.
Erm… ek het toe in standerd Agt OOK… heel toevallig Wiskunde op Standaard vlak geneem… Ek moes dit net vat om Universiteits vrystelling te kry… Selfs toe het ek op my jack deur gekom.
Maar ek erken ek was net vrek lui…
Skat, ‘n uniform maak my net nat
Girlie… ek het so bietjie was en strykwerk daar by my plek, pay is nie goed nie maar ek sal lunch ook ingooi
Ek dink nogals jy sal ‘n goeie juffrou wees…. offe nurse in die kinderafdeling.
Ek kan my nie indink dat jy iets sal doen waar jy nie met mense werk nie, maar ek kry die gevoel dat jy nie noodwendig met die klagtes/diens gedeelte betrokke wil wees nie.
Ek het ‘n teorie oor onderwysers so ek gaan jou met opset uitlaat uit daai groepie uit. Maar ek dink jy sal dalk ‘n uitstekende pediater wees . . . of iets soos ‘n sigometris
LOL
Beeps!
Dink jy hy slaan in ‘n sweet uit?
HAHAH DMI! Ek stryk nie eers my eie klere nie… Maar what’s for lunch
Ek het al ‘n siek kind gehad en boy oh boy… projectile kots is nie my ding nie.
I however laaik die idee van daai uniform!
Oh Plasie ek sorteer probleme uit vir ‘n lewe hoor… Maar ek het geskuif van front of office waar mense op my gil na back office waar ek nou op mense gil
Ek vind sigometrie BAIE interessant… My pa doen dit (onder andere) vir ‘n lewe!
Nou moet jy jou teorie deel…. Ek is VREK nuuskierig nou!
n Dokter.
Girlie, wee’ jy… ek’t nou so gedink – dis all fine en well jy wil onderwyseres word, maar met die wat ek jou nou al gelees het weet ek darem nie hoe jou hart dit gaan hou as jy te doen kry met kinders vir wie jy moet skoolgee (dus intellektueel opvoed), wat dalk op die een of ander manier in die lewe ge-eina is nie. I’m NOT saying that you don’t have the heart for it. I’m thinking you have maybe a bit too much ‘heart’ for it?
ek weetie… 
dinge van ‘n skool kan deelhê – soos sportdae en toneelstukke en snoepieaflos en konserte en revues en Mej. Ampies aande en Mamma en dogter tees en skoolkooruitreiktoer na Ethiopie en wat nog als!
Kinders uit gebroke huise, kinders wat met die een of ander vorm van abuse saamleef, honger kindertjies, kaalvoet in die winter, kinders wat nie aandag kry nie, kinders met blou kolle op hulle arms en bene – ek sidder as ek dink hóé ernstig dit jou gaan affekteer…
My meisiekind het nou net klaar geswot – wou al van 3-jarige ouderdom ‘n ‘juffrou’ word. En alhoewel sy sweet en cuddly en warm en opreg en caring is, het sy beslis ‘n manier om die swaarkry van ander te hanteer (en wel ‘n verskil te maak) sonder om betrokke te raak dat haar hart wil breek daarvan – en dis die verskil – ek dink jy – die total person is meer as toegerus as opvoedkundige en helper en caregiver, maar jou hartjie pla my…
Of het ek dit dalk heeltemal verkeerd en is jy dalk sterk soos ‘n bees en kan jy doelgerig en neutraal staan in sulke situasies en jouself nie in compromising posisies laat inboender, omdat jy emosioneel net té betrokke gaan raak?
My EMM het nogal met haar laaste proef tydperk gesê, “Mamma, weet Mamma wat is die ergste? Ons mag nie, soos in die ou dae, ‘n kind ‘n drukkie gee nie. Ons mag GEEN fisiese kontak maak met ‘n kind nie. Ons mag amper skaars at any given time tyd alleen spandeer met ‘n kind, al is die bedoeling hóé goed ookal!”. Sy sê sy kan onthou haar laergraad juffrouens en gereeld drukkies en soentjies van die kleintjies gekry – en gegee. Nada! No more! Mag nie!
Ek sien jou gladnie in ‘normale hoofstroom’ onderwysrigting nie – 30-40 kinders met netsoveel probleme en issues as wat jy hulle nog moet opvoed ook – maar in ‘n one-on-one environment beslis – beroepsleiding, psigometrie, berading van een of ander aard – moenie die ‘ou’ skoolbiblioteke weggooi nie – dis deesdae technologically baie advanced en jy sal nogal love as leergierige kleintjies daar instorm om te hoor of “Juffrou dalk weet… of kan help…” – alles obviously spesifiek gerig op kinders. Beslis! (en boonop kan jy dan by ‘n hoofstroomskool werk – waar jy aan al die ander ‘lekker’
. . . en 4 skoolvakansies ‘n jaar!
Hmmmm Sandkorreltjie… Dokter….
Huisdokter?
Ek gaan wel nou die jaar kyk of my hart regtig-egtig dit kan hou en of ek regtig-egtig ‘n passie het en myself nie probeer dinge wysmaak nie. Ek het geinroll by ‘n projek wat twee ledig is by die kerk. Mentorskap vir daai ouderdoms groep. Tweede een is om die arm kindertjie buite die kerk by te staan en goedjies vir hulle te reel.
Maar jy is reg Beeps… Ek gaan seker sukkel om nie betrokke te raak nie want ek is mos ‘n afvlerk-voeltjie magneet! All shapes en sizes en ouderdomme klim mos nou hier onder ribbekas in.
Jy sien Krista en ek dink mense gaan nou lag hier vir my…
In daai vakansies wil ek my boek skryf en rondtoer en motiveringpraatjies doen?
Crazy….
Good for you! We need more people passionate about educating our kids!
Meisiekind, wat van ‘n joppie as ‘n skatryk ou oom se P.A.? Hy moet jou skandalig baie geld betaal om sy sake te doen en sy klere dry cleaners toe te vat en om te kyk dat hy optyd al sy pille drink.ensovoorts. maar hy moet al onkapabel oud wees, sodat jy nie nodig het om jou eer te beskerm nie.(Check net vir daai blou pilletjies tussen die ander— mens weet nooit! )
Pasop net vir sy sjouffer— hulle lyk mos op TV so goed in hul uniform.
Die ou oom gaan jou natuurlik die helfte van sy ryk laat erf, net sodat jy sy troetelkat sal versorg, want sy inhalige, hartelose, koue familielede, sal die kat mos laat uitsit.
Dan raak jy verlief op sy seun wat jou haat, maar die liefde oorwin altyd, so dan eindig alles goed.
Hoe’s daai?
Oi antie Ena!
Kry n ryk man en word voltyds ma.
Antie Koeks!
JA, JA, JA!!!!!
Wat ‘n briljante plan x x x
Ek like ok nogal die idee van die nurse uniform… nou nie aan myself nie, maar ek onthou ‘n interessante geval in die Paddington Hospitaal in Londen, sy was ‘n regte nurse… maar disse ander storie daardie.
Onderwys was ook my droom! My Ouma het vir my ‘n swart bord en kryte, asook skrifte vir my “leerlinge” gekoop in graad 1 en ek het elke middag vir hulle skool gegee
Ongelukkig het ek toe in die korporatiewe monsterlewe beland en nou is dit jare later en die droom is op die un-do-able “to-do” list. As ek jou korrek opsom sien ek jou ook soos BB in ‘n one-on-one environment. Miskien met kinders met lees- of leerprobleme? (kinders lees nie meer nie) waar jy dadelik kan sien dat jy ‘n verskil maak.
Sterkte met die werksoek, ek hoop jy kry iets wat reg is vir jou.
Oh Hoefie!
My vriendin het al posters daar in die Franchhoek vallei gaan ophang vir al die wynboere om te sien…
Ek wag net vir die wynboer dan kan ek maar met die kinders begin
Ek sou so hoop DMI… Ek dink ook nie ‘n nurse uniform sal so hot aan ‘n man lyk nie
Maar…. wat van ‘n wit jassie vir jou?
Hey Charmsie!
Ek dink ek is nog jonk genoeg om dit te kan omdraai (my career) Ek is nou 30 plus 1
EN na ‘n baie kleurvolle werkslewe het ek besluit om liewer vir minder geld te settle as wat ek elke dag iets na jaag wat ek haat.
Ek wil liewer ‘n verskil maak. My uitkyk het so bietjie verander. Ek hoop die jaar sal my meer duidelikheid gee rondom groep of een tot een werk.
Besides… Ek gaan mos ‘n ryk man kry eendag!
Fanx Alet!
Dankie Twisty!
Ek hoop ook ek kan iets so spoedig moontlik kry!
Girl, moet nooit verskoning maak omdat jy eerder vir jou hart wil werk as vir jou beursie nie. Ek weet mens het geld nodig, maar ek weet ook wat dit aan mens se siel doen as jy hom verkoop vir ‘n vet salaris. Been there, done that and no thank you. never in my little bit of life that’s left over again.
Ek dink weer regtig jy sal goed doen om met kinders te werk wat seergekry het, emosioneel seer. Jy het die regte hart daarvoor, al sal dit dalk aan jou vat. Maar dink net, elkeen wat jy sien heel word, watse groot geskenk is dit nie!
Ok, soos jy altyd sê, agteros kom ook in die kraal. Ek sien nou eers hoe vrek oulik jou tag wolk dingetjie ding ding is, hy draai in die ronde!
I want!!!
Uh-uh….. ek soek ‘n pilot-suit.
Weet jy Sonnie… En jammer ek is so traag om te antwoord… Groot dinge gebeur wat my aandag so bietjie in beslag nieem…
Die volgende drie maande is maak of breek vir my. Kan nie wag vir die nuwe uitdagings nie. Eerste keer in my 31 en die jaar 31+1 bestaan wat ek iets het om na uit te sien in die nuwe jaar!
Lekker man!
Ek is mos wolk mal… Gaan selfs elektronies met die infatuation, WIntie-Flintie!
DMI… Weet jy… Hmm…. I LAAIK… laat my dink aan Top Gun!
Maar wat Uber Hot is…en ek dink jy sal dit dalk moet oorweeg…. siende oor die SOGS… is ‘n vloot uniform… Oeeeeeee……………
HOT-HOT
Ek dink jy moet net dood stil sit… My een been sterk voor jou geplant… Just for incase!
Hey ou Girlie en al die bloggers….ek vertrou julle het almal ‘n lekker kersfees en nuwe jaar gehad….. Girl wat is dit wat ek nou hier lees van onnie word jong??? Jy moet Job se geduld he daarvoor…hoop jy is voorbereid daarop….mmm….ons moet vir jou ‘ n werk uitdink…ek dink jy sou ‘n bakgat welsynswerkster gewees het…soveel gevoel vir jou medemens….of miskien nie…hehe…..mooi daggie vir jou verder
Oooo ja, en die vloot uniform pas so mooi by die hele onderwater tema…
Ek ken ‘n winkel wat allerhande uniforms verkoop Girlie!! Dis super-über-cool! In Vinyl nogal
My Wereld Daizy!
Welkom terug! Jou gemis hoor…. Ek het die wereld se geduld met kinders… dis net groot mense wat my onderkry want hulle weet mos van beter!
Jislaail Beeps… Hoe moeilik is dit om Vinyl aan OF uit te trek… ek dink die uittrek mag dalk vrek moeilik wees…..
Pssssttt Girlie – hier’s vir jou ‘n geheim: babapoeier!!! en mens trek NOOIT vinyl aan as jy op jou eie gestuck is nie!
sjoe omtrent tyd dat jy jou verskyning hier maak vandag jong…ek neem maar aan die “Job Hunting” hou jou gruwelooslik besig…..dit is HEERLIK om terug te wees dankie!!
Erm… Ek is half te bang om te vra Beeps… Hoe weet jy dit?
LOL
Daizy!
Nee, erm…. ja…. wel… Ek het so een of twee goedjies wat my aandag benodig hier by die werk… en ek is op ‘n hunting ekspidisie like you can’t believe of ander vlakke ook… Ek is besig om aan VYF ander goete te skaaf….
Moet net nie uitbrand so vroeg al ini jaar nie gehoor….
I was stuck in a pikante red vinyl firebrigade pakkie a long long time ago
I had to drive myself to a hospital to be stripped down – it took one doctor and 3 nurses amper 45 minutes… ok at most was daar altyd net een persoon besig – die ander moes kwansuis alewig “gou-gou iewers iets loop kyk by ‘n ander pasiënt”…
as if I didn’t know they were standing in the corridor laughing their butts off, want as hulle terugkom is hulle so blouerig in die gesig met tranerig oë… skoon gelyk soos suurstoftekort…
Glo my Girl, ‘babapoeier’!!!
En hoekom is die Girly so stil?
Dalk het sy n vinyl pakkie loop soek?! (en babapoeier) lol
Hello Daizy..
Dit is hoekom elke meisie ‘n vinyl pakkie met ‘n ZIP moet hê, dit maak die uit trek makliker.
…en moet nie eers waag om te vra hoe ek dit weet nie
PS:
‘n Goeie shave sal ook help saam met ‘n bietjie babba poeier
….en daar sien en BB het my voor gespring met die helfde van die advies. Wys jou nou net, die tannies is vol boere rate
More Girlie….sjoe jong ek raak nou so bietjie benoud …..viniel pakkies en poeier….Girl ek dink jy sal jou beroepskeurse goed moet oordink jong…hehe….wat van ‘n nuwe Post???
Hello woestyntjie….lekker om jou ook hier raak te loop!!
LOL Daizy!
Nee ek sal nie uitbrand nie…Hoop nie so nie…
Ek is net ietwat besig om my lewe uit te sorteer (praktiese goed)
Ek dink jy het seker die sexieste brandweer persoon gemaak wat die heelal nog gesien het Beeps!
Ek dink die nurses het dalk gelag…… maar die dokter….. hmmmmm………
Hey Vlam!
Al’s wel… Net doenig met dinge
Daar is GEEN manier julle kry my in ‘n vynil pakkie nie Sandkorreltjie!
……… Want ek sal soos ‘n muurbal balletjie lyk ………
Wintie-Flintie……
Daar is geen manier dat jy dit kan se en nie uitbrei nie…
SPILL THE BEANS!!!
Ek sal die editor wees van daai boek DMI…. Ek dink daar sal ‘n HELE paar sensor moet plaas vind
Toetsie op antwoord op die opmerking
Toetsie op BB se toetsie
Dit werk!!!! Cool!!
Niemand toets voor ek so sê nie! giegiegie
JIPPIE!!!!!!!
Heppa!
En dit werk!
Girl
Dit lyk asof alles sover werk. Daar is nog ‘n paar goed wat ek moet doen soos van die paragrawe op van die artikels en bladsye, Engels wat nog hier en daar kop uitsteek, en ander klein goedjies met grafika en kleure. Ek werk daaraan.
Yebo Yes…. dankie!
Girl lyk my jy raak nou vreelik Grand jong…..dit lyk wraggies mooi!
Hiert ….ou dienskreg dit lyk sommer spoggerig jong!!!!!!
Dit lyk mos nou stukke beter ne, Daizy?
meer…….. Girlie……
Dankie Daizy………………ek probeer maar my bes, Girl se sweep slaan nogal seer….
Diensie…blog jy nie self nie??
Daizy
Kry nie tyd om eers my eie webtuiste en ‘n eie Afrikaanse blog klaar te maak nie! Slawedrywers soos Girl hou my te besig
My webtuiste (wat ook maar eintlik ‘n blog is), behoort so teen volgende week klaar te wees.
Ek sal dan seker (hopelik) meer blog.
Jip…dit bring die kleur van jou oge uit…hehe
Oh my soul……
babapoeier na vinyl pakkies na pakkies wat nie wil uit trek nie na hospitaal stories na… swepe….
Ek dink dis dalk nou tyd vir ‘n nuwe post!
Kan ek asseblief ‘n nuwe blog onderwerp kry…. any one…..
Die waarde van mans….
Dink jy nou regtig ek is die regte persoon om epics te skryf oor die minder skoner geslag?
Die waarde van mans? Hmmm, laat ek sien—- Antie Koekie se Wye Woorde Nr. 834: “Die hoeveelheid liefde en vertroeteling (lees: seks) wat ‘n man ontvang, staan in direkte vehouding met die Tender Loving Care wat hy betoon. As sy meisie se kat doodgaan, moet hy leer om saam met haar te ween.”
Verder is hulle goed vir bottels oopmaak, lekker stywe drukkies en kar probleme uitsorteer.
Hmmmm… Weet Antie… dan het ek in die verkeerde kringe geleef
Ek het nog altyd alles self gedoen… selfs die kar regmaak deel… Is daar actually mans wat dit vir hulle meisies doen?
En weereens is Antoe Koeks in die kol, myne kan darem ook klere rond laat lê, skoene los in die gang, en olie op my sitkamer mat intrap.
Olie
One Trackback
[...] ek regtig voel ek moet nie in ’n korporatiewe omgewing moet werk nie, voel ek baie sterk oor die juffrou storie. Van julle kommentaar het weer ander deurtjies in my kop oopgemaak en ek begin my nou blootstel [...]