Behoede my

My geduld was nog nooit my sterk punt nie, en nou met die verandering in eetgewoontes is ek ietwat meer “irriteerbaar” en vanaand is ek oor die kole gehaal toe ek bieg ek het nie vreeslik baie geduld met mense nie, veral nie dom mense nie.

Wat is dom mense? Hmmm… ek dink nie daar is ‘n woordeboek definisie op die een nie, maar vir my is dit mense wat nie luister nie… en dan more weer dieselfde ding kom vra…  Ek wonder menigmale of hulle net aspris is of regtig, egtig ‘n probleem het.  Ek is seker daar is dalk meer as ‘n handvol mense daar buite wat dink ek is vertraag oor ek so vergeetagtig kan wees… great… maar ek irriteer myself nog nie so ek is fine met daardie gedagte.

Ag, asseblief  beaam tog net my gevoel… daar is stupid mense daar buite, nê?

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Ek wonder Sleutelwoorde: , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

57 Comments

  1. Gesê op January 25, 2010 om 10:45 PM | Permanente Skakel

    O, my Blom, troos jou daaraan daar’s regtig-egtig baie stupid mense daar buite. die wat sommer dom, dik en difficult is. My oupa het altyd gesê: armoede is niks, maar EENVOUDIGHEID?(lees: stupidgeid). ek het nie krag daarvoor nie!
    Ek word ongelooflik kwaad vir myself omdat ek sukkel om die PC goed te onthou en dan elke dag vir Juan dieselfde goed te vra! Ek voel so DOM!
    Maar vrek, ek dink darem my emosionele en kreatiewe intelligensie funksioneer nog goed.

    • Gesê op January 26, 2010 om 9:09 AM | Permanente Skakel

      NEEEEEE Antie… Om oor sulke goed uit te vra maak Antie verseker nie dom nie! Dis die alledaagse dinge wat frikkie en frikkie se maaikie so, wel… ek verstaan nie hoekom party mense net nie common sense het nie.

  2. Gesê op January 26, 2010 om 3:58 AM | Permanente Skakel

    Ja. Daar is beslis dom mense daar buite. Nie my gunsteling nie, maar daar is van hulle wat dierbaar is. Die probleem kom in wanneer hulle dink hulle is bogemiddeld intelligent en van jou verwag om ook so te dink. Terwyl alles op die teenoorgestelde wys.

    n Dom mens moet nooit, maar nooit lieg nie. Hulle slaan hulle name altyd met n plank.

    Daar skuil wel soms wysheid in dom mense. Juis omdat hulle nie goed kompliseer nie. As jy alles gaan minag van n dommie, gaan jy dalk n juweeltjie mis.

  3. Gesê op January 26, 2010 om 6:43 AM | Permanente Skakel

    Girl, kyk mense wat werklik nie weet nie is ok, maar die wat sommer net aspris is en nie luister as jy iets verduidelik nie en dan later nie kan verstaan dat jy besig is en nie dadelik die hele storie weer oor kan se nie, hulle laat my hare reis.
    The problem is when you don’t know that you don’t know – daai ouens is nog gevaarliker, want hulle dink hulle is slim en bedons dan net alles.

  4. Gesê op January 26, 2010 om 7:32 AM | Permanente Skakel

    Hmm I too have that problem, no patience vir die dom! Have an awesome day :)

  5. Gesê op January 26, 2010 om 7:51 AM | Permanente Skakel

    Seg hulle juis gister oor die radio: Hoekom vir ander intelligensie in die buitenste ruim soek as ons nog sukkel om dit op aarde op te spoor :lol:

    Wat my demoerin maak is die dom mense wat in posisies sit wat hulle net nog dommer laat lyk want hulle is totaal en al onbevoeg. Ek moes aan die CFO van ‘n groot maatskappy die ander dag ‘n baie basiese standard 6 beginsel verduidelik…. en nie net een keer nie, hy wou nog stry ook.

    Ek dink egter ek het ‘n baie cool idee, ons sit die dom mense in ‘n petting zoo.

    • Gesê op January 26, 2010 om 9:44 AM | Permanente Skakel

      MAAR DMI… Jy is soos in super intelligent… vergewe die onder jou…

      Kyk, as jy ‘n standerd ses WISKUNDE beginsel moes verduidelik verstaan ek die man se dilema…. Ek sal ook herhaalde klasse moet kry :mrgreen:

  6. Gesê op January 26, 2010 om 8:15 AM | Permanente Skakel

    Oe nee hulle is daarbuite, moenie jy worry nie. And they are breeding! And that is all I’m gonna say about that.

  7. Gesê op January 26, 2010 om 8:38 AM | Permanente Skakel

    Eish. Too many!

  8. Gesê op January 26, 2010 om 9:38 AM | Permanente Skakel

    Die H3 sê altyd : some people are only alive, because it’s illegal to kill them :shock:
    Ek sê dis maklik om ander te meet teen jou standaarde of wat jy dink die norm behoort te wees… imagine nou jy moet in ‘hogere’ sirkels beweeg (soos wat jou stene des aanstoots opviously tans doen) as wat jou norm is – who would be the ’stupid’ one then :roll:
    UNLESS jy dit vervolmaak het om jou mond te hou, sodat dit nie ‘n dead give-away is dat jy well less upstairs het as daardie ‘average’… Ek bid graag :”Oh Lord, help me keep my big mouth shut until I know what I’m talking about – and even tighter even when I think I know…”
    Having said that, die engelse het ‘n paar woorde wat meer betrekking het, tot wat ek dink jy eintlik wil sê: “daft, foolish en thoughtless” come to mind – it doesn’t mean they’re “stupid” of “dom” it kust means that they have either not learnt to channel their brainpower OR they don’t know when to keep quiet.
    My own son has been deemed ’stupid’ by many seemingly intelligent people – who measured him on their scale… they were oh so wrong! It’s hurtful and malicious to speak of someone else as ’stupid’ when we really don’t take into account things like upbringing, education and exposure to life, people, books and any other system or method that could have granted them what ‘we’ have.
    I have a wonderful awesome prayer partner girlfriend, who in the light of the above, might be considered ’stupid’ – low iq? yes, perhaps – huge heart? Bigger and more willing and available than I have ever been fortunate enough to meet.
    Nee, ek het nie met haar diepsinnige gesprekke oor die universe and tegnologie en studies van enige aard, maar ek ruil haar vir NIKS onder die son, omdat juis daardie gebrek aan “IK” haar genoop het om dieper te delf om meer te gee, wat deur hogere wesens geminag word as kinderlikheid en ontoepaslik in die grootmenswêreld…
    (my ander grootste Hartsvriending het waarskynlik ‘n hoër IK as ek – en sy hanteer my naiewiteite met deernis en liefde en het weer in my iets gevind, wat opmaak in die verskil van kennis/wysheids levels.
    Try to find something in that person that’s worthy of a kind word – I don’t have a problem calling someone else ’stupid’, but try to use the word BUT whenever a negative thought exists your mind and/or mouth wrt another…

    • Gesê op January 26, 2010 om 9:56 AM | Permanente Skakel

      Ok… weereens het ek myself verkeerd uitgedruk… Uncommon people then :???:
      Ek bedoel nie stupid soos in dom, dommer domste nie! ;) Ek verwys glad nie na IK verwante intelligensie nie, Beeps… meer mense wat nie common sense het nie.

      C-O-M-M-O-N S-E-N-S-E

      Jammer dan vir die stupid verwyssing…

    • Gesê op January 26, 2010 om 4:17 PM | Permanente Skakel

      Ek het die posting gelees, die comments gelees, en toe begin dink wat ek moet comment wat nie die boot te veel sal skud nie, maar ook nie my sal laat lieg vir myself nie. Gelukkig het BB se comment opgekom. Ek kan net amen en sela daarop. Baie mense dink dalk ek is ‘n dom dolla – en hulle sal seker reg wees! – maar ek’s dankbaar vir die paar wat darem dink ek’s nie te dof nie. :lol:

      BB, you rock! :wink:

      • Gesê op January 27, 2010 om 6:47 PM | Permanente Skakel

        Ek het geen vingers na enige iemand gewys nie…

        In die algemeen in die corporate wereld lack mense common sense na hul verseker weet wat om te doen ander het hul in die eerste plek nie die job gekry nie…

        Maar nou ja……………..

  9. Gesê op January 26, 2010 om 10:11 AM | Permanente Skakel

    Is cool – maar Common sense is netso afhanklik van upbringing, education and exposure to life in general. Maybe kan jy by die persoon hoor, hoe hulle dinge maklikste onthou, in text, lysie of prentjie formaat?
    Jy is mos ‘n juffrou – ask them how they think they’ll remember it best – hell, if need be with a brainchart – ons hele stelsel, tables, functionality, links, en als is op ‘n moerawiese bord gechart – in flowchart formaat (prentjies) – dit lees makliker; jy kan dinge inwerk soos “if this… then do that” of “if that is not attached…then this can’t proceed”… ek kan nou nie indink hoe julle opset werk nie, maar party mense het nog nooit geleer (selfs dwarsdeur matriek) hoe om te werk nie. Laat hulle vir jou wys hoe hulle te werk (sou) gaan – teken blokkies ondermekaar op n papier – in elkeen die dagtake as they come along – if one is dependent of the previous, teken ‘n diamant shape of ronde shape blok tussen-in – sit ‘n vraagteken daarin en vra die vraag. Laat die persoon ‘n lyn trek na die volgende toepaslike stap afhangende van die antwoord Yes/No/Maybe – as I don’t know ook ‘n antwoord is trek ‘n streep na die boonste hoek van die papier – teken ‘n ander blokkie daarin – omkring in rooi en skryf ‘n grap daarin soos – “Breath in…breath out…Ok, now: THINK!!” Ag whatever – bietjie erns en bietjie fun – en as jy weer sien, kom spog einste by jou oor die latest achievement – al is dit self-voltooide stap 1-5 van 22.
    To teach someone else pride in their work and a sense of accomplishment is baie lekker! Wat vir jou easy-peasy common sense is, is vir ‘n ander soos ‘n dreigende storm ELKE dag – imagine hoe sien hulle dalk soms op om te gaan werk, bloot omdat hulle net eenmaal nie die bigger picture kan ’sien’ nie…

    • Gesê op January 26, 2010 om 10:23 AM | Permanente Skakel

      I disagree. Strongly. Nie oor die konsep wat jy hier verduidelik nie, maar oor die application. In vandag se ekonomiese klimaat waar van jou verwag word om maksimum produksie teen minimum vergoeding te lewer is dit eenvoudig nie prakties om ‘n kollega se hand so vas te hou nie. (B.T.W You can however make a decent living out of providing exactly that sort of training) Erger nog, jy wil nie iemand se hand so vashou vir wie jy geld betaal het om iets te doen nie (bouers is baie goeie voorbeeld hiervan!) In kort. Maak nie saak wat jou agtergrond nie, you have to at least try and think for yourself as well!

      • Gesê op January 26, 2010 om 10:42 AM | Permanente Skakel

        JipJip – in a first world country probably… if I tell this to one of my subordinates and don’t do my utmost to ‘better’ and improve their progress and service delivery – I will see my little ass hop-skip-n-jumping outta this office of mine in no time. En dan kan ek maar baie hardegat sê : “Nou toe, sien maar kom klaar…” – en ja, hulle sal.
        Ek moes compromise – nie hoe graag of nie ek wou of nie, nie hoe goedhartig of dierbaar ek is nie, of accommodating ookal…. oor dis hoe dit hier werk en ek maak nie die reëls nie – MAAR ek het geleer om dit so te doen, dat ek waarde daaruit kry en darem iets gee ook in die proses – my lojaliteit teenoor my eindgebruiker en my stelsel (en ultimately my salaris :mrgreen: ) is by verre sterker as my hardnekkigheid om my eie wil en of vereistes te probeer afdwing. Maybe in another business? Dalk? By ons? BEE-compliant ‘n all ‘n all?? :???:
        Naaaahhhhh… nie sommer nie. So moet ek bedank? Nee wat, dankie – ek kry mos pay per uur – as daai ‘opoffering’, ‘training’ van my billable is… hell, I do it gladly – it’s the only way I get to teach someone else enough, so that I can spend at least some of my time on the internet during the day as well :mrgreen: (billable :wink: )

        • Gesê op January 26, 2010 om 11:12 AM | Permanente Skakel

          Uhm . . . do you have a job for me as well?
          The moment it becomes billable time, it becomes part of your JD and is not a sacrifice anymore now is it? But we are dwelling into a whole new discussion here which is not exactly relevant to the original posting.

          Om terug te kom by common sense. Almal kan nie alles weet nie, dit is ‘n gegewe. Maar daar is tog sekere logiese afleidings wat ek sou verwag enige mens moet kan maak. Byvoorbeeld: As jy ‘n brood toaster gaan koop by boardmans en jy probeer eiers bak in die ding en hy blaas op, dan kan jy nie gaan raas oor die stupid toaster wat nie werk nie want common sense dictates that a bread toaster is meant for toasting bread.
          Common sense is the ability that all humans is supposed to have to be able to recognize when everyday situations or occurrences may be potentially detrimental to your health, finances or general well-being and the steps within your means or understanding taken to ovoid such.
          Sommige mense verkies egter om agteroor te sit en Gods water oor Gods akkertjie te laat loop in die wete (of hoop) dat iemand wel tot hulp sal kom. Ek ek vermoed dis die groepie wat Girlie se refcounter so opjaag.

    • Gesê op January 26, 2010 om 11:16 AM | Permanente Skakel

      Jissie BB… dis ongelooflik sad om te dink dat dinge wat net “moet” sin maak oor ek dit verstaan vir ander nie eers ‘n gedagte :idea: is nie…

      • Gesê op January 26, 2010 om 11:53 AM | Permanente Skakel

        Is so Girl :( – why did I stay with husband #1 for 7 years if 12 months were enough to teach me a lifelong lesson?? Why did I stick around #2 for as long a time, because I thought I might make a difference? Why do I think differently about 1001 things and why did many people talk behind my back in hushed voices with regard to my inadequate judgment of character? Even though I was a ‘bright’ and ‘intelligent’ young woman? Even though I had a wonderful example of what a husband and father should be? Experience? Upbringing? False Hope? Survival? Who knows :???:
        So often in those years I behaved in ways that many would consider ‘common’ – (dankie tog daar was nie witnesses nie :oops: ) and I certainly did not consider my health, finances or general well-being…
        Depends on the situation… maybe yes. It just takes one cool hard look at yourself in a seemingly difficult and even uncontrollable situation or environment, which you had to overcome and triumph over, to understand that people aren’t always what you perceive them to be – that people in a given complex or demanding circumstance may act quite the opposite of who they really are.
        So, the girl who doesn’t grasp the flow of a project as easily as I do (technically) , probably doesn’t understand my (in)ability to communicate so easily – die een se swakheid moet nie my sterkter laat voorkom nie – dit moet my remind dat ek self ‘n klomp flaws het, waarvan ek dalk net gladnie van bewus is nie of waarvoor ek my blind hou of waaroor ek dalk net nog nooit aangespreek is nie.
        Ek weet ons is, soos die Narcie sê dalk lankal van die topic af – (new discussion) – so, I’m outta here… no offence…
        Wat is common? My buurvrou speel “Kaptein span die seile 15 keer op ‘n Saterdag middag – in ‘n ry! :shock: TOT ek my Pantera cd op my soundsystem sit en die vensters wyd oopgooi. Dan’s dit tjoepstil langsaan… wie is common?? :roll:

        • Gesê op January 26, 2010 om 12:06 PM | Permanente Skakel

          Nee okay, in hindsight het ek dan ook ‘n streek in my wat niemand sal verstaan nie… soos met hartseer en al die ander gure mans met wie ek my verlede deel.

          In ‘n werksopset… is dit onvergeeflik.. jy leer op skool… jy leer op varsity… jy leer uitondervinding en viola… jy sien vir girl agter haar lessenaar en skielik sypel alle kennis dit deur jou voete… Dalk is my standarde effe hoog? :P

          Eintlik glo ek heimlik mense probeer so min as moontlik doen en kyk gedurig of hulle daarmee kan weg kom… hulle push my en hul eie boundaries. If you act dumb dan is daar mos geen aanspreeklikheid nie.

          Hoekom maak ek net nie sense vandag nie? :roll:

        • Gesê op January 26, 2010 om 12:17 PM | Permanente Skakel

          Don’t confuse common with common sense. Twee totaal verskillende begrippe. Common is relatief tot jou perspektief, maar common sense behoort universeel te wees.
          In terme van jou laaste vraag dan. Common sense behoort jou te vertel dat om enige musiek so hard te speel dat dit jou bure irriteer is nie goed nie. Common sense behoort jou ook te vertel dat om te retaliate en jou musiek harder te speel as hulle s’n net die bure aan jou ander kant gaan omkrap. Dis universal truths.i.e. common sense.

          As ek daar gebly het sou ek dink my bure is almal lekker common met hulle harde musiek, maar dit sal my perspektief wees en nie noodwendig deur almal gedeel word nie. En dit het niks met common sense uit te waai nie.

          I’m also outta here. Sorry Girlie, jy kan nou maar jou blog terugkry :mrgreen:

  10. Gesê op January 26, 2010 om 12:23 PM | Permanente Skakel

    Genugtig… vir iemand wat weke laas ‘n post gedoen het, het BB nogal baie te sê :?: Wonder maar net….

  11. Gesê op January 26, 2010 om 1:35 PM | Permanente Skakel

    ‘n Minora-trofeetjie vir jou, Girl!
    Ja tog Narciepit – ek hoor – ek verstaan… ek het nou werklikwaar die goed begin verwar – maar sê my tog dis nou nie my skuld geheel en al alleen nie :( – ek kan mos maar net so oppe roll gaan…
    “Eintlik glo ek heimlik mense probeer so min as moontlik doen en kyk gedurig of hulle daarmee kan weg kom” – dis waarop dit dan neerkom Girl – en ja, ek beleef dit ELKE dag – veral die afgelope eeeehhhhmmmm hoe lank terug het 1994 al gebeur??
    Anyways – dis wragtig ‘n Afrika trait (geensins rasisties bedoel nie) – no doubt in my mind – sit agteroor dat iemand anders dit VIR jou doen en jy nog goed lyk en die merit daarvoor kry… ongelukkig het dit al die afgelope paar jaar so deurgesypel na die jong ‘western’ arbeidskrag in hierdie land ook – dis aansteeklik – dit vryf af – “when in Rome…”. Selle geld vir banke en winkels – etenstyd is ALMAL ‘on lunch’ – no service, no feedback, nada, niks, zilch…
    en ons moan en kik en kerm – but glo my, it’s gonna get a whole lot worse before it’ll get better (IF it does).
    So, jy’t 2 keuses: (ok 3):
    Stick around and ‘teach the children well’.
    Stay, work your butt off and let someone else get a piece of the credit-pie.
    Leave and find a company that will offer you fairness, equality and a merit system that is politically and labor equitable.
    My company pays me well. I take pride in my work. Ain’t NOBODY going to make me look bad. So, I’d rather make them look good – the team’s performance is representative of my own.
    I spend most of my waking hours here.
    I might as well make the best of it and enjoy it.

  12. Riana
    Gesê op January 26, 2010 om 2:30 PM | Permanente Skakel

    Op jou vraag girlie – ja daar is “stom” stupid mense (dom, sonder enige sense en gewoon onoplettend en soms gewoon “stom” of doof!) – hier by ons word dom mense – stom genoem – en dit het niks met jou vermoe van jou ore of binne oor te doen nie! Nou op die noot groet ek weer net om jou te laat weet jou frustrasies is verstaanbaar en jou vraag is agterhaalbaar….ek het dit self ook baie keer in my eentjie gedink! Doei.

  13. Gesê op January 26, 2010 om 3:34 PM | Permanente Skakel

    My persoonlike opinie is dat hulle dom onnosel “act”. Hulle vra jou tienduisend keer dieselfde vraag, met die hoop dat jy jou g@t wip en dit eerder self doen – Dan kry hulle mos nou net wat hulle wou gehad het.

  14. Gesê op January 26, 2010 om 5:35 PM | Permanente Skakel

    Hmmmmm . . . ek point maklik mense as stupid/dwiserig/kommin . . .

  15. Gesê op January 26, 2010 om 9:47 PM | Permanente Skakel

    Girl – daar is nie pille vir domgeit nie en ja… die dommes sal altyd met ons wees, nes die armsaliges. As mense nie te intelligent gebore is nie, kan ek hulle nog oorsien, maar die wat hulself pleinweg stupid hou, maak my tande stomp!

  16. Gesê op January 27, 2010 om 9:17 AM | Permanente Skakel

    Ongelukkig is almal daar en ons moet mekaar maar so opgebruik!!

  17. Gesê op January 27, 2010 om 2:09 PM | Permanente Skakel

    In die tyd wat ek rekenaaropleiding gedoen het vir mense waarvan ‘n groot persentasie nog nooit eers een aangesit het nie was daar letterlik net een mens wat ek kan onthou wat nie die verstandelike vermoë gehad het om die program te begryp nie. En tot sy het met geduld en tyd saam geleer. Daar was egter baie mense wat bang was of weerstand gebied het teen verandering. En nog veel meer wat te lui was om te dink. Hulle was ‘n veel groter probleem. Ek verstaan dus waarvan Girl praat. Terselfdertyd moet ek byvoeg dat mense ongelooflik verskillend dink – ‘n paar mense wat kommentaar gelewer het het dit genoem – en wat vir een ou “common sense” is is vir ‘n ander ou glad nie voordiehandliggend nie.

One Trackback

  1. By Liewe Antie Koekie . . . « Pokkeljonsie on January 26, 2010 at 9:26 PM

    [...] hoor tannie Girl en tannie Sonkint het ook kouzas. Sjoe, ek wonnir of hilli virrie president werk lat hilli so [...]

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License