GI (Jane) Lean?

Goeie dawner! Op versoek van die dokter en op aanmoediging van ‘n goeie vriend het ek mos nou gedink dit sal wel beter wees as ek op ‘n lae GI dieet gaan, want my suiker is nie so lekker nie. So alhoewel ek met my bak popcorn hier langs my sit… (Ek is ook nie regtig lus vir my popcorn nie want dis absoluut so sleg so karton sonder my geel sout…Ja…. Ek het die Aromat uitgegooi) voel dit of die dood my betree…. Maar hulle sê dis normaal.

Ek dink nie my lyf weet regtig wat hom getref het nie. Ek eet nou baie meer as wat ek gewoond is en is so moeg! Soveel meer as waaraan ek gewoond was…  Die bedonnerde entjie mens (voel maar so van die naweek af) eet gewoonlik net een keer ‘n dag en hierdie 5 keer ‘n dag affere het gemaak dat ek nou my foon stel op intervalle en ek eet soos ‘n melkkoei op aanvraag. Ek het wragtig op die bank aan die slaap geraak na werk en ek het nie eers so hard gewerk vandag nie. Ek voel of ek sal moord pleeg net vir ‘n ou koppie koffie! Ek gaan ook vrek swaar afskeid neem van die wyn! Dis ‘n goeie toss-up tussen die twee op die oomblik!

Ek het my boet so bekyk oor die naweek en ons is uit die selfde mould gesny… Ons altwee is geneties bietjie geskroef en ek wil nie so groot soos hy raak nie. Dis nogal verbasend om te sien… ek en hy raak al hoe groter en ma en pa al hoe kleiner en ons almal sukkel met die selfde probleempie!

Maar ek gaan nou slaap. Ek reken more voel ek beter en op my stukke en die wêreld is my oester… of eier… of oats… of ….

Dit is dus voorneme nommer een… Ek gaan die tjoepie deflate…

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Gewigtige sake, My lewe Sleutelwoorde: , , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

53 Comments

  1. Gesê op January 4, 2010 om 9:39 PM | Permanente Skakel

    Ek gaan nou vir jou die verkorte PJ weergawe van “die speech” gee, en dan sal ek vir tannie BB stuur om jou die volle weergawe te beduie.

    Heel eerste. Relax. Moenie eers probeer om ‘n tydlimiet om hierdie poging te sit nie. Die tydsduur is forever, so dit gaan nie saakmaak as jy nie jou teikens binne een of twee of 6 maande haal nie.
    Tweedens. Kry iets wat jy kan volhou. As jy dit so haat dat jy nie daarmee kan saamleef vir ‘n week/maand/jaar/dekade nie, los dit en kry ‘n eetplan wat vir jou werk.
    Derdens. Dieet is ‘n vloekwoord. Die term hier is leefstyl, as in vir altyd.
    Vierdens. Totale onthouding is moeilikheid soek. Drink dan eerder daai koppie koffie. Hou dit by nie meer as 3 koppies per dag nie, gebruik Vetvrye melk (of glad nie) en die minimum suiker/versoeters
    Oefen. Oefen. Oefen. Love and marriage. Diet and exercise. Dit is onafskeidbaar
    Strongs. Dissie maklik nie en dis ook nie fun nie. maar dis die moeite werd.

    • Gesê op January 5, 2010 om 11:04 AM | Permanente Skakel

      Hey Plasie! :P

      Wel… Ek leef regtig ‘n ongesonde lewenstyl… Ek eet een keer ‘n dag… partykeer glad nie… My metabolisme is so stadig dat ek nooit honger word nie. Ek het begin loop en swem as die weer dit toelaat…. Eintlik doen ek die oor ek moet… Ek moet my metabolisme kickstart… want die donner is lui verby. Ek raak nie eers honger na ek geswem het nie :roll:

  2. Gesê op January 4, 2010 om 9:51 PM | Permanente Skakel

    Moenie worry oor die tjoepie nie, maar lae GI – kos is beslis goed vir die gesondheid.
    Maar ek verstaan nie hoekom moet jy 5 keer ‘n dag eet nie.
    En wat is nou verkeerd met ‘n glasie rooiwyn of ‘n koppie koffie? Ek dink dis goed vir ‘n mens.

    • Gesê op January 5, 2010 om 11:09 AM | Permanente Skakel

      Weet jy Eeltjie… Ek sweer jy is ook die enigste man op aarde wat so sal praat… ;)

      Die gaan meer oor my suikervlakke en cholesterol. Dit word nie beter nie. 5 keer ‘n dag klink hectic…. voel hectic… ek eet nou MEER en meer GEREELD. Die lae GI kosse laat ‘n mens SO vol voel… Net sodra ek dink nou begin ek beter voel (want ek voel die heeltyd vol) dan moet ek weer eet. Dis eintlik vrek snaaks… Ek het nog nooit ‘n gesonde verhouding met kos gehad nie en nou tjop my lyf af … Hierdie is ‘n poging om dit reg te stel. :mrgreen:

      Ek drink koffie… maar nou met pilletjies… Ek moet net inperk…kan nie meer my normale kwota van 7 – 10 koppies ‘n dag drink nie. Wyn… Wel… ek sal dit weer in werk op ‘n later stadium.

  3. Gesê op January 4, 2010 om 9:53 PM | Permanente Skakel

    Ek sal jou join op hierdie een. Dis (onder andere) een van my nuwejaarsvoornemens. Sodra ek tyd het, sal ek my voornemens gaan post – hoop dis voor einde 2010 :lol:

  4. Gesê op January 5, 2010 om 6:32 AM | Permanente Skakel

    Die H3 sê as jy elke 2.5 ure eet, hou jy jou metabolisme aan die gang en jou lyf stoor nie kos nie omdat hy weet daar is nog oppad. Dit hou ook jou suiker stabiel en die lae GI is goed vir kol-e-strol.

    Sterkte!

    • Gesê op January 5, 2010 om 11:15 AM | Permanente Skakel

      Jis Krista as ek sien hoe maer my pa geword het weet ek sommer die is die regte ding… Maar dit kos nogal commitment. Ek MOET nou vroeg genoeg opstaan om seker te maak ek eet en pak kos in werk toe. So benewens die feit dat ek nou reg eet… staan ek nou vroeer op… and I ain’t like doing mornings!

      As dit nie vir Oscar was nie het ek elke oggend verslaap. Hy is soos ‘n gids hond. Sodra ek my arm uitstrek selfoon toe om die alarm af te sit dan weet hy ek is wakker en kerm en vry en lek en skuur in my gesig tot ek regtig nie meer kan uithou nie (want daai tong is SKURF) en dan gee ek hom maar sy sin. :mrgreen:

  5. Gesê op January 5, 2010 om 7:41 AM | Permanente Skakel

    Met elke koppie koffie wat ek drink sal ek aan jou dink.

    Ek le lelik slap die vakansie. Ek sal moet arm trek as ek terug is.

  6. Gesê op January 5, 2010 om 7:50 AM | Permanente Skakel

    :shock: Geen koffie en geen wyn :shock: :?:
    Ek weet my uitlating help nie veel nie…. maar o wee :shock: – Wat van bier :?:

    Genugtig Krista, elke 2.5ure, dit klink soos ‘n werk om te onthou om te eet……

    • Gesê op January 5, 2010 om 11:18 AM | Permanente Skakel

      Jip DMI… Ek groet al daai lekker dinge wat so verkeerd is… vir nou! Maar ek kyk na die bigger picture… Oe… en ek het nou eers onlangs leer bier drink… daar is niks so lekker soos ‘n yskoue bier op ‘n warm dag nie!

  7. Gesê op January 5, 2010 om 8:27 AM | Permanente Skakel

    DMI, dis hoekom selfoonreminders so goed werk: die foon tring, jy gryp die kosblik and that’s that.

  8. Gesê op January 5, 2010 om 9:17 AM | Permanente Skakel

    It’s a habit – and a damn good one at that.
    ‘n Gesonde metabolisme word slegs gehandhaaf deur ‘n kombinasie goeie (en consistent) voeding en beweging (of dan oefening).
    Ek handhaaf since forever :roll: (or so it seems) ‘n konstante gewig van 53-55kg. NIE NET oor goeie gene nie. Dit ook, toegegee… maar, as gevolg van eet. Glo ek. Ek eet al van voor ek die H3 ontmoet het my eerste ete binne ‘n halfuur na opstaan. en ek eet 5-7 keer per dag.
    Al ooit gewonder waar die woordjie Breakfast vandaan kom? As jy gisteraand 7 uur laas geeet het en jy staan 6 uur op het jy vir ‘n volle 11 ure NIKS geeet nie :shock: – behalwe as jy soos ek in die nag die roomysbak attack :mrgreen: . D.w.s ek het vir 11 ure gevas! As ek nie ontbyt eet nie – en ook nie 10 uur en 12:30 en 15:00 EN 17:30 is ek teen 19:00 vreet ek teen vanaand enigiets wat voorkom. Gewoonlik ‘n broodjie met peanutbutter en stroop voor ete en dalk nog ‘n slag na ete op die bank voor die tv. En na ‘n paar jaar se gewoonte, weet my liggaam dat hy ALLES wat ek in my mond sit moet bêre vir die ‘maer jare’ – of dan nou die maer ure – hmmm omtrent 23 tot my volgende ‘ete’ – wat gewoonlik dan bestaan uit koolhidrate (aartappels, pasta, brood, rys) om my vol te maak en my energie te gee… Iets rym nie, nê?
    En dan wonder ek hoekom ek gewig optel, want ek eet dan sooooo min? :roll:
    Die liggaam bêre nie proteine nie. Ook nie matige volumes vette nie. Maar hy hou elke greintjie koolhidraat terug wat hy kan vir die ‘wis en die onwis’ – oor hy kan. en hy stoor dit in wat ons noem ‘vetselle’. En hy hou vrolik aan om alle koolhidrate wat ek NIE in energie omsit nie, te stoor… omdat hy wragtig nie weet wanneer jy weer gaan eet nie. MAAR as hy eers weet – dan verteer hy en bêre nie, want hy ‘worry’ nie oor die dag van môre nie.
    The long and short of it is this: soos die Narcie sê: Kry iets wat jy kan volhou. Forever. Aan die begin klink dit boring, dull en nauseating – later raak die reassuring en comforting – om te wéét dat ek weet wanneer en wat ek gaan eet. Dat ek besluit wat ek 6 dae van die week eet – my planning is easy, my voorbereiding vat minder tyd as menigte tuisteskepper, vrou en ma se alewige “wat eet ons vanaand??” – of ‘n kookboek moet loop koop met 1001 eenskottelgeregte.
    Saterdae of Sondae (kies een) kry my smaakkliere en dus my lyf die geleentheid om te sê waarvoor hulle lus is – en teen die tyd dat ek hulle tot oorlopens toe volgestop het met als wat lekker is, skree hulle sonder uitsondering teen Sondag-aand “ENOUGH ALREADY!!”. Dis dan wanneer ek op my moegste, depro-ste, naarste is en my hele lyf smeek om ’skoon’ te kom.
    Elke 2.5 ure is NIE werk nie!Jy hoef net vir ‘n week of 2 ‘n reminder/wekker te stel vir eet – daarna sal jou liggaam jou self begin remind.
    As jy koolhidrate wil eet, moet jy oefen, of trappe klim of die kar ten minste op die verste parkeerplek in die mall parkeer.
    Hoe meer en gereeld koolhidrate jy inneem hoe minder kan jy jou cravings beheer – dis ‘n feit.
    Koffie is ok – sonder suiker en swart of vetvrye melk. 1, 2 of 6 bekers het nog nooit ‘n verskil aan my gemaak nie.
    Wyn bevat suiker (koolhidrate) – soos meeste ander alkohol, maar ‘n glas elke aand of ‘n paar keer per week gaan wragtig ook nou nie die kilo’s merkwaardig beinvloed nie – behalwe as jy ‘n bottel inruil vir ‘n bord kos :wink:
    Shakes van enige aard vervang nie ‘n ete nie en bevoordeel geensins jou dieet (leefwyse) nie – jou liggaam vertolk eet en drink as 2 verskillende aksies wat reaksies binne veroorsaak – m.a.w as jy kou, werk hy anders as wanneer jy net sluk – dis ‘n tesis op sy eie. Just know that it should make sense.
    Water water water – 30ml per kilo ‘lean’ body weight – as ek 55 weeg en my fatpercentage is om en by 10%, moet ek 1.5 liter water drink per dag. Vir elke halfuur wat ek oefen moet ek ‘n addisionele 1 liter water inneem (verkieslik aangevul met elektroliete etc…) vir die vog wat ek verloor.
    Koffie, tee, gaskoeldrank en vrugtesap is NIE deel van my water intake nie!! Jy moet skoon (verkieslik gefilterde) water inkry om die bogenoemde ‘vetselle’ te spoel en die stored carbs te help flush – jy spoel tog nie jou wasgoed, skottelgoed of hande met enigiets anders as skoon water af nie, nê?
    Ek het NIE ‘n aangebore vinnige metabolisme nie – maar wel ‘n aangeleerde een. Ek kan eet Girly! As ek lekker eet, eet ek maklik per geleentheid meer as die H3 of die Narcies – saam! :mrgreen:
    Jy ken daardie spreekwoord “‘n gesonde liggaam”… nê?
    Jou liggaam is van nature geneig om soos ‘n stout kind vir jou te wil voorsê… vol eise en gekik en kerm oor wat hy wil hê. Sit jou voet neer en pas ‘n bietjie dissipline toe – if you don’t like a certain food, find an alternative, but don’t compromise on quality and worth.
    It’s the only one you have afterall – and as long as you live inside it, you would like it to serve you well, right? Well then, treat it right. Nothing wrong with tough love – as long as it’s unconditional and uncompromising.
    MOOI vir die Aromat Girly!! ek is soooooooo trots op jou!! Nou ditch net die popcorn-aandete ook nog!! :mrgreen:

    • Gesê op January 5, 2010 om 11:26 AM | Permanente Skakel

      Jis Beeps…. Ek wonder partykeer wat jy doen vir ‘n lewe? Jy weet iets van alles af en dan nog meer ;)

      Ek het nie weer Aromat gekoop nie… dis op en wel… op :(

      Ek het 3 maande terug my Cholesterol en Suiker laat toets en altwee was oor die muur. Ek moet egter nou aan die einde van die maand weer gaan. Maar vir die suiker wil hulle ‘n glukose toets doen… nie net daai vastende een nie. Ek bly moeg. Ek is permanent moeg en dit raak nie beter nie. Ek doen nie goed op vrugte en vrugte sappe nie. Ek eet twee vrugte ‘n dag, maar ek hou nie van vrugtesap nie. Dit maak my net dorser.

      Hulle se ek sal beter begin voel sodra my lyf gewoond raak aan al hierdie kosse (Ek trek nou eers op dag drie) … Ek wil regtig leer om beter te eet sodat kos nie ‘n sielkundige konnektasie vir my het nie.

  9. Gesê op January 5, 2010 om 10:35 AM | Permanente Skakel

    Terloops Girly – ek is regtig bekommerd oor jou nuwe ‘dieet’… “eet meer en is so moeg”?? :???:
    Laat jou diet fruit juices toe? Weet jy of die dieet aangepas word vir die individu? Wat is die persentasie carbs vs proteine in jou diet? 40-60? Weet jy dat al is ‘n carb redelik low glycemic, dit steeds in suiker afgebreek word en verskillende individue verskillende toleransies vir glukose toon?

  10. Gesê op January 5, 2010 om 10:51 AM | Permanente Skakel

    Sterkte met die dieet. As ek eers my glasie rooi wyn moet opgee dan is dit tickets vir die dieet.
    Ek het wel my koffie opgegee en in die laaste 2 dae terug by die werk is dit ongelooflik moelik om die dag deur te maak sonder dit

  11. Gesê op January 5, 2010 om 11:10 AM | Permanente Skakel

    Wel ou Sonnie… Ek is half bangerig (lees skamerig) om myne te lys… want dan word jy aanspreeklik gehou! Nou turning back ;)

  12. Gesê op January 5, 2010 om 1:26 PM | Permanente Skakel

    Beebs, ek dink jy moet ‘n ordintlike posting hou oor hierdie topic. Ek het nog gewonder wat ek moet comment, en nou sit ek net en herkou aan al haar pearls of wisdom. :wink:

  13. Gesê op January 5, 2010 om 1:56 PM | Permanente Skakel

    :lol: :lol: Oral waar ek gaan lees lyk dit of BB verbal diarrhoea iewers opgedoen het…. mag jy nie by die huis praat nie… :lol:

  14. Gesê op January 5, 2010 om 2:14 PM | Permanente Skakel

    Waaaaaahahaha!!! DIT DMi was nou die one most hilarious comment wat ek inne laaaaang tyd op ‘n blog gelees het – wel ten koste van die uwe myselwers, but nonetheless – pretty damn funny. Ekke lag lekker!!
    (My Lovey moet my saans camomile tee injaag en ‘n calmette – sodat die kop (en die bek) en hy (en sy ore) darem ook net tot ruste kan kom… as ek eers oppe roll is oor ‘n ding wat my na aan die hart lê en wat vir my saakmaak, dan’s dit “Nag Nella”…

  15. Gesê op January 5, 2010 om 2:47 PM | Permanente Skakel

    Beeps, wil jy nie regtig asseblief vir ons ‘n post doen oor reg eet nie? Soos in wanneer, hoe ver uitmekaar en wat. Die H3 kan ook sommer input gee. En sommer net algemene tips. Ek sal jou ewige slaaf wees as dit werk :-)

  16. Gesê op January 5, 2010 om 3:03 PM | Permanente Skakel

    Vlammertjie….. Hey…. Luiaard… so bly om te sien jy is darem nog in die rondte! ;)

  17. Gesê op January 5, 2010 om 3:05 PM | Permanente Skakel

    :shock: DMI :shock:

    *** Speechless***

  18. Gesê op January 5, 2010 om 3:06 PM | Permanente Skakel

    BEEB’Sie :mrgreen:

    Ek sien ‘n groot geleentheid!

    Skryf daai post en maak dit password protected en dan vra jy toegangsfooi…. Jy kan ‘n killing maak. Dr. Holford se moses! ;)

  19. Gesê op January 5, 2010 om 3:38 PM | Permanente Skakel

    Nê Girly!! Daai mannetjie het nie ‘n bang haar onder sy kroon nie, huh?? :mrgreen:

    Wie de wiel is Dr Holford??

    Sons – ‘n blogpost gaan soooooooo lank en uitgerek wees. En boring…. hmmm tensy ons dit ‘n groep-effort maak – dalk ‘n nuwe category of ‘n nuwe Page – jip – dit kan dalk werk… sodat ons nie almal verveel met raad en trieks. Sal bietjie daarna kyk. Promise. Onthou – ek is nie ‘n dieetkundige nie. Ek weet net wat werk – en glo my, pille, portions en elaborate menues en moerawiese inkopielyste werk NIE! Common sense – of at least iets wat die pennie laat ‘drop’ – dit sal werk – lifelong. And with a little help from your friends ♪♫ you’ll be in your stilettos and g-string al swaaiend aan ‘n paal in NO TIME! :mrgreen:

  20. Gesê op January 5, 2010 om 3:50 PM | Permanente Skakel

    http://www.patrickholford.com/ – Hy is soos die Oprah van die lae GI gebied! :roll:

    Jy is reg…. COMMON SENSE… My vriend wat my nou aanmoedig se sussie is ‘n baie bekende dietkundige (daar in PTA) en sy se ook… mense betaal vir iets wat hulle eintlik reeds weet maar glo oor jy betaal gaan dit beter werk.

    Maar nie almal van ons is geseend met common sense nie… Snaaks…. dis eintlik toe nou nie so common nie… rariteit hoor! :mrgreen:

  21. Gesê op January 5, 2010 om 4:13 PM | Permanente Skakel

    Yip, eintlik niks common aan common sense nie…
    :lol: @ BB

  22. Gesê op January 5, 2010 om 4:24 PM | Permanente Skakel

    Ek wonder partykeer wie het die meeste common sense?

    Mans :?:

    Vrouens :?:

  23. Gesê op January 5, 2010 om 7:48 PM | Permanente Skakel

    Mans het die common en vrouens die sense . . . en elke tweede week ruil hulle om :evil:

  24. Gesê op January 5, 2010 om 7:48 PM | Permanente Skakel

    Ek wou-wou nog iets sê toe tref BB se kommentaar my en op dit kan mens regtig niks byvoeg nie!

    Sterkte. Ek is gelukkig nie ‘n groot koffie of wyn drinker nie, maar moenie mors met my Coke nie!!

    Ek self het ‘n tjoepie (en al die tjoepie se nuwe maatjies) om af te blaas!

  25. Gesê op January 5, 2010 om 8:12 PM | Permanente Skakel

    Jitte – sterkte…dis klink maar kakkerig as jy als wat lekker is moet opgee. Kan jy nie ‘n cheat dag reel eenkeer ‘n week of ten minste elke tweede week of iets nie. Mens moet darem nog die lewe geniet so tussenin die langer probeer lewe en alles?

  26. Gesê op January 6, 2010 om 7:29 AM | Permanente Skakel

    ‘n Cheat-dag is juis ‘n MOET, Louisa, ja! I keep saying that! Nes jou body agterkom jy ‘deprive’ hom van als wat ‘lekker’ is en hy begin wipperig raak, paai jy hom met daai luste en giere.
    En daar is goeie rede daarvoor…

  27. Gesê op January 6, 2010 om 9:05 AM | Permanente Skakel

    Jissie Plasie…. Ek weet nie… eendag dink ek ons is die superior geslag en dan die volgende dag maak ‘n blonde poppie haar mond oop en dan dink ek …. heh? :shock:

    Dan dink ek weer mans is nie so sleg nie… tot een weer iets simpels kwytraak en dan dink ek …. heh?

    So ek reken ons is maar ewe goed en sleg!

  28. Gesê op January 6, 2010 om 9:06 AM | Permanente Skakel

    :lol: LOLOL Jane!

    Ek is nie so groot koeldrank drinker nie!

    Wel…. ek dink jy steek daai tjoepies van jou goed weg! ;)

  29. Gesê op January 6, 2010 om 9:08 AM | Permanente Skakel

    Dis waar Louisa!

    Maar come hell or high water… ek gaan die reg eet ding onder die knie kry… al verloor ek nie eers gewig nie… (sal sad wees) maar ek moet my kop reg kry.

  30. Gesê op January 6, 2010 om 9:10 AM | Permanente Skakel

    Wel ou Beeps… ek is vandag minder moerig. Nog bietjie moeg maar ek begin die “vol gevoel” gewoond raak….. En wragtag is ek minder lus om te snack… ek kon gisteraand koekies saam my koffie geniet en ek was nie lus nie…

  31. Gesê op January 6, 2010 om 9:34 AM | Permanente Skakel

    Hey there, I’ve just tried a new hypnotherapy way of dieting – will blog about it soon – it is awesome !!!!

  32. Gesê op January 6, 2010 om 9:40 AM | Permanente Skakel

    Ek kan ook nie die lewe sonder my coke voorstel nie…..

  33. Gesê op January 6, 2010 om 10:38 AM | Permanente Skakel

    :roll:

  34. Gesê op January 6, 2010 om 10:43 AM | Permanente Skakel

    Hey Fairy Girl!

    Cool… Will definitely come and have a squizz… I know they try hypnotherapy in order to stop smoking… This sounds quite interesting.

  35. Gesê op January 6, 2010 om 10:44 AM | Permanente Skakel

    DMI – en dan moan almal oor my popcorn :?:

    Coke is mos tien triljoen keer slegter :???:

  36. Gesê op January 6, 2010 om 11:47 AM | Permanente Skakel

    Girl, vriendin…….

    Sterkte met daai ophou eet ding. Genetika is n teef ja!

  37. Gesê op January 6, 2010 om 11:52 AM | Permanente Skakel

    Daar is absoluut niks met popcorn fout nie. Blykbaar nog goed vir jou tanne ook.

  38. Gesê op January 6, 2010 om 11:55 AM | Permanente Skakel

    …. en jou getroue slaaf moet nou asb plan maak met die ding dat jy can reply op ‘n comment. Hoe moet ons nou weet vir wie BB haar ogies rol… en dit is nog die korste comment van die week daarby :lol:

  39. Gesê op January 6, 2010 om 1:11 PM | Permanente Skakel

    …. Jy verstaan Flintie… maar die ding is die lengte tel ook teen my. Tel ek 2 kg op dan lyk dit soos 5 :roll:

  40. Gesê op January 6, 2010 om 1:16 PM | Permanente Skakel

    Die bestelling is geplaas DMI… Nou wag ek net (lees ons) in spanning vir die deliverance! :P

    Die arme siel kan ook nie bly by met al my bestellings nie want ek verander my mind te veel… die look gaan ook weer verander ;)

  41. Gesê op January 6, 2010 om 1:25 PM | Permanente Skakel

    PS… Ek reken daai Roll of the eyes is gemik op jou coke afhanklikheid! :mrgreen:

  42. Gesê op January 7, 2010 om 3:36 PM | Permanente Skakel

    Well done to on the diet! I’m not being too strict with myself with the non-smoking and all, but I am focussing not eating healthy and drinking lots of water!

  43. Gesê op January 8, 2010 om 4:13 PM | Permanente Skakel

    Sjoe maar jy sien kans vir baie. Ek eet ook net een keer ‘n dag – ek weet dis baie verkeerd, maar ek doen dit al jare so dis al gewoonte. Ek dink dis maar wat ‘n eetplan ook is – ‘n gesonde gewoonte ne. Ek is ook “verslaaf” aan Coke en drink maklik twee liters ‘n dag – ja ja snak nou na julle asempies en raps my oor my vingers.

    Sterkte!

  44. Gesê op January 8, 2010 om 7:01 PM | Permanente Skakel

    Joeeeeeeeee…… Charms! :shock:

    Het jy nog tanne oor na al daai coke? ;)

    Ek moet my eetgewoontes verander. Suiker en Cholesterol toetse wys dis nou tyd.

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License