Dis hoe dit is

Vir weke maande probeer ek wegkruip deur nie neer te pen wat in my gemoed aangaan nie, want ek wil nie ondankbaar klink nie. Vir weke begin ek wonder of ek regtig nog wil skryf want dit voel ewe skielik sinneloos en te veel van ’n moeite want dit is regtig moeilik om soos die nuwe girl te klink wat êrens voor kersfees inner peace gevind het. My hart bloei en my siel huil en skielik verander die lewe soos wat ek dit ken, maar terselfde tyd is my gemoed rustig en my val was sag. Die Liewe Vader het my nie van my vergeet nie.

Vir maande was daar moeilikheid by die werk. Dan kry ek nie my volle salaris nie… dan word ek laat betaal…Dan kry ek my salaries maar ek kry nie my byvoordele nie… En elke maandeinde begin ek spook en spartel om kop bo water te hou. Maar ek het survive. Vriende was wonderlik en ek is op meer as een aangeleentheid uitgehelp.

Behalwe dat ek regtig voel ek moet nie in ’n korporatiewe omgewing moet werk nie, voel ek baie sterk oor die juffrou storie. Van julle kommentaar het weer ander deurtjies in my kop oopgemaak en ek begin my nou blootstel aan geleenthede waar die idée om kinders buite die klaskamer te help… my aandag trek. Maar vir tyd en wyl moet ek die pot aan die kook hou. Ek het begin ander werk soek, al ’n hele paar maande terug … Haastig en verwoed en ek het ’n rits onderhoude agter die blad, maar dis asof ek my in ’n doodloop straat bevind en niks van die plannetjies wat ek maak word realiteit nie. Ek begin wonder of ek nie dalk harder moet luister na God se stem nie… want my geloof is my rigtingwyser tot wat ek met my lewe moet maak. Ek was verseker nie beskore vir enige van my poste waarvoor ek aansoek gedoen het nie.

So word dinge erger en dringender en ons almal kon sien die besigheid is in sy finale fase van sterf…. maar min het ons geweet hoe ons elkeen geaffekteer kan word.

Môre begin ek by my ‘nuwe’ werk. Die maatskappy is oorgeneem en ons is eers Woensdag ingelig. Per telefoon. Donderdag was die ‘meet-en-greet’ en semi-formele onderhoud. Nie almal se lot is so geseënd soos myne nie, want ons is ’n handjie vol wat vir die volgende drie maande nog werk het. Die res… wel… My hart gaan uit na hulle… Inteendeel bloei dit saam hulle.

Ek is dankbaar ek het nog ’n inskomste, alhoewel ek nou elke dag 80km verder werk toe en terug gaan pendel wat inherent beteken ek moet al 6 uur in die pad val… en ou kapok hennetjie is mos ‘n oggend mens! … Die geld wat ek sou wou wegsit vir my studies sal nou maar moet wag… want my kar funksioneer nie op appelsap nie… weet nie van julle s’n nie.

So dink maar aan hierdie loskop wat glad nie van verandering hou nie… Inteendeel voel ek effe bang. Ek voel soos die standerd vyf dogtertjie wat vir die eerste keer haar hoërskool uniform aan het. Ontgroening wag!

Nou weet julle ook wat regtig in die suburbs aan die gang was. Teleurstelling was baie groot opverskeie vlakke en ek het laag gaan lê.

Vir die bloggery… Ek reken ek sal julle te veel mis… Ek sal dalk net minder gereeld inloer….. vir eers!

Ps. Vlam: Ek weet ek het huiswerk. Sal dit so spoedig moontlik doen!

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): My lewe, Skool hou droom Sleutelwoorde: , , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

28 Comments

  1. Gesê op January 31, 2010 om 7:44 PM | Permanente Skakel

    As ek jy is, is ek baie dankbaar my kar loop nie op appelsap nie. Dit is aansienlik duurder per liter as petrol! :lol:

  2. Gesê op January 31, 2010 om 7:57 PM | Permanente Skakel

    Ok… swak voorbeeld.. Water dan?

  3. Gesê op January 31, 2010 om 7:59 PM | Permanente Skakel

    Girl, jy weet ek weet waarvan ek praat as ek se^ ek verstaan hoe jy voel. Sterkte, en glo my, as een deur toegaan, gaan daar werklik iewers ‘n ander deur oop. Dis soms net hel moeilik om daai ander deur te kry ;-)

  4. Gesê op January 31, 2010 om 7:59 PM | Permanente Skakel

    Girlie…. baie sterkte, veral met die ekstra km wat jy moet ry!

  5. Gesê op January 31, 2010 om 8:15 PM | Permanente Skakel

    Raait. Ek sal dan maar die basaar open . . . ek gaan lomp-lomp so paar goeters mompel en dan die res vir BB los om op haar mooi manier te kom verduidelik.
    Jy raak 3 issues aan. en ek wil graag antwoord op al 3.
    Eerstens die hele blogging ding. Ek is redelik seker elkeen wat ‘n “persoonlike” blog het gaan redelik gereeld deur die krisis wat jy beskryf. Jy voel blootgestel, jy voel alles is sinneloos. Jy voel asof jy alewig kerm . . .Nie veel wat ons vir jou kan doen nie, dit is iets wat net jy kan platspeel. Soek daai happy medium, al beteken dit jy moet goed skryf en as private publiseer, of dat jy terughou op details. Vir wat dit werd is, ons sal daarvan hou as jy nog lank in die omtrek is.

    Oor die werk ding. Dit is die allerslegste gevoel daai as jy eendag by die kantoor opdaag en vreemde mense met clipboards sluip in die gebou rond, of erger nog jou tag maak skielik nie meer die deure oop nie. Of jy word ingroep kantoor toe soos ‘n stout skoolkind . . .blah blah blah . . . hele song en dance en skielik is jy jobless. Retrenched. Of jy moet 50, 80, 200km verder pendel vir dieselfde geld. Dit gebeur, en dit gaan weer gebeur. Statisties omtrent 3 tot 5 keer in jou werkleeftyd. Weet dit, dit is nie jou skuld nie. Niks wat jy gedoen het sou die uitkoms verander het nie. Bou ‘n brug en sit dit agter jou.

    Die 3de puntjie is dalk effens omstrede, veral komende van my. Verstaan dat ek dit goed bedoel, alhoewel die woorde waarskynlik te min sal wees (dis hier waar ek hoop BB sal kom help) Vir die afgelope 3 maande ten minste hoor ons hoe jy op soek is na verandering en nuwe horisonne. God het jou wens toegestaan, nie heeltemal in die perfekte pakkie soos jy dit beplan het nie, maar steeds die verandering (of ten minste die begin daarvan) waarna jy gevra het. Now stop whining, trek jou streppies stywer and sieze the day. Tally ho! . . . and good luck.

    • Gesê op February 2, 2010 om 7:47 PM | Permanente Skakel

      Ek het ‘n laaaaaaang chat met my nuwe baas gehad vandag… na ek ‘n laaaaaaang gesprek met myself op die pad gehad het. Nogal interessant wat jy jouself kan laat glo as jy vir so vrekken lank in die verkeer sit. :P

      Ek was nog nooit iemand vir roetine nie en ek gaan nou verseker vinnig in een moet val of ek gaan dit nie maak nie. Ek spandeer so gemidded 4 ure op die pad ‘n dag. Genoeg rede vir nuwe cd’s…. Wat dink jy?

      Ps…daai straps is so styf getrek… een het actually gebreek van spanning! :mrgreen:

  6. maxie
    Gesê op January 31, 2010 om 8:24 PM | Permanente Skakel

    Sterkte, Nell, dink aan jou..

  7. Gesê op January 31, 2010 om 8:30 PM | Permanente Skakel

    Ja, dis aaklik, is dit nie, as daardie beancounters (PJ se vreemde mense met clipboards) opdaag. Die konkelry, rugstekery en so aan wanneer ‘n maatskappy tot niet gaan, ‘gerightsize’ word of oorgeneem word. Maar ek is bly jy het jou werk behou.
    Wat blogging betref, moenie jouself uitbrand nie. Kry eerder ‘n goeie balans dat jy oor die lang termyn nog steeds met ons sal wees.

    • Gesê op February 2, 2010 om 7:53 PM | Permanente Skakel

      Oeg….. and the plot thickens… Hulle het toe op die ou end gelikwideer… Ons moes aansoek doen vir die poste en die ander sit nog en bolle rol in ‘n lee kantoor… of dalk sit hulle op die gras onder die boom…..

      Slegte ding is…. hulle begin nou die wat aan beweeg het opspeel teen die wat agterbly en nou is almal de moer in vir mekaar.

      RE: Blogging… Ek is hormonaal… sonder tjoklits… EN nou loop daar nie meer ‘n tea lady agter my aan nie… ek kry nie kans vir koffie maak nie… So ek onttrek nou!

      Ek kry egter nie tyd om nou op die net te gaan nie…. Ek werk actaully (HARD) vir ‘n slag.

  8. Gesê op February 1, 2010 om 6:48 AM | Permanente Skakel

    Jislaaik! En al waarmee ek alweer kan uitkom is “Eish!”
    If it’s any consolation, getting retrenched last year was terrifying for me, but it was also unbelievably cathartic and just what I needed to kick my arse into gear and get me to finally start doing my own thing. And yes, it meant that making ends meet was that much harder. And yes, it meant that accepting help and support from all the wonderful people around me was necessary (and *that* has always been one of those things I’ve had a *very* hard time doing!).
    But in the longer term, it has meant that I have learned to manage things better, that I have become a much more patient person in general and that doing what I really, really want to do with my life is that much closer to a reality than it ever was before.
    Good luck! Hope it all pans out!

  9. Gesê op February 1, 2010 om 10:10 AM | Permanente Skakel

    Ek weet jy gaan jou eerste dag ace en jy gaan hulle uitboul in die volgende drie maande. Sommer net omdat ek weet.

  10. Daizy
    Gesê op February 1, 2010 om 12:38 PM | Permanente Skakel

    Girl – hang in there….en luister mooi na die Woord!!

    • Gesê op February 2, 2010 om 8:00 PM | Permanente Skakel

      Daizy Blom ! ** Mwah **

      Hoekom is jy so skaars deesdae?

      • Daizy
        Gesê op February 3, 2010 om 12:51 PM | Permanente Skakel

        Ai Girl het maar ‘n moeilike tyd agter die blad jong…lyk nie of hierdie jaar op so ‘n rooskleurige wyse afgeskop het soos ek verwag het nie….net wanneer mens dinge die minste verwag slaan dit jou voete so wraggies onder jou uit en moet jy verwoed keer om nie jou tande uit te val nie….maar ek loer maar so gereeld ek kan…

  11. Gesê op February 1, 2010 om 1:54 PM | Permanente Skakel

    Well done for penning all of it down! I’m battling to do that!
    (( Hugs )) Excited to hear about the prospects of teaching and working with kids outside the classroom!

  12. Gesê op February 1, 2010 om 3:47 PM | Permanente Skakel

    Sterkte!

  13. Gesê op February 2, 2010 om 2:27 PM | Permanente Skakel

    Volgens die geleerde mense is verandering goed – dit laat jou weer uit jou “comfort zone” uitkom en gee jou weer ‘n uitdaging om die “nuwe besems” te beindruk. Jy is darem nie onder diegene wat afgedank is met ‘n “not-golden handshake” nie, so rol jou moue op, trek jou skouers terug en impress die hel uit hulle uit – Jy kan!

  14. Gesê op February 3, 2010 om 7:42 AM | Permanente Skakel

    Gee hulle gas Nella!

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License