Tag: 20 random stuff

En daar word ek wragtag weer getag deur aanmoediging van Son daar by ou Hoefyster. Ek reken julle weet nou regtig alles van my af, na die vrae wat ek hier en hier moes antwoord… maar ek is seker daar het iets interessant gebeur die laaste keer  vandag ons gecheck het.

  1. Ek eet amper elke aan van die week popcorn. Met sout en aromat. Ek sal my siel verkoop daarvoor
  2. Ek drink nog al die pad drink-o’-pop koeldrank. Amper3 liter van dit ‘n dag. Ek het selfs ‘n bottel daarvan op my tafel by die werk
  3. Ek is op soek na ander werk. Ek wil bitter graag ander werk kry so gou as moontlik
  4. Die laaste fliek wat ek gesien het was Julie en Julia en dit het my inspirasie gegee vir my planne in die nuwe jaar
  5. Die laaste boek wat ek gelees het is Dis ek Anna
  6. Die volgende boek op my bedkassie is die Fees van die Ongenooides wat ek sal begin lees sodra my ander projekte klaar is
  7. Ek is besig om te mosaiek… my tweede poging ooit
  8. Ek is begin met ‘n skildery… my eerste poging in 13 jaar. Ek het na skool nie weer geverf nie
  9. Ek het sopas die eerste reeks van Dexter klaar gekyk en ek is gehook. Mal oor die reeks.
  10. Ek het die beste koor opvoering van my lewe ‘n maand terug gekyk en ek het myself voorgeneem ek gaan die nuwe jaar meer gereeld sulke opvoerings kyk
  11. Ek gaan in die nuwe jaar leer squash speel… Partner en trainer is opgeline… Die wil is daar nou moet ek dit net deurvoer en deur dit hier te noem het ek geen ander keuse as om dit te doen nie
  12. Ek wens partykeer ek het die vermoee gehad om mense se harte te genees. Ek pak my demone aan one after the other en ek wens ek kon dit vir ander ook doen oor hulle nie besef hoeveel vryheid daar in is nie
  13. As ek kon kies sou ek eerder met syfers kon werk, meer rasioneel wees en minder dink en voel. Ek dink boring is beter
  14. Ek het ‘n tweede blog… ‘n Engelse blog
  15. Soos wat ek hier op die bank opstaar na die ceiling wonder ek hoekom dit so freaken hoog is…. Hulle kon regtig ‘n loft hier ingepas het. My gordyne se drop is 2.70 meter en dan kan daar nog so groot venster inpas
  16. My yskas is beplak met getekende prentjies, foto’s en magnete
  17. Ek is tans op roaccutane en skilfer af soos ‘n krokkodil. My mond is gebars, my neus bloei elke dag, ek gebruik artificial tears want my ogies droog op en ek gebruik spf 5o oral op my lyf daagliks…. maar daai mooi vel wil ek he
  18. Ek het nou al vir twee weke lank geen politoer op my toonnaels nie … dis altyd geverf
  19. Ek hou daarvan om te kyk hoe weird  die degrees of seperation op facebook is. Dit verstom my regtig hoe van my vriende mekaar ken
  20. Ek droom gereeld ek bly op ‘n plaas en doen houtwerk as ‘n stokperdjie en het baie diere wat my geselskap hou. ‘n Huisie onder die bloekoms…. poue en eende en ganse en perde en diesmeer…..
Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Sommer maar net..., tag Sleutelwoorde: Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

45 Comments

  1. Gesê op December 16, 2009 om 10:37 PM | Permanente Skakel

    Ek hoop jy gaan eendag vir ons wys wat jy geskilder het. En vertel nou maar waar is jou Engelse blog, toe! :-)

  2. Gesê op December 16, 2009 om 11:29 PM | Permanente Skakel

    Waar is die ander 5?

  3. Gesê op December 16, 2009 om 11:31 PM | Permanente Skakel

    herrie, jy het nie gese hoeveel nie! Ek het net 13 gedoen!

  4. Gesê op December 16, 2009 om 11:44 PM | Permanente Skakel

    Ek dink aan goeie begrypers en halwe woorde . . . .

  5. Gesê op December 17, 2009 om 8:43 AM | Permanente Skakel

    Ek hoop dat ek eendag die drink-o-pop ding sal verstaan :lol:

  6. Charms
    Gesê op December 17, 2009 om 9:02 AM | Permanente Skakel

    Ek se net hallo – ek volg Wenchy se blog en jou “naam” het my opgeval en ek moes net eers kom kuier – hoop nie jy gee om nie.

  7. Gesê op December 17, 2009 om 9:06 AM | Permanente Skakel

    Hehehe Son… Die Engelse blog sal julle maar moet soek. :mrgreen:

    Ek het ‘n oefenlopie gehad gister en kyk… Picasso se moer hoor. Nee, ek speel… Ek sal as ek my groot projek aanpak vir julle wys. ;)

  8. Gesê op December 17, 2009 om 9:07 AM | Permanente Skakel

    Hoefie ek is te boring vir nog 5… REGTIG!!!!!

  9. Gesê op December 17, 2009 om 9:07 AM | Permanente Skakel

    Yes, Son… Ek sal gaan kyk na joune… Lucky number 13?

  10. Gesê op December 17, 2009 om 9:08 AM | Permanente Skakel

    Daar is vir my niks lekkerder as ‘n yskoue drink o pop nie Oukie… Dit les my dors meer as wat water doen en ek is permanent dors. Dis soos bier… die een kan ek net in die publiek en by die werk drink.

  11. Gesê op December 17, 2009 om 9:09 AM | Permanente Skakel

    Welkom Charms… nee glad nie!

    Dis altyd lekker om ‘n nuwe gesiggie te sien en ander te leer ken! :P

  12. Gesê op December 17, 2009 om 9:19 AM | Permanente Skakel

    Jy sal Fees van die Ongenooides nie kan neersit as jy eers begin nie!!! Dit is maar net DIE beste boek ooit!! :wink:

    PS. Jy was baie gehoorsaam om die tag te doen? Ek het net my agterent daaraan afgevee… :oops:

  13. Daizy
    Gesê op December 17, 2009 om 9:30 AM | Permanente Skakel

    My maggies Girl….dit nou interessante dinge wat ons van jou te hore kom….ek sal die koeldrankies en popcorn gereed hou vir jou eendag kuiertjie hoor….

  14. Gesê op December 17, 2009 om 9:33 AM | Permanente Skakel

    Daai boek roep my Vlam… Ek dink ek sal wel vanaand begin lees….

    Ag ek wou nou nie lelik wees met ou hoefie nie… :mrgreen:

  15. Gesê op December 17, 2009 om 9:34 AM | Permanente Skakel

    More Daizy! :P

    Ek kon nie aan meer arbitrere goed dink nie… ;)

  16. Gesê op December 17, 2009 om 9:36 AM | Permanente Skakel

    My seun eet pop corn met suiker op – jugg, pop corn met baie aromat is heerlik!!

  17. Gesê op December 17, 2009 om 9:52 AM | Permanente Skakel

    Jy beter nie met my lelik wees nie.

    Ek weet waar jy bly . . .

  18. Gesê op December 17, 2009 om 11:26 AM | Permanente Skakel

    Jong, dink jy 3 liter van daardie plastiek koeldrank ‘n dag is gesond :?:

  19. Gesê op December 17, 2009 om 12:52 PM | Permanente Skakel

    Nevermaaind die plêstiek koeldrank. Dink jy al daai sout wat jy inkry saam met jou popcorn is gesond?

  20. Gesê op December 17, 2009 om 1:10 PM | Permanente Skakel

    You have a blog in English…………” fantabulous “- now I’ll be able to understand everything said :) What no nail polish, whats up with that? Did not know you were quite the artist, I must see the end results. Plse send me the link to your English blog :)

  21. Gesê op December 17, 2009 om 1:50 PM | Permanente Skakel

    Hey Meermin

    Ek is mal oor Aromat… ek kan nie dink dat popcorn met suiker so lekker kan wees nie! :???:

  22. Gesê op December 17, 2009 om 1:52 PM | Permanente Skakel

    Met wie praat jy Xena? Want good luck as jy by my Fort Knox wil inkom. There is just no way jy kan inkom nie. Ek love my sekuriteit… Niemand kan onverwags daar opdaag tensy jy iemand anders in die komplex ken wat jou sal inlaat nie…..

  23. Daizy
    Gesê op December 17, 2009 om 1:54 PM | Permanente Skakel

    Girl….komaan….nou wil ons almal graag weet waar daardie engelse blog van jou is….dit nie fair nie jy hou ons hier ini donker ne???

  24. Gesê op December 17, 2009 om 1:55 PM | Permanente Skakel

    Wel Oukie ek reken dit is gesonder as Coke… :???: Besides ek drink dit nou al vir 3 of 4 jaar en ek is fine…

    Die aliens het gese dis fine… en ek glo hulle… ;)

  25. Gesê op December 17, 2009 om 2:00 PM | Permanente Skakel

    Hoe bad kan sout dan wees Plasie? Sien dit as my deel in die sakke sout eet afdeling! :mrgreen:

  26. Gesê op December 17, 2009 om 2:01 PM | Permanente Skakel

    Hey Leigh!

    Sjo… can’t believe you are already up and about after the delivery. Hope all is well.

    Can you imagine… NO nail polish on the toes… It’s almost like not dying my hair! ;)

  27. Gesê op December 17, 2009 om 2:02 PM | Permanente Skakel

    Ons sal dit op jou grafsteen skryf

  28. Gesê op December 17, 2009 om 2:07 PM | Permanente Skakel

    Daisy Koei-de melker – Blommetjie!

    Dis nog in begin fases… ekhet begin engelse blogs lees op ‘n ander platform (nie wordpress nie en toe sien ek hoeveel mense regtig daar uithang… ek gaan dit ‘n shot gee en kyk.

    Ek het dit ook oorweeg gisteraand om op Lanbouweekblad te gaan blog… Hulle het sulke boere daar wat blog oor hulle wol en hoenders en dinge… Toe wonder ek… dalk moet hierdie stadskind hulle lewe bietjie gaan omver gooi daar… :mrgreen:

  29. Gesê op December 17, 2009 om 2:08 PM | Permanente Skakel

    Nee man dis mos nou nie so baie sout nie… net so ‘n sprinkeltjie…

  30. Daizy
    Gesê op December 17, 2009 om 2:11 PM | Permanente Skakel

    Girl …hehe….maar jy het alweer een waardevolle stukkie informasie vergeet….Dit moet ‘n wynboer wees eerder as die wat met skapies en besies boer….Die druiwe boere het sakke en sakke meer geld as die wat met gewasse en vleis boer….volg nou my raad….ek kort daardie vakansietjie aan die kaap…toe toe opskud, en ja ons wil weet waar die blog is of hy nou in ‘n begin fase is al dan nie…

  31. Gesê op December 17, 2009 om 2:15 PM | Permanente Skakel

    Ek wonder net of daar boere is tussen 27 en 35… Ek wil nie ‘n ou oompie he nie! ;)

    Ek worry nie so erg oor die geld nie… ek wil net ‘n plaas he waarop ek my kinders kan groot maak en my stokperdjies kan beoefen.

    Ek weet nie so mooi of dit ‘n goeie idee is om my op ‘n wynplaas los te laat nie, Daizy….

  32. Daizy
    Gesê op December 17, 2009 om 2:18 PM | Permanente Skakel

    As daar nou twee van ons losgelaat word daar sal dit maar mors ja…mmm

  33. Daizy
    Gesê op December 17, 2009 om 2:19 PM | Permanente Skakel

    En ouer is beter….glo my….baie beter….jy wil tog nie snotneusies afvee nie of hoe?

  34. Gesê op December 17, 2009 om 2:24 PM | Permanente Skakel

    Daizy ek LOVE my rooiwyn… As hy spesiaal vir my ‘n ou rooietjie bottel dan sal ek heel in my noppies wees, hoor!

    Ja, ek wil nie ‘n snotneus he nie,maar ook nie ‘n ou man nie hoor. Ek wil hom darem nog kan geniet!

  35. Gesê op December 17, 2009 om 3:18 PM | Permanente Skakel

    Daar is navorsing gedoen op o.a. die consumption van diet asook gewone aanmaakkoeldranke – en die results was nogal interessant:
    Die mees fascinating daarvan was dat hulle bevind het dat mense wat meer as een 350ml (ongeag dieet of gewone koeldrank, versoet, aangemaak of hoeookal) steeds ‘n 31% groter risiko loop om oorgewig te raak.
    Alhoewel dieet koeldranke geen of die minimun carbs en suikers bevat is hulle sodium vlakke hoog genoeg om genoeg waterretensie te veroorsaak, wat op sy beurt weer selle skep vir die berging van enige restant carbs wat jy inneem maar nie gebruik nie – dus die carb in vet omsit vir future reserves (wat die liggaam nooit gaan gebruik nie, omdat jy waarskynlik meer as genoeg carbs inkry per dag vir die energy wat benodig…
    dit kom hierop neer: hoe meer ons kan ’skoon’ eet en drink – m.a.w hoe minder smaakmiddels (en dit sluit Aromat beslis in!!) ons inneem, hoe meer is ons geneig om vir die ‘lekker’ te eet – en nie vir die regte redes nie – en hoe meer (veral artificial) smake jou mond aan blootgestel word, hoe meer is hy geneig om te sê: “ek is lus vir…”.
    Aromat is ook ‘n HUGE nee-nee Girl – en los maar die popcorn vir tot jy begin oefen – onthou dis ‘n carb – en alhoewel hy seker vesel bevat ens is hy ‘n mielie – en mielies kan die absorpsie van Vit B teëwerk, wat velprobleme, depressie, bloedarmoede, en lae energie vlakke veroorsaak (selfs geheueverlies word gemeld in tekort aan Vit B). Popcorn dan en wan is ok, maar dan praat ons van ‘n koppie vol (gaar gemeet!! :mrgreen: ) SONDER sout of aromat of enige geurmiddel – jy wil nie extra sodium inneem nie!
    Check bietjie hoeveel produkte wat as lowfat aangedui word het hoër sodium en veral ook hoër carb (meesal suiker) content as hulle fullfat eweknie. Probleem: jy beperk die vetinname, maar jy kry meer carbs en sodium in as wat jou liggaam benodig of goed is vir jou – catch 22… hmmmm. (en al diet jy dalk benodig jou liggaam steeds vette om te funksioneer – báie meer as wat hy onnodige carbs en sodium nodig).
    Te veel sodium (hulle reken meer as 500mg per dag) kan hoë bloeddruk veroorsaak, bevorder osteoporose en affekteer die elektroliete in jou liggaam en die vervoer daarvan negatief – wat jou senustelsel bigtime kan laat haywire as jy ouer word.
    Lees op jou spicebottels en kyk of jy dalk ‘ VegMix of HerbSalt kan kry met lae sodium – gebruik dit dan sommer as jy kook ook.
    Sjoe, Girly :shock: – skuus vir die ‘roll’… partykeer is daar wragtig nie brieke nie!!
    Hey – en hier’s ‘n geheimpie spesiaal vir jou:
    Maak saans ‘n koppie kaneel’tee’ – 1 plat teelepel kaneel met kookwater. Laat afkoel en versoet dan met 2-3 teelepels heuning (nie suiker of stroop nie). Roer weer goed en drink die helfte voordat jy gaan slaap. Gooi die res in ‘n glasie en sit langs die ketel of in die yskas – roer en drink net ná opstaan. Excellent gewoonte en absoluut dié ‘wonderkuur’ vir makliker gewigsverlies (of maintenance), goeie spysvertering, bloedsomloop ens ens… (hulle sê dit help tot vir arthritis – maar ek het dit nog nie, so, eeehhhmmm dalk werk dit tog :???: lol!! Maar probeer gerus – jy sal binne ‘n week of 2 oor die algemeen ‘n verskil begin opmerk. En NEE – dit is nie ‘n wonderpil-diet nie, al wat daarvoor help is goeie eet- en oefengewoontes, maar dit sal beslis help – nou doubt! Don’t thank me now – thank me later :mrgreen:

    Verder, like ek al die ’stuff’ wat jou jou maak. My kinda girl! :lol:

  36. Gesê op December 17, 2009 om 3:30 PM | Permanente Skakel

    Dis ek Anna – goeie boek. Ek lees so dan en wan Afrikaans.

    Ek kan nie skilder nie en my maths suck.

    Ek soek nie nuwe werk nie.

    Ek drink baie water.

    My yskas is vol magnete met quotes op.

    Ek hou van ge-painte naels.

    My Afrikaanse spelling is nie baie goed nie…. al is ek van die plaas en ‘n nooi Visagie.

    Lekker dag suster en stuur tog groete vir Mannetjies Roux?

  37. Gesê op December 17, 2009 om 3:39 PM | Permanente Skakel

    Oh jinne Beeps, Kry ek nou raas :oops:

    Ek bly dors…ek het hierdie ongelooflike dors elke dag wat water nie kan stil nie.

    Jy gaan nou verder baklei maar ek eet soms popcorn as aandete, so om van die gewoonte afstand te doen gaan hel moeilik wees :shock: Ai….

    Maar dankie vir die raad Beeps… Ek moet seker gaan uitvind hoekom ek dit so crave… Ek kort seker ‘n ietsie anders… ;)

  38. Gesê op December 17, 2009 om 3:44 PM | Permanente Skakel

    Hey Wenchy!

    Fanx vir die inloer! :P

  39. Gesê op December 17, 2009 om 7:52 PM | Permanente Skakel

    Eeeeeeewwwwwwwwwwwww . . . @ drink o’ pop!

  40. maxie
    Gesê op December 17, 2009 om 8:48 PM | Permanente Skakel

    Dis nou ‘n lekker omvattende lysie.
    Wys ons jou eerste mosaiek, toe?
    Het jy al jou suiker laat toets, met die dat jy so chronies dors is?

  41. Gesê op December 18, 2009 om 8:41 AM | Permanente Skakel

    Ek drink ook nie enige soort drink o’ pop nie Krista… Net die lemoen geur… die ander is horrible! :roll:

  42. Gesê op December 18, 2009 om 8:43 AM | Permanente Skakel

    Hey Max! :P

    Ek moet in Januarie weer my cholesterol laat toets en toe se oom dokter hy wil sommer die suiker ook doen…

  43. Gesê op December 18, 2009 om 4:50 PM | Permanente Skakel

    LOL @ Landbou weekblad se blog site, kan jy nou dink as ek daar inwals vriendin”♫Gil vir die boere, sit sit so, sit sit so…♪”

  44. Erns
    Gesê op January 21, 2010 om 1:09 PM | Permanente Skakel

    GvdS…Ek let op jou ervaring van ‘Fees van die ongenooides’ en wil graag my ervaring ook deel. Dit sal seker klink of ek die boek bemark… miskien… maar nie vir geld nie:

    Die boek het ‘n week op my bedkassie gelê voor ek hom uiteindelik een aand optel en begin lees… maar toe ek eers begin, gaan ek sommer reg deur die nag! Ek was gedwing om stadiger te lees, sodat ek die uitstekende taalgebruik van PG behoorlik kon inneem, nadink, totdat die storie woord vir woord uiteindelik ‘n pad plavei wat deur baie diep gedeeltes van my siel wandel.

    Die karakter ontleding en progressie is so eerlik soos my 3-jarige tweeling en dit had selfs ‘n spiëel in die hand wat jou binneste plek-plek lelik ontbloot.

    Ek is van nuuts af ‘bitter’ trots op ons Taal. Diè is ‘n boek wat nie maklik vertaal kan word nie, want die beskrywende Afrikaanse woordkeuses van PG is onvervangbaar met enige ander taal!

  45. Gesê op January 21, 2010 om 2:22 PM | Permanente Skakel

    Hey Erns

    Dankie vir die inloer! :P

    Ek is sleg. Ek erken dit. Hond sleg. Ek het die boek… drie of vyf bladsye gelees en die boek le nog steeds langs my bed.

    Sodra ek al die ander dingetjies uitgesorteer het wat tans my aandag verg, en ek die boek begin lees dan kan ons lekker chat… Jy het my nou skoon lus!

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • En ook vir…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License