Vlam se huiswerk

Daarsy Drakie my huiswerk is gedoen… en mag ek maar byvoeg… Faaarrrk….. dis toe nou nie so maklik nie.

Ek geniet die reën wat die laaste ruk so mildelik val. Dis goed vir die siel en ons vind tog net baat daarby. Die water word deur al die boere verwelkom en geen druppel word vermors in die Oos-Kaap op die oomblik nie, want dit is immers bitter droog in hulle omgewing.

Of dit nou reën of hael. Of dit nou winter of somer is, jy sal my in die tuin kry. Die in die binnekring weet nou al jy bel nie huis toe tussen 5 en 8 in die aand nie, want ek is eenvoudig nie beskikbaar nie. Die telgies mag dalk nog die telefoon antwoord, maar vir my sal jy nie sommer in die hande kry nie. Nie eers hospitaal sake nie is belangrik genoeg nie.

Samuel, my lange maergat tuinboytjie  is ‘n gawe siel en het ‘n talent om alles te maak groei. Nou die dag toe kry ek so ‘n rilling in my hart toe hy ‘n klein broodboom saam terug karwei na hy vir die familie gaan kuier het. Hy het dit so ewe per taxi terug vervoer. Na ek amper tien dode gesterf het van skok en hom behoorlik uitgetrap het oor hy gesteelde plante sonder permitte hier aandra het ek tog vir hom ‘n plekkie in die tuin gaan soek.

Mooi was nog nooit lelik nie.

Picture 012

Picture 013

Picture 010

Picture 008

Picture 005

Picture 002

Picture 001

Nou maar reg….

Hiermee tag ek offisieel vir Vlam en Hoefyster en Daizy en Oukie… Nou kan julle my maar copycat! Ek dink dit gaan fun wees….

Ps… Die kiekies is van my eie moeder se tuin

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Sommer maar net..., tagBoekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

82 Comments

  1. Gesê op December 9, 2009 om 10:04 PM | Permanente Skakel

    :lol:

    Ek het my mening, maar sal maar vir Vlam los om te oordeel.

  2. Gesê op December 9, 2009 om 10:14 PM | Permanente Skakel

    Oeeeeee….. siep sop braai boud OF… sy gaan haar doodlag! :mrgreen:

  3. Gesê op December 9, 2009 om 10:36 PM | Permanente Skakel

    Altwee

  4. Gesê op December 9, 2009 om 11:31 PM | Permanente Skakel

    En die verdict is…ek wil my doodlag! Vir myself! :lol:

    Wat ek nou dink – nadat ek die hele dag gewonder het of die tag in ‘goeie smaak’ was – is dat ons dalk iets van onsself gaan leer hieruit.

    Soos die ellelange foto’s…
    Die geteem oor reen, plante en tuinboys… :oops:

    Regte ou treehugger, ekke. :shock:

    Ek sou meer swak taal ingegooi het. Baie Engelse woorde. Behalwe dit, laat dit my cringe so close to home is dit!

    Dankie vir die saamspeel, Girl! Ek weet daar is ander demoontjies wat jou aandag verg, so ek waardeer dit baie. :wink:

  5. Gesê op December 9, 2009 om 11:33 PM | Permanente Skakel

    PS. As ek na die foto’s kyk, is jou moeder my tipe girl. :lol:

  6. Gesê op December 10, 2009 om 12:37 AM | Permanente Skakel

    Goeie copycat! :)

  7. Gesê op December 10, 2009 om 8:07 AM | Permanente Skakel

    :lol: Ek het geweet die reën MOET iewers feature!! Hehehehehehe

  8. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 8:23 AM | Permanente Skakel

    Well done Girlie….spyker so op die kop geslaan….die wonderlike oordra van die afrikaanse taal deur jou (VLAM) waf finominaal…..en jammer ek kannie getag word nie (hiehie)…ek’t nie ‘n blog nie….

  9. Gesê op December 10, 2009 om 8:24 AM | Permanente Skakel

    Ou Hoefie… Ons sal sien…. Hoe jy vaar…. :evil:

  10. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 8:25 AM | Permanente Skakel

    O ja, vra seblief vir jou ma wanneer ons kan kom tee drink in haar pragtige tuin….ek dink ons sal lekker blommetjies en goeters gesels….

  11. Gesê op December 10, 2009 om 8:26 AM | Permanente Skakel

    Daizy

    Jy het Girl se epos adres, nie waar nie? En sy het ‘n blog. Easy peasy!!!

    Ek gaan ook nie-bloggers tag. Onder andere. :evil: As ek ooit aan die tag deelneem. :twisted:

  12. Gesê op December 10, 2009 om 8:28 AM | Permanente Skakel

    Verlig is ek nou… Ou Vlam… :roll:

    Dit het my die HELE dag gevat….

    Wel… daai is net ‘n kwart van haar tuin…. Moeder spandeer baie, baie tyd daar en soos in regtig…. Jy kan nie huis toe bel om met haar te praat daai tyd van die aand nie, want sy is in die tuin besig om nat te gooi… Nee… sy soek nie spreiers waar daar nie is nie… Sy wil dit self doen!

  13. Gesê op December 10, 2009 om 8:29 AM | Permanente Skakel

    Ou Nellatjie

    Ek gaan jou naam so met ‘n plank slaan, jy gaan nooit weer jou gesig in die openbaar wys nie. Nie aspris nie! ‘n Xena-Girl kruising opmors gaan almal naar maak. Ek dink ek gaan almal dit spaar

  14. Gesê op December 10, 2009 om 8:29 AM | Permanente Skakel

    Hey… Welkom Nikita :P

    Dankie! Ek reken dis oor sy my blog ma is… ;)

  15. Gesê op December 10, 2009 om 8:30 AM | Permanente Skakel

    Jou se muder is darm self ‘n ywerige tiunier sien ek. Sy geen nie dalk lesse nie? Ek sal betaal!

  16. Gesê op December 10, 2009 om 8:31 AM | Permanente Skakel

    Wel Oukie… as party goed so voorspelbaar is… sidder ek om te weet waarin ek myself begeef het… It may be pay back time! :shock:

  17. Gesê op December 10, 2009 om 8:32 AM | Permanente Skakel

    Maar Daizy Blom… Jy kan dit hier doen…Net hierso… onder…. :mrgreen:

    However… ek aanvaar bribes! ;)

  18. Gesê op December 10, 2009 om 8:36 AM | Permanente Skakel

    Moeder se pride en joy en ek moet bieg… sy mag maar… Mooiste tuin in die dorp!
    Ek reken dit maak op vir die kinders se foekapies! ;)

  19. Gesê op December 10, 2009 om 8:39 AM | Permanente Skakel

    Hoefie… :P

    Jy sal van die binnekring verban word as jy nie deelneem nie,… ‘n Tag is ‘n non negotiable…

    Dink aan die as ‘n terug kry… daai irritasie wat jy gewoonlik raaklees… DAAI kan jy nou mee spot en ek belowe ek sal saamlag…. :mrgreen:

  20. Gesê op December 10, 2009 om 8:40 AM | Permanente Skakel

    Jou se moer Xena…. Jy SAL saam speel! :evil:

  21. Gesê op December 10, 2009 om 8:44 AM | Permanente Skakel

    Plasie! Howzit! Sjoe….. Ekke is bly om jou te sien!

    Moeder bly al hmmmm wag laat ek uitwerk… vandat ek 6 is in die huis…. dus bly hulle al 25 in dieselfde plek….

    Hulle bly hoeka naby die botaniese tuin in Pta…. Al die weirdste diere in die tuin gekry…

    I will take you on a tour one day… Dan kan julle tweetjies maar die tee ding doen. ;)

  22. Gesê op December 10, 2009 om 9:22 AM | Permanente Skakel

    Ja, jou se moer, Xena. :twisted:

  23. Gesê op December 10, 2009 om 9:39 AM | Permanente Skakel

    Ja se haar vlam!

    Wela-Kapela…. Kry Hoefie raas! ;

  24. Gesê op December 10, 2009 om 9:49 AM | Permanente Skakel

    Wat gaan julle doen? Dreig om my te skiet??

  25. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 9:57 AM | Permanente Skakel

    Nee, nee hier word onder geen omstandighede enige vorm van geweld op hierdie blog toegelaat nie…..

  26. Gesê op December 10, 2009 om 10:18 AM | Permanente Skakel

    Daizy, speak for yourself! Ek en Girl wil bloed sien vloei… :mrgreen:

  27. Gesê op December 10, 2009 om 10:23 AM | Permanente Skakel

    Nee hoefie… Ons dreig nie!

    Skiet…. dis helemaal te pynloos…. HELEMAAL!!!!!! :evil:

  28. Gesê op December 10, 2009 om 10:24 AM | Permanente Skakel

    Daizy!!!!!!!!!!!

    Jy sal moet help… Die ou perd kan nie NIE haar taak doen nie… Geweld is al hoe sy luister! :mrgreen:

  29. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 10:36 AM | Permanente Skakel

    Ek sal solank my jas en vergrootglas nader sleep om die moord toneel te ondersoek…..en sakke vir die lyke…hiehie

  30. Gesê op December 10, 2009 om 10:47 AM | Permanente Skakel

    :lol:

  31. Gesê op December 10, 2009 om 10:53 AM | Permanente Skakel

    Daizy

    Het jy al begin skryf?

    Vlam en Nell sal my eers moet vang en daaroor is ek nie juis bekommerd nie

  32. Gesê op December 10, 2009 om 11:18 AM | Permanente Skakel

    Daizy……. :mrgreen:

    Ons los geen clues nie… NOOIT nie… Hoe weet ek…. Ons was nog nooit gevang nie! ;)

  33. Gesê op December 10, 2009 om 11:19 AM | Permanente Skakel

    Hoe kan jy nie bekommerd wees nie :?:

    Ek vlieg op ‘n besem… Ek hardloop nie… EN Vlam.. oefen al klaar vir die comerades! Be afraid Hoefie…. Be VERY affraid! :mrgreen:

  34. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 11:22 AM | Permanente Skakel

    Girlie het daai besems van julle dalk “Nitro’s” op? Nee Xenatjie….ek tob nog oor die ding jong….wil nou nie wee my eie naam met ‘n plak slat nie

  35. Gesê op December 10, 2009 om 11:23 AM | Permanente Skakel

    Vlam kan nie eers tot die voordeur hardloop nie en jy, my engel, is meer bek as binnegoed.

  36. Gesê op December 10, 2009 om 11:26 AM | Permanente Skakel

    JOU naam met ‘n plank slaan Daizy… Nee, hel… dis MY naam op die spel hier! :mrgreen:

    So skryf na hartelus! ;)

    Jip… sulke Harry Potter besems!

  37. Gesê op December 10, 2009 om 11:27 AM | Permanente Skakel

    Xena…. Ek kan geld op die spel plaas… Ek is VERSEKER vinniger as jy!

  38. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 11:34 AM | Permanente Skakel

    Jy sien Girl dit is ek wat die griffel werk moet doen, maak nou nie saak of ek moet voorgee dat dit jy is nie….dis steeds ek wat dit skrywery moet doen hoor….so helaas sal dit my eie naam wees wat geslat sal word

  39. Gesê op December 10, 2009 om 11:39 AM | Permanente Skakel

    Girl

    Noem die tyd en plek?

  40. Gesê op December 10, 2009 om 11:41 AM | Permanente Skakel

    Ag as jy rerig nie wil nie Daisy kan jy maar net ‘n mooi briefie aan my skryf… dis ook reg! ;)

  41. Gesê op December 10, 2009 om 11:42 AM | Permanente Skakel

    Xena… hoe ver gaan ons hol…. Om die baan :?: 100m :?: 25m :?:

  42. Andrew
    Gesê op December 10, 2009 om 11:49 AM | Permanente Skakel

    Wat ‘n mooi tuin! Toe ek die fotos sien toe dink ek hoe lekker kan katte en honde daar in die skaduwees lê en slaap. Baie mooi.

    Vlam, gewoonlik voel ek jammer vir mense wat getag word maar hierdie een van jou gaan sports wees, goeie een. :-)

    Girlie, ek het lekker gelag … whahaha! :lol:

  43. Gesê op December 10, 2009 om 11:53 AM | Permanente Skakel

    Net mense wat goed gesteel het hardloop.

  44. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 11:56 AM | Permanente Skakel

    Plasie dan moet dit seker maar Xena wees wat Girl en Vlam se besems gesteel het….hiehie

  45. Gesê op December 10, 2009 om 12:11 PM | Permanente Skakel

    Daizy

    Ek sou die besems vernietig het, maar ek hou hulle veilig vir wanneer Nell en Vlam op jou case wil spring.

  46. Gesê op December 10, 2009 om 12:20 PM | Permanente Skakel

    Fanx Andrew!

    Daar kruip BAIE diere weg daar…. Ons het nou al .. behalwe vir die common slang en skerpioen variante… gekry:

    steenbokkie, krimpvarkie, uile, nagapies, miseljaatkat (spelling?), Moer baie ander voels actually…. Vlermuise… sjoe… net allerhande ander goeters…. Almal love die tuin. :mrgreen:

    Ja ek dink ook die tag was fun… MAAR… ek wag nou vir myne… en dit is scary… want ek dink ek weet wat wag! ;)

  47. Gesê op December 10, 2009 om 12:21 PM | Permanente Skakel

    Wel plasie… ek hardloop ook net as iets my jaag…… ;)

  48. Gesê op December 10, 2009 om 12:22 PM | Permanente Skakel

    Hehehe…. Hoefie en Daizy blom… Watchit!

    Ons gaan pret he! :mrgreen:

  49. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 12:42 PM | Permanente Skakel

    Girlie….julle het gelukkig nie ‘n tydsbestek op hierdie tag van julle geplaas nie….want ons almal sal nou eers ‘n in diepte ondersoek moet gaan doen oor hoe jou brein nou eintlik aan mekaar gesit is….

  50. Gesê op December 10, 2009 om 12:45 PM | Permanente Skakel

    No, no, no, Daizy. Ek het net gese dit hoef nie binne EEN dag afgerammel te word nie. :wink:

    Skryf, suster, skryf! :mrgreen:

  51. Gesê op December 10, 2009 om 12:50 PM | Permanente Skakel

    Ahem…. Daizy…. Nie eers ek is seker hoe my inner workings werk nie. ….. So sterkte met daai enetjie! ;)

  52. Gesê op December 10, 2009 om 12:51 PM | Permanente Skakel

    Hehehehe Vlam…. Ek het nie eers raak gesien daar is ‘n tydlyn / nie ‘n tydlyn nie! :roll:

  53. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 12:54 PM | Permanente Skakel

    Sê jy nou vir my Girl….kan jy imagine watse taak op hande is dan????

    Vlam gaan jy my nie eers genadig wees nie ma…..oeps julle ek’t ‘n vreeslike maagpyn ontwikkel en sal vir ‘n paar daggies buite aksie wees….hehe

  54. Gesê op December 10, 2009 om 1:04 PM | Permanente Skakel

    Daizy! :evil: G’n maagpyne nie!

    ja… julle kry swaar…arme julle! :)

  55. Gesê op December 10, 2009 om 3:04 PM | Permanente Skakel

    *sug*

    My huiswerk is gedoen…

  56. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 3:41 PM | Permanente Skakel

    My kop is leeg, ek het waarlik nie vandag ‘n enkele idée waaroor om te skryf nie.

    Terwyl ek hier in die park op ‘n bankie sit om my gedagtes te laat gaan en my woorde neer te pen stap ‘n ouerige oom en tannie by my verby. Hand aan hand stap hulle tot skuins orkant my en neem plaas op die bankie oorkant my. Hulle sit net so want na soveel jare saam is woorde nie nodig nie.

    Ek sit die twee bejaardes so onderlangs en dophou en gewaar toe hoe die ou Tante ‘n piepklein pakkie uit haar handsak haal, die inhoud in die helfte breek en ‘n stukkie vir die Omie gee waarna sy self haar stukkie eet. Ek neem maar aan dit was ‘n lekkertjie of iets en bepaal my toe maar weer tot my eie gedagtes, probeer om myself nie langer te treiter oor wat is en wat kon wees nie toe ek net ‘n harde sug hoor van oorkant die paadjie.

    Die ou Tannie lê met haar kop op die oom se skouer en hy weer beurtelings met syne op haar kop. Hulle lyk so vreedsaam, bedoel vir mekaar, vir altyd, asof gegrafeer uit steen!!! Ek het daar bly sit en dagdroom oor my eendag toe ek besef dat daar al amper twee of drie ure verloop het vandat die bejaarde paartjies hulle kom tuismaak het in my wereld en hulle het nog nie geroer nie.

    Die windjie het begin opsteek en die dag staan nou einde se kant toe, toe ek besluit om die oumensies te loop wakker maak want hulle sal slaaks sit en verkluim hier in die park. Stilletjies sluip ek nader om hulle tog nie te verskrik nie en tik liggies aan die Tannetjie se gebeende arm…maar dit is yskoud. My eie ellende vergeet vir die oomblik. Ek praat saggies “Tannie, Oom julle kannie hier buite in die koue bly sit nie”…maar kry geen reaksie nie. Die ou dame se hand val van haar skoot af en die pakkie daarin beland op die vloer, ek tel dit op en lees die ettiket “ARSEEN”….Hier het die twee geliefdes aan hulle einde gekom, in mekaar se se teenwoordigheid…vreedsaam….vir ewig…

    Hiehie…nou kyk nou net…Girlie jy kan sommer nou speeurder ook word…

  57. Gesê op December 10, 2009 om 3:48 PM | Permanente Skakel

    Kyk nou net, Daizy! :lol:

    Arme Girl word ontbloot as die Softie van alle softies. :mrgreen:

  58. Gesê op December 10, 2009 om 3:51 PM | Permanente Skakel

    Faaaaaaarrrrkkkkk. Daizy :mrgreen:

    Wanneer begin jy dan jou eie blog!

    Jis… ek is soooooo voorspelbaar! My beskrywings, my topics en my gevoelens… Dis ‘n wonder julle is nog nie verveeld met my nie :P

  59. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 3:53 PM | Permanente Skakel

    Dit is wat jou so uniet maak ou Meisietjie!!!!!!!!

  60. Gesê op December 10, 2009 om 3:53 PM | Permanente Skakel

    Vlam… Ek tjank sommer! :???:

    Ek wil ook bitchy wees… mense moet my fear… hulle moet sulker rillings van skok kry… Somewhere… al is dit nou net vir ‘n dag!

  61. Gesê op December 10, 2009 om 3:54 PM | Permanente Skakel

    Daizy!!!

    Watter rilverhale vertel jy? :lol:

    Maar jy het Girl spot-on.

  62. Gesê op December 10, 2009 om 3:56 PM | Permanente Skakel

    LOL! Praat van voorspelbaar wees…plante, plante, plante, tuinboys, reen, reen… :lol:

    Nee wat, jou menslike dramas het gelukkig baie meer fasette as dit! :wink:

    Wat het ek jou gese? Mens leer so ietsie van jouself, he?

  63. Gesê op December 10, 2009 om 3:56 PM | Permanente Skakel

    Ek wil voorstel dat Andrew eerder die tag in my plek doen…. Groot Asseblief :?:

  64. Gesê op December 10, 2009 om 4:01 PM | Permanente Skakel

    Oukie… jy sal net verskoon word as jy ‘n damn goeie rede gee…. :P

  65. Gesê op December 10, 2009 om 4:01 PM | Permanente Skakel

    Demoerin is ‘n chicken! Demoerin is ‘n chicken! :mrgreen:

  66. Gesê op December 10, 2009 om 4:03 PM | Permanente Skakel

    Jy is reg Vlam…Ek het moer baie geleer…

    Ek moet TEN MINSTE een keer ‘n week op my besem klim… Regtig! ;)

  67. Gesê op December 10, 2009 om 4:05 PM | Permanente Skakel

    DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!! DMI is ‘n pissie!!!

    Nell

    Hy het nogal ‘n goeie idee. Tag Andrew ook

  68. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 4:11 PM | Permanente Skakel

    En die boere mannetjie ook

  69. Gesê op December 10, 2009 om 4:11 PM | Permanente Skakel

    Dames… Dalk is die oukie druk besig by die werk… :mrgreen:

    Dis fine… Hy is NET DIE KEER verskoon!

  70. Gesê op December 10, 2009 om 4:12 PM | Permanente Skakel

    Boeremannetjie? Wie’s dit Daizy?

  71. Gesê op December 10, 2009 om 4:18 PM | Permanente Skakel

    Daar moet ‘n sekere vlak van misterie bly op ‘n blog, want dit maak nie saak hoe goed mense dink hulle jou ken nie, hulle sal nooit enige blogger ten volle ken, behalwe in persoonlike lywe nie.

  72. Daizy
    Gesê op December 10, 2009 om 4:24 PM | Permanente Skakel

    Die Plaasjuppie

  73. Gesê op December 10, 2009 om 4:32 PM | Permanente Skakel

    It was all in the name of fun Oukie… Want eintlik het elkeen ‘n iets wat hom spesiaal maak… en daai iets het die ander gebruik om so bietjie draak te steek met die ander. ;)

    Maar jy is verskoon… ek verstaan deadlines! :mrgreen:

  74. Gesê op December 10, 2009 om 4:32 PM | Permanente Skakel

    Plaaaaaaaaaaassssssssssssiiiiiiiiiiiiiiieeeeeeeeeeee!!!!! :mrgreen: :mrgreen:

    Wil jy getag word :?:

  75. Olga
    Gesê op December 10, 2009 om 5:33 PM | Permanente Skakel

    go daizy.

  76. maxie
    Gesê op December 10, 2009 om 7:30 PM | Permanente Skakel

    Jinne maar julle is op jul stukke! :smile:
    Knapgedaan!

  77. Gesê op December 11, 2009 om 6:38 AM | Permanente Skakel

    Olga… Xena maak jou dood as sy sien jy lees ander blogs :shock:

  78. Gesê op December 11, 2009 om 6:40 AM | Permanente Skakel

    Hey Maxie :p

    Talentvolle klomp… Kan lekker identity theft pleeg! ;)

  79. Daizy
    Gesê op December 11, 2009 om 9:16 AM | Permanente Skakel

    More Girlie…en toe??? Hoekom is hier nog niks nuuts op hier nie…hehe

  80. Gesê op December 11, 2009 om 10:57 AM | Permanente Skakel

    Ek kom net groet. Geseënde feestyd.

  81. Gesê op December 11, 2009 om 11:33 AM | Permanente Skakel

    More / Middag Daizy!

    Your wish is my command… soort van! ;)

  82. Gesê op December 11, 2009 om 11:34 AM | Permanente Skakel

    Dankie vir die inloer Emil!

    Geseende feestyd vir jou en jou familie ook! x x x

    And if you can’t be good…. be good at it! ;)

One Trackback

  1. By Laat die kinders kom « Herriemerrie on December 10, 2009 at 12:53 PM

    [...] die kinders kom 10 12 2009 Hier probeer die Herriemerrie maak of sy die Girl van die Suburbs [...]

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 6 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License