Ek wonder…

Jinne, ek wonder in hoeveel dele van onse ou provinsie die gebeur?

Hulle sê mos when in Rome do as the Romans do…. Ek probeer hard om nie mense te label of te stereotipeer nie, want ’n mens sukkel naderhand om die fyn lyn van onderskeid te tref en dit mag dalk rassisties oorkom. Dit wat my soos ’n doodsgreep om die keel gryp en walg….. is gewoonlik gebruike wat ek optel in die mederheids bevolking se optrede.

Dood luiters word die fiets net neergesit…. of die rug word teen die verkeerd gedraai… daar word nie eers ’n bossie gesoek om agter te skuil nie. Die zip word los gerits en ta-da…. daar spuit die straaltjie vir elkeen om te sien.

Is ek net te onsensitief vir ander kulture? Is ek oorsensitief want verligting is ’n primêre, basiese behoefte?

Nou sit ek my Europese kappie op…. Hoe gaan die petalje afloop met die sokker later die jaar. Dink jou nou in…. Daar gaan die bus toeriste, kameras flikker en dan… net daar… op een van die stad se hoofpaaie… maak frikkie sy broek los?

Vir my grens dit na aan public indecency en ek wil nie eers aan die gesondheidsrisiko dink nie…

Is ek verkeerd?

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Ek wonder Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

59 Comments

  1. Gesê op January 21, 2010 om 10:23 AM | Permanente Skakel

    Dit is bekotsingswaardig hoe PTA Middestad se strate vrot na pis. Ruik soos iemand met ‘n ernstige nierprobleme.

    En nee, dit is nie ‘n ras probleem nie. Gaan kyk ‘n bietjie in Hatfield in die aande. Enige boom / hoek doen.

    • Gesê op January 21, 2010 om 10:41 AM | Permanente Skakel

      Wel… Ek kan eerlik getuig dat ek nog geen blanke persoon dit sien doen het nie…dis net skokkend dat mense (en ek probeer regtig v ras af wegskram) dit nie as ‘n privaat “funksie” sien nie.

      Rede hoekom middestad so erg ruik… is seker ook hoekom dit so in Hillbrow ruik… die straat dwellers het regtig geen ander plek om as ablusie te gebruik nie. Dis skokkend!!!!!

  2. Gesê op January 21, 2010 om 11:59 AM | Permanente Skakel

    Ek stem saam met jou – minste wat die outjies kan doen is ten minste agter ‘n bossie gaan.

  3. Daizy
    Gesê op January 21, 2010 om 1:40 PM | Permanente Skakel

    Helo Girl…en ek het altyd gedink dit gebeur net hier by ons….of soms gedink dit is net EK wat dit raaksien….hulle het GEEN skaamte nie en voel vry om dit te wys ten aanskoue van die publiek….dit is barbaars en word gedoen deur mense wat geen selfrespek het vir hulself of die menigtes om hulle nie…..om nie te praat van die nasie wat sommer die bors tussen hordes mense uitruk om hulle kinders te voed nie…..

    • Gesê op January 21, 2010 om 2:27 PM | Permanente Skakel

      Daizy! :mrgreen:

      Hallo! Hoop dit gaan goed!

      Ek hoor hulle se Afrika is nie vir sissies nie Daizy…. dalk is daar fout met my en jou? ;)

      Ek glo net daar is dinge wat jy agter geslote deure doen oor die kwessie van privaatheid en dan ook gesondheid…

      • Daizy
        Gesê op January 21, 2010 om 4:37 PM | Permanente Skakel

        Jip jong…dit gaan voor die wind hier…hoop om dieselfde van jou te hoor….ons braai net uit die laaste paar dae….en ja ek en jy het seker maar ‘n skoef los of iets…

  4. Gesê op January 21, 2010 om 1:41 PM | Permanente Skakel

    Van daardie oorseese Europese sokker en rugyspanne doen dit sommer so langs die veld… so ek weet nie of dit vir hulle snaaks sal wees nie.

    • Gesê op January 21, 2010 om 2:31 PM | Permanente Skakel

      Neeeeeeeeeeeeeee….. Is daar dan net fout met my dat ek dink dis verkeerd?

      WDH? :|

      • Gesê op January 22, 2010 om 7:09 AM | Permanente Skakel

        Nope, jy is nie die enigste een wat so dink nie… maar ongelukkig is dit nie die wêreld se siening nie.

        • Gesê op January 22, 2010 om 9:06 AM | Permanente Skakel

          Vanoggend weer… Ek dink dis oor ons op ‘n rural pad bly en nie in die middestad kom nie… :P

          • Ingrid
            Gesê op January 22, 2010 om 10:08 AM | Permanente Skakel

            Nee, Girl, die rural pad het niks daarmee te doen nie. Ek sien dit gereeld by die offramps, en sommer in die strate ook. Moenie probeer om met oop vensters onder die brue by Smitstraat se offramps na Bloem ens te ry nie, die stank is eens te erg.
            Vir my maak dit nie soveel saak wat die toeriste dink nie, ons moet trots wees op onsself, wat se dit van jou selfwaarde en gevoel as jy jou private dele so vir almal staan en afshow? Het nou die dag selfs ‘n man en vrou gesien wat nie die moeite gedoen het om ‘n kamer te gaan soek vir ander dinge nie! :evil:

          • Gesê op January 22, 2010 om 11:11 AM | Permanente Skakel

            NEEEEEEE…. Nooky sommer so in die publiek :?: :shock:

            U-N-B-E-L-I-E-V-A-B-L-E!

  5. Gesê op January 21, 2010 om 2:19 PM | Permanente Skakel

    You are making me feel very bad!
    Sometimes I allow my kidlet to “water” the tree!

    :)

  6. Gesê op January 21, 2010 om 4:19 PM | Permanente Skakel

    Ai, ek wil nou nie doelbewus otherwise wees nie…

    Ek het nie pyne daarmee nie. Wel, ek sal verkies dat dit NIE gebeur nie, maar dit krap my nou nie soooo baie om nie. Wat doen mens as jy van ‘n plattelandse gebied kom vir een of ander besigheid in die stad en jy’t ‘n groot nood? Daar is nie altyd geriewe nie, en met party garage’s wat jou ‘n fooi charge om hul toilette te gebruik/of waar jy eers ‘n sleutel moet gaan haal (wat hulle heel waarskynlik nie vir jou gaan gee nie) wat moet hierdie arme mense doen? :roll:

    Met borsvoeding in die openbaar het ek nog minder pyne. Dis elke vrou se reg om haar kind te kan voed waar sy wil! :wink:

    • Daizy
      Gesê op January 21, 2010 om 4:41 PM | Permanente Skakel

      Tannie Vlam….nee wraggies ek wil nou nie om elke hoek en draai in iemand vasloop wat haar bors hier voor my rondswaai nie, nee man, mens ontbloot jouself mos nie vir almal wat wil kyk nie…..ek voel dat borsvoeding ‘n vreeslike intieme gebeurtenis tussen mamma en baba is, tyd waarin mamma met haar baba “bond”, gesels ens….NIE in die bank of apteek of straathoek nie….nee heiland mens beplan mos vir die soort van ding….

    • Gesê op January 22, 2010 om 9:24 AM | Permanente Skakel

      Nee Vlam… Kyk… borsvoed is fine, mits jy jou net toegooi!

      Maar om water te slaan in die ope is not on! Dis onhigienies! :roll:

  7. Gesê op January 21, 2010 om 5:11 PM | Permanente Skakel

    Om in vol aansig van die publiek te staan en urineer getuig seker van ‘n gebrek aan westerste beskaafdheid. Maar hierdie is Afrika, en as jy moet gaan en daar is nie fasaliteite naby nie. Wat doen jy? Kyk maar anderkant toe en hou verby, dit gaan nie verander nie.

    ‘n Mens kan op enige televisiekanaal na 7 saans meer vlees sien as wat jy sal sien as ‘n mamma haar baba in die openbaar borsvoed. Jimmel man, dis mos half ‘n stigtelike affêre met ‘n doekie of bersie oorgegooi en alles. Daar is in elk geval vrouens in die winkelsentrums wat meer bors wys met al hulle klere aan as die mamma wat haar kind voed. Dis mos nie meer 1903 nie?

    • Daizy
      Gesê op January 22, 2010 om 7:18 AM | Permanente Skakel

      Plasie neeeeee, jy verstaan nie, hier in donker afrika waar ek is ken hulle nie van doekies en bersies en so aan nie….dit is die ware jacob ontbloot vir almal om na te kyk….nie genade man!!!

    • Gesê op January 22, 2010 om 9:25 AM | Permanente Skakel

      Wel… dan loop jy net ‘n entjie aan en gaan na ‘n winkelsentrum of petrol stasie.

      Borsvoed is oraait… mits jy toehou! Hoekom sal jy ander dae nie jou borste uithaal en wys nie, maar sodra jy borsvoed is dit cool om te aanskou? :???:

      • Gesê op January 22, 2010 om 10:25 AM | Permanente Skakel

        Ja ek en jy sal na ‘n vulstasie of winkelsentrum gaan soek. Want dit is hoe ons opgevoed is. die ou wat sommer langs die straat laat waai sien nie die probleem daarmee nie, want dit is hoe hy opgevoed is. Dit gaan nie verander nie -altans nie baie vinnig nie – so dit sal nie baat dat jy jouself daaroor opwerk nie. Dit verkort net jou lewe

        • Gesê op January 22, 2010 om 11:14 AM | Permanente Skakel

          Oeg dis die sad ding plasie… dit gaan nie binnekort verander nie, en ek wil ook nie daai onbegonne taak he om ander op te voed om daai ding anders te doen nie.

          Dit is net opvallend dat dit my so opval want ek is mos horende doof en siende blind en let mos glad nie op nie. As ek my oge uitvee dan is ek by die werk…

  8. Gesê op January 21, 2010 om 5:33 PM | Permanente Skakel

    Wees dan maar eerder happy met die water afslanery, en wees bly hulle “dump” nie sommer so maklik nie . . .

  9. Riana
    Gesê op January 21, 2010 om 6:39 PM | Permanente Skakel

    Neen lieverd dit het alles te doen met opvoeding! Ek het my so geskaam die afgelope vakansie toe ons rigting Oos Kaap toe ry en hier ‘n EC registrasie bus langs die pad staan – net stilgehou en die mense peul uit daai bus soos miere en almal maak broek los – vir almal om te sien – oumense, kinders, mans en vroue – die hele boksendaais!!! Al opmerking wat ek kon maak is – sorry die bos kry jy soms nie uit mense nie! Terloops my hond sal nie eens dit doen nie! Sela!

  10. Gesê op January 21, 2010 om 9:25 PM | Permanente Skakel

    Dit IS in werklikheid teen die wet om dit te doen. Ek het al hier in die Kaap gesien hoe ‘n metropolisieman so ‘n ou beboet vir presies net daai – public indecency.

  11. Gesê op January 21, 2010 om 10:22 PM | Permanente Skakel

    Ek is hier saam met jou Girl en deel ook Daizy se siening. Ek verstaan daar is nie altyd geriewe nie, maar draai dan net so dat niemand jou sien nie – soek ‘n bossie, ‘n boom, ‘n iets!

  12. Gesê op January 22, 2010 om 7:17 AM | Permanente Skakel

    In Europa word jy ‘n stewige boete opgelê as jy in die publiek of langs die pad staan en pp – maar nou sien ek daar is in o.a. Amsterdam pp-’hokke’ op straathoeke staangemaak – so in ‘n sirkel soos ‘n koek in kwarte gesny – met 4 hokkies, sonder dakkie net so torso-hoogte… daar is ook nie deurtjies nie – jy loop staan maar netso ini hoekie in…
    en die nuutste toevoeging??? :shock: jy kry daar ‘n ding op die rakkie ini hoekie wat lyk soos ‘n kruising tussen en tregter en ‘n koekversierbuisie – hy’s van papier en as jy hom oopvou en uitskud is hy ‘n tregter – en voila!!! so kan mamma ook staan en pp :mrgreen:
    Probleem – pappa hoefie sy broek tot onder die knieë te laat sak om die daad te plaag nie – maar daai tregtertjie maak access nie juis makliker nie – so as jy wil dorp toe, stel ek voor jy trek maar ‘n skirkie aan, want jou laagste lae hipster sal steeds toegang weier…

    Tydens sokkergames het ek dit al beleef ja – en ook in fietsresies etc – dié pp sommer so ini ry in hulle mooiste broekies…

  13. Gesê op January 22, 2010 om 10:59 AM | Permanente Skakel

    LOL @ XP!!!

    Kaapstad ruik ook nogal so kotslik soggens, en moenie dat die son die storie begin warm bak nie.

    Maar dit lyk nie of dit die slingergulpe regtig pla nie.

    Maar dit pla my nogal. Die gebrek aan respek. En selfrespek.

    • Gesê op January 22, 2010 om 11:16 AM | Permanente Skakel

      Hey Skoorie! :P

      Ja, behalwe vir die (on)aansienlike show, en die higiene aspek… stink dit. Nou nie dat ek al opgelet het nie, maar ek wonder of dit dieselfde is…. Vriende van my in UK vertel dat as ‘n vos op die gras piepie daar nooit weer iets sal groei nie… dis hoe potent hulle water is… Daar is in die parke en tuine oral sulke oop dooie kolle! :roll:

  14. deurdiewoestyn
    Gesê op January 23, 2010 om 1:32 AM | Permanente Skakel

    Die ergste vir my is dat mammas hulle laaities leer om dit te doen. Fokkit, nee leer die kinders vandag reg en more sal geen niemand daarooor klaag nie.

  15. Gesê op January 23, 2010 om 3:23 PM | Permanente Skakel

    Ek wonder wat die gepaste straf is vir iemand wat net 1 keer n week blog?

  16. Ek is Anna
    Gesê op January 24, 2010 om 8:02 PM | Permanente Skakel

    “In the UK, a pregnant woman can legally relieve herself anywhere she wants – even, if she so requests, in a policeman’s helmet.” (http://www.trap17.com/index.php/World39s-Strangest-Laws_t60240.html)

  17. Gesê op January 25, 2010 om 8:43 AM | Permanente Skakel

    Ek stem!! Gross en onhigienies. My kinders dra nie sommer skoene nie….. Dit gril my om te dink …..

  18. Gesê op January 25, 2010 om 9:45 AM | Permanente Skakel

    Hi Ogies!

    Ja, ek begin dink om skoene te dra is eintlik ‘n manier om jouself te beskerm teen al die weird en vuil dinge daar buite.

  19. Gesê op February 6, 2010 om 11:48 AM | Permanente Skakel

    Dit is inderdaad baie grillerig en ongeskik. Maar ek het ook al gewonder wat ek sou doen as ek deur die stad gestap het en skielik ‘n onhoudbare piepie gekry het. Daar is in Suid-Afrika so te se^ geen openbare toilette nie. Ek self sou in my kar spring en vinnig na die huis, kantoor of shopping mall toe ry waar daar toilette is. Maar die oorweldigende meerderheid Suid-Afrikaners het nie motors om vinnig mee huis toe te ry nie, hulle sit vas. Wat doen die vroue as hulle ‘n piepie kry?

  20. Gesê op February 7, 2010 om 10:37 AM | Permanente Skakel

    Ek stem met Bertus saam. Die stadsvaders in Suid-Afrika spandeer eerder die belastinggeld aan hulself as om openbare toilette te bou.

    • Gesê op February 7, 2010 om 9:17 PM | Permanente Skakel

      Ek love ons land Eeltjie… ek raak net mismoedig as ek sien hoe die kulturele verskille soveel inbraak maak op die land se vorentoe beweeg!

      Ek weet een kultuur is nie beter as ‘n ander een nie! Maar ek hou nie van die kultuur wat nou in volle swang uitkruip nie!

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 4 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License